Waarom vier ons Kersfees? Wat is so belangrik aan hierdie dag dat dit oor tyds- en volksgrense heen die hele wêreld deur gevier word?

Vergelijkbare documenten
Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

n Dubbele kruis-belydenis

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Jesaja sien die Toekoms

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 67:1 (p. 326). Wet Psalm 67:1 (p. 326)

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Goeie Konings, Slegte Konings

Psalm 25:1, 5 (p. 115) Skriflesing: Matthéüs 24 Teks: Matthéüs 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. (Matthéüs 24:13 AFR1953)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Jona en die Groot Vis

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Pragtige Koningin Ester

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Deur Christus Alleen

Jona en die Groot Vis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

ons rykdom in Christus 2

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

2. Die skepping van die mens

Sing vooraf staande: Psalm 119:62 (p. 598)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

O Here, hoor my gebed. Liturgie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Teks vooraf: Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! (1 Kron 16:8 AFR1953)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet sing ons van ons verlossing en vryspraak deur die Here met Psalm 22:2 (p. 99). Wet Psalm 22:2 (p.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Sing vooraf staande: Psalm 145:9 (p. 697)

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet bely ons voor God die vergifnis van ons sondeskuld met Psalm 36:2 (p. 179) Wet Psalm 36:2 (p.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet bely ons om vergewing van ons sondes deur God met Psalm 86:8 (p. 434). Wet Psalm 86:8 (p.

Dooppreek Mika Bogaards

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Sing vooraf: Verkiesingsvergadering Psalm 43:3 (p. 220)

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Preek Romeine 1:16-17

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Deur Christus Alleen

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Skriflesing: Johannes 14:1-6; Teks: Johannes 14:2,23 Sing- Ps. 146:4; (Ps. 119:34); Ps. 139:1,2; Ps. 68:15;

Sing vooraf: Psalm 84:3 (p. 425)

Deur Christus Alleen

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Deur Christus Alleen

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

Transcriptie:

Teks vooraf: Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag. (1 Kronieke 16:23 AFR1953) Sing vooraf: Psalm 66:2 (p. 320) 2 Die aardryk met sy verste lande / moet biddend voor die HERE buig; die volke van die verste strande / moet met hul lofstem voor Hom juig. Kom en aanskou Gods wonderdade, / wat is sy werking hoog gedug. Smeek Hom, o volke, om genade, / want niemand kan sy hand ontvlug. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 9:1, 7, 9 (p. 36) 1 Ek sal van ganser harte, HEER, / u wonders groot maak en U eer. Ek sing omdat ek in U bly is, / aan wie my lofsang toegewy is; 7 Die hart van hul wat U bely, / sal in u Naam standvastig bly. Dié wat U soek in stil vertroue, / is by U veilig en behoue. 9 Bewys aan my genade, HEER, / en sien op my ellende neer! U, wat my aan die dood ontruk het, / kyk, hoe my haters my verdruk het! Gebed Doksologie Aanbidding Skuldbelydenis Vergifnis Dank Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens Psalm 68:8, 15 (p. P. 333) 8 Gods eng lemagte bo die swerk / het, tien en tien maal duisend sterk, / slagvaardig uitgeswewe; by hulle is sy majesteit / n Sinaï in heiligheid, / deur bliksemlig omgewe. U het omhoog gevaar vol eer; / die kerker was u buit, o HEER, / en gawes u beloning wat neerdaal op die mensekind; / selfs wie opstandig is, dié vind / by U, o HEER, n woning. 15 O Koninkryke, sing Gods lof! / Laat psalme oprys uit die stof /dis God wat uitgetrek het! Hy ry, bekleed met eer en mag, / hoog deur die hemel van sy krag / wat Hy met storms bedek het. Die donderstemme, swaargedug, / verkondig in die hoë lug / sy mag voor al die volke. Gee sterkte aan God sy hoogheid is / oor Israel, sy erfenis; / sy mag is in die wolke. Skriflesing: Psalm 68 Teks: Psalm 68:19 (68:19) U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God! (Psalm 68:18 AFR1953) Waarom vier ons Kersfees? Wat is so belangrik aan hierdie dag dat dit oor tyds- en volksgrense heen die hele wêreld deur gevier word? Nog belangriker: Is daar in beginsel n verskil tussen die geboortedag van die Here Jesus en byvoorbeeld Geloftedag of Werkersdag? Dis tog ook dae wat ons vier om bepaalde dinge te herdenk!? Die antwoord lê in wat van die geboortedag van die Here Jesus geword het. Dit lê in die konsekwensies 1

