BESLUITE VAN DIE UITGEBREIDE MODERAMEN OOR KERKHERENIGING 11 en 12 Junie 2008 Carmelite Retreatsentrum

Vergelijkbare documenten
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

1 Beoordeling van ons eie konteks. Standpunte insake die oorsake van gestremdheid

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Verloop van die kerkregtelike proses. Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

DIE BRIEF AAN FILEMON

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Verwante artikels: Die volgende artikels is van Kerkbode gekopieer. - Versoek dat NGK gays sal aanvaar (Beeld) *************

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Kerkhereniging, die Nagmaal en Jesus se Gebed

Kyk ook: Wat staan lidmate en NG Kerke te doen indien die algemene sinde wel ruimte maak vir homoseksuele mense?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Les 1 vir 7 Oktober 2017

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Pragtige Koningin Ester

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Deur Christus Alleen

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BREEK DIE STILTE HOOF ONTWIKKELING

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente, hy word `n handearbeider vir die wat hy/sy besteel het.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Geroep vir Gemeenskap

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Die Brief aan die Galasiërs

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Peiling toon Afrikaanses verlaat kerk, maar nie God

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

OM GOD SE WERK DEUR TRINITAS TE ONDERSTEUN

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

Transcriptie:

BESLUITE VAN DIE UITGEBREIDE MODERAMEN OOR KERKHERENIGING 11 en 12 Junie 2008 Carmelite Retreatsentrum Hierdie besluite is geneem deur n uitgebreide vergadering van die Moderamen van die Algemene Sinode waarheen sinodes se moderature uitgenooi is. Hierdie vergadering het as agenda die verslae van die Taakspan Kerkhereniging oor die Konsultasieproses 2007 gehad asook die Moderamen se hantering daarvan. Hierdie vergadering het plaasgevind as uitvoering van n opdrag van die Algemene Sinode. Die Uitgebreide Moderamen het besluit dat hierdie besluite van die NG Kerk as voorstelle vir verdere onderhandelinge eers aan die Familie van NG Kerke gekommunikeer word voor dit verder hanteer word (behalwe die afdeling oor Die Kerk wat ons wil wees dit is ook aan sinodes van die NG Kerk gestuur om dit aan gemeentes oor te dra met die oog op gesprek hieroor). Die laaste afdeling is voorstelle vir kommunikasie oor die saak van kerkhereniging in die NG Kerk. Dit word hier ingevoeg vir die kennisname en kommentaar van die Familie van Kerke. 1. DIE KERK WAT ONS WIL WEES Roeping In ons verbintenis aan die Drie-Enige God, herbevestig ons, as NG Kerk in Suider-Afrika, ons duidelike roeping in Afrika. Gestuur na die Wêreld (Missiologie) Ons is daarvan oortuig dat die kerk in die eerste plek nie net ter wille van haarself en haar lidmate bestaan nie, maar tot die eer van God en ter wille van alle mense. Ons verstaan ons roeping om hier en nou n verskil te maak. Ons wil dit doen deur die hoop en versoening wat in ons leef, met almal om ons te deel. Inklusiewe Kerkwees (Ekklesiologie) God het ons as gelowiges, almal saam en afsonderlik, uit die hele menslike geslag gekies om vir Hom n kerk te wees. Hy het ons deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof, van die begin van die wêreld af tot die einde toe, bymekaar gebring. Elkeen is daarom verplig om sy of haar gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van al die ander lede van die kerk (asook dié daarbuite) te gebruik. (Sien Heidelbergse Kategismus Sondag 21 vraag en antwoord 54 tot 55.) Konteks Die konteks waarin ons geroep word weerspieël die tragiese verhale van geweld, die verwoestende omvang van armoede, hongersnood, misdaad, die vigs-pandemie en die gebrek aan respek vir God, mens, dier en die omgewing. Wat meer is, talle mense leef en sterf elke dag sonder Christus en sonder hoop. Versoening Ons kan die kerk nie anders verstaan nie as die draer van God se versoening met Hom, met mekaar en die wêreld. Ons kan en wil hierdie groot uitdaging nie alleen aanvaar nie, want hierdie bediening van die versoening (vgl 2 Korintiërs 5:19-20) is groter as die NG Kerk. Die omvang is trouens só groot dat alle mede-gelowiges se hulp en samewerking noodsaaklik is. Ons as kerk verbind ons tot groter sigbare eenheid met ander kerke, maar in besonder met die lede van ons eie kerkfamilie. Ons vind ons eenheid in ons roeping en is uit die Bybel/Evangelie daarvan oortuig dat God dit so wil hê. Diversiteit Binne hierdie eenheid, vier ons ons diversiteit as God se geskenk aan ons, want ons andershede help ons om die volle omvang van God se genade en liefde beter te verstaan en te waardeer. As die een lid ly, ly al die lede saam en as die een lid geëer word, is al die lede saam bly (1 Korintiërs 12:26)

