Psalm /08/2015 Tema: Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Gabriel García Márquez is ʼn skrywer wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

n Tempel Leier besoek Jesus

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Efesiërs 5: /02/2015

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Pragtige Koningin Ester

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jona en die Groot Vis

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Jona en die Groot Vis

FAKTORE EN VEELVOUDE

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Fontein van die lewe. Liturgie

Welkom by Die Storie God se storie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

1 Johannes 5: /03/2014

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die brief aan die Filippense

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Van Vervolger tot Prediker

God eer Josef die slaaf

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Jakkals lê eendag heerlik en

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Les 1 vir 7 Oktober 2017

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Ps Wh 16. Geestelike depressie: stryd tussen glo en vertrou

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Die Groot Muur van Nehemia

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Antonieme en sinonieme

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Petrus en die Krag van Gebed

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Transcriptie:

Psalm 100 02/08/2015 Tema: Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Gabriel García Márquez is ʼn skrywer wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het met sy boek 100 Years of Solitude. In die boek vertel hy van mense in ʼn sekere dorpie wat aan een of ander aansteeklike siekte gely het wat vergeetagtigheid veroorsaak het. Hierdie siekte het soos n plaag onder hulle versprei en daartoe gelei dat hulle die eenvoudigste goed se name vergeet het. Dit was nie Alzheimers waarna ek verlede Sondag verwys het nie want soos almal weet, is Alzheimers nie aansteeklik nie. Die siekte waarvan Márquez in sy boek skryf was wel aansteeklik. ʼn Sekere jong man in die dorp wat nog nie die siekte gehad het nie, het besluit, hy gaan probeer om die skade van die siekte te beperk as hy dit wel een of ander tyd kry. Hy het toe begin om alles in sy huis met plakkertjies te merk soos, Hierdie is n tafel; Hierdie is ʼn stoel; Hierdie is ʼn kas... By die ingang van die dorp het hy 2 groot borde laat aanbring. Op die 1 het daar gestaan, Ons dorp se naam is Maconda, en op die ander 1, God bestaan. (ngktableview.blogspot.com) Toe ek dit lees het ek gewonder of ons nie dieselfde moet begin doen nie. Ek bedoel nie dat ons ons tafels en stoele en kaste moet merk nie... Ons hoef ook nie ʼn bord te maak met die dorp se naam op omdat ons bang is ons vergeet ons woon in Ermelo nie... Ek het maar net gewonder of dit nie sal help as oral plakkertjies opsit om ons te help om God te onthou iets soos dit wat daardie jongman by die ingang van hulle dorp aangebring het om ons te herinner, God bestaan... Ek weet nie van jou nie, maar ek kan nogal lekker op my eie aan gaan en my eie ding doen... en vergeet van God... As ek dalk hier en daar ʼn teken op sit om my aan God te herinner, om my te herinner dat ek in ʼn verhouding met God is, sal dit baie help... Dalk moet ek sommer ook plakkertjies opsit om my te onthou om vir God dankie te sê of om Hom so af en toe te loof en te prys. Ek weet ek doen dit te min. Ek weet ek sê nie genoeg dankie nie... Ek weet ek loof en prys Hom te min... Dis mos baie makliker om te vra as om dankie te sê. Dis baie makliker om te kla as om God te loof en te prys... Daarom is ons gebede baie keer niks anders as lang lysies van, Here, gee dit asb, Here, doen asb. dat, Here, help dat ek gesond word of dat ek die werk kry of bevorder word of, Here, seën asb. my kinders... Miskien sal dit help as ons oral waar ons beweeg tekens op sit om ons te onthou, God bestaan, of om ons te onthou om dankie te sê en om God te loof en prys. Ek dink aan plekke soos die etenstafel d.w.s as ons aan tafel eet of anders teen die TV - om ons te onthou om dankie te sê vir die kos op ons borde of dalk moet ek ietsie op my beursie plak om my in ʼn restaurant of in KFC of Debonairs te herinner dat ons ook daarvoor moet dankie sê... Of wat van so plakkertjie

