NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Welkom by Die Storie God se storie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jesaja sien die Toekoms

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Jona en die Groot Vis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Goeie Konings, Slegte Konings

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Van Vervolger tot Prediker

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die Groot Gebod dennis de wet

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

'n Man gestuur deur God

Dooppreek Mika Bogaards

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Toe God alles gemaak het

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Jona en die Groot Vis

Van Vervolger tot Prediker

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Petrus en die Krag van Gebed

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

God eer Josef die slaaf

Preek Romeine 1:16-17

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Die Kerk se Geboorte

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Transcriptie:

1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan die hemelvaart van ons Here Jesus Christus gedink. Tien dae na Jesus se hemelvaart is die Heilige Gees uitgestort en daarom dink ons volgende Sondag aan die uitstorting van die Heilige Gees. Die Heilige Gees verbind ons Jesus en sy verlossingswerk. Met ander woorde, Hy maak ons gelowiges. Maar die Heilige Gees lei ons ook om as gelowiges te leef. In ons lewe as gelowiges is die liefde baie belangrik, en daarom lees ons in Galasiërs 5 dat die liefde deel is van die vrug van die Gees. Vanoggend gaan ons 1 Korintiërs 13 hoor hoe ons as gelowiges met liefde moet leef. 1 Korintiërs is n baie gewilde teks vir troues. Maar in 1 Korintiërs 13 gaan dit oor baie meer as net huweliksliefde. Dit gaan oor die ware liefde waarmee gelowiges elke dag moet leef. Ons kyk vanoggend na drie punte: 1. Hoe die liefde nie is nie. 2. Hoe die liefde wel is. 3. Die volledige waarheen gelowiges oppad is. 1. Hoe die liefde nie is nie In die eerste plek: Hoe die liefde nie is nie. Die eerste lesers van 1 Korintiërs was die kerk in die stad Korinte. In die eerste drie verse kry ons n goeie opsomming van die kerk in Korinte en wat vir hulle belangrik was: Vers 1. Sommige lidmate het daarop aanspraak gemaak dat hulle die gawe het om in verskillende tale te kan praat. Vers 2. Vir ander lidmate was die gawe van profesie belangrik. Profesie beteken om God se boodskap te verkondig. Hulle het dit beklemtoon dat gelowiges die geheimenisse van die evangelie moet verstaan, en dat lidmate moet groei in kennis en geloof (vers 2). Vers 3. Die gemeente in Korinte het ook vir die armes gesorg. En dan was daar ook lidmate wat gesê het dat hulle bereid is om verbrand te word vir hulle geloos, soos dit ook met baie gelowiges gebeur het in die tyd van die Nuwe Testament. NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. Die gemeente van Korinte was dus aktief en het ander gehelp. Hulle het gegroei in hulle kennis van die Bybel en hulle wou doen wat reg is. En dan was daar selfs lidmate wat graag in tale wou praat sodat hulle vir ander kan wys dat hulle die Heilige Gees het. Maar dan kom verse 4-6 en dit vertel ons dat daar in die gemeente van Korinte ook probleme was. Wanneer ons die res van 1 Korintiërs lees, sien ons dat verse 4-6 n opsomming is van wat verkeerd was in die gemeente. Hulle was ongeduldig, onvriendelik, jaloers en grootpraterig. Hulle was ook liggeraak en selfsugtig.

