Pretoria- 5 Desember 2010 (Bevestiging van kerkraadslede- Ulbe de Ronde en Francois Keulder)



Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Baie welkom by vanoggend se erediens

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

n Dubbele kruis-belydenis

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Goeie Konings, Slegte Konings

Fontein van die lewe. Liturgie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Welkom by Die Storie God se storie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Preek Romeine 1:16-17

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesaja sien die Toekoms

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Pretoria- (Voorbereiding) 19 Augustus 2012

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Transcriptie:

1 Skriflesing: Esegiël 18 Teks: Esegiël 18:2,20,25 Sing- Ps. 44:1; Ps. 145:1,3; Ps. 51:3; (Ps. 134:4) Broeder en suster, in aansluiting by vanoggend waar God met ons wou handel oor ons betroubaarheid en hoe ernstig dit vir God is, staan hfst. 18 van Esegiël baie nou aan betroubaarheid verbind aan wat daar verder van God uitgaan. Wanneer broeders ook in die amp van ouderling en diaken bevestig word dan is dit ook 'n saak van dringende belang wat ons noem gemeenskaplike aanspreeklikheid en persoonlike verantwoordelikheid. Die een is nie minder belangrik as die ander een nie, ek kan ook nie die twee van mekaar losmaak en afsonderlik daarna wil kyk nie. As Esegiël met sy volk praat dan het die volk gekom by gedagtes wat hulle gevoel het hulle word gestraf vir dinge wat nie hulle gedoen het nie en boet hulle vir die voorgeslag. Daardie skerpe spreekwoord, byna iets van 'n sarkastiese spreuk wat daar geuiter was- Die vaders het groen druiwe geëet en die tande van die kinders het stomp geword... Ons wat vandag hierna luister, moet dadelik wel erken hierdie spreekwoord het beslis 'n element van die waarheid. Tussen kinders van die Here is daar 'n solidariteit wat ons ook moet noem ons gemeenskaplike verantwoordelikheid. Ons is mekaar se wagters, ons dra verantwoordelikheid ook teenoor mekaar. As dit nie so was nie, dan was die instelling van die ampte iets wat hoegenaamd nie mag bestaan nie. As dit elkeen maar net vir homself/haarself was, dan mag 'n ouderling of diaken mos nie in my lewe inmeng nie. Dit is duidelik ook soos ons vandag weer in die bevestiging mag hoor dat ons juis nie soos los sandkorrels in hierdie kerk geplaas is nie. Ons moet na die kerk kyk soos wat Esegiël 17 met die pragtige beeld van 'n boom mee afgesluit het. Wanneer die wortel van die boom aangetas word dan het dit invloed op die hele boom. Die oog kan nie vir die hand sê ek het jou nie nodig nie! Ons hoor elke keer in die Wet van die Here dieselfde waarheid dat skuld van die ouers wel op die kinders oorgedra word (Eks.20:5). God sal die misdade van die vaders inderdaad ook aan die kinders straf, selfs tot in die derde en vierde geslag, terwyl God met barmhartigheid in duisende geslagte ook sy kinders in hulle duisende

2 gemeenskaplik troos wanneer God ons verseker- Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat my liefhet en my gebooie onderhou... Hierdie spreekwoord praat dus nie net nonsens nie. Dit sou Dawid ook in sy kinders besef. Die sonde van Dawid het in sy kinders se lewens bly maal. Sy seuns Absalom en Amnon, met hulle suster Tamar, dis hartseer bladsye, vol geskrywe met trane en rou en smart. As Dawid Absalom daar opgehang sien met drie spiese deur sy lyf dan roep hy in solidariteit met sy seun- My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun...die druiwe wat Dawid geëet het, inderdaad het dit in die monde van sy kinders gaan vassit, hulle tande oor pa se druiwe tot stompheid gemaal. Waar ons vroeër vandag aanskouers en getuies by die doop was, is dit so belangrik dat ouers sal besef as 'n sonde in pa en ma se lewe voorkom, soos my ouers gaan omtrent eenmaal 'n maand kerk-toe, moet dan nie verbaas wees as jou kind eendag eenmaal 'n kwartaal en hulle kinders een-maal 'n jaar kerk-toe gaan nie! As jy jou kinders nie tug nie, hoe sal hulle weet om eendag hulle kinders te tug. Die sonde van ons as ouers kom dikwels in ons kinders in reusagtige vorms na vore. Die verbondenheid van ons in ons geslagte kan niemand ontken nie. Trouens ons besef dit en erken dit voor die Here dat die hele menslike geslag is aanspreeklik voor God vir die sondeskuld van die wêreld. Wanneer Esegiël die mens se verantwoordelikheid beklemtoon, jou en my persoonlike verantwoordelikheid word in die hoofstuk baie sterk gestel dan moet ons dit beslis nie verstaan asof hy ons gemeenskaplike aanspreeklikheid wil onderbeklemtoon nie. Hoegenaamd nie! Die twee- gemeenskaplike aanspreeklikheid en persoonlike verantwoordelikheid lê langs mekaar soos die spore waarop 'n trein moet loop. Die een spoor is so belangrik soos die een langsaan. Daarsonder kan die trein hoegenaamd nie op die spoor bly nie. Of dink aan 'n tou oor 'n groot katrol gedraai en jy moet aan hierdie tou hang. As jy net die een ent vasgryp en die ander punt is los dan gaan die tou baie vinnig afrol en ek tuimel die dieptes in. Wanneer ek egter die twee ente van die tou gelyk kan vashou dan bly alles in ewewig. Dit is wat ons in hierdie deel van Esegiël ook moet besef.