voor in jou kar ietsie wat jou kan herinner om dankie te sê dat jy ʼn kar het... of iets teen my bed of teen my bad of teen die stoele in ons huis en sommer aan die huis se deur ook... om jou te herinner dat daar mense is wat nie huise het nie, wat nie ʼn bed of ʼn bad of ʼn stoel het nie... En wat van teen die kerk se deur... om jou en my te herinner dat plekke is waar Christene doodgemaak word omdat hulle Christene is... En moet ons nie dalk op elke diaken/oudl/predikant se kop so ietsie plak om my te herinner om vir God dankie te sê dat Hy mense gebruik om vir my lief te wees, om my te besoek om te hoor, hoe gaan dit... is jou verhouding met die Here reg? Die vraag is natuurlik of so ʼn verhouding vir die Here lekker sal wees? Sal dit vir die Hom lekker wees om met jou in ʼn verhouding te wees en al wanneer jy vir Hom dankie sê of Hom loof en prys is wanneer ʼn plakkertjie vir jou sê om dit te doen? Kom ons vgl. dit so bietjie met ʼn huweliksverhouding... Dink jy dit lekker wees as jou vrou/man oral in die huis papiertjies opsit om hom/haar te herinner om sekere goed te doen... onthou om vir Irma dankie te sê vir die kos... onthou om vir Piet nag te sê... onthou om af en toe te vra of sy nie lus het vir iets om te drink nie... onthou om te vra of hy nie dalk iets anders op die TV wil kyk nie... Dit sal mos nie lekker wees nie... En dis ook nie vir die Here lekker om in so ʼn verhouding te wees nie... Hy wil hê dat ons dit spontaan moet doen. Maar die vraag is, hoekom kry ons dit nie reg nie... Hoekom sukkel ons so om vir die Here dankie te sê? Vroeër die jaar was daar op verskillende plekke in die dorp en omgewing geleenthede om te bid vir reën, maar ek weet nie van 1 dankie-sê geleentheid nie. Miskien wil iemand sê, maar dit het nie gereën nie of dit het nie genoeg gereën nie... Daar was eintlik nie rede om ʼn dankgeleentheid te reël nie want vir wat sou ons dankie sê die oeste was maar beroerd... Jy sien, dis met ons almal so - as dit goed gaan of daar het iets goeds of groots met ons gebeur, dan is dit maklik om dankie te sê en die Here sommer spontaan te loof en te prys... Die probleem kom wanneer dit nie meer so goed gaan nie? Die probleem kom wanneer die goeie kant van die lewe sy rug so bietjie op ons draai - as dit nie reën soos ek gevra het of as my operasie nie ʼn sukses was of die kanker uitslae nie so goed was soos ek gehoop het nie? Dan raak dit moeilik... Dan sukkel ek om vir enige iets dankie te sê, om nie eers te praat van loof en prys nie. Tog is daar mense wat dit regkry. Daar is mense wat in die moeilikste omstandig-hede dit regkry om dankie te sê en om God te loof en te prys? Weet hulle dalk iets wat ons nie weet nie of is hulle dalk skynheilig om te maak of hulle dankbaar is... dalk het hulle ʼn rympie aangeleer om die Here te loof en te prys, maar wanneer hulle alleen is, sukkel hulle net soos ons, is dit vir hulle net so moeilik?