Verhoudinge Ons wil hierdie opwindende pad met eerlikheid, deursigtigheid, integriteit en in gehoorsaamheid stap. Onderlinge verhoudings in eie geledere, asook met lidmate van ons familie van NG Kerke, sal op hierdie geloofsreis van deurslaggewende belang wees. Uitdagings Ons is daarvan bewus dat hierdie pad vir ons onsekerheid, seerkry en selfverloëning mag inhou, maar ons troos is dat hierdie nuwe eenheid n viering is van ons verbintenis aan die Drie-Enige God wat in Homself vir ons n toonbeeld is van ware eenheid (Markus 12:29-30). 2. GESAMENTLIKE PROJEKTE EN EENHEIDSTRUKTURE OP GEMEENTE-, RING- EN SINODALE VLAKKE EN ANDER TERREINE VAN DIE KERKLIKE BEDIENING 2.1 Inleidend Die volgende aanbevelings: is bykomend tot die besluite oor gesamentlike projekte wat reeds deur Achterbergh 1 en 2, asook deur die Algemene Sinode van die NG Kerk (2007) en die Moderamen van die Algemene Sinode geneem is; dit word gedoen in die lig van die baie positiewe reaksie hieroor in die terugvoering van gemeentes oor die eenheidsproses (Nov 2007) en in gehoorsaamheid aan die Skrif, waarin dit vir ons duidelik is dat die eenheid van die kerk nie net uitdrukking vind in formele kerklike strukture of kerkverband nie, maar ook in die uitvoer van ons gesamentlike roeping, ons gesamentlike getuienis, egte gemeenskap, gesamentlike aanbidding en die viering van ons eenheid in Christus. Ons neem met groot dankbaarheid kennis van die talle voorbeelde van gesamentlike projekte en eenheidstrukture spontaan en georganiseerd, op n verskeidenheid vlakke wat reeds bestaan tussen die kerke in die NG Kerkfamilie. Ons wil lidmate en gemeentes aanmoedig om entoesiasties hierin mee te werk en dit verder uit te bou. 2.2 Enkele riglyne 2.2.1 Gesamentlike projekte word nie as alternatief op die eenheidsproses gesien nie, maar gee juis verdere uitdrukking aan die eenheid. Dit gaan om n gedeelde roeping en gesamentlike bedieninge wat uitloop op eenheidstrukture op n verskeidenheid vlakke. 2.2.2 Die wyse waarop saamgewerk word, word bepaal deur elke besondere konteks en die aard van die projekte. Dit kan blote netwerke wees, ad hoc-projekte of spontane samewerking, maar dit kan ook op blywende ooreenkomste tussen twee of meer vennote uitloop. Dit kan ook vennootskappe met ander kerke as die NG Kerkfamilie en nie-kerklike instansies insluit. 2.2.3 Lidmate en gemeentes word aangemoedig om ter wille van die gesamentlike roeping allerlei blywende vennootskapsooreenkomste te vestig, waarin die volgende waardes in ag geneem word Dit gaan om wedersydse ondersteuning in die uitvoering van n gesamentlike roeping. Vennote erken mekaar se selfstandigheid en respekteer mekaar se andersheid. Enige voorskriftelikheid of afhanklikheid moet vermy word. Deursigtigheid, eerlikheid en wedersydse vertroue is belangrike fondamente van die verhouding. Die vennote het inspraak in besluite; dit word op konsensusbasis tussen die vennote geneem. Neem tyd om na mekaar te luister en saam na die Skrif en konteks te luister (vgl waardes van Seisoen van Luister).