2 Luister, Paulus sê die volgende. Hy sê: Julle kan al hierdie mooi dinge doen julle kan God dien en ander mense help, maar julle kan dit sonder enige liefde doen! Hoekom? Want die mooi dinge wat hulle probeer doen het, het hulle nie vir God of ander mense gedoen nie, maar vir hulleself. Want sien, dit is moontlik om die Bybel te lees en al hoe meer kennis van God te hê. Dit is moontlik om te bid en ander mense te help. Dit is moontlik om al hierdie dinge te doen vir jouself! Baie lidmate in Korinte was hoogmoedig, jaloers en selfgesentreerd. Want sien, al die goeie dinge wat hulle gedoen het, het hulle vir hulleself gedoen!? Vandag nog is daar mense wat so leef. Hulle doen dinge wat op die oog af goed lyk, soos byvoordeeld om ander te help, geld vir n goeie saak te gee, betrokke te wees by die kerk en n mooi lewe te leef. Daar is selfs mense wat daarop aanspraak maak dat hulle in tale kan praat of wonderwerke kan doen. Maar hoekom doen hulle dit? Want hulle wil belangrik voel, of hulle wil iets hê om oor te spog, of hulle wil mag hê of hulle doen dit sodat God hulle moet seën en hulle gebede moet verhoor. Met ander woorde, al die dinge wat hulle doen, doen hulle uit selfsug en eersug. Dit is nie vir God of iemand anders nie. Dit is vir hulleself. In vers 11 lees ons: Toe ek n kind was, het ek gepraat soos n kind, gedink soos n kind, geredeneer soos n kind. Kinders het baie mooi eienskappe. Jesus leer ons in Matt. 19 dat ons in Hom moet glo soos n kind. Maar n kinders het ook baie slegte eienskappe (wat hulle moet afleer). Wat doen n tweejarige as hy aandag soek? Hy gooi n tantrum. Hoe kry mens dit reg dat n kind iets doen? Jy gee hom of haar n beloning. Jy sê: As jy doen wat ek vra, sal ek jou dit gee of ek sal dit vir jou doen. Dit is hoe kinders is. Hulle doen iets om aandag te trek of om n beloning te kry. Maar dit is nie hoe die liefde is nie. Die liefde soek nie belonings of aandag nie. 2. Hoe die liefde wel is Ons het gehoor hoe die liefde nie is nie. Kom ons hoor nou in die tweede plek hoe die liefde wel is. Vers 4 sê dat die liefde geduldig en vriendelik is. En die meeste mense sal daarmee saamstem. Jip, die liefde is geduldig en vriendelik! Maar dan kom Paulus en hy sê dinge in vers 7 wat ons voete onder ons uitslaan. Hy wys ons wat die verskil is tussen iemand wat dinge vir eiebelang doen, en iemand wat deur God verander is en regtig liefhet. Vers 7 sê ware liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Met ander woorde, ware liefde gee nooit op nie. Dit hou aan om te vergewe, te glo, te hoop en te verdra. Iemand sal sê: Maar dit is onmoontlik! En dit is nie net onmoontlik nie, maar ook onwenslik! Wanneer jy aanhou om te glo, te hoop en te verdra is jy mos goedgelowig!? So, wat bedoel die Here hier? Is liefde dieselfde as goedgelowigheid? Nee, liefde is nie goedgelowigheid nie. Kom ons verduidelik.

3 Wanneer jy ander mense liefhet en hulle glo en verdra dan weet jy dat hulle jou in die steek kan laat. Jy weet daar n risiko is dat mense jou gaan teleurstel. Jy weet dat wanneer jy ander vertrou, hulle jou kan bedrieg of in die rug kan steek. Jy weet dit, maar omdat jy liefhet bedek jy alles, glo alles, hoop alles en hoop alles. Wanneer jy liefhet weet jy dus wat die risikos is. En dit is nie dieselfde as goedgelowigheid nie. n Goedgelowige mens vertrou uit onkunde. n Goedgelowiges mens is naïef en ken nie die risikos nie. Wanneer iets verkeerd loop, dan sê die goedgelowige mens: Hoekom het dit gebeur? Of: Ek het nooit gedink dat dit gaan gebeur nie. Ware gelowiges weet dat daar teleurstelling in hierdie lewe is, en dat hulle dit sal kan hanteer. Hoekom? Omdat ons weet hoe lief God ons het. So lief dat God sy enigste Seun in ons plek gestraf en laat sterf het. So lief dat Hy vir ons sondes betaal het sodat ons weer sy kinders kan wees. Hierdie liefde gee ons n nuwe lewe, en maak dat ons ander kan vergewe en kan verdra. Hierdie liefde maak dat hy weer kan glo en hoop. n Gelowige sê nie: Ek kry geen beloning nie, en daarom gaan ek nie meer help nie. Of: Ek gaan dalk seerkry, en daarom gaan ek nie hier betrokke raak nie. Ware liefde is om ten spyte van die risikos, te vertrou en te hoop. God se liefde maak dat ons teleurstellings kan hanteer. Dit maak dat ons kan vergewe en weer risikos kan vat. Beteken dit dat ander mense op ons kan trap, en dat ons maar net moet verdra en vertrou? Moet ons toelaat dat ander teen ons sondig? Natuurlik nie! Wanneer iemand besig is om verkeerd te doen, dan moet ons hom konfronteer en hom probeer stop. Hoekom? Nie omdat ons bang is vir die seerkry nie, maar omdat ons hom/haar wil reghelp. Want as ons hom nie reghelp nie, gaan hy homself en ook ander mense seer maak.. 3. Die volledige waarheen gelowiges oppad is Kom ons kyk nou in die derde plek na die volmaakte liefde waarheen gelowiges op pad is. In verse 9 en 10 lees ons: Want ons ken maar gedeeltelik,en ons profeteer maar gedeeltelik, 10 maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Wat beteken dit? In die eerste plek beteken dit dat gelowiges op pad is na die volledige. Die woord wat met volledige vertaal word, beteken letterlik om te wees waar jy moet wees, en om te doen wat jy moet doen. Dit is volledig. Kom ons gebruik n voorbeeld. Dink aan n walvis. n Walvis is baie groot en baie sterk. Hy swaai sy stert wat n paar ton weeg heen en weer. Nou, hier is n walvis wat sy groot stert heen en weer swaai. Maar kom nêrens nie; hy is net besig om homself seer te maak. Hoekom? Want hy is op die strand. n Walvis op die strand kan sy stert swaai soos jy wil, maar al wat hy doen is om homself en ander seer te maak en homself dieper in die sand in te grawe.