wat daardie dag tot nou toe en tot in ewigheid vir ons het! Die Here Jesus Christus is gebore om met n menslike liggaam die stryd teen duiwel aan te sê. Hy is gebore as Oorwinnaar en Hy het die oorwinning behaal. Daaruit het ons verlossing uit die dood en uit die hel voortgespruit. Daarom vier ons die koms van ons Here in ons wêreld in! Die Psalm wat ons saam gelees het, besing n koning wat op pad terug huis toe is nadat hy oorlog gemaak het. Die koning het die oorwinning maklik behaal. Vers 2 openbaar dat sy vyande sommer verstrooid geraak het en voor hom weggevlug het. Dit het gelyk asof hierdie koning rook voor hom weggeblaas het, so vinnig het hy sy vyande weggevee. Dit het gelyk asof sy vyande smelt soos was wat iemand in die vuur gegooi het. Dit is duidelik dat hierdie Koning n groot oorwinning behaal het: o Want Hy is belaai met buit. o Agter Hom aan loop daar n lang ry krygsgevangenes. Kyk net met hoeveel eer en luister word hierdie koning in sy land terug ontvang: Vroue bring die tyding van die koning wat op pad terug is na sy land toe. Vooraan loop die sangers en agter hulle loop die snaarspelers. Die jong meisies slaan die tamboeryn en daar word feesgevier. Terwyl die jongvroue koordanse uitvoer op die maat van die tamboeryne, verdeel die soldate die buit. Die hele tyd deur juig die volk, want hulle is nou verlos van hulle vyande. Daar is nie meer mense wat hulle kan verneder nie. Hulle stryd het plek gemaak vir oorwinning en baie blydskap. Daar is egter n paar uitsprake in die Psalm waarna ons weer moet kyk, anders laat dit onduidelikhede by ons. 1. Wie is hierdie koning? 2. Wie is die krygsgevangenes, en wat word later van hulle? Die oorwinnaar is Dawid, maar die oorwinning word tog ook so beskryf dat dit n profetiese betekenis het. Dit gaan in hierdie Psalm nie net oor Dawid nie; dit gaan eintlik oor die HERE. Die koning sing self ook dat dit die HERE is wat al Israel se vyande vernietig het, en dat dit die HERE was wat die volk die vreugde van die oorwinning gegee het. In vers 5 verwys Dawid profeties na die Here Jesus as hy van homself praat as van die HERE. Hy voel hom so afhanklik van die Here, dat Hy in alles wat hy gedoen het, die Here sien. (68:5) Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig! (Psalm 68:4 AFR1953) Dawid sien ook nog verder die werk van die HERE in sy oorwinning daarin dat Hy n Vader is van die weeskinders en n Regter van die weduwees. Hierdie kinders se vaders is ook die mans van die weduwees. Dit is al die manne wat in die oorlog doodgemaak is. Maar die mense moet almal weet: die HERE vergeet nie dié wat sonder versorging agterbly nie. 2

God werk ook deur mense, daarom doen Dawid hierdie werk vir die HERE. Hy het die vyand oorwin, en daarmee wraak geneem op die dood van hierdie helde. Voortaan sal hy verantwoordelik wees vir die versorging van die weduwees en die weeskinders. Hy sal die regspraak vir die weduwees behartig sodat niemand hulle verdruk nie. Van vers 8 11 onthou Dawid hoe die HERE op verskillende maniere die volk versorg het. Hy onthou die wolk en die vuurkolom en ook die aardbewings wat op Sinaï was. Hy onthou ook hoe die HERE hulle uiteindelik in hulle beloofde land kom vestig het. Dit is die HERE wat ook nou weer aan hulle die oorwinning gegee het. Intussen het die koning se optog die stad genader, en nou gaan die koning in die stad in. Hy gaan nader na sy troon toe. Meteens sien Dawid die HERE toe Hy Sion verkies het as sy heilige berg. Die koning gaan sit op sy troon en die hele volk juig. Alles getuig van oorwinning daar is krygsgevangenes en geskenke. Maar wie is hierdie krygsgevangenes? Dit is die mense wat die Here onderwerp en uitgesoek het! Onder hulle is selfs weerspanniges! Dit is mense wat almal uit die vyand se volk uit kom, en wat die koning saamgebring het om voortaan onder sy volk te kom woon. Hierdie mense is ons almal wat deur God se genade uit die mag van die duiwel uitgeruk is. Anders gestel: Almal wat aan Christus die Here se kruisverdienste vasgeboei is. Dit is ons. Ons is die krygsgevangenes wat in n lang ry agter die koning aanloop na die Koninkryk van ons God en Koning Jesus Christus toe. Ons is die weerspanniges wat tog uiteindelik in vreugde onder die nuwe Koning gaan bly. Nou verstaan ons ook meteens baie meer van hierdie Psalm. Die werklike koning wat in hierdie Psalm beskryf word, is die Here Jesus. Hy is die Krygsman wat uit die hemel na ons aarde toe gekom het. Hier op ons aarde het Hy die slagveld betree teen die Satan van sy geboorte af tot met sy oorwinning toe Hy teruggevaar het na die hemel toe. Hierdie Koning het gekom tot ons verlossing. Daarom het Hy die Satan so verpletterend verslaan. Saam met Hom het daar uit sy oorwinning n lang ry mense gekom almal krygsgevangenes wat uitgeruk is uit die koningskap van die Satan: Ons. Selfs die vreugde van die hiernamaals in God se Koninkryk word in hierdie Psalm beskryf die vreugde wanneer die vroue dans en die lier en die fluit bespeel en op die tamboeryn slaan. Die weerspanniges loof saam met die volk oor die Koning se oorwinning. Wat sing hulle? Hulle loof God omdat Hy dit sy taak gemaak het om hulle te verlos. Hulle prys en dank die Koning wat magtiger is as die dood! Hulle prys die Here wat Hom nie laat beroof het deur aanvallers nie. Paulus haal hierdie selfde woorde ook aan in Efesiërs 4:8. Daar verklaar die apostel Paulus ook die woorde, en hy sê dat dit Jesus is wat bokant al die hemele opgevaar het, maar eers nadat Hy neergedaal het tot in die diepste dieptes van die aarde. Jesus het die dinge juis gedoen sodat Hy alles tot volheid sou bring. 3

