Sing vooraf: Psalm 145:1, 10 (p. 696)

Vergelijkbare documenten
Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture


Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Welkom by Die Storie God se storie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

n Dubbele kruis-belydenis

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Groot Gebod dennis de wet

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

2. Die skepping van die mens

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

Jesaja sien die Toekoms

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Preek Romeine 1:16-17

Deur Christus Alleen

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

ons rykdom in Christus 2

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Goeie Konings, Slegte Konings

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Toe God alles gemaak het

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

O Here, hoor my gebed. Liturgie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Briewe, posseëls en elektroniese pos

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 145:1, 10 (p. 696) 1 U Naam, o HEER, so hoog in heerlikheid, wil ek verhef vir ewig en altyd; u Koningseer wat alle krone oorstraal, wil ek verhoog in onvermoeide taal. 10 Die Heer is reg in al sy weg en werk, sy goedheid ken, die wêreld deur, geen perk. Hy is naby die siel wat tot Hom sug, Hy troos die hart wat skreiend tot Hom vlug. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 33:1 (p. 157) 1 Sing vrolik, hef die stem na bowe; / regverdiges, verhef die HEER! Dit pas opregtes God te lowe / en uit te jubel tot sy eer. Laat die psalmgesange / stem van sterk verlange / om die HEER te dank by die smeltendskone / harp- en sitertone, / liefde en lof verklank! Gebed: Ons hoop in hierdie lewe is dat U ons gebede verhoor, Here, en dat U ons op u tyd na u ewige koninkryk toe roep. Ons hoop op die ewige lewe word ook juis versterk omdat, te midde van al die droefenis en dood en rou in die lewe, ons nogtans soveel goeie dinge uit u hand ontvang. Here, wat meer kan ons doen as om onophoudelik voor u aangesig te verskyn en om genade te smeek? As ons u krag nie het wat ons elke oomblik ondersteun nie, waarom sou ons dan lewe, want dan sou ons nooit vrykom van die geweld van die satan en sy werke oor ons nie! Ons bid vandag vir hulle onder ons wat oud is. Hulle wie se liggaamskragte deur siekte afgetakel word. Here, ons bid ook vir hulle wat in spanning is en groot verantwoordelikhede moet dra. Here, skenk aan hulle die oorvloed van U liefde. Begenadig hulle met die troos van u Gees wat aan almal verseker dat u hemele wag en roep waar hierdie dinge wat deur die sonde gewerk word, vir goed verbygegaan het. Ons bely ook dat ons soveel heiligheid kortkom. Nie net in wat ons uitleef met die daad nie, Here, maar ook in die dinge wat ons dink en sê. Maar ons bely daarby ook die swakheid van ons vlees. Ons bely dat ons dikwels en hard teen hierdie verkeerde dinge probeer stry, maar dat die kwaad en sy geweld ons dikwels oorrompel, sodat ons dink en doen tot oneer aan u heiligheid. Here, skenk aan ons soveel krag dat ons in elke opsig waardig mag wees aan u beeld in ons. Laat ons met soveel kennis en geregtigheid beklee word dat u heiligheid n karaktertrek word van elkeen van ons. Ons bid vandag vir ons land. Dit voel vir ons asof die geweld van die hele wêreld besig is om rondom ons te vergader. Elke dag word n dag van stryd vir die behoud van hierdie erfenis wat U vir ons uitgemeet het. Here, help U ons. Ons bid nie net vir fisiese hulp nie, want mens sou jou vyande kon verslaan sonder dat jy die regte geloof het. Ons pleit juis dat ons by die stryd ook die regte geloof mag hê sodat aan U al die eer van ons lewe kan toekom. Here, verhoor ons om Jesus Christus ontwil. 1

