September Doel van hierdie dokument

Vergelijkbare documenten
KONSEP-OMVANGSVERSLAG: NIE-TEGNIESE OPSOMMING

MAART 2013 DEA REF NO.: 12/12/20/913

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

Agtergrond Inligtingsdokument. vir Kommentaar

OMGEWINGSIMPAKEVALUERING (OIE) Voorgestelde Thyspunt Transmissielyn Integrasieprojek OIE NUUSBRIEF (November 2009)

Doel van hierdie dokument

VERSLAG. Opsomming van Voorlopige Terreinseleksieverslag; Kantoorgebonde Identifisering van Gebiede waarin Eksplorasieterreine Geplaas kan word

AGTERGROND-INLIGTINGSDOKUMENT

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

OMGEWINGSINVLOEDBEPALING: BEOOGDE TRU-OSMOSE-AANLEG BY HENDRINA KRAGSENTRALE, MPUMALANGA UITVOERENDE OPSOMMING: FINALE BASIESE INVLOEDBEPALINGSVERSLAG

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

AGTERGROND-INLIGTINGSDOKUMENT

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

OMGEWINGSIMPSTUDIEPROSES VOORGESTELDE STEELPOORT POMPOPGAARSKEMA EN MEEGAANDE INFRASTRUKTUUR. Agtergrond-inligtingsdokument.

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

DOEL VAN DIE KONSEP- OMVANGVERSLAE

OMGEWINGSINVLOEDBEPALINGSPROSES: VOORGESTELDE WINDENERGIE-AANLEGTE (SUID & NOORD) OP DIE OOSTELIKE PLATO NABY DE AAR, NOORD-KAAP APRIL 2012

Les 14: Entrepreneurskap

BOLAND OMGEWINGSKONSULTANTE CC

Basiese Impakbepaling vir die rehabilitasie van die Kouga Dam, Baviaans Plaaslike Munisipaliteit, Oos-Kaap AGTERGROND INLIGTING DOKUMENT

LEWER U KOMMENTAAR ASSEBLIEF! Keisie Rivier Grondbewaringswerke

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE (OIS): MYNREGTE EN ANDER AANVERWANTE LISENSIËRING PROSESSE: VOORGESTELDE PLATINUM GROUP METALS MYNE EN VERWANTE INFRASTRUKTUUR

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE (BASIESE STUDIE): VOORGESTELDE TRU-OSMOSEAANLEG, YSTERERTSHANTERINGSFASILITEIT, SALDANHAHAWE

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Projeknommer: Saamgestel vir: Vir enige projekverwante inligting, kontak asseblief: Me. Nondumiso Gwala. Tel: (011)

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

Les Plan Twee. Habitats

Gids vir Byvoordele eise

Sentraalbeplande stelsel

DOEL VAN DIE KONSEP- OMVANGSVERSLAG

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Inleiding Tot Die Jagluiperd

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

OMGEWINGSIMPAKBEPALING STUDIE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

PUBLIEKE OPE DAG EN BELANGHEBBENDE VERGADERING, RAKENDE DIE VOORGESTELDE KUDU INTEGRASIE PROJEK, TE GARRIES, OP 9 FEBRUARIE

Rolprente uit twee verskillende genres *

FAKTORE EN VEELVOUDE

JUNIE 2012 OPSOMMENDE DOKUMENT: KONSEP OMVANGSBEPALINGSVERSLAG. Agtergrond

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

EUROPA Trust Company 2

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

EKURHULENI NOORD DISTRIK

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

OMGEWINGSIMPAKSTUDIE EN AANSOEK OM LISENSIE VIR AFVALBESTUUR

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Riglyne vir Steundiensaanstellings

This document is also available in English. AGTERGROND INLIGTINGSDOKUMENT

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

Elektriese Stroombane

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT:

LAP Spiraal Arm Inligting Sessies Notas vir sessies gehou in Carnarvon Williston en Brandvlei Oktober 2017