4 Hoekom? Want hy is nie waar hy moet wees nie. n Walvis is nie gemaak vir die strand nie, maar vir die see. Die see is sy volledige. Dit is waar hy sy stert swaai sodat hy vinnig deur die water beweeg. Die see is waar hy moet wees en waar hy moet doen wat hy doen. Ons probleem is dat ons nie by ons volledige is nie. Ons is nie waar ons moet wees nie. Maar daar toestand waarheen elke gelowige oppad is waar ons by ons volledige gaan wees. Daar gaan ons oorloop van blydskap en vervulling. Wat is hierdie volledige waar gelowiges oorloop met blydskap en vervulling? Vers 12 sê dat ons in n dowwe spieël kyk en dat ons n raaiselagtige beeld sien, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Letterlik staan daar dat ons eendag van aangesig tot aangesig sal sien. In die Bybel word die uitdrukking van aangesig tot aangesig gebruik wanneer iemand n God ontmoet het en sy teenwoordigheid ervaar het. Soos wat met Jakob, Moses en Elia gebeur het. Ons volledige is wanneer ons God van aangesig tot aangesig sien. Dit is wanneer ons in God se teenwoordigheid en liefde ervaar Nadat vers 12 gesê het dat ons van aangesig tot aangesig sal sien, sê dit verder: gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. Nou ken ek net Wanneer jy by n konsert is en jy luister na n sanger, dan ervaar jy iets van die sanger sonder dat jy hom of haar ken. Jy ervaar die sanger se mooi stem, sonder dat jy weet wie hy of sy regtig is. Net so kan mense iets van God ervaar, sonder dat hulle Hom regtig ken. Hulle ervaar iets van sy almag in die natuur. Ongelowiges kan selfs ervaar dat God hulle gebruik in sy plan met die wêreld. Dit is dus moontlik om God te ervaar, sonder dat jy Hom ken. Maar gelowiges ervaar nie net God nie, hulle ken Hom. Hulle ervaar nie net sy liefde, maar hulle ken ook sy liefde. Hulle weet wat sy liefde is en wat dit alles gedoen het, naamlik dat Hy sy enigste Seun gegee het om die straf op die sonde dra, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê Gelowiges weet ook wat God se liefde nou doen. Dat Hy die Heilige Gees gegee het om ons deur geloof aan Jesus Christus se verlossingswerk te verbind. Dat Hy ons nou deur sy liefde ook troos en lei, en dat ons na ons lewe op aarde in sy liefde gaan voortleef. Ons ken en ervaar God se liefde dus nou reeds, maar nog nie ten volle nie. Ons ken en ervaar dit gedeeltelik, nog nie volledig nie. Wanneer ons volledige aanbreek, dan ervaar ons God se volmaakte liefde. En dan gaan ons dit nie net volmaak ervaar nie, maar ook volmaak ken. Ons gaan dan presies weet wat God se liefde is en doen! Om God se liefde volmaak te ervaar en te ken. Dit is waarna ons as gelowiges verlang, en dit is wat ons gelowiges geliefdes wat gesterf het, nou het. Slot Ten slotte, geliefde gemeente. God roep ons met 1 Korintiërs om met ware liefde te leef. Ware liefde doen nie dinge om iets daaruit te kry nie, maar hou aan om te vergewe, te glo, te hoop en te verdra. Ware liefde is selfopofferende liefde het. Dit is die liefde wat God vir ons het en die Heilige Gees rus ons toe sodat ons ook met hierdie liefde kan leef. Kom ons gaan dus en gaan leef met God se liefde in n gebroke wêreld.

AMEN 5