Deur Christus Alleen

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

2. Die skepping van die mens

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Dooppreek Mika Bogaards

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Toe God alles gemaak het

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Toe God alles gemaak het

n Dubbele kruis-belydenis

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Welkom by Die Storie God se storie

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Deur Christus Alleen

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Deur Christus Alleen

Goeie Konings, Slegte Konings

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Deur Christus Alleen

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Groot Gebod dennis de wet

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Paulus kritiseer sy tyd se manier

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Deur Christus Alleen

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Pragtige Koningin Ester

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Geroep vir Gemeenskap

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Van Vervolger tot Prediker

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Deur Christus Alleen

Die duiwel versoek Jesus

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

Les 2 vir 13 Oktober 2018

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Dooppreek Psalm 139. Dr AH Bogaards. 16 Desember 2012

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

'n Man gestuur deur God

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Transcriptie:

Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org

1 Sondag 41 Sewende Gebod Dr AH Bogaards Lees: Efesiers 5:18-33, Johannes 1:1-14 Teks: Efesiers 5:22 HK: Sondag 41 Psalms: Ps 127:1,2; Ps. 119:11,12; Ps.128:1,2; Ps.128:3,4 1. Inleiding: Ons kom vandag in die behandeling van die Heidelbergse Kategismus by die sewende gebod: Jy mag nie egbreek nie. Nou weet u sekerlik: Die Tien Gebooie is so opgestel is, dat nie telkens by elke gebod alle moontlike oortredings van n spesifieke gebod ter sprake kom nie. Net een belangrike voorbeeld van nakoming of oortreding van die spesifieke gebod word genoem. By die vyfde gebod byvoorbeeld word net eerbied vir vader en moeder genoem; tog weet ons dat ook eerbied vir ander gesagsinstansies soos die regering en die kerkraad daarby ingesluit is. Dieselfde kry ons ook ten opsigte van die sewende gebod: Net die huwelik word genoem: die huwelik, die eg, mag nie gebreek word nie. Tog sluit hierdie gebod volgens ons belydenis baie meer in as net die huwelik. So bely ons: Ons moet kuis en ingetoë lewe sowel binne as buite die huwelik. Hierdie gebod het dus ook iets te sê vir mense wat nog ongetroud is. By die alle onkuisheid, waarvan die belydenis praat, moet ons dus ook dink aan onkuisheid buite die huwelik, soos voor-huwelikse seks. Die belydenis laat ons verder ook sien dat dit nie net gaan oor die seksdaad, oor alle onkuise dade nie, Nee, maar dit gaan ook oor alle onkuise gebare, woorde, gedagtes, luste en alles wat 'n mens daartoe kan verlei. Dit gaan dus ook oor ons vulgêre gedagtes, ons sekswoorde, ons seksgrappe, oor pornografie, oor TV-programme en

2 rolprente waarin seks buite die huwelik as iets normaals voorgestel word, ens. Ook dit verbied die sewende gebod. In die prediking van vandag wil ek my egter toespits opdie huwelik: die ontstaan van die huwelik, die verval van die huwelik en die herstel van die huwelik. Drie punte vra ons aandag: 1. Die Woord en die eerste huwelik 2. Die afval van die Woord en die verbrokkeling van die eerste huwelik 3. Die Woord en die herstel van ons huwelik 2.1. Die Woord en die eerste huwelik In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. So begin die Johannes-evangelie (vv 1-4) Alle dinge het deur die Woord, deur ons Here Jesus Christus, ontstaan. Dit geld óók van die skepping van die eerste mensepaar, die eerste huwelikspaar. Daardie woorde van Johannes gee ons nog n verdere kyk op die gebeure van Genesis 1 vers 26 en Genesis 2. In Genesis 1 vers 26 sê God naamlik: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis... En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En Johannes 1 sê vir ons: Deur die Woord het ook die eerste huwelik daar in Genesis 1 en 2 tot stand gekom. So het die Drie-einge God dus daar aan die begin alles geskape, ook man en vrou, ook die huwelik: Woord. deur die Deur die Woord het die huwelik tot stand gekom. Deur die Woord het dit ONTSTAAN. MAAR OOK: deur die Woord bly dit VOORTBESTAAN. Deur te bly by daardie Woord sou die eerste huwelik bly voort-lewe en opbloei en mooi wees. In daardie Woord was lewe. Ja, en die Woord van die Woord was juis: dat die eerste mensepaar beeld van God moes wees, onderkonings in sy diens, sy verteenwoordigers, wat tot lof en lofprysing van die Here sou heers en hulle opdrag sou nakom om die aarde te bewerk en