Plantstruktuur en Plant Voedsel

BESKRYWING VAN DIE PROJEK

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT Junie 2017

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

Prysvorming deur vraag en aanbod

ʼn Webdiens vir tematiese kartering

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

Vlotheid en intonasie

OMGEWINGSIMPAK EVALUERING PROSES VOORGESTELDE GEKONSENTREERDE SONKRAK (GSK) AANLEG EN GEASSOSIEERDE INFRASTRUKTUUR IN DIE NOORD-KAAP PROVINSIE

Transcriptie:

Omgewingsinvloedbepaling vir die voorgestelde steenkoolkragstasie in die Waterberggebied, Limpopo DOT Verwysing 12/12/20/1255 AGTERGRONDINLIGTINGSDOKUMENT September 2008 Doel van hierdie dokument Die doel van hierdie Agtergrondinligtingsdokument is om belanghebbende en geaffekteerde partye (B&GP's) in te lig oor die Omgewingsinvloedbepaling (OIB)- proses wat gedoen word vir die voorgestelde Waterberg-kragstasie wes van Lephalale in die provinsie Limpopo. Benewens die verskaffing van inligting oor die voorgestelde projek bied hierdie dokument ook aan B&GP's 'n geleentheid om: Te registreer as belanghebbendes in die proses van openbare deelname; en Kommentaar te lewer op en bydraes te lewer tot die voorgestelde projek. Die doel van 'n OIB is om potensiële invloede te identifiseer en te evalueer, om maatreëls aan te beveel om negatiewe invloede te vermy of te verminder en om positiewe invloede te vergroot. Die besluitneemowerheid vir die OIB is die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOT), ingevolge artikel 24(5) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, Wet No 107 van 1998. Registreer asseblief teen 15 Oktober 2008 Wanneer u registreer, sal u op die databasis van Waterbergbelanghebbendes ingesluit word en sal u verdere inligting vir kommentaar ontvang wanneer dit beskikbaar word. Om te registreer, moet u die ingeslote registrasieblad invul en terugstuur, 'n brief skryf, 'n e-pos stuur of die kantoor vir openbare deelname skakel. Alle OIB-dokumente sal ook beskikbaar wees op www.eskom.co.za/eia en www.ninhamshand.co.za. Gedrukte eksemplare sal ook op Lephalale beskikbaar gestel word. Kantoor vir openbare deelname Wilheminah Mosupye / Anelle Odendaal Zitholele Consulting Posbus 6002, Halfway House, 1685 Tel: (011) 254-4905 / 4855 Faks: (011) 805 2100 E-pos: wmosupye@zitholele.co.za aodendaal@zitholele.co.za Tegniese navrae oor die OIB Ashwin West / Louise Corbett Ninham Shand Consulting Services Posbus 1347, Kaapstad, 8000 Tel: (021) 481 2400 Faks: (021) 424 5588 E-pos: ashwin.west@shands.co.za louise.corbett@shands.co.za AGTERGROND Eskom is verantwoordelik vir die opwekking, transmissie en verspreiding van elektrisiteit in Suid-Afrika. Hy verskaf nagenoeg 95% van die land se elektrisiteit, en 45% van al die elektrisiteit wat op die vasteland van Afrika verbruik word. Eskom maak staat op steenkoolkragstasies om ongeveer 90% van sy elektrisiteit te produseer. Die groeiende vraag na elektrisiteit plaas toenemende druk op Eskom se bestaande