BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Vergelijkbare documenten
DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

SEKSUELE TEISTERING: BELEID EN PROSEDURE TEN OPSIGTE VAN PERSONEEL

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Riglyne vir Steundiensaanstellings

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Foto-redigering vir sun.ac.za

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

DIENSVOORWAARDES VIR DOSERENDE PERSONEEL

Uittreksel van Voordelebeleid: Voordele vir Tydelike Werknemers met Aanstelling van Langer as Drie Maande

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

Stuur die aansoekvorm aan:

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

AANSTELLING, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DEKANE EN WYSE VAN VERKIESING

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

2015 AKADEMIESE JAAR

HOOFSTUK 9 Regspleging

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

KODE VIR BESTUURSPRAKTYKE : GELYKMAKING VAN GELEENTHEDE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DISSIPLINÊRE- EN GRIEWEPROSEDURE

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Gids vir Byvoordele eise

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

PROTOKOL HANTERING VAN POTENSIEEL BELEMMERDE STUDENTE: FAKULTEIT GESONDHEIDSWETENSKAPPE, UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

DISSIPLINêRE KODE REGLEMENT INSAKE DISSIPLINêRE OPTREDE TEEN PERSONEEL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

1 Woordomskrywings Onbehoorlike gedrag en strawwe Metode van ondersoek van bewerings van onbehoorlike gedrag 3-6

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

REGTE VAN OPVOEDERS. Die Wet en bylaes reguleer die bepalings met betrekking direkte dienslewering en gedrag van die opvoeder in die werkplek.

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Transcriptie:

1 van 5 BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1. TREFWYDTE Hierdie beleid is van toepassing op alle personeellede (permanent, tydelik, voltyds, deeltyds) en alle studente. In die verdere bewoording sluit personeellede dus ook studente in, waar toepaslik. 2. DOELSTELLING Die doelstelling van die beleid is om: 2.1 onregverdige begunstiging te voorkom; en 2.2 situasies te voorkom wat kan lei tot konflik van belange. 3. RAAMWERK WAARBINNE DIé DOKUMENT INPAS Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het op 13 Desember 2000 n Diensbillikheidsplan aanvaar. Daarvolgens sal, onder andere, daarna gestreef word om onbillike arbeidspraktyke, met inbegrip van onbillike diskriminasie uit te skakel. Nepotisme word gesien as n vorm van onbillike diskriminasie. 4. WOORDOMSKRYWINGS Vir die doel van hierdie beleid word die volgende woordomskrywings aanvaar: 4.1 Nepotisme is die onregverdige begunstiging van nabye familielede, lede van n huishouding en nabye vriende soos omskryf in 4.4. 4.2 Nabye familie sluit in: die persoon self en bloed- en aanverwante persone tot in die tweede graad (byvoorbeeld eggeno(o)te (ook lewensmaat), kind, ouer, broer, suster, grootouers, kleinkinders, skoonfamilie ens).

2 van 5 4.3 Lede van n huishouding sluit in: alle individue wat op n gereelde basis n personeellid se woning deel. 4.4 Vir doeleindes van hierdie beleid beteken nabye vriende, persoonlike verhoudinge wat n objektiewe en verantwoordbare professionele verhouding moeilik maak. 4.5 Aankoper verwys na enige personeellid wat goedere en/of dienste namens die Universiteit verkry. 5. ONUS Die onus om bogenoemde verhoudinge te verklaar lê op werknemers van die Universiteit. Indien onsekerheid bestaan, moet die Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne geraadpleeg word sodat konsekwente optrede ten opsigte van die inhoud en gees van die beleid verseker word. 6. ONDERLINGE DIENSVERHOUDING 6.1 Personeellede mag nie regstreeks of onregstreeks betrokke wees by die inisiëring van, of deelname aan, besluite oor direkte diensvoorwaardes (bv. aanvanklike aanstelling, bevordering, salaris, werkstoedeling, toekenning van navorsingsfondse, verlof, ens.) ten opsigte van lede van nabye familie of huishouding, of nabye vriende nie. 6.2 In gevalle waar personeellede oorweeg word om in diens geneem of bevorder te word in posisies waar n lid van hulle nabye familie of huishouding of nabye vriende in die normale gang van sake besluite neem, of n beduidende rol speel in besluitneming, ten opsigte van hul direkte diensvoorwaardes, sal in oorleg met die Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne, die besluitnemingsbevoegdheid of -rol aan iemand anders toegewys word, indien redelikerwys moontlik. n Skriftelike aanbeveling moet in hierdie verband deur die Omgewingshoof voorgelê word. Die Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne neem die finale besluit oor hierdie aanbeveling voor enige aanstelling gemaak kan word.

