Skriflesing; Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:2; Spreuke 22:28-29; Spreuke 23:10-11

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Welkom by Die Storie God se storie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: Johannes 14:1-6; Teks: Johannes 14:2,23 Sing- Ps. 146:4; (Ps. 119:34); Ps. 139:1,2; Ps. 68:15;

Jesaja sien die Toekoms

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Van Vervolger tot Prediker

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

n Dubbele kruis-belydenis

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Pretoria- 14 Augustus 2011

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Deur Christus Alleen

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Skriflesing: Sondag 22 Teks: Filippense 1:23 Sing- SAMESANG: Ps.16:4,5 TYDENS EREDIENS: Ps.145:1,10; Ps.73:10; Ps.89:17

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Toe God alles gemaak het

Deur Christus Alleen

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Van Vervolger tot Prediker

1 Johannes 5: /03/2014

Pragtige Koningin Ester

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Goeie Konings, Slegte Konings

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Transcriptie:

1 Skriflesing; Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:2; Spreuke 22:28-29; Spreuke 23:10-11 Sing- Ps. 118:1; Ps. 68:3; Ps. 84:2,5; Ps. 66:1 Johannes 14:1-14 Joh 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. Joh 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Joh 14:4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Joh 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Joh 14:7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. Joh 14:8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Joh 14:9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Joh 14:11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self. Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. Joh 14:13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. Joh 14:14 As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. Spreuke 22:28-29; Spreuke 23:10-11 Pro 22:28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. Pro 22:29 Sien jy n man wat vaardig is in sy werk hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. Pro 23:10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie. Pro 23:11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig. Skriflesing; Johannes 14:1-14 Teks: Johannes 14:2; Spreuke 22:28-29; Spreuke 23:10-11 Sing- Ps. 118:1; Ps. 68:3; Ps. 84:2,5; Ps. 66:1 Broeder en suster- Johannes 14 is n baie ryk hoofstuk. Selfs net vers 2. Ons deel ons teksvers soos volg in. Baie duidelik lees ons hier van n huis, trouens dit is n huis van ons Hemelse Vader met baie wonings. Iets van n onbepaalde grenslyn. In die tweede plek- Hier is n baie duidelike versekering wat ons aan kan vashou. Moet nie die grenslyne verlê nie. In die laaste

2 plek- hier is n baie duidelike toekoms wat voor ons gestel word. Doen jou werk, vervul jou roeping en respekteer die wat minderbevoorreg is as jy. Ons eerste gedagte handel rondom- Die huis van ons Vader: In die huis van my Vader is daar baie wonings... Wanneer ons begin dink oor wat n huis vir ons beteken dan is dit eintlik so n troosvolle ryke woord. Die plek wat ons huis noem, is maar die plek waar mens graag wil wees. Dit is my tuiste. Die huis is nie net die gebou van koue sement en harde stene nie maar daar wil ek liefde gee en kry ek ook liefde. Daar is ek gewoonlik maar op my gelukkigste dat ek by my huis, of op my plaas, of tussen my mense kan wees. Alles saamgevat in die woord HUIS. Dit sluit dan gewoonlik dit alles in wat ons dan ook noem n huisgesin. Jesus kom na ons ook met die woord wat as huis bekendstaan. In die huis van my Vader is daar baie woonplek- Wanneer Jesus hier oor die huis van sy Vader begin praat dan besef ons dit staan as besondere troos by wat in die vorige hoofstukke gebeur het. Jesus was op verskillende maniere ontsteld gewees. Joh.12:27 lees ons Hy was in sy hart of in sy siel ontsteld gewees- 27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom. In Joh. 13:21 is Jesus in sy gees ontsteld gewees- Die ontsteltenis in sy gees was die gevolg van Hy het geweet daar sal een wees wat Hom gaan verraai. n Ontsteltenis oor n ander mens was ook deel van Jesus se lewe. Jesus se ontsteltenis vind self troos in wat Hy in Joh. 14 dan sê- Daar is n huis, n permanente huis, dit is die huis van my Vader en dit is ruim, dit gee genoeg plek want het Jesus besef hier op aarde het Hy nie meer plek nie, niemand wat vir Hom plek gaan maak nie. Hy het nie eers n plek om sy kop neer te lê nie, is ook van die dinge wat Jesus lank reeds gesê het en dit terwyl die jakkalse gate het en die voëls van die hemel neste, maar vir Hom geen plek nie. Jesus se ontsteltenis kan troos vind in de besef die huis van my Vader is daar. Maar dit was nie net Jesus wat in hierdie konteks in die gedagte van die huis van my Vader troos kon vind nie. Ook sy dissipels was vóór Jesus hier oor die huis van sy Vader gepraat het baie ontsteld- Die dissipels voel onseker, dinge voel vir hulle baie deurmekaar, ja in baie opsigte voel