kragopwekkingskapasiteit. Die Suid-Afrikaanse ekonomie toon 'n gesonde groeikoers, en dit gaan gepaard met n toename in die vraag na elektrisiteit. Om hierdie toename in vraag die hoof te bied, ondersoek Eskom die moontlikheid van nog 'n steenkoolkragstasie in die Waterberggebied, in die provinsie Limpopo. Eskom het in Julie 2008 'n verwysingsnommer (No. 12/12/20/1255) van die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOT) ontvang om voort te gaan met 'n Omgewingsinvloedbepaling (OIB) soos vereis deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, Wet No 107 van 1998. Elektrisiteit kan nie in groot hoeveelhede opgegaar word nie, nie maklik nie en ook nie kostedoeltreffend nie, in volumes wat Eskom se verbruikers nodig het, en dit moet dus opgewek word wanneer dit benodig word. Dit beteken dat Eskom genoeg geïnstalleerde opwekkingskapasiteit moet hê om in hierdie vraag te voorsien. Sonder hierdie geïnstalleerde kapasiteit sal Eskom probleme ondervind om die vraag na elektrisiteit te bevredig, en dit kan 'n negatiewe uitwerking op ekonomiese groei hê. Wanneer elektrisiteit deur 'n steenkoolkragstasie opgewek word, word steenkool gebruik om water te verhit, wat dan in superverhitte stoom omskep word. Hierdie stoom draai 'n groot turbine wat gekoppel is aan 'n roterende magneet wat hierdie meganiese energie in elektriese energie (elektrisiteit) omsit, wat dan deur transformators verder verhoog word tot hoëspanning elektriese krag. Bogrondse hoëspanning-transmissielyne vervoer die elektrisiteit van die kragstasie na die nasionale transmissienetwerk. Elektrisiteit moet in die substasies verlaag word tot spannings wat meer geskik is vir industriële en residensiële gebruike. DIE VOORGESTELDE PROJEK: KONSTRUKSIE VAN n STEENKOOLKRAGSTASIE IN DIE WATERBERGGEBIED Eskom beoog om 'n steenkoolkragstasie met geïnstalleerde kapasiteit van tot 5 400 megawatt (MW) te bou en te bedryf, bestaande uit ses eenhede van ongeveer 900 MW elk. Die finale stasiekapasiteit en uitleg hang af van die tegnologie waarop besluit word, wat sal berus op die voorstelle van die verskillende vervaardigers van oorspronklike toerusting. Die tegnologie-opsies tot Eskom se beskikking betreffende verkoeling en emissievermindering sal gedurende die OIBproses ondersoek word. Bykomende infrastruktuur wat op die terrein nodig kan wees, sluit in: afvalwaterbehandelingswerke; drinkwaterbehandelingswerke; 'n demineraliseringsaanleg; toegangspaaie en spoorinfrastruktuur; fasiliteite vir die berging en hantering van algemene en gevaarlike afval; damme vir die berging van "skoon" en "vuil" water; 'n ashanteringsfasiliteit; 'n steenkoolstapelwerf; 'n konstruksiedorp; tydelike elektrisiteitsvoorsiening (vir konstruksie) en 'n distribusiesubstasie; tydelike watervoorsiening deur pypleidings (vir konstruksie); 'n transmissiehoogspanning (HS)-werf; watervoorsieningspypleidings en rouwateropgaringsreservoirs; en gepaardgaande infrastruktuur. Hierdie OIB word gedoen deur: Namens:

BESKRYWING VAN DIE VOORGESTELDE PROJEK Drie potensiële terreine vir die voorgestelde konstruksie van die kragstasie is gekies, wes van Lephalale en ook wes van die bestaande Matimba-kragstasie en die Medupi-kragstasie (nou in aanbou). Die identifisering van potensiële terreine is gedryf deur die ligging van die steenkoolhulpbronne in die Waterberggebied, die feit dat die kragstasie nie bo op steenkoolhulpbronne gebou kan word nie en beperkings soos geografiese grense en verskuiwingslyne. Omdat die spesifieke steenkoolverskaffer nog nie gekies is nie, is aanbeveel dat die kandidaatterreine hoogstens 30 km van die verste steenkoolmyn mag wees, as gevolg van die tegniese beperkings van die bou en bedryf van vervoerbande langer as 30 km. Daar is verder voorgestel dat die terreine so geleë moet wees dat elke terrein deur enige van die plaaslike steenkoolmyne bedien kan word. Deur hierdie proses is drie alternatiewe terreine afgebaken na die evaluering van verskeie tegniese oorwegings asook omgewingskundige en maatskaplike kriteria soos uitwerking op plaaslike luggehalte en grondgebruik. Die terreine is geleë in die omgewing van Steenbokpan, suid van die Eenzaamheid geologiese verskuiwing. Figuur 1 bevat 'n kaart wat die terreine aandui. Die drie terreine sal deeglik ondersoek word tydens die OIBproses. Die bevindings van die OIB sal die projekspan in staat stel om 'n voorkeurterrein vir die bou van hierdie kragstasie aan te beveel, vanuit 'n omgewingsperspektief. Eskom sal dan die tegniese en finansiële oorwegings van die drie terreine evalueer en die terrein kies wat vanuit 'n tegniese, omgewingskundige en finansiële perspektief aan sy vereistes voldoen. Die bou van die voorgestelde kragstasie en gepaardgaande infrastruktuur sal op gefaseerde wyse geïmplementeer word. Die eerste fase sal wees om die OIB te doen ten einde omgewingsmagtiging (voorheen bekend as 'n Rekord van Besluit) van die Departement van Omgewingsake en Toerisme (DOT) te verkry, wat nodig is voordat enige bouwerk kan begin. As deel van die OIB-proses sal 'n Omgewingsbestuursplan (OBP) ook aan DOT voorgelê word vir goedkeuring. Die doel van die OBP is om die uitwerking van die kragstasiebedrywighede tydens die konstruksie-, bedryfs- en uitdiensstellingsfases te bestuur. Die drie terreine sluit die volgende plase in: Terrein A 8 328 ha Minnaarspan, Plaas No 322 Zyferbult, Plaas No 324 Taaiboschpan, Plaas No 320 Zandheuwel, Plaas No 356 Leliefontein, Plaas No 672 Gedeelte van Doornlaagte, Plaas No 353 Terrein B 7 377 ha Pyppan, Plaas No 326 Mooipan, Plaas No 325 Knopjesdoorn, Plaas No 351 Gedeelte van Doornlaagte, Plaas No 353 Schuldpadfontein, Plaas No 328 Rooibokbult, Plaas No 330 Gedeelte van Paardevley, Plaas No 329 Terrein C 8 122 ha Dwars-in-die-Weg, Plaas No 289 Gifboschpan, Plaas No 288 Witkop, Plaas No 287 Rooiboklaagte, Plaas No 283 Haakdoornpan, Plaas No 673 Haakdoornhoek, Plaas No 333 Vaalboschhoek, Plaas