Die koning in die oorlog is dus Jesus in sy vernedering. Die mens Jesus wat verarm en bespot te voet deur die velde geloop het om die evangelie van verlossing te preek. Dit is die Koning wat aan die kruis opgehang is in die hitte van die stryd. En op daardie oomblik toe dit gedoen is, het Jesus die hemel en die aarde met sy genade aanmekaargebind toe het ons toegang tot die hemel gekry. Nou verstaan ons ook waar ons as die gevangenes vandaan kom. Paulus skryf dat Jesus die opstandiges gevange geneem het. Die geweldige waarheid van hierdie saak is dat dit niemand anders as ons is wat teen God se gesag en God se wil in opstand is nie! Ons staan swak deur ons sondes voor God. Ons kan Hom hoogstens n hart gee wat met sondige gedagtes en verkeerde planne gevul is. Ons kan die HERE net n lewe wys wat getuig van skandes. Dit is waarom Paulus sê dat die Here geskenke gegee het. Deur die genade van die Koning wat oorwin het, kry ons die gawe om te mag voortleef in sy Koninkryk, terwyl ons die dood moes ingaan. Al is ons krygsgevangenes, kan ons deel in sy oorwinning asof ons deel van sy leër was. Dit is die geskenk wat God aan ons gee. Ons wat wederstrewig was, kry die Heilige Gees wat na ons toe gestuur word ná die hemelvaart, sodat dié ons kan bekeer. Die Heilige Gees maak by ons n verlange na die Here wakker, in plaas van die ou opstand teen God en sy gebooie wat daar altyd by ons was. So word dit n ewige fees om n krygsgevangene van die Here Jesus te wees. Dit is binnekort Kersfees. Daarom lees ons Psalm 68 teen die agtergrond van Kersfees. Geeneen van al hierdie pragtige beloftes sou ooit verwesenlik kon word as Christus nie op ons aarde gebore sou word nie. Vier dan ook weer Kersfees in die lig van Christus se stryd en oorwinning, en van ons verlossing wat daaruit voortgekom het. Want Christus het met sy aardse lewe en ook sy dood en opstanding aan ons die ware gemeenskap met God teruggegee. Laat ons dan nie Kersfees vier met n aardse verkleefdheid aan blink liggies, geskenke en feestyd alleen nie. Laat ons dit vier teen die agtergrond dat daardie geboorte van Christus die begin was van n geweldige oorlog wat geëindig het in ons verlossing. Slotgebed Slotpsalm 100:1 4 (p. 494) 1 Juig, al wat leef, juig voor die HEER! Dien God met blydskap, gee Hom eer; kom nader voor sy aangesig, en prys Hom met n lofgedig! 3 Gaan deur sy poorte in met lof, met lofsang in sy tempelhof; kom in sy huis, o bondsvolk, saam; verhef sy lof en prys sy Naam. 2 Die HEER is God, erken dat Hy n eie volk vir Hom berei, n volk om Hom te dien en vrees en skape van sy wei te wees. 4 Want goedertieren is die HEER; sy goedheid eindig nimmermeer; sy trou en waarheid hou hul krag tot in die laaste nageslag. 4

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 13 Desember 2009 5