2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jesaja sien die Toekoms

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Tempel Leier besoek Jesus

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Goeie Konings, Slegte Konings

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Welkom by Die Storie God se storie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Van Vervolger tot Prediker

Jona en die Groot Vis

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Die Kerk se Geboorte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Die Groot Muur van Nehemia

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

Jona en die Groot Vis

1 Johannes 5: /03/2014

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

26. Kies wysheid 1 Konings 3

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Groot Gebod dennis de wet

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Toe God alles gemaak het

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

'n Man gestuur deur God

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

22. Reëls vir die pad die Padmaker

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

10. Jesus help my verstaan

Pragtige Koningin Ester

Inhoudsopgawe. Voorwoord

1 Beoordeling van ons eie konteks. Standpunte insake die oorsake van gestremdheid

Preek Romeine 1:16-17

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

1. Ek is honger Johannes 6:1-37

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Transcriptie:

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1. Die lig vir die wêreld Johannes 7:37 verwys na die huttefees. Die tempel wat ter sprake is, is die derde tempel. Koning Salomo het die eerste tempel gebou. Dit is verwoes toe die Jode in ballingskap gegaan het. Die ballinge het die tweede tempel gebou toe hulle onder leiding van Esra en Nehemia teruggekeer het. Hierdie tempel is in die tyd van Herodes vergroot met die aanbou van n klomp geboue. Die derde tempel was dus eintlik n restourasie en vergroting van die tweede tempel. Kyk gerus na die prent van die tempel hieronder. Die hoë gedeelte was die eintlike tempel en rondom die tempel was daar verskillende voorhowe. Direk rondom die hoë gebou was n area waar net die priesters kon ingaan. n Bietjie verder was die area waar Joodse mans kon ingaan. Aan die voorkant was daar n groot voorhof waar vroue kon ingaan en waar die Leviete op die verhoog gesing het. Tydens die huttefees (die fees van die tabernakels) is vier goue lampe in dié voorhof aangesteek. Heel buite-om was daar nog n groot voorhof waar nie-jode kon ingaan. Ons weet nie presies hoe alles gelyk het nie, maar daar is verskillende voorstellings soos die een hier langsaan. (Webskakel:https://www.google.com/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad= rja&uact=8&ved=0cacqjrxqfqotcopk3idensgcfug9faodpfafla&url=http%3a%2f%2fww w.letterofrepentance.com%2ffarmerbuildsmodelofbiblicaltemple.html&psig=afqjcngwy3j DP1RJ_25oD9ixP4kLn6nofQ&ust=1443694691203026) Daar word vertel dat die vier goue lampe wat tydens die huttefees aangesteek is, se lig oral in die tempelgebied geskyn of weerkaats het. Iemand het eenkeer gesê lig hoef nie deur iets

anders verlig te word om gesien te word nie. Lig is soos n getuienis oor homself. Ander voorwerpe het lig nodig om verlig en gesien te word, maar lig het n self-getuienis (Joh 8:13). Genesis begin met die skepping van lig. In die Joods-Christelike geloof, sowel as baie ander gelowe, is lig n positiewe simbool van lewe, openheid, waarheid en deursigtigheid. Dit staan teenoor duisternis wat met die dood en verskuilde, lelike dinge in verband gebring word. n Mens se lewe en dit wat jy doen, word dan ook vergelyk met n donker, doellose bestaan waarin jy nie weet waarheen om te beweeg en hoe om op te tree nie totdat jy in die lig kom en rigting en sin vind. Jesus as die lig vir die wêreld getuig oor Homself, gee betekenis aan mense se lewe (in Hom vind hulle die ware lewe) en help hulle om die waarheid, naamlik dat God Hom gestuur het, te aanvaar. In teenstelling hiermee staan die leefwyse van die Fariseërs wat beskryf word as blinde mense wat nie die lig sien nie (Joh 9:35-41). Die feit dat Jesus die lig vir die wêreld is, kan uit soveel verskillende hoeke benader word en is so omvattend dat n mens by n enkele ontmoeting eintlik net by een of twee van hierdie aspekte kan uitkom. Miskien kan jy net by die volgende twee aspekte stilstaan: Lig bring lewe. As jy nie in die lig is nie, is jy in die donkerte, met al die bangwees wat daarmee saamgaan. As jy nie die lig sien nie, is jy soos n blinde mens. As jy Jesus nie wil erken as die lig nie, bly jy blind, soos die Fariseërs. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees Johannes 8:12-13 Vertel Johannes 9:1-12, 13-17, 24-27, 34 kortliks Lees Johannes 9:35-41 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Jesus sê: Ek is die lig vir die wêreld. 2. Jesus genees n man wat van geboorte af blind was op n sabbatdag; die Fariseërs verbied die man om weer in die tempel te kom. 3. Die Fariseërs sien, maar hulle is blind. Uitkoms 1. Insig: Jesus as die lig gee aan mense nuwe lewe. 2. Respons: Erken Jesus as die lig, en begin dan sonder bangwees en onsekerheid leef. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 6 met prent van n lig. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. n Flits of skerp lig. 2. n Goeie blinddoek vir elke kind. Senior kleingroep Bring saam 1. n Flits of skerp lig. 2. n Goeie blinddoek vir elke kind.

