Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die Groot Geloofswoordeboek: Katolieke Kerk, Ortodokse Kerke en die Pous

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

2. Die skepping van die mens

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

DIE BRIEF AAN FILEMON

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Deur Christus Alleen

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Groot Geloofswoordeboek: Joodse Feeste

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Baie welkom by vanoggend se erediens

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Petrus en die Krag van Gebed

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Welkom by Die Storie God se storie

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Transcriptie:

Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit Die Groot Geloofswoordeboek: Spiritualiteit Spiritualiteit Kerklike tradisies Gereformeerde spiritualiteit Evangeliese spiritualiteit Evangelicals) Pinkster-Charismatiese spiritualiteit Spiritualiteit Spiritualiteit is n begrip wat veral die laaste twee dekades na vore gekom het in die Afrikaanse kerklike taal. Dit het veral gebeur na aanleiding van die *Vernuwingsbeweging in die NG Kerk sedert die 1980 s. Voorheen is dit uiters selde gebruik, anders as in die Katolieke tradisie en sekere Protestantse en veral Evangelical tradisies in Noord-Amerika. Anders as hier ter lande, is Spiritual Theology daar n bekende vak vir teologiese studie. Spiritualiteit verwys na die soort of tipe vroomheid of geloofsbelewing. Dis verwys na die algemene manier waarop mense hulle geloof beleef en die Here dien. Dit gaan nie soseer oor die leer nie as oor die lewe, oor die manier waarop ons ons geloof (die leer) uitleef. Daarom is daar sterk verbande tussen leer en lewe. Spiritualiteit kry die duidelikste gestalte in die erediens en die gemeenteorganisasie en -funksionering. Kerklike tradisies n Mens moet onderskei tussen verskillende tradisies in die Christelike kerk. Daar is minstens twee groot strominge: die hoogkerklike tradisie, en die laagkerklike tradisie. n Mens

kry die twee in een enkele kerk, die *Anglikaanse Kerk. Ook die *Katolieke Kerk en *Ortodokse Kerke is hoogkerklik, wat onder andere beteken baie formeel met n sterk liturgiese inslag. Hierdie indeling is egter nie waterdig nie. Daar is mense wat byvoorbeeld die Evangeliese *Lutherse Kerk en selfs die *Gereformeerde Kerke en ander kerke soos die Presbiteriaanse Kerk as hoogkerklik sal beskou. Onder die laagkerklike groep is daar verdere indelings moontlik, soos die Pinkster-Charismatiese tradisie en die Evangeliese tradisie. Die begrip Evangelies kan misverstaan word. In Europa beteken dit eenvoudig Protestants teenoor Katoliek. Omdat dit in die Engelse wêreld ontstaan en uitgebrei het, is dit eintlik beter om van Evangelical te praat. Dit is dan ook wat ons hier daaronder verstaan. Hierdie tradisie het sy basis veral in die groot Baptistekerke in Engeland en die VSA. Die Metodistekerk het byvoorbeeld as n Evangeliese kerk ontstaan, al sal almal dit nie meer vandag daaronder indeel nie. Mense sal praat van Gereformeerde vroomheid, Pinkster-Charismatiese vroomheid, mistieke vroomheid, hoogkerklike vroomheid (Anglikaans-hoogkerklik en Katoliek). Die tipe spiritualiteit kom baie sterk na vore in die erediens, maar ook in die gewone lewe. n Toegewyde Gereformeerde Christen en n toegewyde Pinkster-Christen het net eenvoudig twee verskillende maniere om oor die Here te praat, en beleef elke Sondag die Here verskillend in hul eredienste. Binne die konteks van die meeste lesers van hierdie boek, is daar drie tipes spiritualiteit of vroomheid wat deur sommige as opponerende magte beskou word: Gereformeerde vroomheid, Evangeliese vroomheid en Pinkster-Charismatiese vroomheid. Gereformeerde spiritualiteit (Gereformeerde tradisie)