In die vennootskapsverhouding gaan dit nie net om die konkrete resultate van die projek wat beoog word nie, maar veral ook om die verhouding self wat uitgebou en in stand gehou word. Ooreenkomste moet verkieslik op skrif wees en vennote moet bly by wat ooreengekom word (die saamskryf aan ooreenkomste gee as sodanig reeds die eerste treë in die bou van verhoudinge). 2.2.4 Gemeentes, ringe en sinodes word aangemoedig om uitvoering te gee aan bestaande besluite oor oop lidmaatskap, oop strukture op gemeente-, rings- en sinodale vlak, die oor en weer beroepbaarheid van leraars, ens. 2.2.5 Gesamentlike kerkraads-, rings- en sinodale vergaderinge, gesamentlike byeenkomste, leraars wat genooi word om oor en weer in gemeentes te preek, ensovoorts word aangemoedig. 2.2.6 Die gesprek oor die groeiende aantal lidmate, leraars, wyke, groepe en selfs gemeentes van susterkerke van die Familie wat oorkom na die NG Kerk, moet in alle eerlikheid met ons susterkerke gevoer word. Hierdie proses kan ook n oorgaan vanaf die NG Kerk na ons susterkerke inhou. Dit word as n spontane en positiewe proses aanvaar en aangemoedig, maar dan in oorleg met mekaar. 2.2.7 Prosesse waar gemeentes, ringe en ander kerklike strukture op ordelike wyse eenheidstrukture vorm, word aangemoedig. 2.2.8 Na aanleiding van die groterwordende aantal vakatures in gemeentes en die groeiende onvermoë om leraars te bekostig, moet daar op verskillende vlakke indringende gesprekke gevoer word oor effektiewe en volhoubare bedieningstrukture, lidmaatbemagtiging, teologiese opleiding en die deel van leraars. 3. BELYDENISGRONDSLAG 3.1 Die Drie Formuliere van Enigheid is vanselfsprekend die belydenisgrondslag van Gereformeerde Kerke. 3.2 Die Moderamen verstaan dat die Belydenis van Belhar vir die VGKSA en vir sommige lidmate van die NG Kerk van besondere teologiese waarde en sentiment is. Terselfdertyd besef ons, veral ook na die gemeentekonsultasies, dat die Belydenis van Belhar vir die meerderheid lidmate en gemeentes van die NG Kerk nie as vierde belydenisskrif aanvaarbaar is nie. 3.3 Die Moderamen besluit dat enige toekomstige hantering van die saak beide hierdie standpunte moet bly respekteer. 4. NUWE KERKVERBAND (MODEL) 4.1 Twee alternatiewe modelle (nl n bykomende sinode en n vervangende sinode) word na n Achterbergh 3 geneem vir verdere onderhandelinge met die Familie van NG Kerke. 4.2 As onvervreembare deel van albei modelle word gemeentes, ringe en sinodes van die lidkerke aangemoedig om intussen betekenisvolle vorme van eenheid op elke vlak na te streef. 4.3 Achterbergh 3 besin oor die moontlikheid om as interim-maatreël n Gesamentlike Sinode van die vier lidkerke te oorweeg. Die opdrag van hierdie Gesamentlike Sinode sou wees om die verdere proses van kerkhereniging te hanteer. Ons stel voor dat al die (streek)sinodes van die vier lidkerke afgevaardigdes na hierdie Gesamentlike Sinode stuur. 4.4 Die momentum van die ander Gereformeerdes in Suider-Afrika word gesoek om ons uit ons impasse te help deur die saamroep van n Suider- Afrikaanse Sinode van Gereformeerde kerke. 5. KOMMUNIKASIE Die volgende voorstelle word deurgegee aan die Moderatuur, Kantoor van die Algemene Sekretaris en die Taakspan Kerklike Media: Ons moet seker maak dat ons weet wat ons wil sê: Wat is ons boodskap? Wanneer gaan ons sê wat ons moet sê? Wat is die besluite? Ons boodskap moet helder, eenvoudig en duidelik wees. Ons moet mense die ervaring gee dat ons hulle gehoor het.