3 Ons het met dieselfde tou te doen, dit is een trein op twee spore, dieselfde God wil vir jou dit ook baie duidelik maak dit wat in v.20 staan- daar kom dit nou baie skerp op aan dat ek nie agter die gemeenskaplike kan skuil nie, want jy het 'n persoonlike verantwoordelikheid wat soos 'n pyl net op een afgestuur word- Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees... Aanvanklik mag dit dalk vir ons klink asof ons met 'n teenstrydigheid te doen het, maar dit is nie werklik in botsing met mekaar nie. Een kant het die druiwe wat die pa eet, beslis pitte wat in die kinders se tande kan sit, so erg die suiker en suur wat die pa in die druiwekorrels losbyt vreet die kinders se tande stomp, maar die kind kan nie sy pa blameer nie. Dit wil die Here ons goed laat verstaan. Die kind kan nie maak soos die volk van die Here hier wou maak nie. Omdat Esegiël met harde preke en harde oordele oor hulle losgetrek het, wil hulle al hoe meer die sonde van die vaders voorhou en hou hulle die voorgeslag al hoe meer verantwoordelik so asof die huidige geslag eintlik maar net die slagoffers is van dinge wat vóór hulle gebeur het waaraan hulle geen aandeel kon hê nie. Hulle wat kan maak asof hulle so onskuldig is en daarom ontbreek alle skuldbesef en persoonlike berou. Die mense rondom Esegiël wou die trein net op een spoor plaas, dan het die trein klaar ontspoor, want het God 'n baie groot saak dat so groot soos ons gemeenskaplike aanspreeklikheid mag wees net so belangrik is jou en my se persoonlike verantwoordelikheid. Trouens hoe staan dit hier by herhaling in Esegiël. As ons ons persoonlike verantwoordelikhede nakom, dink jou net in wat die positiewe daarvan kan wees. Net een kan 'n verskil maak... Dan werk so 'n voorbeeld soos suurdeeg op die hele deeg in. Die ballinge het dus wel 'n punt van waarheid beet gehad, ook deur hulle spreuke daar voor Esegiël, maar dit is nie die volle waarheid nie. 'n Halwe waarheid het ons ook al meer agtergekom is eintlik maar 'n leuen, want met halwe waarhede word die waarheid nie gewen nie. Ons leef weer in 'n tyd wat mense die voorgeslag vir baie dinge wil blameer. Dink maar hoe daar ná 1994 (dit is 16 jaar later!) word daar nog telkens teruggegryp asof apartheid die skuld moet kry vir alles. Asof die mens post 1994 nie sy