3 hulle dat hulle lewe het eintlik n mislukking geword, dinge loop in die verkeerde rigting want het Jesus dit al duideliker gemaak dat Hy van hulle gaan weggaan. Daardie gedagte van onmiddellike skeiding, ja ons besef watter ontsteltenis het dit nie in die harte van die dissipels gebring nie. So begin Joh.14 met die ontsteltenis van sy dissipels wat Jesus direk vir hulle sê- Laat julle hart nie ontsteld word nie, glo in God, glo ook in My... Juis hulle geloof in God, ja die geloof in Jesus Christus, want Hy is God, dit bring die dadelike verband tussen vers 1 en vers 2. Die glo in Christus laat ons glo daar is werklik n Vaderhuis. So het Jesus ons geloof wou begrond. Die geloof lê as t ware die fondament van die huis wat hier voor ons gaan kom. Dit is wel n huis nie met mensehande gemaak nie, ons kan dit nog wyer stel, dit vorm deel van die Godstad, dit wat Hebreërs 11 ons deur die geloof laat sien soos Abraham dit kon sien- Abraham het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is (Heb. 11;10). In Openbaring 21:19 lees ons nog iets besonder van die fondamente- ja die muur van die nuwe stad het fondamente wat versierd is met allerhande edelgesteentes. Die huis van God in die stad van God laat ons eintlik klaar raaksien wat Jesus bedoel dat in die huis van sy Vader gaan dit nie om tekort aan ruimte nie. n Ruimtelike stad wat ons laat glodaar is waarlik genoeg plek- In die huis van my Vader is daar baie wonings... Dit wat die ontsteltenis by Jesus Self kon wegneem, dit wat die ontsteltenis by sy dissipels kon wegneem, is dit so n troosryke gedagte om te weet dat God vir ons n Vader wil wees, Hy wil ons troos met die wete dat in sy Vaderhuis is daar vir elke kind van God n gereedgemaakte plek... Dit moet ons grootste ontsteltenisse wat ons in hierdie lewe beleef kan wegneem... Hoe lief ek ook al vir my aardse huis mag wees, ons besef op aarde is God se kinders nie tuis nie. Ons aardse huis kan nooit permanent wees nie. Ons lees in 2 Korintiërs 5 hoe die aardse blyplek, die aardse lewe maar n tentwoning is, wat afgebreek sal word. Dadelik lees ons in 2 Korintiërs 5:1 ook die teendeel- ons het n gebou van God, n huis nie met hande gemaak nie, ewig in die hemele...

4 In ons aardse huise wat maar tentwonings is, hierin is ons voortdurend onderwerp aan die aardse dinge. Teleurstellings, siektes, rampe, hier word ons terneergedruk, hier kry ons skades, hier slaak ons baie keer soveel sugtinge, ons word moedeloos, stort trane, ja en moet ons eenmaal sterwe, dan wys dit maar hoe tydelik, hoe verganklik, hoe broos is die aardse huis nie. Die aardse huis kan eintlik nie eers n teëbeeld vorm van die hemelse huis nie. Die aardse is te swak en te tydelik om werklik die hemelse in wat God se woning is behoorlik af te beeld. In die aardse is die wisseling van seisoene deel van nog groter wisselings. Hoe vreugde en verdriet mekaar kan afwissel, voor en teenspoed wissel mekaar af, lig en duisternis wissel mekaar af, lewe en dood, watter geweldige afwisseling en dit in die aardse huis! In die hemelse, in die Vaderhuis met sy baie wonings is die wonings nie n afwisseling van die een deel is swakker as die ander deel soos wat ons maar met aardse huise kry nie, maar elke deel van die woning is deel van die een Vaderhuis, alles daar is gebou deur God se hand, alles is vas, is versierd, is heerlik en ewig waar die mens daar niks aan kan verander nie en die mens sal dit ook nie wil verander nie. Niemand wat sal kan verander aan dit wat God heerlik maak en Hy vir die mens die heerlike bestemming reeds bepaal het nie. Wanneer ons van hierdie heerlike Vaderhuis mag hoor, ruimtelik bo wat ons kan dink, dan kom ons juis by ons tweede gedagte, waar die Here nie wil hê dat ons hieroor moet twyfel nie- Ons tweede gedagte is dan Hier is n baie duidelike versekering wat ons aan kan vashou: Hoor hoe duidelik sê Jesus dit- As dit nie so was nie... sou Ek dit vir julle gesê het... Dit is asof ons dit Jesus met n kalme duidelike versekerde stem kan hoor sê- Hier is geen redenasie of argumentasie ter sprake nie. Jesus konstateer as t ware n ewig vasstaande feit. Dit is soos Ek dit vir julle sê. M.a.w. as dit anders was dan sou Ek dit vir julle gesê het. Ons besef Jesus praat van wat Hy weet. Hy praat van die wêreld van waar hy kom en waarheen Hy weer op pad is, waarheen Hy weer gaan terugkeer. Daar is net Een wat eintlik hieroor kan praat en dit is Jesus Self. Hy die enigste wat werklik weet waarvan Hy praat en waaroor Hy praat as Hy oor sy Vader en die Vaderhuis praat. Jesus praat van wat Hy weet. Ja, dit gaan oor Jesus wat weet waarvan Hy praat. Hy spekuleer nie, Hy filosofeer nie, maar Hy weet.