Na watter adres reageer mense? Persoonlik of skriftelik? Hoe kan die boodskap tot op voetsoolvlak oorgedra word? Sentrale kommunikasiekantoor/verantwoordelike persoon wat met streeksinodes kommunikeer het Kobus se kantoor die kapasiteit? Kontrakteer iemand of gebruik bestaande kapasiteit indien nie. Wie doen die praatwerk? Moderatuur kontroleer inligting. Tydsraamwerke kommunikasie moet Woensdae op die laaste by sinodes se kantore wees met die oog op op hulle nuusbriewe. Gaan vra die kundiges: ontwikkel n goeie kommunikasiestrategie. Huidige moontlikhede wat uitgebou moet word: DVD s, road shows, Kerkbode, webblad, omsendskrywes, nuusblaaie, ens. Vestig n gefokusde webblad met as naam www.kerkeenheid.co.za Skep n gemodereerde blog Kommunikasie moet ook gelyktydige kommunikasie met die ander kerke van die NG Kerkfamilie wees. Gee aandag aan die skep van die kantoor waaroor Achterbergh reeds opdrag aan die Interimkomitee gegee het. 18 Maart 2008 Liewe susters en broers TERUGVOERING OOR DIE KONSULTASIEPROSES TOV HERKHERENIGING Die Moderamen van die Algemene Sinode het tydens die vergadering van 17-18 Maart 2008 die omvattende terugvoer van gemeentes oor kerkhereniging indringend bespreek. Ons het gehoor baie lidmate dink en worstel op n geestelike vlak oor die saak van kerkeenheid. Die Bybelse eise én beloftes kom in lidmate en gemeentes se terugvoering na vore. Die rol van gebed word ook beklemtoon. Ons sal daarom die saak van kerkhereniging steeds dieper Bybels-teologies verantwoord en met ons gemeentes verder daaroor gesels. n Hele aantal lidmate het n onrustigheid oor die konsultasieproses gehad. Die besluite oor kerkhereniging van die afgelope dekades was vir sommige n verrassing, omdat dit volgens hulle ervaring nie tot op voetsoolvlak deurgegee is nie. Sommige het die besluite kompleks, moeilik verstaanbaar en vatbaar vir verskillende interpretasies ervaar. Ons besef dat die proses vir baie lidmate lomp was en ons is jammer daaroor. Ons waardeer dus die geduld en samewerking van lidmate en gemeentes, veral in n tyd waar daar baie ander sake in ons lande en die kerk is wat n negatiewe impak op verhoudinge het. Ons waardeer dit dat lidmate die bou van verhoudinge en samewerking in die NG Kerkfamilie as n hoë prioriteit sien. Gesamentlike projekte vir die uitdagings waarvoor ons kerke en ons lande te staan kom, sal dus hoog op die agenda bly. Ons het gehoor dat baie gemeentes en lidmate dink die huidige drie belydenisskrifte is genoegsaam, én dat hulle nie geneë is om die Belydenis van Belhar as vierde belydenisskrif te aanvaar nie. Daar is ook by lidmate en gemeentes begrip vir die besondere teologiese waarde en sentiment wat die Belydenis van Belhar vir die VGKSA, en vir sommige predikante en lidmate van die NG Kerk, het. Ons oordeel daarom dat enige toekomstige hantering van die Belydenis van Belhar beide standpunte, dié vir en dié teen Belhar, moet respekteer. Dit is duidelik uit die konsultasie dat die voorgestelde model van kerkhereniging nie ongekwalifiseerd aanvaarbaar is nie. Ons sal

daarom op verskillende vlakke in die kerk (gemeentes, ringe en sinodes) saam soek, in die lig van die Bybelse eis tot eenheid, oor watter strukture eenheid die beste kan dien. Die terugvoering van die gemeentes van die NG Kerk uit die konsultasieproses, sowel as die mandaat van die Algemene Sinode 2007, vorm nou die basis waarmee die Moderamen verder met die res van die familie van NG Kerke die wil van die Here sal onderskei en onderhandel. Die verdere konkrete voorstelle uit dié proses, ook oor sake waaroor daar nog uitklaring gesoek word, sal weer aan gemeentes deurgegee word vir kommentaar, meelewing en voorbidding. Ons sal deursigtig en duidelik bly kommunikeer, terwyl ons saam met al ons lidmate en die familie van NG Kerke die wil van die Here vir kerkhereniging onderskei. Dankie dat die Moderamen kan staatmaak op elke gemeente en lidmaat se voorbidding vir ons kerk en vir elkeen van die ander kerke in die NG Kerkfamilie. n Geseënde Paasfees toegebid! Vriendelike groete Dr JJ Gerber Algemene Sekretaris van die NG Kerk Namens die Moderamen: Kemptonpark: 18 Maart 2008