Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Tempel Leier besoek Jesus

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Goeie Konings, Slegte Konings

Van Vervolger tot Prediker

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Die Groot Gebod dennis de wet

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Die Kerk se Geboorte

Baie welkom by vanoggend se erediens

Van Vervolger tot Prediker

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Deur Christus Alleen

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

sodat jy n gestuurde van die Here kan

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Geroep vir Gemeenskap

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

'n Man gestuur deur God

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Dooppreek Mika Bogaards

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is.

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Transcriptie:

Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid As jy nie in n aanbiddings-verhouding met God bly nie, gaan jy ook nie by die waarheid bly nie. As die waarheid van Christus en die evangelie nie in jou gees geopenbaar is nie, kan jy nie God in gees en waarheid aanbid nie. Joh 4:5-42 Hy kom toe by n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. (6) En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur. (7) Daar kom n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink (8) want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop. (9) En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. (10) Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. (11) Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water? (12) U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee? (13) Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; (14) maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. (15) Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie. (16) Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier. (17) Die vrou antwoord en sê: Ek het nie n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie n man nie; (18) want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê. (19) Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U n profeet is. (20) Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. (21) Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. (22) Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. (23) Maar daar kom n uur, en dit is nou, wanneer die WARE AANBIDDERS die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. (24) God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Hierdie vrou wat met Jesus in gesprek gaan is n Samaritaanse vrou. Die benaming Samaritaan kom van die Hebreeuse woord: Shamerim Onderhouers van die wet. In die Tora van die Samaritane (eerste 5 boeke van die Bybel), het hulle by Deut 27:4 die berg Gerezim i.p.v. Ebal. Deut 27:4 verwys na die klippe wat op hierdie berg opgerig moes word nadat die volk deur die Jordaan getrek het. Die Samaritane het gemeen dat dit die regte plek is vir die tempel, nie in Jersusalem nie. Die Samaritane het nie die tempel in Jerusalem erken nie, en daarom ook nie die priesterskap wat daarmee gepaard gegaan het nie. Dit was hulle groot stydpunt met die Judeërs. Dit is die rede waarom die Samaritane geen gemeenskap met die Judeërs gehad het nie. 1

Die Judeërs het op hulle beurt nie die Samaritane as deel van die ware Israel erken nie. Die Judeërs het hulle as n sondige koninkryk beskou, en gemeen dat hulle verowering deur die Assiriërs God se straf was vir hulle afgodery en oortredings. Beide die Joodse en Samaritaanse godsdienstige leiers het geleer dat daar geen kontak tussen Judeërs en Samaritane mag wees nie, en dat hulle nie eers met mekaar mag praat nie. Wat doen Jesus? Jesus, wat van Judese afkoms is praat met haar en vra haar om vir Hom water te gee om te drink. Die vrou vra dan vir Hom: Hoe is dit dat U wat n Jood/Judeër is, van my vra om te drink terwyl ek n Samaritaanse vrou is? Want die Judeërs hou geen gemeenskap met die Samaritane nie. Beide die Judeërs en Samaritane: 1) Sentraliseer hulle aanbidding rondom n bepaalde aardse plek. 2) Verstaan hulle aanbidding as deel van hulle godsdienstige rituele en deel van hulle wetsonderhouding. Jesus antwoord haar dan: (10) As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. Wie of wat is hierdie gawe? Dit is Christus self. God het sy ennigebore Seun gegee (gawe) sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Joh 3:16). Hy self is die Brood van die Lewe (6:35). Hy self is die Deur van die skape (10:7). Hy self is die Weg, die Waarheid en die Lewe (14:6). As Jesus praat van die gawe van God, en dat as sy dit geken het, Hy vir haar die lewende water sou gee verstaan sy nog nie. Die vrou reageer weer met n natuurlike vraag: n vraag wat haar natuurlike manier van dink demonstreer. Sy dink dat Jesus van natuurlike water praat en sê dat Jesus nie n skepding het nie (4:11). Jesus antwoord haar dan: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; (14) maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. Die ewige lewe het Jesus vroeër aan Nikodemus verduidelik (hoofst. 3). Dit het te doen met geestelike wedergeboorte, nie natuurlike geboorte nie: Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Van hierdie water wat ontspring tot die ewige lewe van hierdie water wil die vrou hê. (Maar sy weet nog nie heeltemal wat dit beteken nie ons dink ook baie keer natuurlik ). Jesus sê dan vir haar: Gaan roep jou man en kom hier. Die vrou sê dan sy het nie n man nie, waarop Jesus antwoord en duidelik weet dat sy al 5 mans gehad het, en dat die een wat sy nou het, nie haar man 2