3 van 5 6.3 In die geval waar personeellede oorweeg word om in diens geneem of bevorder te word in posisies waar hulle blootgestel word aan die nabye toesighoudende outoriteit van n lid van hulle nabye familie of huishouding of nabye vriende, sal in oorleg met die Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne, die nabye toesighoudende outoriteit aan iemand anders binne die omgewing toegewys word, indien redelikerwys moontlik. n Skriftelike aanbeveling moet in hierdie verband deur die Omgewingshoof voorgelê word. Die Hoofdirekteur: Strategiese Inisiatiewe en Menslike Hulpbronne neem die finale besluit oor hierdie aanbeveling voor enige aanstelling gemaak kan word. 7. STUDIELEIERS EN PROMOTORS In gevalle waar dit onvermydelik is dat n personeellid vir n nabye familielid of huishoudingslid of nabye vriend as studieleier, medestudieleier, promotor of medepromotor moet optree, moet daar benewens hom/haar ook n onverbonde studieleier, mede-studieleier, promotor of medepromotor vir daardie student wees. n Skriftelike aanbeveling sal in hierdie verband deur die Omgewingshoof voorgelê word. Die toepaslike akademiese liggaam is verantwoordelik vir die finale besluit. 8. KOOP VAN GOEDERE EN/OF DIENSTE 8.1 Voordat n kooptransaksie ten opsigte van goedere en/of dienste plaasvind waarby nabye familie of huishoudingslede as leweransiers betrokke is, moet die tersaaklike persoonlike verbintenis deur n aankoper, of besluitnemer oor die transaksie, aan die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste verklaar word. Versuim om die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste in te lig, sal ooreenkomstig die Universiteit se dissiplinêre kode hanteer word. Op elke rekwisisie moet die persoon wat die rekwisisie goedkeur, homself/haarself vergewis dat daar geen nepotisme plaasgevind het of kon plaasgevind het nie. 8.2 Nadat die aankoper/besluitnemer die tersaaklike persoonlike verbintenis met die leweransier(s) aan die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste verklaar het, moet die aankooptransaksie deur n onverbonde personeellid gehanteer word.

4 van 5 8.3 Indien die prosedure soos voorgeskryf in par. 8.2 onuitvoerbaar is, kan die Direkteur: Aankope en Voorsieningsdienste toestemming gee dat die betrokke aankoper/besluitnemer die transaksie verder mag hanteer nadat hy/sy vasgestel het: 8.3.1 dat die goedere/dienste nie op voordeliger terme deur n ander leweransier verskaf kan word nie; 8.3.2 dat dieselfde produkspesifikasie aan ander potensiële leweransiers voorgelê is; 8.3.3 dat van die betrokke leweransier dieselfde leweringsvoorwaardes en nasorgdiens geverg word as van enige ander onafhanklike leweransier; en 8.3.4 dat binnekennisbehandeling nie in die betrokke transaksie n rol speel nie. 8.4 By n geslote tenderaksie word die prosedure voorgeskryf in parr. 8.1 tot 8.3 vervang deur die volgende: 8.4.1 Die aankoper/besluitnemer verklaar sy/haar persoonlike verbintenis met een of meer van die potensiële leweransiers aan die paneel van beoordelaars. 8.4.2 Die aankoper/besluitnemer onttrek hom/haar van verdere deelname aan die tenderproses/komitee. 8.4.3 Die voorsitter van die tenderkomitee mag nieteenstaande par. 8.4.2 besluit dat die aankoper/besluitnemer wat sy/haar persoonlike verbintenis verklaar het, steeds aan die proses mag deelneem. Die voorsitter sal n besluit neem oor die aard van die deelname. 9. VERKOOP VAN GOEDERE Voordat n verkooptransaksie ten opsigte van goedere plaasvind waarby nabye familie of huishoudingslede betrokke is, moet die tersaaklike persoonlike verbintenis deur die verkoper, of besluitnemer oor die transaksie, aan sy/haar Dekaan/Omgewingshoof verklaar word.

5 van 5 Die verkooptransaksie moet dan deur n onverbonde personeellid hanteer word, tensy die betrokke Dekaan/Omgewingshoof toestemming verleen dat die betrokke verkoper/ besluitnemer die transaksie verder mag hanteer (uittreksel uit die Beleid t.o.v. die verkoop van bate-items). 10. ANDER SITUASIES Uiteraard kan nie alle spesifieke situasies waar nepotisme n rol kan speel, in hierdie beleid gelys word nie. Waar sulke situasies opduik, moet die beginsels wat uit die vorige paragrawe blyk die grondslag van die beleid te wees, eweseer toegepas word. IRO151-Beleid ter voorkoming van Nepotisme (Januarie 2011)