5 Ons besef dat Jesus hier praat van die dinge anderkant die graf. Ook anderkant sy graf maar stel Hy dit duidelik ook anderkant ons grafte. Dit wat ons as God se kinders se bestemming sal wees, die deel waarheen ons hele lewe op reis is, wat by Jesus vaste kennis is, vas en seker soos wat ons geloof nou ook daarop gerig moet wees. Dit laat ons besef dat Jesus gee eintlik vir ons n anker vir ons siele, ja Hyself is n anker, maar Hy gee ook ankers. Dit wat Hebreërs 6:19-20 ons laat hoor gebeur alreeds- 19 en ons het dit as n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel 20 waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek n hoëpriester geword het vir ewig. Hierdie sekerheid en versekering wat Jesus ons mee versterk en troos. Dit op die wyse wat God dit wil hê. Die besef dat al sterwe die mens steeds is hy nie dood nie. Daarom dat ons weet dat die aardse liggaam is wel dood, dit word stof, dit word die aarde vanwaar God ons oorspronklik geneem het, maar tog het ons al op die aardse lewe die duidelike tekens en trekke dat God se kinders verseker kan weet ons het altyd nog weer n groter ideaal om na te jaag. Ons wil altyd nog weer hoër hoogtes bereik, ons het n onversadigbare drang na volmaaktheid, terwyl mens dit elke keer maar net weer agterkom dat op aarde gaan ek dit nooit bereik nie en die volmaakte tevredenheid sal hier op aarde nooit wees nie. Dit alles is eintlik maar n heenwyse na n wêreld van onsterflikheid. En juis is dit binne hierdie onverganklike en onsterflike sekerheid wat Jesus laat sê as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het... Ja, as daar nie onsterflikheid was nie dan sou Jesus dit vir ons gesê het. Dit laat ons Jesus se woorde by die dood van Lasarus net nog weer duideliker hoor en beter verstaan- Jesus sê vir Martha- jou broer sal opstaan... en dan veral vers 25-26 (Joh.11) Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit? Ons hoor uit Jesus se eie mond hierdie onomstootlike, dierbare, troosvolle versekering van n hoër en beter, ja van n hoër onsterflike lewe. Dit bring ons dan ook by die laaste punt- Hier is n baie duidelike toekoms wat voor ons gestel word: Christus stel dit duidelik- Ek gaan om vir julle plek te berei- en dan staan in vers 3- en as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan

6 wees waar Ek is. Geliefdes, duideliker en mooier kan Jesus dit nie gestel het nie. Die kind van die Here, elke een wat aan God behoort word hier in sy volle menswees voor n duidelike toekoms gestel. Die verlange wat ons toekoms is- om altyd by die Here te wees. Dit wat aan die moordenaar by die kruis gesê kon word- Vandag sal jy met my in die paradys wees- Paulus skryf dat hy het n verlange om heen te gaan en by Christus te wees. Nou mag ons dalk ook vra maar hoe lyk so n toekoms met Christus? Duidelik stel God ons in kennis dat ons met ons volle bewussyn by Hom is, die oomblik as sy kind op aarde sterwe. Daar is nie n sieleslaap, n tussentyd wat mens nie weet waar is ek nou, tussen hemel en aarde nie, maar dadelik word my siel by Christus opgeneem, so bely ons in Sondag 22 van die Kategismus. Ja, hierdie hoogste geluk, hierdie salige bewus wees van nou het ek finaal my Here kon ontmoet, dit is gelyk aan die saligheid van Jesus Self. Die heerlikheid wat in Christus is, is nou hulle volle deel. Ja, om saam met Christus ook weer te mag uitsien na waar Hy weer na ons gaan kom. Waarin Hy ons sterflike liggame ook weer uit die grafte sal laat opstaan, maar nie dan sterflik nie, maar word die liggame ook onsterflik soos Jesus se liggaam reeds is. Selfs die wat nie gesterwe het nie en wat by die wederkoms nog op aarde lewe, ook hulle liggame gaan in n oogwink verander. Die toekoms wat voor ons gestel word sluit vêrder in dat daar nou ware rus vir God se kinders aanbreek. Rus in die sin van werklike vreugde en vrede wat hulle deel geword het. Die voorreg om dan vir God onafgebroke volmaak te mag dien, daar is nie meer hierdie afgebreekte dienswerk, die gesukkel met die dag tot dag dinge, die onrus, die worsteling, die pyn, die smart, die berou, die selfverwyt, die misverstand, die miskennings wat ons op aarde so hard tref nie. Ja, die verdere toekoms voor ons oopgesluit is dat ons sonder vlek of rimpel voor God sal wees. Ja, die heiligheid van hierdie ontslape kinders van God wat selfs die heiligheid van die engele oortref. Hierdie kind van God kom nader aan God as wat dit vir die engele moontlik is (Op 3:21) Vir ons aan hierdie kant van die graf, ons besef ons het n lewe wat ons voor God moet bly lewe. Hier is pligte, hier is verantwoordelikhede, ons het n roeping om te vervul. Ja, karakters moet gevorm word, uitgebeitel word, kinders wat as seuns en dogters, manne en vroue in die toekoms

7 moet wees. Psalm 144 praat van ons seuns wat moet opgroei soos plante wat in hulle jeug moet gerangskik word dat hulle groei reg kan wees. As n wingerd in sy ranke nie reg gelei word nie, dan val die hele wingerd naderhand plat. Dogters wat hoekpilare moet wees, uitgebeitel na die boustyl van n paleis. Ja, hierdie is die dinge waaroor ons altyd baie besorg oor moet wees. Die toekoms van ons kinders, ons kleinkinders. Ons en ons kinders word almal opgeroep om iets van n landmeter in ons lewe toe te pas. Hier dink ons aan die besondere woorde in Spreuke 22 en 23- Ons lees in Spreuke 22:28- Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie...en dan ook vers 29-29 Sien jy n man wat vaardig is in sy werk hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. En dan net in die volgende hoofstuk- Spr.23:10- Verlê die ou grenslyne nie en kom nie op die landerye van die wese nie. Hierdie grenslyne waarvan God se Woord praat, dit waarmee n landmeter sy besondere roeping het om te vervul, dit gaan beslis oor aardse landmerke, hoekbakens, grenslyne, wat vasgestel moet word. Hierin sit vir ons ook n baie diep geestelike betekenis. Moet nie dit wat ons van ons voorouers kon oorneem minag nie, sonder om te sê die voorouers was volmaak. Elke grenslyn het die toets van God se Woord wat nog weer getoets moet word. Ons kan daaraan dink dat God bepaal grense- vgl. Ps104:9... Die erfenis van ons vadere wat vir ons kinders erwe moet bly, hoe baie van ons jeug het hieraan dislojaal geword. Tog het die grenslyne wat nie maar sommer verlê mag word nie die bedoeling dat ek hierbinne veilig mag wees, dis n vasgestelde, uitgemete deel, God my geskenk, moet nie daarmee mors nie. Ja, ten minste waarsku die Bybel ons op 5 of 6 plekke dat wie onnodig die grenslyne skuif is besig om sy lewe rond te skuif, want as ons geestelik hierna kyk, vêrder as net die landelike grenslyne, dan gaan dit oor die aanvaarding van die gesag van God se Woord, dit gaan oor die vashou aan die gereformeerde leer en leerstellinge waarvoor ons lief moet wees, ons moet ons gereformeerde leer ken, dit gaan oor n respek vir die heilige dinge, die dinge wat ek nie sommer die grenslyne kan skuif nie, om met die Heilige Gees gesalf te mag wees, om deur die geloof voor God geregverdig te mag word, om te weet dat God van ons rekenskap sal eis. Dit is die dinge waaroor ons ernstig moet wees as ons oor ons toekoms dink- Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie...

8 Ja eendag as ons sterwe word ons die grenslyne van die Vader se woning ingelei, die stad met die groter grense as wat ons kan meet, maar hier op aarde, laat ons bly by die grense wat God daargestel het, dan het ons reeds die grense van die graf afgetree en kan ons weet dat God het die dood oorwin, die dood stel geen grens meer aan wat die werklike lewe beteken nie. AMEN