Ek wil hê ons moet vanoggend so bietjie gaan kers opsteek by ʼn gelowige wat ʼn paar duisend jaar gelede geleef het. Hy het ʼn pragtige gedig geskryf waarin hy die hele wêreld oproep om saam met hom die Here te loof en te prys... Kom ons gaan hoor by hom wat het gebeur dat hy so bly en opgewonde en dankbaar was... Ek praat natuurlik van Psalm 100 kom ek lees dit vir ons. Soos julle kon hoor, was hierdie digter vir een of ander rede verskriklik bly en opgewonde en dankbaar was. Maar tevergeefs soek ons in hierdie Psalm vir die goed wat ons tot nou toe genoem het wat ons bly en opgewonde en dankbaar maak. Ons sien nêrens dat hy bly was omdat dit goed gereën het of omdat daar ʼn groot oes op die land gestaan het nie... Ons sien nêrens dat hy bly was omdat dit goed gegaan het met sy familie of dat hy gesond geword het nadat hy baie siek was of omdat ʼn kind/kleinkind gebore is nie. Daar moes iets anders gewees het wat hom só bly en opgewonde en dankbaar gemaak het dat hy die hele wêreld nooi om saam met Hom die Here te prys. Hy sê in vers 1, Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Die antwoord lê in die woordjie omdat Hy is bly omdat... En nou wonder jy want by ons lê ons blydskap en dankbaarheid ook in die woordjie omdat ek is bly omdat dit gereën het... ek kan vir die Here dankie sê en Hom loof en prys omdat ek gesond geword het, omdat dit goed gaan met my kinders, omdat ek pa/ma/oupa/ouma geword het. En dit is nie verkeerd om vir die Here vir sulke dinge dankie te sê en Hom te loof en te prys as dit met jou goed gaan nie. Die digter van Ps. 100 het waarskynlik baie keer in sy lewe die Here vir dieselfde goed geloof en geprys. Maar wat as die goeie kant van die lewe soos ons vroeër gevra het, sy rug so bietjie op jou draai - as al hierdie omdat s wat ons tot nou toe genoem het, verdwyn? Dis op hierdie punt waar die digter van Psalm 100 vir ons iets wil sê wat hy in sy lewe raakgesien het... iets wat hom, t.s.v. sy omstandighede bly en opgewonde en dankbaar gemaak het... Hy het raakgesien wie God is... hy het raakgesien dat die Oneindige God met gewone mense soos hy in ʼn verhouding wil wees... Kyk mooi na die verskil... Ons raak bly en opgewonde en dankbaar omdat dit met ons goed gaan of omdat daar goeie goed met ons gebeur... Die digter raak bly en opgewonde en dankbaar omdat hy tot die besef gekom het wie God is... omdat Hy tot die besef gekom het dat hierdie God nie net by ons is in goeie tye nie Hy is ook daar in slegte tye... Dawid skryf in Ps. 23... Selfs al gaan ek... Die vertrekpunt waarvandaan hy na die lewe kyk, is anders... Dis amper soos die verskil tussen ʼn pessimis en ʼn optimis. ʼn Pessimis kyk na hierdie glas water en sê, dis half leeg en ʼn optimis kyk na dieselfde glas water en sê, dis half vol... Ons kyk na ons omstandighede en vra, is daar rede om bly te wees is daar rede om God te prys? Die Psalmdigter kyk na God en sê, Juig tot eer van die Here, almal

op aarde!... Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. Kan jy sien hoe hy die fokus van homself na God toe skuif. Miskien is dit waar ons probleem lê. Miskien is dit die rede waarom ons so sukkel om God te prys en dankbaar te wees want dit gaan oor my en nie oor God nie Dit laat my dink aan iets wat ek gelees het oor ʼn man met die naam, Jonathan Aitken. Hy was op ʼn stadium ʼn parlementslid van die Britse regering. Hy sê sy ver-houding met God was amper soos sy verhouding met sy bankbestuurder. As hy met God gepraat het, was hy baie beleefd, net soos met die Bankbestuurder. Hy het af en toe Sy perseel besoek, soms ʼn gunsie gevra soos ʼn oortrekking om uit die moeilikheid te kom. As dit gebeur het, het hy God neerbuigend bedank vir Sy hulp. Hy sê hy het altyd die indruk probeer skep dat hy een van God meer betroubare kliënte is omdat dit dalk een of ander tyd vir hom nuttig kan wees. (Yancey, Gebed bl 50) Ek wonder of dit nie is hoe baie mense oor God dink nie..., so ʼn verhouding van, sê nou daar is ʼn God... sê nou Hy kan gebede verhoor... dan is dit goed om met Hom op ʼn goeie voet te wees. Daarom moet ek Hom laat dink dat ek een van Sy goeie kliënte is sodat Hy, wanneer ek Hom nodig kry, darem weet wie ek is. Maar soos ek vroeër gesê het, die Here wil nie met enige iemand in so ʼn verhouding wees nie. ʼn Verhouding floreer wanneer 2 mense alles vir mekaar gee en alles vir mekaar doen omdat hulle vir mekaar lief is. Ons hoor dikwels mense verwys na ʼn huwelik as gee en neem... Dis die grootste leuen wat daar is... Dis die rede waarom 3 uit elke 5 huwelike in SA binne die 1e 5 jaar ontbind... ʼn Huwelik is gee... Alleen wanneer 2 mense 100% gee kan ʼn huwelik werk. God het alreeds alles vir ons gegee... Hy het 100% gegee... Jesus het Sy lewe gegee... Daarom wil Hy nie met jou en nie met my in ʼn verhouding wees as ons 50% gee of as ons 80% gee of as ons 99% gee nie. Hy wil 100% hê en ons kan dit alleen gee as ek besef wie ek is en wie God is. Ek kan dit alleen gee wanneer ek besef dat die Oneindige God bereid is om met my as ʼn nietige skepsel in verhouding te wees. En nou kan jy dalk verstaan dat die digter van Ps. 100 verskriklik bly en dankbaar en opgewonde kon wees sonder dat daar groot of goeie goed in sy lewe gebeur het, bloot omdat hy besef het wie God is... Dankbaarheid kan ʼn mens se hele lewe verander. Toe John Claypool se tienjarige dogter a.g.v. leukemie sterf was dit dankbaarheid wat hom gehelp het om te oorleef. Hy vertel in sy boek, Tracks of a Fellow Struggler, dat hy na haar dood 3 maniere probeer het om haar dood te verwerk. Die 1e manier wat hy probeer het was om dit sê, dit was God se wil en ek moet dit nou maar net so aanvaar. Maar dit het hom nie gehelp nie. Hy kon nie aanvaar dat dit God se wil is dat tienjarige dogtertjies a.g.v. leukemie sterf nie. Die 2e manier wat hy probeer het was om haar dood met sy verstand uit te redeneer om so betekenis daaraan te gee. Maar dit het ook nie gewerk nie. En