3 te vermenigvuldig. IN GEHOORSAAMHEID AAN DIE WOORD. Dit was nou lewe, in die egte en in die volste sin van die woord. So was die eerste huwelik volmaak: Wanneer Adam en Eva saam daardie heerlik taak van onderkonings van God sou nakom, as onder-konings na daardie Woord sou luister. Daarby het die Woord, Jesus, ook in Genesis 2 sy proefgebod, sy proef-woord gegee: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. (Gen 2:16,17). En direk daarop word weer melding gemaak van die skepping van die vrou as hulp van die man. En daardie hulp-wees sal sekerlik slaan op die beeld-van-god-wees. En die bly by die Woord, want so alleen kan die mens onderkoning, beeld van God wees, nie waar nie? DAARIN, juis daarin sal sekerlik die hulp-wees-van-die-vrou-vir-haar-man lê: as sy so n hulp is, sodat hulle saam, langs die weg van lewe by die Woord, onderkonings tot verheerliking van God sou wees. Daarin lê vandag nog die hart en die bedoeling van die huwelik: Wanneer man en vrou so lewe en mekaar so lei en ondersteun dat hulle lewe by die Woord en deur die krag van die Woord werklik onderkonings sal wees. Bly by die Woord. Dit was die eis van die Woord. In die Woord is die lewe. Dit was die belofte van die Woord, afgebeeld in die lewensboom. Die Woord was ook daar in die paradys die geheim, die geheim van die huwelik. Maar waar die Woord losgelaat word, daar tree die dood in. Daar verbrokkel die huwelik. En juis dit sien ons in Genesis 3: 2.2. die afval van die Woord en die verbrokkeling van die eerste huwelik Eva laat die Woord los, die lewenswoord dat hulle nie mag eet van die boom in die middel van die tuin nie. Maar dit is nie al nie. In plaas dat sy doen wat sy moet doen, om Adam op te roep tot gehoorsaamheid aan die lewenswoord, verlei sy hom tot die doodswoord van die Satan.

4 En Adam in plaas dat hy sy vrou lei met die lewenswoord van God, laat hy hom lei deur haar woord. En waar die lewenswoord losgelaat word, daar sterf die huwelik. Want direk na die sondeval kry ons die eerste huweliksonenigheid. Adam beskuldig Eva: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet (Gen.3:12). Daar by die sondeval lê die oorsaak van alle egbreuk, huweliksonenigheid, onkuisheid, homoseksualiteit en noem maar op. Deur die Woord is die huwelik geskep. In Johannes sien ons dat die Woord ook die huwelik herskep. Dit is die derde gedagte: 2.3. Die huwelik herstel deur die Woord, dit wil sê deur Christus Daar is 'n besondere ooreenkoms tussen Johannes en Genesis. Genesis begin deur te vertel dat God in die begin deur sy Woord alles gemaak het (Gen.1) en hoe Hy man en vrou gemaak het en die vrou as hulp vir die man gegee het (Gen.1 en 2). Johannes begin ook deur te vertel dat alles deur die Woord ontstaan het (Joh.2) en dan die huwilik of bruilof te Kana (Joh.2). Johannes skryf nie sonder rede dat Jesus die begin van sy wonderwerke verrig het op 'n bruilof nie. Christus het met die begin van die tekens van sy koninkryk begin daar waar die sonde begin het naamlik in die huwelik. Die Woord is die Hersteller, die Woord is die Verlosser, die Herskepper van die huwelik. En in Efesiërs 518-33 verrys voor ons oë die herstelde huwelik. Wonderlike word daar van die huwelik gesê nee, BEVEEL deur die Woord. Die vroue word beveel: "Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig" (v.22). Kragtens God se bevel moet die vrou haar onderwerp aan die leiding van die man. Daarby voeg Jesus die woorde "soos aan die Here (Jesus)". Daarmee bedoel die apostel: Vroue, julle onderdanigheid aan julle mans is deel van julle plig teenoor Christus. In julle