3. n Sak met items soos benodig by Wegspring. 4. Kleurkryte. Voor die tyd 3. n Sak met items soos benodig by Wegspring. 4. Kleurkryte of -potlode en penne. 5. n Stuk karton vir elke kind wat op die skermplaat van n ligskakelaar pas. Voor die tyd 1. Knip die stukke karton wat op die ligskakelaar moet pas klaar in die regte grootte.

Die storie Begin Wat dink julle is die ergste: iemand wat modder in jou oë gooi of iemand wat in jou oë spoeg? (Gee kans vir reaksie.) Watter een van hierdie twee dinge ook al gebeur, jy sal onmiddellik jou oë wil gaan was. Dit is wat Jesus eenkeer vir n blinde man gesê het: Gaan was jou in die bad van Siloam. Hoe het dit gebeur? Hoor Moment 1: Johannes 8:12-13 Jesus sê: Ek is die lig vir die wêreld Jesus sê Hy is die lig vir die wêreld. n Lig is anders as ander dinge. As jy iets wil sien, moet jy eers lig daarop laat skyn, anders sien jy dit nie. Maar n lig verlig homself en het nie iets anders nodig om hom te verlig nie. Jesus is ook so. Hy wys en sê self wie Hy is. Johannes se verhaal oor Jesus begin met die woorde: Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word (1:11-12). Dit beteken daar is eintlik twee groepe mense: Die een groep neem Jesus aan, met ander woorde, hulle glo wie Hy is; die ander groep glo dit nie. Johannes vertel nou vir ons van n blinde man vir wie Jesus op die tempel se stoep sien sit het. Hy was van sy geboorte af blind. Het hy in Jesus geglo of nie? Kom ons vind uit. Moment 2: Johannes 9:1-12, 13-17, 24-27, 34 Jesus genees n man wat van geboorte af blind was op n sabbatdag; die Fariseërs verbied die man om weer in die tempel te kom Toe die dissipels die blinde man sien, het hulle gewonder of God mense vir sekere sondes straf deur hulle blind te maak. Jesus het gesê: Nee! Maar God gaan iets vir hierdie blinde man doen sodat julle kan sien watter wonderlike dinge God kan doen. Jesus spoeg toe op die grond, maak klei aan en smeer dit op die blinde man se oë. Toe sê Hy vir die man: Gaan was jou in die Siloambad. Die Siloambad was n fontein en wasplek naby die tempel. Die blinde man het dit toe gedoen. Toe hy terugkom, kon hy sien! Die mense kon nie glo wat hulle sien nie. Die man wat blind was, het vir hulle vertel wat die vreemde Man (Jesus) met hom gedoen het. Hulle wou weet waar Jesus is. Maar die man het Jesus mos nog nooit gesien nie en het nie geweet hoe Hy lyk nie. Die Fariseërs (die belangrike mense by die tempel) wou ook weet wat aangaan. Hulle laat roep toe die blinde man se ouers en vra hulle uit oor hulle kind. Maar hulle kon niks meer sê as dat hulle kind blind was en nou kan sien nie. Die Fariseërs het vreeslik met die man gestry. Hulle wou net nie glo dat iemand hom kon laat sien nie. Volgens hulle reëls was Jesus n sondaar omdat Hy iemand op die sabbatdag gesond gemaak het. Hulle het geglo jy mag nie op die sabbatdag werk nie, en nou het hulle gesê Jesus het op die sabbatdag gewerk toe hy die blinde man laat sien het. Die Fariseërs wou hê die man wat eers blind was, moes ook sê dat Jesus n sondaar is. Maar vir die man was Jesus n man van God omdat Hy iets so wonderlik vir hom gedoen het. Wat dink julle: Was Jesus n sondaar of n man van God? (Gee die kinders kans om te antwoord.) Die Fariseërs was baie kwaad vir die man en het gesê hy mag nie weer in die tempel kom nie. Ek wonder hoe die man toe gevoel het. Maar wat gebeur toe?

