Hoofstuk 5 Energie en verandering Soorte energie Ons het reeds in Gr 4 geleer van verskillende vorms of soorte energie. Chemiese energie Bewegingsenergie ( n ander naam daarvoor is kinetiese energie) Elektrisiese energie Hitte-energie Lig-energie Klank-energie Nog n soort energie waarvan ons meer sal leer in die hoër grade, is potensiële energie. Potensiële energie is energie wat in iets gestoor is, en wat wag om gebruik te word. As n stouterd in die klas n rekkie terugtrek en vashou, besit daardie rekkie potensiële energie. As hy die rekkie loslaat en iemand daarmee skiet, word die potensiële energie omgesit of verander in bewegingsenergie. Bronne van energie Ons het ook geleer dat die plekke waar ons energie vandaan kry, bronne van energie genoem word. In MSW het ons ook reeds geleer dat brandstowwe soos steenkool en olie vir ons belangrike energiebronne is, maar dat hierdie energiebronne ongelukkig ook nadele het: Dit besoedel die omgewing, en boonop kan dit uitgeput raak. Dit het tyd geword dat die mens alternatiewe energiebronne soek. Van hierdie energiebronne is die volgende: Son-energie Sonpanele word al hoe meer gereeld gebruik om warm water vir huise en fabrieke te verskaf. n Sonpaneel word swart geverf, want swart absobeer hitte die beste. Daar bestaan ook sonbatterye wat in staat is om sonlig direk in elektrisiteit te verander. 24
In Kalifornië is daar al etlike sonkragstasies. Hierdie stasies bestaan uit n klomp spieëls wat so gerangskik is dat die sonstrale op n pyp in die middel gekonsentreer word. Olie wat deur hierdie pyp vloei, word baie warm. Hierdie hitte laat stoom ontstaan, wat weer gebruik word om turbines aan te dryf wat elektrisiteit opwek. Wind-energie Wind-energie is reeds in die vroegste tye gebruik om seilbote aan te dryf. Die energie van die wind kan ons op nog maniere help, bv.: om water te pomp en om elektrisiteit op te wek. Baie navorsing word deesdae gedoen oor die opwekking van elektrisiteit met behulp van die wind. Van die wind-kragstasies kan genoeg krag opwek vir 15 000 huise! Water-energie Water word op verskillende maniere as energiebron gebruik. Die energie van vallende water is al van die vroegste tye af gebruik in waterwiele. Vandag word vallende water gebruik om elektrisiteit op te wek. Die energie van die vallende water word gebruik om n turbine te laat draai, wat elektrisiteit opwek. Elektrisiteit wat op hierdie manier opgewek word, word hidroëlektrisiteit genoem. Stoomenergie is vroeër in baie masjiene en voertuie gebruik. Die eerste stoomenjin is deur Thomas Newcomen uitgevind, maar James Watt van Skotland het die stoomenjin baie verbeter. Die uitvinding van die stoomenjin het veroorsaak dat fabrieke nie meer van waterwiele afhanklik was nie. Baie sterker en beter masjiene kon nou in fabrieke gebruik word. In 1804 is die eerste stoomlokomotief reeds uitgevind. Vandag nog word stoomturbines gebruik om elektrisiteit op te wek. 25
Die energie van branders kan ook gebruik word om elektrisiteit op te wek. Vallende branders forseer lug op in n toestel waar n turbine begin draai en elektrisiteit opwek. Lug in Lug uit Turbine Lug vloei Brander stuig Golf rigting Brander sak Golf rigting Energie van plante Die energie van die son is in groen plante gestoor. Plante kan ook vir die mens se energiebehoeftes gebruik word. In Brasilië word alkohol van suikerriet gemaak en in plaas van petrol gebruik. Daar is ook al geëksperimenteer met sonneblomolie as n plaasvervanger vir petrol. Geotermiese energie In sommige lande is daar gebiede waar die hitte uit die kern van die aarde taamlik maklik bereikbaar is. Hierdie hitte kan gebruik word om huise of fabrieke te verhit of om elektrisiteit op te wek. Amerika se eerste geotermiese kragstasie is reeds in 1960 gebou. 26
Metaan Metaan is n gas wat geproduseer word uit dieremis of menslike afval. Metaan is al in die vorige eeu gebruik vir straatlampe, en is dus niks nuuts nie. Ongelukkig is metaan ook een van die soorte gas wat die osoonlaag kan beskadig. Kernkragstasies Kernkrag word uit uraan geproduseer. Net EEN kilogram uraan bevat dieselfde hoeveelheid energie as drie miljoen kilogram steenkool. Ongelukkig is die afvalmateriaal wat ontstaan wanneer kernkrag geproduseer word, baie gevaarlik, want dit is radio-aktief. Dit moet vir baie lang tye baie versigtig weggebêre word sodat daar nie radio-aktiewe strale daaruit ontsnap nie. Iemand wat aan te veel radio-aktiewe bestraling blootgestel word, kan kanker kry en doodgaan. Swanger vroue kan gestremde babatjies kry as gevolg van bestraling. Die gebruik van energie-omsetting om die mens te help Ons het reeds geleer dat een soort energie omgesit of verander kan word in n ander soort energie. Reeds in die vroegste tye het die mens maniere uitgevind om werk makliker te maak deur energie-omsetting. As hulle n swaar voorwerp moes beweeg, het hulle rollers of rolstokke gebruik. Hefbome het ook gehelp om die voorwerpe te stoot. Op bote het matrose ook die roeispane as hefbome gebruik om die skip te trek. Die seile is opgetrek met katrolle, wat dit makliker gemaak het om die toue te trek. Ons gebruik vandag nog hefbome en katrolle. Hefbome en katrolle maak ons werk makliker! Hoofstuk 6 27
rollers of rolstokke katrol anker stuur 28