is nie. Hierdie woord van kennis wat Jesus vir haar meedeel, laat haar besef dat Jesus nie n gewone man is nie. Sy sê daarom dat sy kan sien dat Hy n profeet is. Op grond van hierdie erkenning van sy gesag, besluit Christus om iets nog veel dieper met die vrou te deel, naamlik wat ware aanbidding is. Kyk hoe belangrik is dit om nie die pêrels vir die varke te gooi nie. As jy n openbaring van God ontvang het, moet jy dit nie met iemand deel wat nie ontvanklik is nie! Ons fouteer baie hiermee!! As mense jou nie vertrou nie, of as jy nie belang het by iemand se lewe nie (dit gaan vir jou net oor kennis), dan is jou motief verkeerd, en moet jy nie n openbaring met iemand deel nie. Waarheid gaan saam met vertroue, en die waarheid wat saam met aanbidding gaan, gaan ook saam met vertroue! Hoe lyk hierdie aanbidding? Aanbidding wat: 1) Nie sentreer rondom n sekere plek van aanbidding nie (nie Jerusalem nie, en ook nie op die berg Gerezim nie), nie uiterlik nie, en 2) Aanbidding wat nie bloot deel is van hulle godsdienstige rituele of deel van die onderhouding van die wet nie. Jesus sê: (22) Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode/Judeërs. Jesus verwys waarskynlik hier na die feit dat die Samaritane nie die profete erken het nie, en nie geweet het dat Christus die vervulling van die wet (die eerste 5 boeke) is nie. Die saligheid wat uit die Judeërs is, is dus in teenstelling met die Samaritane. Dit verwys daarna dat Jesus self gebore is uit die geslag van Dawid, en self (Ou Testamentiese) Israel se Messias is. En dan sê Hy: (23) Maar daar kom n uur, en dit is nou, wanneer die WARE AANBIDDERS die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. (24) God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Kom ons kyk hoe lyk ware aanbidding: Daar is drie aspekte: Dit fokus op Christus self Dit is in gees Dit is in waarheid 1. Aanbidding fokus op Christus self. Soos reeds gesien is Hy self die gawe van God. Dit is op grond van Christus se verlossingswerk waarop ons nou in n nuwe aanbiddingsverhouding met God staan, op grond waarvan die fokus van aanbidding verander het. Hy is die rede waarom ons nou vir God kan aanbid in gees en waarheid. Hy is die Weg tot ware 3