5 onderdanigheid aan julle mans eer julle nie maar net 'n mens nie, maar die Koning van die kerk. En van die manne word gesê: Die man moet leiding neem, hoof wees ja, maar die man moet op 'n heel besondere manier lei: "Manne, julle moet jul eie vroue liefhê" (v.25). Met hierdie woorde sê Christus, die verlossende, herskeppende Woord, waat in Efesiërs 5 ook aan die Woord is hoé die man oor die vrou moet heers en hoé 'n hoof hy moet wees. n Christen-man heers op 'n ander manier oor sy vrou as wat 'n ongelowige man dit noem. In die heidense wêreld van daardie tyd was die man niks anders as 'n tiran nie en die vrou niks meer as 'n slavin nie. Maar die Woord leer hier anders: Manne, julle heerskappy moet gedra en gestempel word deur die liefde. Paulus gebruik hier 'n baie besondere woord (agape), wanneer hy die manne oproep tot liefde. Dit is dieselfde woord as wat in die Bybel altyd gebruik word vir die liefde van God vir sy kinders. Sò, sê Paulus, sò moet julle, manne, julle vroue liefhê. Julle moet julle vrouens liefhê soos God sy volk lief het. Dan verduidelik Paulus presies wat hy bedoel met hierdie liefde. Hy wys die mans op die liefde van Christus: "Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad". Waarin het die liefde van Christus vir sy bruid, vir sy gemeente geblyk? Daarin dat Hy Homself geoffer vir sy bruid. Christus se liefde was 'n selfopofferende liefde. Sò is die ware liefde: Dit word nie gedryf deur selfliefde nie, maar dit word gekenmerk deur offervaardigheid. JA, dit is alles wonderlike dinge wat hier gesê word van die huwelik. Groot dinge wat hier aan ons beveel word. Maar hoé kan man en vrou nou hierdie opdragte nakom? Die oplossing vind ons in Efesiërs 5:18. Daardie teks is die sleutel tot die nakom van die opdragte wat in vers 22 tot 33 met betrekking tot die huwelik gegee word. God self stel ons deur sy Heilige Gees instaat om hierdie opdragte na te kom. Dit lê in die woorde van vers 18: Word voortdurend met die Heilige Gees vervul. Wat sou Paulus bedoel met die woord "vervul"?om deur iets vervul word, beteken: om geheel en al daardeur in beslag geneem te word en daardeur beheers te word. Neem nou byvoorbeeld die beeld wat Paulus gebruik: "Moenie dronk word van wyn nie." Wat sê

6 ons van iemand wat dronk is? Ons sê : Hy is onder die invloed van drank. Dit beïnvloed sy hele doen en late. Ons as gelowiges mag nie onder die invloed van wyn wees nie. Ons moet ons onder 'n ander invloed wees: ons moet vervul word met die Heilige Gees. Word vervul met die Heilige Gees: Word vol van die Heilige Gees. Wees onder sy invloed. Waar ons deur die Gees beheers word en onder sy invloed is, daar heers ook die liefde. Een van die vrugte van die Heilige Gees is, aldus Galasiërs 5, die liefde, daardie ware Goddelike liefde. Waar daardie liefde ons beheers, bloei die huwelik op, kom daar 'n ware omgee vir mekaar. Maar hierdie liefde van die Gees is nooit iets los van die Woord nie. Die liefde van die Gees kom wanneer die Gees ons deur die geloof inplant in die Woord daardie Woord wat ons in die paradys losgelaat het. Ook die huwelik word by die Woord van die kruis alleen herstel en aan die voet van Golgota word 'n lewe van kuisheid gebore. Aan die kruis sterf ons onkuise, liefdelose ou mens en deur die opstanding van Christus word die kuise nuwe mens gebore. 3. Slot Die Woord, Christus, skep die huwelik; die Woord herskep dit ook. Daarom moet huwelikspare digby daardie Woord leef in die prediking, in die huisgodsdiens.. Met die Woord moet die man sy vrou lei. Dan is hy hoof, liefdevolle hoof. Met die Woord moet die vrou vir haar man n hulp wees. Dan is sy n hulp. En so, by die Woord, sal man en vrou onderkonings wees tot lof van God en tot vreugde vir mekaar. Die Woord doen dit. Die Woord alleen. Die Woord is alles. AMEN