toe het hy die pad van dankbaarheid probeer. Hy het besef dat lewe ʼn geskenk van God is. Ons is nie geregtig daarop nie. Die feit dat ons lewe is genade en ʼn geskenk van God. En daarom het hy begin om vir God dankie te sê vir die 10 jaar wat hulle haar gehad het eerder as om Hom te verwyt vir die jare wat hulle nie gehad nie. Hierdie pad van dankbaarheid sê hy, was glad nie maklik nie, maar dit was die enigste pad wat hom uiteindelik gehelp het om haar dood te aanvaar. (ministrymatters.com) Hy het soos die Ps. digter sy fokus verander... Hy was nie meer die middelpunt van alles nie, maar God was. Ons sien dieselfde by Job wat t.s.v. die dood van al 10 sy kinders kon sê, Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.. Hy kon soos Paulus wat vertel dat dit op ʼn stadium met hulle so sleg gegaan het dat hulle selfs die hoop om te bly leef verloor het sê, wees bly in die Here... Daar is ʼn legende (verduidelik legende) van ʼn man wat eendag by die skuur aangekom het die duiwel al die saadjies stoor wat hy in mense se harte saai. Hy stap so deur die skuur en hy sien dat hoop wat die grootste is, is die saad van moedeloosheid. Hy vra toe vir duiwel daaroor en hy antwoord: die saad van moedeloosheid groei omtrent op enige plek, behalwe op een plek. En waar is dit? vra die man. Die duiwel antwoord: in die hart van ʼn dankbare mens. Dankbaarheid en om die Here te loof en te prys is nie iets wat jy kan aanleer nie. Jy kan dit nie regkry deur plakkertjies op allerhande plekke op te sit om jou te herinner om dit te doen nie. Jy kan die ou Halleluja liedjie tel jou seëninge - tel hulle oor en oor - sing tot jy blou is in die gesig dit sal niks aan jou lewe verander totdat jy jou fokus verander... Die dag as ek en jy vir die Here kan dankie sê en Hom kan loof en prys... nie omdat dit of dat met my gebeur het nie, maar omdat Hy God is omdat Hy my gemaak het... omdat ek Syne is, sy volk, sy kudde, sal dankbaarheid en lofprysing deel van my lewe word Dan sal ek en jy dit regkry... om te juig tot eer van die Here om Hom met blydskap te dien om voor Hom te kom met gejubel om te erken dat die Here God is om sy poorte in te gaan met dankliedere om Hom te dank en Sy Naam te prys. Amen.