Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Vergelijkbare documenten
Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Kerk se Geboorte

n Tempel Leier besoek Jesus

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Van Vervolger tot Prediker

Goeie Konings, Slegte Konings

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

n Dubbele kruis-belydenis

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Van Vervolger tot Prediker

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

sodat jy n gestuurde van die Here kan

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Welkom by Die Storie God se storie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

Die brief aan die Filippense

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

'n Man gestuur deur God

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Preek Romeine 1:16-17

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Pretoria- 20 November 2011 (Nabetragting)

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Pretoria- (Voorbereiding) 19 Augustus 2012

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Transcriptie:

1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat ons die Pinkster gebeure vier, ook te mag Nagmaal vier. Pinkster wat handel oor die uitstorting van die Heilige Gees. Vandag is Pinsktersondag, 10 dae ná die hemelvaart. Watter magtige gebeurtenis is Pinkster nie! Die Heilige Gees wat ten volle oor hierdie aarde uitgestort is. Hierdie Nagmaal mag voluit in die krag van die Heilige Gees gevier word. Wel is dit belangrik dat ons sal raaksien wat is die mens se reaksie as dit gaan om die werk wat die Heilige Gees doen. Altyd staan die mens aan één van twee kante. Jy kry hulle wat die gebeure belaglik wil maak en dit sommer op daardie Pinksterdag afmaak as hierdie mense is dronk. Hulle maak dit n bespotting- hierdie mense is vol soetwyn, wat niks met die wyn van die Nagmaal te doen wil hê nie. Aan die anderkant die mens wat ernstig is om die Nagmaal reg en troosryk te vier, sal oor die Heilige Gees in heilige verwondering kom staan. Met heilige ontsag word daar gevra- Wat kan dit tog wees (v.12). Wanneer ons dan ook hierna kyk- WAT KAN DIT TOG WEES, dan gaan ons die antwoord op geen ander plek vind as net in die Woord van God nie. Die Heilige Gees en hoe die Heilige Gees werk sal altyd aan die Woord gebind wees. Soos wanneer ons Nagmaal vier en dit wat die Nagmaal vir ons beteken ook altyd aan die Woord gebind moet wees. Petrus staan op hierdie dag van die uitstorting van die Heilige Gees op en hy is nie met n mistieke boodskap besig nie. Petrus is nie met geesdrywery besig nie, maar deur die Heilige Gees begin Petrus te preek. Geliefdes, nou is dit so belangrik dat ons Petrus se preek nie sien as iets wat hy nou maar self voel hy n boodskap van die Heilige Gees ontvang het en sal hy in geestesvervoering sy eie boodskap wil bring nie. Juis is die Geesvervulde preek, dié preek waar die Woord van God gepreek word. Petrus begin met twee gedeeltes uit die Ou Testament. Uit die boek Joël en dan uit Psalm 16. Uit Joël is dit duidelik dat Petrus kan aantoon die uitstorting van die Heilige Gees is lankal reeds deur God belowe. Dit wat hulle daardie dag belewe het, is n vervulling van God wat werk. En dan kom Petrus by die volgende Ou-Testamentiese gedeelte- Psalm 16. In Psalm 16 se einde is die dood en die graf ter sprake. Nagmaal het te doen met die dood van Jesus Christus, Hy is gekruisig. Die brood en die wyn is teken van sy liggaam wat vir ons gebreek