Psalm 16:1 (p. 61) 1 Bewaar my tog, o God, op wie k vertrou! / Ek skuil by U, my toevlug in die lewe. Daar is vir my, in wat die oog aanskou, / geen goed bo U, so eind loos hoog verhewe. En wie op aarde U ken en vrees, o HERE, / húl noem ek groot, hul is my roem en ere. Skriflesing: 1 Tessalonisense 4 Teks: 1 Tessalonisense 4:1-13; Kategismus Sondag 41 (slegs vraag 108) Ons weet en glo almal dat ons elke dag baie sonde doen. En oor sekere gebooie sal ons ook nie stry dat ons daardie betrokke gebooie gereeld oortree nie. Maar dan kom ons by die sewende gebod. Dit is een van die gebooie waarmee ons die meeste in ons sonde rondspeel terwyl ons koppig bly beweer dat daar geen sondes in ons harte gepleeg word ten opsigte van ons heiligheid en die heiligheid van ons naaste nie! Terwyl ons in die agtergrond die Woord van God hoor dat alle onkuisheid vervloek is! Die kerk is in baie opsigte magteloos teen die oortreders van hierdie gebod omdat die oortreders die lyne so fyn sny dat dit baie naby aan die waarheid kan kom. Maar dit het tog nou belangrik geword om oor die gevare en gevolge van hierdie gebod te preek, want dit is die wil van God dat ons op die hoogste vlak kuisheid in ons lewens moet handhaaf. Hierdie sewende gebod leer ons eerste die oordeel van God oor enige vorm van onkuisheid. Verder leer dit ons die roeping van die mens binne en buite die huwelik ten opsigte van kuisheid. Dit leer ons ook dat as ons hierdie gebod hou, die Here ons liggaam en siel, en die gemeente s n, bewaar! Hierdie saak van kuisheid weeg geweldig swaar by die Here. In Levitikus 18 en 20 is daar n lang lys van oortredinge op die gebied van onkuisheid. By almal gebied die Here die doodstraf. Levitikus 20:10: En as iemand owerspel doen met n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word. (Levitikus 20:10 AFR1953) In n ander teks word vermeld dat mense wat n bepaalde onkuise oortreding begaan, almal verbrand moet word. Onkuisheid oftewel egbreuk is deur God vervloek. Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word. (Genesis 38:24 AFR1953) En as n man n vrou en haar moeder neem, is dit n skandelike daad; hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie. (Levitikus 20:14 AFR1953) Die samelewing in ons tyd het al n baie groot verskuiwing ondergaan weg van die eise en die wil van die Here af. Dis nie meer vanselfsprekend n vloek as mense buite die huwelik saamwoon nie. Dit is in sekere kringe al heeltemal aanvaarbaar. Ons moet oplet wat die Here doen: Hy vervloek net die sonde nie die mense wat dit doen nie. Maar as mense aan hierdie sonde bly vaskleef, kan hulle later nie meer van die vloek wat aan hierdie sonde vaskleef, afgeskei word nie. Ons moet inderdaad besin waarom die Here so verskriklik ernstig is met sy vervloeking van hierdie sonde. 2

Die eerste rede is omdat hierdie sonde die siel en die liggaam van die mense verderf. God het die mens na sy beeld geskape dit veronderstel dat ons God se heiligheid ook moet verbeeld. Ons moet in ons geslagtelike optrede net so onberispelik voortlewe soos wat God self is. Egbreuk skei die siel van die mens van God af. Die onreinheid van hierdie oortreding beteken verbreking met God omdat God nie in n besmette tempel wil en kan woon nie. Hierdie sonde is n skending van die hoogste en heiligste wat die Here aan die mens in sy lewe gegee het. God het juis die huwelik ingestel en verorden om daarmee die geestelike gemeenskap met God in ons omgang te simboliseer. Die sonde van egbreuk beteken dat ons van God en sy heilige skenking afstand doen! Daarom sê die Here ook self dat afgodery n weghoereer van die Here af, is. Die tweede rede is omdat hierdie sonde God se instellings verderf. Die huwelik is die eerste samelewingskring wat God instel. o Dit is bedoel om die fondament te wees waarop die hele latere ontwikkeling van die mens moes rus. o Die kerk en die staat moet alles rus op die huisgesin dus op die huwelik. o As die huwelik in duie stort ten opsigte van kuisheid, is dit heeltemal vanselfsprekend dat die kerk en elke vlak waar die mens beweeg hierdeur geraak gaan word. Ons kan selfs sê dat egbreuk in n sekere sin die toekoms van die mens en sy geslag vernietig! Die derde rede waarom die Here baie beslis is oor hierdie sonde, is omdat die mense mekaar verderf deur hierdie sonde. Onkuisheid lei altyd tot verdere sondes daar is altyd een of ander vorm van bedrog by betrokke. o Met die beoefening van onkuisheid word daar altyd die een of ander leuen versprei om jouself te regverdig. Jaloersheid en geveinsdheid en uiteindelik haat is die gevolg van hierdie sonde! o Soms het hierdie sonde aanleiding gegee vir die pleeg van moord. o In elk geval gee hierdie sonde aanleiding tot naamlose ellende. Onkuisheid kan op verskillende maniere gepleeg word: Onkuisheid gebeur in woorde en taalgebruik maar ook as ons verkeerde klere dra wat seksueel uitlokkend is. Verder word onkuisheid met die daad gepleeg. Die mens wat die dinge doen, besmet homself só dat hy sy hoogste mooiheid verloor. o Dit verlaag jou van n kind van God tot n mens wat die donker van die satan se beplanning nastreef. God se goedertierenheid wyk dan van hierdie mense, en God se vloek tree oor hulle in werking. o Daarom staan daar selfs nog in die heel laaste verse van die Bybel dat die hoereerders buite die koninkryk van God staan. o Om buite die hemel te wees, is om vervloek te wees! Dis in die hel! Verder leer die sewende gebod ons die roeping van die mens binne en buite die huwelik. Die Here verbied enige vorm van skandelikheid omdat ons siel en ons liggaam tempels van God is. 3