Moment 3: Johannes 9:35-41 Die Fariseërs sien, maar hulle is blind Iemand kom staan by die man wat eers blind was en vra: Glo jy in die Seun van die mens? Die man antwoord: Wie is dit, Meneer, sodat ek in Hom kan glo? En Jesus antwoord: Jy sien Hom. Dit is Hy wat met jou praat. Die man antwoord toe: Ek glo, Here! En hy het Jesus aanbid. Dit is presies wat ons vroeër in die Bybel gelees het: Aan almal wat Hom aangeneem het, het God die reg gegee om kinders van God te word. Toe draai Jesus na die Fariseërs en verduidelik vir hulle dat iemand wat nie in Hom wil glo nie en Hom nie aanneem nie, so goed soos blind is. Dink Iemand wat nie in Jesus glo nie se lewe is donker soos n blinde persoon s n. Jy weet nie wat die waarheid is nie, ook nie hoekom jy leef en waarheen jy eendag ná jou lewe op aarde gaan nie. Maar Jesus is God se lig in jou lewe. Hy het vir ons dinge kom wys wat God wil hê ons moet weet. Jesus is soos n lig wat in die donker skyn. Wanneer jy vir Jesus ken en in Hom glo, weet jy jy is God se kind. Jesus wys vir ons hoe om hier op aarde vol liefde te leef en Hy sê ons moenie meer onseker wees oor wat eendag ná hierdie lewe met ons gaan gebeur nie. Jesus neem ons bangwees en onsekerheid weg. Leef Soos Jesus na die blinde man gegaan het en hom gehelp het om te sien, so staan Hy ook elke dag by ons en nooi ons om ons pad saam met Hom te loop. Hy hou ons vas. Hy laat ons God se dinge raaksien. Hy sê ons hoef nie bang te wees nie. Hy sê ook Hy gee vir ons die ewige lewe en ons hoef nie te twyfel of ons dit het nie. Wanneer ons in Jesus glo, het ons die ewige lewe.

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Staan met n flits of n skerp lig by die deur. Wanneer n groeplid inkom, sê sy of haar naam, laat skyn die lig op n donker of skadukol en vra wat hy of sy sien. Wegspring Speel een van die volgende blinddoekspeletjies: 1. Bring n sak met verskillende items. Sorg dat daar n item vir elke kind is. Blinddoek al die kinders en laat elkeen dan iets uit die sak haal en raai wat dit is. Vra vir die ander of hy of sy reg is. (Hulle sal natuurlik nie weet nie, want niemand kan sien nie.) Vra dit elke keer sodat die gedagte dat hulle nie kan sien nie telkens herhaal word. Haal die blinddoeke af en gesels dan oor die volgende: As ek die lig wegneem, is ons 2. Vra een groeplid om by jou te kom staan en blinddoek hom of haar. Gee n paar van die ander kans om vir die een wat geblinddoek is te vra wat sy of haar naam is. Laat die geblinddoekte kind raai wie se stem hy of sy gehoor het. Herhaal die oefening met twee of drie kinders. Gesels saam oor die volgende: As ek die lig wegneem, begin ek raai, want Werksaam 1. Laat die kinders die aktiwiteit in die werkboek doen: Help die blinde man om by die bad van Siloam uit te kom. Verdeel die kinders in twee groepe: A en B. Blinddoek die kinders in groep A. Gee vir elkeen n kryt en help hulle om die kryt se punt op die werkboekblad by die blinde man neer te sit. Laat die kinders in groep B die werkboek vashou terwyl hulle vir die kinders in groep A verduidelik hoe om al met die paadjie tot by die bad van Siloam te beweeg. Ruil dan die groepe om en herhaal die aktiwiteit. 2. Gesels saam oor die volgende: Is jy bang as jy niks kan sien nie, soos in die nag? Hoe voel dit as jy nie kan sien nie? (Onseker) Waarom dink julle het die man geglo Jesus is God se Seun? Wegstuur/Huisgeloof Gesels met jou huismense hieroor: 1. Hoe sou dit voel om nie te kan sien nie? 2. Watter ligte in julle huis is vir julle die belangrikste? Hoekom? 3. Wat beteken dit vir ons dat Jesus die lig vir die wêreld is?

