Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 22 Januarie Skriflesing: Lukas 1:5-25 Sy groot plan. VERKONDIGING Skriflesing Lukas 1:5-25

Vergelijkbare documenten
'n Man gestuur deur God

Welkom by Die Storie God se storie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Goeie Konings, Slegte Konings

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Van Vervolger tot Prediker

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Kerk se Geboorte

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Pretoria- 20 November 2011 (Nabetragting)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jona en die Groot Vis

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Petrus en die Krag van Gebed

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Van Vervolger tot Prediker

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Les 2 vir 13 Oktober 2018

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Preek Romeine 1:16-17

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Simson, God se sterk Man

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jona en die Groot Vis

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God eer Josef die slaaf

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Pragtige Koningin Ester

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

toe hy gesê het: Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Dooppreek Mika Bogaards

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Transcriptie:

Sondag, 22 Januarie 2017 Skriflesing: Lukas 1:5-25 Tema: Sy groot plan. VERKONDIGING Skriflesing Lukas 1:5-25 5 In die tyd van koning Herodes van Judea was daar 'n priester met die naam Sagaria, uit die diensgroep van Abia. Ook sy vrou het van Aäron afgestam, en haar naam was Elisabet. 6 Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. 7 Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd. 8 Op 'n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die priesterdiens voor God te verrig, 9 is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die tempel van die Here in te gaan en die wierook op die altaar te brand. 10 Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite besig om te bid. 11 Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar 'n engel van die Here aan hom. 12 Sagaria het geskrik toe hy hom daar sien staan en hy het baie bang geword, 13 maar die engel sê vir hom: "Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem. 14 Hy sal 'n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte, 15 want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees. 16 Hy sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle God. 17 En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here 'n volk voor te berei." 18 Toe sê Sagaria vir die engel: "Waaraan sal ek dit weet? Ek is 'n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd." 19 Die engel antwoord hom: "Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring. 20 Kyk, jy sal stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde, wat op die bestemde tyd vervul sal word, nie geglo het nie." 21 Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag en begin wonder waarom hy so lank in die tempel bly. 22 Toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle kom toe agter dat hy in die tempel 'n gesig gesien het. Hy het net aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly. 23 Toe die tyd van sy tempeldiens om was, het hy huis toe gegaan. 24 Na daardie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword en haar vyf maande lank afgesonder. Sy het gesê: 25 "Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem." PREEK 1

Broers en susters in onse Here Jesus Christus: Vanaf Moses en Aäron se tyd, sowat 1 250 jaar voor die geboorte van Jesus Christus, het die Israeliete die Here aanbid, eers in die tabernakel, en later in die tempel wat in Jerusalem gebou is. Die Tabernakel, wat n groot tent was, se uitleg was min of meer dieselfde as die van die tempel wat in Jerusalem gebou is. Daar was die ingang tot die Heilige spasie waar die priester diens gedoen het en waar hulle vir die volk gebid het. Soos ons gelees het kon die priester 2 keer n dag ingaan. Die oggend en dan in die aand. In die Heilige deel was daar onder andere die 12 ongesuurde brode en die sewe punt kandelaar en dan die wierookaltaar wat voor die gordyn staan wat na die Allerheiligste gaan. Dan is daar die Allerheiligste waar die Hoof priester net eenkeer n jaar in kon gaan. Priester het in die tempel gewerk. Hulle het die instandhoudingswerk gedoen en ook die aanbiddingsdienste gelei. In hierdie stadium was daar sowat 20 000 priesters in die land. Omdat daar so baie was, het hulle nie almal gelyktydig tempeldiens gedoen nie. Hulle is in 24 groepe van sowat n 1 000 ingedeel. Die riglyne vir hierdie indeling is deur koning Dawid gegee in 1 Kronieke 24:3-19) Ons lees dat Sagaria in die groep van Abia was en hy moet daardie week diens doen in die Heiligdom. Die priester moes elke more in die Heilige ingaan om wierook te gaan brand. Neem net kennis dat daar in die Tempel n Heilige en n Allerheiligste area is. Sagaria was net in die voorste Heilige deel van die tempel waar hulle twee keer n dag in kon gaan. Daar het die priester wierook gebrand by die wierookaltaar(wat lyk soos dit )en namens die volk tot die Here gebid. Die wierook altaar het net voor die voorhangsel van die Allerheiligste gehang. In hierdie wierookaltaar moes die priester kolle neem vanaf die altaar, in die voorhof van die tempel, buitekant, waar hulle die diere geoffer het, en dan daardie kolle met n vuurpan binne die wierookaltaar sit. Hulle het dan wierook geneem en dit op die kolle gegooi wat dan n rookwolk gemaak het, na bo, wat simbolies was van lewendige offer van die volk self soos hulle hulleself aan die Here opoffer. En terwyl Sagaria dit doen verskyn die Engel Gabriël aan hom en vertel vir hom van Johannes die Doper. Uitbou In ons gedeelte gebeur daar n paar dinge wat ons moet raak sien. Lukas se aksente Lukas lê n hele klomp dinge vir die leser uit om raak te sien as mens mooi kyk. 2