aanbidding. Buitekant of los van Christus kan ons nie ware aanbidders wees nie (vers 23). As jy nie n openbaring van Christus in jou lewe het nie, kan jy Hom ook nie aanbid vir wie Hy is nie. 2. Dit is in gees/gees Dit is nie in die dimensie van vlees nie. Dit is nie aan n spesifieke plek gekoppel nie en ook nie aan spesifieke uiterlike rituele as sodanig gekoppel nie. Dit gebeur in die dimensie van gees wanneer ons gees nuutgemaak en ingewoon word deur God se Gees. Dit is dus n uitvloeisel van geestelike wedergeboorte (Joh 3:3-5) en die doop met die Heilige Gees. Dus twee aspekte van aanbidding: a) Aanbidding beskryf dus die nuwe verhouding met God waarin ons in Christus is. Paulus praat van n verhouding van geregtigheid waarin ons nou staan: Ons is in die regte verhouding met God. Ons is teruggebring van n verhouding van onheiligheid en verwydering van God, na n verhouding van heiligheid en eenheid met God se Gees. n Ongelowige kan dus nie vir God aanbid in hierdie sin nie, want hy staan nie in die regte verhouding met God om dit te doen nie. b) Hierdie verhouding waarin ons met God staan kom van twee kante dit is wederkerig. As ons wedergebore is en in n nuwe verhouding met God staan, wat sy werk in ons is, reageer ons spontaan daarop. n Definisie van aanbidding: alles wie ek is, regeer met alles wie God is. Dit roep ons op tot aksie, tot aktiewe deelname en toetrede tot lof en aanbidding. Beide hierdie aspekte van aanbidding beteken dat ons hele lewe n offer van lof aan God is, want ons behoort volledig aan Christus. Ons identitiet word bepaal deur wie ons is Christus is. Hy gee sin en betekenis aan die rede vir ons bestaan. Aanbidding is dus nie net bepaalde aksies of rituele wat ons doen nie, ons aanbidding is ook nie net n kompartement van ons lewe nie, maar dit raak eintlik elke faset van ons lewe. Dit het te doen met hoe ons lewe voor God en voor die wêreld, elke oomblik van die dag. Baie mense praat daarom van aanbidding as lewenswyse. Aanbidding het dus meer te doen met wie jy is, as wat jy doen. Dit help nie ons aanbid God by geestelike byeenkomste, maar ons lewens getuig nie van eer en lof aan God nie. Dan is ons dubbelhartig, en ook halfhartig. Dan sal ons nie die volle betekenis en die volle waarde van aanbidding in ons lewens ervaar nie. 3. Dit is in waarheid. As ons God erken vir wie Hy is en Hom daarvoor eer, loof en aanbid. En hoe ken ons God? Deur n openbaring te hê van Christus in ons, soos Paulus op Damaskus; deur vervul te word me die Heilige Gees! Dan kom ons nader aan wie God werklik is. Dan ervaar en ken ons Hom beter. Ons verstaan beter wie en wat Hy is. As dit gebeur, as ons 4

God sien vir wie Hy werklik is, dan sien ons onself ook beter. Dan verstaan ons die waarheid oor God beter en ook die waarheid oor onsself beter. Die dimensie van waarheid het dus te doen met: a) die ware Christus as enigte weg tot die Vader, as enigste ware toegang tot aanbidding, en b) met n verhouding van waarheid waarin ons met God staan. n Verhouding van eerlikheid, deursigtigheid, om te erken wie en wat ons is voor God, sonder pretensie. Net soos wat Christus diep ingekyk het in hierdie vrou se persoonlike omstandighede (haar 5 mans, ens.), moet Christus ook diep in ons lewens inkyk, en ons oop en bloot voor God staan. As daar dinge in ons lewe is wat dit verhinder, bv. skuldgevoel, bitterheid, woede, en ons kan dit nie voor God neerlê en toelaat dat Hy ons harte deursoek nie, kan ons God ook nie in Gees in waarheid aanbid nie, want dan hou ons iets terug vir God. Wanneer ons aanbid - As ons dan vir God sien vir wie Hy werklik is, wat sy Gees in ons bewerk, en ons onself beter sien vir wie en wat ons werklik is, dan kan ons nie anders om in aanbidding ons tekortkominge en ons sonde voor God te bely nie. Die lig van God wat dan oor ons skyn (Ef 5:14), ontbloot dan die duisternis in ons. Dit laat my dink aan vroeër in Johannes-evangelie: Joh 1:4-5 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (5) En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Hoor hierdie gedeelte: Joh 3:18-21 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. (19) En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. (20) Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. (21) Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. Hierdie oordeel, hierdie onderskeiding tussen lig en duisternis, vind ook uitdrukking in n verhouding van ware aanbidding. Wanneer ons as gelowiges ook aktief toetree tot ware aanbidding, dan laat ons ook die Gees van God toe om hierdie onderskeidende en oordelende werk in ons lewens te doen, waarin die duisternis ontbloot word en gesuiwer word deur sy lig. Dit is waarom aanbidding so belangrik is. Dit bring ons telkens in die regte posisie met God en met onsself. Dit skep dus die atmosfeer in ons lewens waarin ons ontvanklik is vir die Woord van God wat skerper is as n tweesnydende swaard en deurdring deur die skeiding van siel, gees en gewrigte en murg en die bedoelings en gedagtes van ons harte beoordeel (Heb 4:12). 5