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Staan met n flits of n skerp lig by die deur. Wanneer n groeplid inkom, sê sy of haar naam, laat skyn die lig op n donker of skadukol en vra wat hy of sy sien. Wegspring Speel een van die volgende blinddoekspeletjies: 1. Bring n sak met verskillende items. Sorg dat daar n item vir elke kind is. Blinddoek al die kinders en laat elkeen dan iets uit die sak haal en raai wat dit is. Vra vir die ander of hy of sy reg is. (Hulle sal natuurlik nie weet nie, want niemand kan sien nie.) Vra dit elke keer sodat die gedagte dat hulle nie kan sien nie telkens herhaal word. Haal die blinddoeke af en gesels dan oor die volgende: As ek die lig wegneem, is ons 2. Vra een groeplid om by jou te kom staan en blinddoek hom of haar. Gee n paar van die ander kans om vir die een wat geblinddoek is te vra wat sy of haar naam is. Laat die geblinddoekte kind raai wie se stem hy of sy gehoor het. Herhaal die oefening met twee of drie kinders. Gesels saam oor die volgende: As ek die lig wegneem, begin ek raai, want Wonder Wonder met jou oë toe oor hierdie vrae: 1. Hoe sou dit voel om van jou geboorte af blind te wees? Sê nou net jy het nog nooit kleur of iemand se gesig gesien nie, hoe sou dit voel? 2. Hoe sou dit voel om skielik te kan sien? 3. Wat dink jy was die grootste oomblik vir die blinde man: toe hy vir die eerste keer kon sien, of toe hy vir Jesus kon sien? 4. As jy die blinde man was, wat sou jy vir Jesus wou sê? Werksaam 1. Tel die ligte: Hoeveel ligte is daar in jou slaapkamer? Hoeveel ander ligte is daar teen die mure, teen die plafonne en as leeslampies in julle huis? Hoeveel ligte is daar buite julle huis teen die mure of in die tuin? Hoeveel ligte is daar in toestelle wat julle gebruik soos die yskas of selfone? Maak n lysies hiervan en tel dit dan op. Hoeveel skakelaars het jy gisteraand gebruik? Tel elke skakelaar net een keer, al het jy dit meer as een keer gebruik. 2. Vertel vir mekaar watter ligte in julle huis vir julle die belangrikste is en hoekom. Sê dan vir die kinders: Ons wil nie sonder lig leef nie. As daar nie krag is nie, maak ons planne. Net so kan ons ook nie sonder Jesus, ons lig, leef nie. 3. Gee vir elke kind n stuk karton waarop hulle skryf: Jesus het gesê: Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee Johannes 8:12.

Die kinders kan die stuk karton versier en dit by die huis op of naby een van die ligskakelaars met wondergom vasplak. Wegstuur/Huisgeloof Gesels met jou huismense hieroor: 1. Hoe sou dit voel om nie te kan sien nie? 2. Watter ligte in julle huis is vir julle die belangrikste? Hoekom? 3. Wat beteken dit vir ons dat Jesus die lig vir die wêreld is?