2 is, die wyn is teken van sy bloed wat vir ons gestort is, maar Petrus begin nie by wat Jesus vir ons gedoen het nie. Petrus begin by die man wat Psalm 16 geskrywe het. Hy begin by Dawid. En vanuit Dawid kom hy by Christus uit, maar hy kom ook by ons uit. Ons gaan dan vandag rondom dié drie voorbeelde wat Petrus in sy preek gee, Nagmaal vier. Ons kyk na Dawid en Christus vóór die Nagmaal en by nabetragting sal ons dan na ons eie posisie kyk. Eerste dan wat staan hier óór Dawid? As Dawid Psalm 16 skrywe dan is hy onder sware druk. Ja, koning Saul agtervolg hom van hoek tot kant, hy wat Dawid is, moet aanmekaar net bly vlug. Dit hou net nié op nie. Dit wil lyk of Psalm 16 geskryf staan teen die agtergrond van wat in 1 Sam 26 gebeur het. Dawid is by n heuwel in die woestyn Sif. Hy het weer moes vlug. En sowaar Saul en sy manne is weer daar om Dawid te agtervolg. En daar gebeur dit dat terwyl Saul aan die slaap geraak het, het Dawid en Abisai stilletjies nader gegaan tot in die koning se laer en hulle neem die koning se spies en sy waterkruik. Twee middele wat rondom die koning sentraal moes staan. Die koning word wakker en dan praat Dawid met sy koning wat hom wil doodmaak op aangrypende wyse. 1 Sam 26:18-19 maak Dawid sy hart oop- Waarom agtervolg my heer sy dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter kwaad is daar by my? 19 Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As die HERE u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is -- vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die HERE nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode! Het u agtergekom, broeder en suster, wat is vir Dawid die swaarste? Nie dat hy aanmekaar moet vlug nie, nie dat hy aanmekaar onveilig voel en gespanne is en dat hy mag voel dit alles is so onregverdig nie. Dit is alles swaar dinge, maar vir Dawid is die swaarste- die feit dat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die Here nie Dit laat Dawid Saul goed verstaan- jy verdryf my van my diens aan die Here. Jy as mens mag dit nie doen nie! Jy wil my aanmekaar oor die grense van ons land jaag, nêrens in Israel is ek meer veilig nie, jy dryf my na lande waar daar geen altaar vir die Here is nie, ja dit kom eintlik daarop neer dat jy Saul vir my sê- Gaan weg, dien ander gode! Jy dryf my in die arms van die afgode Die ergste sou vir Dawid wees, as ons dit op vanoggend van toepassing maak, die Nagmaal is n erfdeel van die Here. Saul jy laat my nie toe om Nagmaal te vier nie! Jy dreig om my van God en van my diens aan Hom los te maak. En dan is dit waar Dawid in Psalm 16 dit baie

3 duidelik maak. Saul ek gaan jou nie jou sin gee nie. Jy kan my maar doodmaak. Ek weier om my diens aan God prys te gee, ek weier om na n heidenland te emigreer. Daarom is ek bereid om my lewe te gee, die dood kan my maar kom haal, maar ek gee my lewe vir my gebondenheid aan God en sy volk. En wanneer Dawid Psalm 16 skrywe en Petrus preek op Pinksterdag oor Psalm 16, dan is dit veral die woorde aan die einde van Psalm 16 wat Petrus aangryp- Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie. 9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon; 10 want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie. 11 U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig. Petrus is in verwondering oor Dawid so rustig kan wees, al moet Dawid die dood in die oë kyk. Dawid is seker dat die ware lewe kan nie deur die dood bedreig of oorwin word nie. Die gelowige mens, lewe deur die dood heen. Dit is die kerngedagte wat Psalm 16 ons openbaar. Die Here Self is vir Dawid sy sekerheid in die aangesig van die dood. Al het Dawid nog nie aan n Nagmaaltafel kon aansit nie, is hy baie seker van sy saak dat die dood kan maar kom, die graf kan maar kom, my vlees kan maar wegteer en in die aarde intrek, stof kan ek maar word, maar my God sal my nie los nie. God sal my nie aan die ewige doderyk en verderwing oorgee nie. As Dawid met soveel sekerheid sonder die Nagmaal, so kon sing, dan weet ons die Christus wat ons vanoggend by die Nagmaal ontvang is dieselfde Christus wat Dawid in hierdie Psalm wou ontvang. Dit is Christus wat Dawid hierdie sekerheid gee, al was Christus as mens nog nie daar nie, is Christus as God nog altyd daar gewees. En nou doen Petrus in sy Pinksterpreek wat op Pinksterdag, vandag is Pinkstersondag, 10 dae na hemelvaart, ons wat Nagmaal vier en in die uitstorting van die Heilige Gees glo, ons kan dit saam met Dawid, saam met Petrus dit uitroep- DIE LEWE SAL WEN, DIE LEWE SAL TRIOMFEER! Die Heilige Gees lewe in ons, die Heilige Gees is die Een wat die lewe wek! Midde-in die dood kan Dawid n opstandingslied sing. Wanneer die opstanding sal wees, hoe dit sal wees, dit weet Dawid nie, maar één ding weet hy baie duidelik en baie beslis, daar sal n opstanding wees. Eintlik is Psalm 16 in die opsig n Paaslied, terselfdertyd n