Maar ons permanente staat in Christus, wat te doen het met ons geestelike posisie in Hom en ons nuwe, goddelike natuur in Hom (2 Pt 1:4), bring nie outomaties mee dat ons ten alle tye God met elke kompartement van ons menswees aanbid nie. Want hoewel God ons gees nuutgemaak het is ons liggame nog verbonde aan hierdie onvolmaakte bedeling. Hoewel ons in die kern van ons menswees (gees) nie meer kan sondig nie (1 Jh 3:9), kan ons steeds in die liggaam sondig (Rm 6:12; 1 Kor 6:18). Daarom roep Paulus die Romeine op (Rm 12:1): "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens (wesenlike van julle godsdiens: 1983 Afrikaans)." Ons liggaamlike begeertes voer dikwels n stryd teen ons geestelike mens. Dit is n doelbewuste besluit en n voortdurende oorgawe om ons wil te oefen om weerstand te bied teen die sonde en om ons gedagtes op God te rig. Dit hou dus ook verband met die vernuwing van ons wil en denke (vers 2). Wanneer ons gedagtes meer geoefen is om op God gerig te wees, sal ons as t ware met minder bagasie kan toetree tot ons verhouding met God, en kan ons God se stem beter hoor en sy wil beter verstaan. Wanneer God deur die werking van sy Gees hierdie proses in ons kan aanhelp, kan ons God aanbid soos wat Hy dit bedoel het in gees (Gees) en waarheid. Hoe aanbid ons God prakties? 1. Ons aanvaar ons nuwe identiteit in Christus. As ons telkens met n skuldgevoel voor God kom, kan ons God nie in gees en waarheid aanbid nie. 2. Ons kom met vrymoedigheid net soos ons is. Heb 10 herinner ons daaraan dat ons nie meer n offer hoef te bring en kan bring vir die sonde nie. Christus het reeds daardie lyding vir ons en namens ons deurgemaak. Ons dink daaraan in lydenstyd, maar ook met dankbaarheid en blydskap. 3. Ons laat toe dat God Here is oor ons lewens en ons verander. Heb 10 sê daarom ook: Heb 10:19-22 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus (20) op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, (21) en ons n groot Priester oor die huis van God het, (22) laat ons toetree met n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 6

Toe Jesus gely het aan die kruis, het die voorhangsel geskeur van bo tot onder. Dit was nie die werk van n mens nie. Daardeur het Christus vir ons n nuwe weg gebaan. Waar slegs die hoëpriester een maal per jaar kon ingaan in die allerheiligste om versoening vir die sonde van die volk te doen Nou staan die allerheiligste vir ons oop. Die voorhangsel het geskeur. Nou kan ons toetree tot n intieme, Persoonlike verhouding met God self en inbeweeg in die allerheiligste teenwoordigheid van God in heiligheid en in die regte verhouding met God, - n verhouding van ware aanbidding in gees en in waarheid - op grond van Christus se lyding en sy versoening. Ons kan nie in die wynstok bly en in die waarheid bly as ons nie in n intieme aanbiddingsverhouding met Christus bly nie. Aanbidding is ons behoud en beskerming. 7