Een is die feit dat Sagaria en sy vrou afstam van Aäron, wie die heel eerste priester vir die volk Israel was. Tweedens hulle was albei getou aan die Here se voorskrifte en hulle het gelewe volgens die Wil van die Here. n Derde ding is dat die Engel vir Sagaria stil maak en vir hom wys dat God ons gebede verhoor deur Sy wil te laat geskiet. n Vierde ding is die dankbaarheid wat plaasvind wanneer Elisabet beklemtoon dat die Here na haar omsien. Die Here se groter plan Aäron, wat die eerste priester was, was die tussen ganger tussen God en die volk. Of om dit nog duideliker te stel, Aäron het die volk se skuldbelydenis versamel en dit simbolies aan die Here opgedra. Johannes die Doper, kom dan 1 250 jaar later, as kind van Sagaria en Elisabet, wat albei afstam van Aäron, en hy word die versamelaar van die volk se skuld deur hulle te herinner dat hulle sondaars is en dat hulle hulleself moet regruk en gereed wees vir Messias wat aan die kom is. Lukas trek hierdie 1 250 jaar lyn tussen Aäron en Johannes die Doper, sodat ons wat dit lees kan sien dat God lank reeds al besig is met Sy groter plan vir mens en die hele mensdom. Broers en susters, God het n groter plan. Sy plan sluit jou lewe in. Lukas wys ons maar net n enkele voorbeeld, maar die Bybel is vol van voorbeelde waar ons God se fyn geweefde handewerk agter kom en Hy is ook vandag nog so besig in ons lewens. Natuurlik sou Aäron vanaf sy perspektief nooit kon weet dat God 1 250 jaar later, dit wat by hom begin is, so bestuur dat Johannes die Doper Jesus se kom sou propageer nie. Net so sal jy en ek nie altyd God se groter plan raak sien deur dit waarmee ons besig is in ons lewens nie, maar as ons sou kon terug kyk, soos ons dit nou kon lees vanaf die evangelie Lukas na die boek Eksodus toe dan kan mens maar net weet, dat God plan matig, nog altyd besig was met die mens en sy wêreld. God is besig met jou in jou wêreld selfs vandag. Getrou aan die Here Lukas laat dit klink as of ons van Abram en Sara lees, terwyl hy eintlik vir ons vertel dat Sagaria en Elisabet ook, net soos Abraham en Sara, duisende jare tevore, te oud was om kinders te kry. Nes Abram en Sara, gaan Sagaria en Elisabet aan om die Here te dien. Lukas sê dat hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou. Hulle kon dalk dit teen God gehou het dat hulle nie kinders kon kry nie. Dis samelewing van die antieke wêreld het kinderloosheid gesien as God se straf aan n getroude paar weens een of ander sonde. Maar Lukas stel dit duidelik dat hulle glad nie 3