4 Nagmaallied. Nagmaal gaan oor Jesus wat die dood ingegaan het, maar Jesus het uit die dood opgestaan, Hy lewe! Die Paasgebeure laat Petrus juis hierdie Pinkster wat ons vandag mag vier ingaan. Die vreugde om van Paasfees na Pinkster te mag oorbeweeg is niks anders as Nagmaalvreugde nie, sakramenteel word Paasfees en Pinkster aanmekaar verbind, dit kan nie los vanmekaar nie. Petrus se Pinksterpreek werk hiermee dat julle Jode wat hierdie Pinksterdag n bespotting wil maak, julle ken tog Psalm 16, julle weet wat Dawid daarin geskrywe het, maar daar is n sleutel waarmee Psalm 16 oopgesluit moet word. Wanneer julle sonder die regte sleutel by Dawid se graf gaan staan, dan moet julle rooi in julle gesigte word, julle wat sê ons vol soet wyn! Wie is eintlik deurmekaar, wie is eintlik hulle wat die punt mis. Dit is hulle wat by Dawid se graf gaan staan en hulle lees Dawid se woorde- U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie. Julle wat sê ons is dronk, julle moet maar Psalm 16 uit julle Bybels uitskeur, julle kyk na n dooie Dawid se graf, sy bene lê wit daaronder moet nie van die lewe wil sing, moet nie saam met ons die Dawids psalm wil sing, as julle nie weet wat is die sleutel van die lewe nie. Die sleutel waarmee God vir ons vandag, vanuit Pinkster Psalm 16 wil oopsluit. En daarom geliefdes, ons wat die sleutel ontvang het, ons kan van Dawid se graf uit Psalm 16 oorbeweeg na die graf wat regtig saak máák- Christus se graf: Die sleutel waarmee Petrus sy preek ontsluit is n leë graf. Ja, dit wil Petrus op die Pinksterdag sy gehoor laat besef. Julle gaan staan met Psalm 16 by Dawid se graf wat al langer as n 1000 jaar geslote is, geen steen is daar nog weggerol nie, dit is n toe graf, maar weet julle, net hier anderkant ons, is die graf wat werklik saak maak, die graf wat al 7 weke oop lê, dit is n leë graf, die graf van Jesus Christus, sy steen is weggerol. Hy wat dood was, Hy lewe! En nou maak Petrus in sy preek die krane oop, ja die Heilige Gees het mos na ons gekom in oop krane, in volle mate uitgestort. Petrus wys die rede waarom Dawid van sy lewe kon sing, al sal hy sterwe, want Dawid kon dit net doen, in Christus deur die Heilige Gees. Dawid het as profeet opgetree en vandag beleef ons sy profesie. Dit tree in vervulling! Dawid kon sy eie opstandingslied sing net om één enkele rede. Alleen net omdat hy sy eie graf verbind sien

5 aan die graf van Jesus Christus, ons Verlosser! Dit is presies soos Petrus dit preek (v.31)- omdat hy (dit is Dawid) vooruit gesien het, het hy gespreek van die opstanding van Christus. Soos ons vandag met die Nagmaal na Christus mag kyk, só het Dawid nog vóór Christus se geboorte as mens met sy Ou-Testamentiese oog Christus se dood en opstanding kon sien. Uit die vêrte het hy geweet Christus is die waarborg ook vir my opstanding. Saul jy kan my doodmaak, al sterf ek, dan het ek reeds die lewe. Die dood wink ieder uur, ook vir ons vóór hierdie Nagmaal vandag, maar Dawid kon weet my graf sal alleen in Christus se graf oopgesluit kan word. Christus dra die sleutel vir al sy kinders se grafte. Alleen in Christus mag Psalm 16 gesing word, want sonder Christus is daar geen mens wat die oorwinning oor sy eie graf sal kan besing nie. Daarom, broeder en suster, ons gaan nou Nagmaal vier, in Christus as die Oorwinnaar, die Oorwinnaar, oor die wêreld, oor die sonde en oor die dood. Die Heilige Gees wat op Pinkster permanent na ons gekom het, wil in jou en my lewe, die Heilige wil ons nie by die Nagmaal by die dood laat vassteek nie, maar by die lewe, by Hom wat lewe, by Jesus Christus. AMEN