No 285 VOORGESTELDE SKEDULERING 'N OMGEWINGSINVLOEDBEPALING (OIB) Tydens die OIB sal Eskom se grondonderhandelaars aanbiedings oor die grondverkrygingsproses maak ten einde te verseker dat potensieel geaffekteerde grondeienaars die proses verstaan en weet wat om te verwag indien Eskom hulle grond benodig. Grondeienaars sal vir hulle grond vergoed word teen markverwante pryse, gebaseer op 'n onafhanklike evaluasie van die grond en die verbeterings daarop. Afhangende van die uitkoms van die omgewingsinvloedbepaling en daaropvolgende besluit deur DOT kan Eskom tussen 2010 en 2011 met die konstruksiefase begin. Wat is 'n OIB? 'n OIB is 'n beplannings- en besluitneemproses wat ingevolge artikel 24(5) van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, Wet No 107 van 1998, gedoen word. Die OIB het twee parallele en geïntegreerde prosesse, naamlik 'n tegniese proses en 'n proses van openbare deelname. Die tegniese proses ondersoek "harde" inligting: feite gebaseer op wetenskaplike en tegniese studie, statistieke of tegniese data. Dit identifiseer die potensiële negatiewe en positiewe gevolge van 'n voorgestelde projek of ontwikkeling in 'n vroeë stadium, en beveel maniere aan om positiewe gevolge te vergroot en negatiewe gevolge te vermy, te verminder of te versag. Die bevindings van 'n OIB lei ook die tegniese en finansiële ondersoeke. Die OIB-regulasies vereis dat 'n OBP vir alle geïdentifiseerde invloede ontwikkel word. 'n OBP bied spesifikasies oor hoe om die projek te bedryf en te implementeer. Die OBP sal dwarsdeur die lewensiklus van die projek wetlik bindend wees vir die voorsteller. Openbare deelname is 'n hoeksteen van enige OIB-proses, en dit fasiliteer openlikheid en deursigtigheid. Dit bied aan belanghebbendes voldoende inligting en geleenthede om waardevolle bydraes tot die projek te lewer met hulle eie kwessies en kwellings. Let daarop dat onderhandelings met grondeienaars oor grond en serwitute en vergoeding nie deel van die proses van openbare deelname van 'n OIB uitmaak nie. Eskom sal regstreeks met grondeienaars onderhandel oor serwitute en die verkryging van grond. Die proses van openbare deelname is bedoel om voldoende en toeganklike inligting op 'n objektiewe wyse aan Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP's) te verskaf om hulle te help om: Kwessies te opper en voorstelle te maak vir alternatiewe terreine en groter voordele; Plaaslike kennis by te dra; Seker te maak dat hulle kwessies opgeneem en oorweeg is deur die tegniese ondersoeke; Kommentaar te lewer op die bevindings van die OIB. Aktiwiteite tydens OIB geëvalueer Aktiwiteite wat in die OIB geëvalueer moet word, word ingevolge artikel 24 van die Wet gelys (Goewermentskennisgewings 386 en 387 van April 2006). Die primêre aktiwiteit is die voorgestelde bou van 'n steenkoolkragstasie. 'n Volledige lys van die aktiwiteite sal in die Konsep-Omvangsverslag gepubliseer word.