Die Heilige Gees woon daarin, en daarom moet ons al twee suiwer bewaar en heilig hou! Ons moet weer by die skepping begin om hierdie saak te kan verstaan. God is liefde. En Hy skape die mens in liefde. Hy skenk aan Adam n vrou om in liefde met hom saam te woon. Die feit dat die Here net een man maak met een vrou, bewys dat die Here dit so wil hê dat elke man slegs met een vrou mag trou, en dat hy al sy aktiwiteite van sy lewe rondom hierdie een vrou wat God hom gegee het, moet rangskik. Dieselfde geld van die vrou. Die roeping van die mensepaar is nou om in liefde hulle bestemming na God toe uit te werk. Liefde vir mekaar en liefde vir God is die grondslag. Onkuisheid in enige vorm gaan lynreg teen hierdie liefde van God in. Dis moontlik dat onkuisheid van buite af aantreklik kan lyk, maar van binne af is dit afskuwelik en deur God vervloek. Verder het hierdie gebod ook n opvoedingsroeping. Hierdie gebod is n oproep van die Here aan alle gelowige ouers om hulle kinders alles te leer van God se heiligheid. En om hulle te leer om van kleins af te strewe daarna om te deel in God se heiligheid. En ook om God se heiligheid in hulle eie liggame te vertroetel en te beskerm. Op hierdie wyse sal die heilige teenwoordigheid van God elke huisgesin deurgeur, soos wat die offers van die Ou Testament die hele tempel deurgeur het! Uiteindelik werk hierdie opvoeding van die huisgesin dan deur in die kerk. Die hele kerk word dan gevrywaar teen die sonde van onkuisheid. Ons lewe is vandag vol verleiding vir oud en jonk. o o Daar is lektuur wat meer as onguur is gesien teen die agtergrond van God se koninkryk! Daar is allerlei maniere van ontspanning wat gerus maar deur die Christene gelaat kan word omdat dit net n moontlike teelaarde van die sonde is. Die uitlewing van hierdie gebod is eintlik maklik. Die Here Jesus Christus het die voorbeeld gestel. Prent jou elke oomblik die teenwoordigheid van God in. Leef elke oomblik die heiligheid van God uit soos wat God van jou verwag! Bid gereeld. Eintlik moet ons soos die Here Jesus Christus voortdurend bid! Die Here Jesus Christus het ook van hierdie gebod geleer dat daar n omdraaipad is. God vergewe jou as jy jou ook van die oortreding van hierdie gebod bekeer. Daarvoor het die Here Jesus ook gesterf. Daarom kon die Here Jesus met groot vrymoedigheid sê dat een wat nog nie egbreuk gepleeg het nie, die eerste klip op die owerspelige vrou moet gooi sodat hulle haar kan stenig! o Niemand gooi toe een klip nie, want daar is net Een wat nie die sonde deel nie en dis die Here Jesus self. o Maar Hy stenig haar nie Hy laat haar in vrede gaan, want Hy veroordeel haar ook nie. Laat ons dan stry teen onkuisheid. Tot heiligheid van onsself. Maar bowenal sodat die Gees van God in ons kan woon en Hom kan verlustig in die heiligheid van ons siel en liggaam. 4

Ons belydenis leer die volgende oor die sewende gebod in die Heidelbergse Kategismus Sondag 41: Vraag 108: Wat leer die sewende gebod ons? Antwoord: Alle onkuisheid is deur God vervloek (a), en daarom moet ons dit hartgrondig haat (b). Daarenteen moet ons kuis en ingetoë lewe (c) sowel binne as buite die huwelik (d). (a)lev 18:28. (b) Jud 1:23. (c) 1 Tess 4:35. (d) Heb 13:4; 1 Kor 7:7. Slotgebed: Ons dank U dat U ons altyd teen die kwaad bewaar. En waar geeneen van ons so rein en sonder sondes is nie, Here, pleit ons by U vir die vergewing van ons oortredinge teen hierdie gebod. En smeek ons vir die krag om verder heilig te lewe. Ons dank U dat die verdienste van die Here Jesus Christus ons rein was van al ons sondes, en ons so vlekkeloos stel, dat ons met vrymoedigheid voor U mag verskyn. Verhoor ons om Christus ontwil. Slotpsalm 146:1, 8 (p. 700) 1 Prys die HEER met blye galme, o my siel, daar s ryke stof! k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof en Hom, wat sy guns my bied, altyd groot maak in my lied. 8 Dis die God der leërmagte, troue Bondsgod van weleer, God van wordende geslagte, tot in ewigheid die HEER. Sion, sing dié God ter eer, prys sy grootheid, loof die HEER! Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 4 November 2007 (aand) 5