n lewe lei van sonde nie. En alhoewel daar na hulle gekyk kon word - dat iewers is iets nie reg tussen hulle en God nie - hou hulle steeds aan om getrou die Here te dien. Kry mens nie vandag mense wat God kwalik neem vir die onreg wat in hulle lewens is nie? Voel jy nie dalk soms dat God bo-oor jou kyk en nie jou ongemak, jou hartseer, jou vrees, jou hoop en jou wense mis kyk nie. Lukas wil vir die leser sê dat God hoor jou gebede en Hy sal antwoord. Lukas lig juis Sagaria uit wat vir die volk gaan bid. Hy lig juis vir Sagaria uit wat n ou gebed het wat volgens hom lank reeds moet verhoor geword het en dui aan dat God se Wil gedien sal word met die aanhoor van ons gebede. Wees stil en sien hoe alles ontvou Die Engel Gabriël besoek Sagaria en sê dat hy en sy vrou, wat al oud is, gaan n seun in die wêreld bring. Nie maar net n seun nie, maar die een wat Jesus, die Messias, aan die wêreld sal aankondig. God se plan sal plaasvind en in die proses verhoor Hy ook die wens van Sagaria en sy vrou. Lukas plaas gewig in hierdie vertelling deur te verwys na die Engel Gabriël. Gabriël is nie maar net n Engel nie, hy is n besonder Engel. Hy het aan Daniël, van die Ou Testament verskyn, en hierdie belangrike Engel bring die boodskap van God se verhoring van gebede, maar ook dat God die onmoontlike, hulle hoë ouderdom, gaan gebruik om Johannes die Doper in die wêreld te bring. En as Sagaria hierdie wonder bevraagteken verloor hy sy stem tot op die oomblik wanneer God se belofte n werklikheid word. Soms moet ons nadat ons gebid het dalk net stil word en wag. Ons leef in hierdie wêreld van NOU. Ek wil nou dit so hê en wil nou dit ontvang, maar geloof in God vra dat mens geduldig om die Here moet wag. Ons leer hier, vertel Lukas, dat ons baie keer eerder moet stil word, moet stom wees en toelaat dat God Sy wil laat geskiet, wat ook ons en ons wense ingedagte het. Dankbaarheid Elisabet sonder haarself vir vyf maande lank af en sy bedank die Here. Dis hoe mens jou gebede, jou wense wat jy aan God bekend maak, moet afrond, met n dankbaarheidsgebed. Ons bid Here, hou ons veilig op die pad. 4

Ons bid Here mag hierdie en daardie met my gebeur. Ons bid Here gee my krag en skenk U hulp, help my of hom of haar om gesond te word. Ons bid baie dinge en die regte manier is om die sirkel af te sluit met dankbaarheid vir God se verhoring van ons gebede. Ten slote Broers en susters, Lukas leer ons dat God het n groter plan. En Sy plan, wat oor eeue heen uitspeel, sluit die kleiner plan vir jou lewe ook in. Die Here wil hê ons moet kennis neem dat Hy ons gebede verhoor. Hy wil hê ons moet kennis neem dat ons gebede se verhoring, saam vleg met Sy groter plan. Die Here wil hê, dat ons nie sal moedeloos raak nie, maar ons eerder soos Sagaria en Elisabet Getrou Hom moet dien. Stil wees, stom wees en kyk hoe Hy ons gebede verhoor En dan dankbaar getuig soos wat elke gebed, klein of groot, deur Sy Vaderlike liefde verhoor word. Moet nie moedeloos raak nie, moet nie moed opgee nie, moet nie opstandig raak nie, maar leef stil met die wete dat die Here in Sy tyd jou gebed sal verhoor maak nie saak hoe oud jou ook mag word nie. Amen 5