Dwars-in-de-weg Vaalboschhoek Giftboschpan Rooiboklaagte Haakdoornpan Haakdoornpan Witkop Haakdoornhoek DR1675 DR175 Rooibokbult Slingerspan Brakpan Steenbokpan Paardevley Pyppan Schuldpadfontein Skilpadfontein Doornlaagte Knopjesdoorn Doornlaagte DR1675 Minnaarspan Mooipan Zyferbult Mooipan Zandheuwel Leliefontein Kremetartpan DR175 Name Hectares Site A 8328.00913 Site B 7376.94373 Site C 8121.52433 Taaiboschpan Figuur 1 : Kaart wat die drie terreine toon wat ondersoek word

Benadering tot die OIB 'n OIB word in fases gedoen, soos hier onder geskets. Die voorlopige skedulering van hierdie fases vir die voorgestelde steenkoolkragstasie in die Waterberggebied word ook aangedui. Omvangsbepalingsfase van die OIB: Julie November 2008 Die eerste fase is die Omvangsbepalingsfase, wat gedoen word om begrip te kry van die potensiële omgewingskwessies rakende die projek, en om te bepaal waar verdere inligting nodig is, in die vorm van spesialisstudies/ondersoeke. 'n Omvangsbepalingsverslag en Studieplan vir die OIB word aan DOT voorgelê vir oorweging en goedkeuring van die voorgestelde benadering tot die gedetailleerde ondersoek wat in die volgende fase vereis word. Aktiwiteite in die Omvangsfase sluit in: Vergaderings met owerhede om op proses en studievereistes ooreen te kom; Registrasie van die OIB by DOT, wat 'n verwysingsnommer aan elke OIB toeken (in dié geval 12/12/20/1255); Kennisgewing van die begin van die OIB-proses aan Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP's) in die projekgebied, deur advertensies in sekere plaaslike en streekkoerante en kennisgewings op die terrein; Verspreiding van hierdie Agtergrondinligtingsdokument en 'n uitnodiging om tot die OIB-proses by te dra aan B&GP's in die projekgebied en verder; Belanghebbervergaderings met tersaaklike verteen= woordigers om die projek aan te kondig; Samestelling van 'n Konsep-Omvangsbepalingsverslag; Reël van belanghebberwerkwinkels en 'n vergadering in die projekgebied om kommentaar op die Konsep- Omvangsbepalingsverslag te kry; en Voorlegging van 'n Finale Omvangsbepalingsverslag met alle kwessies uit die invloedbepaling, aan DOT. Invloedbepalingsfase van die OIB: November 2008 Julie 2009 Die tweede fase van die OIB is 'n Invloedbepalingsfase, wat verskeie spesialisstudies behels om sekere invloede in detail te ondersoek. Spesifieke aktiwiteite sluit in: Spesialisstudies wat fokus op uitkomste van die Omvangsfase en kwessies van belanghebbendes; Opstel van 'n Konsep-Omgewingsinvloedverslag (OIV) wat die belangrikheid van positiewe en negatiewe invloede toon, asook maatreëls om positiewe invloede te vergroot en negatiewe invloede te vermy of te verminder; Opstel van 'n Konsep-OBP wat by die Konsep-OIV aangeheg word. Na goedkeuring deur owerhede sal die OBP nakoming van omgewingsregulasies verseker tydens die konstruksie-, bedryfs- en uitdiensstellingsfase; Verspreiding van die Konsep-Omgewingsinvloedverslag (met Kwessiesverslag) vir kommentaar; en Belanghebbersvergadering in die projekgebied om die bevindings van die OIB voor te hou vir kommentaar deur belanghebbers. Besluitneemfase van die OIB: Augustus 2009 Desember 2009 Die laaste stap behels die finalisering van die Omgewingsinvloedverslag (met kommentaar wat ontvang is) vir voorlegging aan DOT, wat die verslag binne 30 dae moet aanvaar of verwerp. As Omgewingsmagtiging verleen word, moet belanghebbendes daarvan verwittig word, en van die geleentheid om daarteen te appelleer as hulle wil. Voorlopige lys omgewingskwessies Verskeie potensiële omgewingskwessies is reeds geïdentifiseer en word hier onder genoem om B&GP's te help om die ondersoeke wat as deel van die omgewingsbepalingsproses gedoen word, beter te verstaan: Potensiële omgewingskwessies is: Invloede op luggehalte in die gebied; Potensiële oorlasinvloede tydens en na konstruksie (bv stof, geraas, ens); Sosio-ekonomiese invloede tydens konstruksie rakende 'n instroming van konstruksiewerkers en na konstruksie rakende verlies van eiendom, werkskepping, ens.; Visuele invloede as gevolg van die kragstasie; Verandering van die aard van die gebied; Invloede op fauna en flora (insluitende voëls); Potensiële veiligheidsinvloede; Voor- en nadele van die ontwikkeling vir die plaaslike en streekekonomie; Potensiële verkeersinvloede tydens konstruksie; Maatskaplike invloede (insluitende verlies van eiendom en grond, marginalisering van plaaslike mense, ens.); Potensiële invloede op natuurlike stelsels, bv vleilande en die afbakening daarvan; Invloede op grond- en oppervlakwaterhulpbronne. U kommentaar is belangrik U kommentaar sal verseker dat alle tersaaklike kwessies in die OIB geëvalueer word. Vul die ingeslote registrasie/ kommentaarblad in, skryf 'n brief, stuur 'n e-pos of skakel die kantoor vir openbare deelname in Midrand (kyk inligtingskassie vir kontakbesonderhede). U sal dan verdere inligting oor die voorgestelde projek en die OIB ontvang. Skakel ook die kantoor vir openbare deelname as u 'n eksemplaar van die OIB-regulasies, die gebruikersgids vir die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur of enige ander marteriaal wil hê om u te help om aan die proses deel te neem. U registrasie as 'n Belanghebbende en Geaffekteerde Party en u kommentaar is belangrik Die doel van 'n OIB is om die owerhede van genoeg inligting te voorsien om te kan besluit om Omgewingsmagtiging vir die voorgestelde projek te verleen al dan nie en, indien wel, op watter voorwaardes. Die bydraes van belanghebbendes uit alle sektore van die samelewing sal help met ingeligte besluitneming. U word genooi om vryelik deel te neem en enige kommentaar of inligting voor te lê wat u dink nuttig kan wees in die OIB-proses.