n Vraag wat vandag wyd bespreek word, is presies wat Gereformeerde spiritualiteit is. Uit n hele aantal kenmerke kan net n paar hier genoem word, maar dit sal tog n idee gee van waaroor dit gaan. Nederig en dankbaar Gereformeerdes beklemtoon dat God ten volle voorsien het vir ons saligheid deur die onoortreflike offer wat Christus gebring het sodat ons niks hoef by te dra om gered te word nie. Vanselfsprekend moet dit ons baie nederig en innig dankbaar maak. Nederig omdat selfs die beste wat ons sou kon aanbied, geen waarde het nie. En dankbaar omdat God alles voorsien het terwyl ons niks verdien het nie. Vol vertroue en rustig Omdat God alles voorsien het, hoef ons nie op ons naels te byt oor die vraag of ons gered is nie. Hy het die inisiatief geneem. Hy het dit ernstig bedoel. Hy wil ons dus graag red. Ons kan dus net ons vertroue op Hom stel en dan in gerustheid ons lewe lei. Ons hoef selfs nie bekommerd te wees oor die vraag of ons enduit sal volhou nie. Hy is getrou, daarom sal ons volhard. Gereformeerdes sal dus nie soveel nadruk op hulle persoonlike belewing van hul geloof en veral hul persoonlike bekering lê nie, eenvoudig omdat alles van God af kom. Belangstelling in die Bybel Gereformeerdes het ook n besondere nadruk op die Bybel as die finale rigsnoer vir ons leer en lewe. n Mens sal dus verwag dat hulle nie baie in mistieke vroomheid sal belangstel nie,

veral nie in woordlose mistiek, stil meditasie nie; dat hulle eerder sal belangstel in die Bybel, preke, Bybelstudie en in geartikuleerde gebede. Daar word dikwels ook verwys na die nugterheid van hulle spiritualiteit, sonder veel emosie, gebede met netjies geformuleerde sinne en min stembuiging, eerder saaklik as smekend. Samelewingsbetrokkenheid Omdat hulle glo dat Christus die Heer is oor alle terreine van die lewe, sal hulle ook sterk by die hele samelewing betrokke wil wees. Eredienste In die eredienste is daar n soberheid en eerbied wat nie ruimte het vir uitbundigheid nie. Dit word soms n ingehoue blydskap genoem. Gereformeerde Christene het n absolute minimum liggaamsbetrokkenheid by hul sang. Net hul lippe roer. Hulle sien dit as n vorm van eerbied. Evangeliese spiritualiteit (Evangeliese tradisie) n Mens kry hierdie vorm van vroomheid veral in die Baptistekerke, die laagkerklike Anglikane, die ou NG Sendingkerk (wat nou deel van die VGK is), die ou Evangeliese rigting en die huidige *Vernuwingsbeweging in die NG Kerk. Mense wat gekant is teen die Vernuwing in die NG Kerk praat graag daarvan as n Charismatiese beweging (met die motief dat Charismaties vreeslik verkeerd is), maar dis net uit onkunde. Daar is n duidelike verskil tussen Evangeliese en Pinkster-Charismatiese vroomheid.

Daar is heelwat raakpunte tussen Gereformeerde en Evangeliese teologie en vroomheid. Beide beklemtoon die Bybel as die finale rigsnoer vir ons leer en lewe (Amerikaanse Evangelicals noem hulleself people of the Book), beide aanvaar Christus se volkome versoeningswerk en die leer dat ons net uit genade en net deur die geloof gered word. Maar daar is klemverskille. Met die gevaar van misverstand in gedagte sou n mens Gereformeerdes meer objektief, en Evangeliese Christene meer subjektief kon noem. Evangeliese Christene lê sonder twyfel meer nadruk op die mens se verantwoordelikheid om gered te word, hulle het daarom ook n baie sterker sendingywer, hulle het baie meer emosie in hul geloofsbelewing, bid met meer gevoel, nie sulke netjiese sinne soos die Gereformeerdes nie, maar baie meer stembuiging, soms eerder smekend, amper huilerig. Gereformeerde Christene kan dinge baie makliker in God se hande laat en rustig voortlewe, terwyl Evangeliese Christene baie meer bekommerd is oor hulle verhouding met die Here en oor verloregaande mense ( siele ). Hulle liedere is baie eenvoudiger as Gereformeerdes s n, en hulle sing baie meer oor sonde en berou en bekering. Die kwaliteit van hulle musiek is nie so hoog soos dié van die Gereformeerdes nie, maar dit is inniger en eenvoudiger, en spreek baie sterker tot n mens se emosies. Pinkster-Charismatiese spiritualiteit As Gereformeerde vroomheid nugter is, is Evangeliese vroomheid innig, en Pinkster-Charismatiese vroomheid uitbundig. (*Pinksterkerke en Charismatiese kerke) Veral die Charismatiese beweging is sterk ingestel op buitengewone, dramatiese dinge soos Slain in the Spirit, Toronto Blessing, Goudstof, Prosperity Gospel. Hulle eredienste verloop baie vry en spontaan, hulle sang is nog eenvoudiger as dié van die Evangeliese vroomheid, hulle sing dikwels dieselfde sinnetjie oor en oor, en hulle is ten volle liggaamlik betrokke by die

sang. Hulle werk baie sterk met die Geestesgawes. Heelwat meer hieroor onder *Four Square Gospel. Skrywer: Prof Adrio König