4 eie persoonlike rekening opgemaak het nie. Terwyl wie werklik die geskiedenis van die vroeëre apartheid bestudeer baie beslis en baie gou moet agterkom dit was nie net sleg dit wat daarmee bedoel was nie. Daardie gemeenskaplike verantwoordelikheid wat ons ook vir die dinge vóór 1994 mag dra, is dinge wat ons voorgeslag worstelend met God wou regverdig. Dit is werklik vir my 'n gruwel as mense maak asof die voorgeslag net gruwelike dinge met apartheid bedoel het. Alles behalwe! Daar het wel later gruwels daaruit voortgespruit en dit moet ons in erkenning en berou en ootmoed voor God bring, maar dit is die mens wat die sonde gedoen het, nie die stelsel nie. Moet nie maak asof ons tande deur 'n stelsel gestomp is nie. Dit kan eenvoudig nie. Dit is sonde wat 'n mens stomp maak, nie 'n stelsel nie, of 'n voorgeslag nie, net soos daar in Jerusalem nou n hoë muur gebou is, wat eenkant die Israeli s moet wees en anderkant die Palestyne. Die muur het nou sy plek en mense kan daardie muur vir baie dinge blameer, soos wat ons dit ook nou weer daar gehoor het, maar by nadenke is en bly dit die mense agter daardie muur wat hulleself moet blameer, hoekom hulle sonde so uitgerys het dat daar mure daarvoor gebou moes word?! (Baie erger en hoër mure as wat ons ooit in Suid-Afrika aan gewoond was! ) Terwyl dit vir die wêreld in sy eie stink moeras so lekker was om die oë van hulle weggedraai te kry om alle aandag op Suid-Afrika te vestig, asof ons voorgeslag hulle hele lewe op die groen druiwe van apartheid geslyt het en ons as kinders se tande tot die wortel toe gestomp het. Terwyl wat ons vandag rondom ons sien, moet besef watter persoonlike verantwoordelikheid het ek om die gemors rondom my op te ruim. Ek moet ophou om te wil terugkyk, want het Jesus ook gesê- niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. (Luk 9:62). Wie vandag hier in die koninkryk van God vorentoe wil gaan, ook vorentoe sal moet kyk. Jou eie stukkie ploegwerk wat net jy sal kan doen, moet gedoen word. En laat ons begin deur juis te wys dat die gemeenskaplike van ons tyd ons uitdaag om elkeen persoonlik die gruwels van ons tyd aan te pak. Die ideologie van menseregte is 'n gruwel, moet nie daaroor mooi broodjies wil bak nie, die afgod wat ons van sport maak is 'n gruwel, die wyse waarop daar in baie gevalle met die Woord van God omgegaan word asof die Bybel nie God se Woord is nie, maar dit wel die Woord van God vir my kan word, is 'n gruwel. Dit wat die teoloë ons wil leer rondom die relasionele waarheidsbeskouing dat waarheid vir die voorgeslag nie noodwendig meer vir my dieselfde waarheid bevat nie, dis 'n

5 gruwel. Asof waarheid kan verander omdat omstandighede verander het, asof waarheid ook gedemokratiseer kan word, ons stem op sinodes met hand-opsteek, waarmee is ons besig?! Kan daar oor die waarheid gestem word? Al het ons voorouers dit dalk ook so gedoen, moet ons noodwendig maak soos hulle gemaak het, as ons besef in hierdie opsig maak hulle groen druiwe inderdaad ons tande stomp?! Broeder en suster, dit alles om ons te laat besef ons dra elkeen 'n persoonlike verantwoordelikheid, ook as ons broeders nou hier voor die Here in hulle ampte bevestig gaan word. Hulle stap in die kring van die gemeenskaplike binne, hier is reeds ouderlinge en diakens en in die gemeenskaplike word hulle nou ook aangespreek en kry hulle juis nou ook 'n gemeenskaplike verantwoordelikheid, maar die persoonlike verantwoordelikheid rus op hulle en op ons elkeen nog net so sterk. Die amp met die meeste waarde hier op aarde is die amp van die gelowige. Dis die enigste blywende amp. Elke broeder en suster is reeds in hierdie amp en hierdie amp maak baie sterk 'n appèl op jou en my se persoonlike verantwoordelikheid. Dit is juis die nakom van hierdie persoonlike verantwoordelikheid wat die gemeenskaplike aanspreeklikheid in die ander ampte laat maak werk. As die persoonlike verantwoordelikheid in die amp van die gelowige nie werk nie, dan kan die ander ampte hoegenaamd nie na behore funksioneer nie. Ek is van mening dit het in die verband van die Gereformeerde kerke eintlik reeds 'n soort van gemeenskaplike krisis vir ons almal begin word. Die amp van die gelowige funksioneer nie na behore nie, want in hóéveel kerke is dit die geval dat dit eintlik maar 'n dominees-kerk geword het. As 'n gemeente vakant raak dan gaan staan so baie dinge stil, terwyl dit hoegenaamd nie so sou wees as die amp van die gelowige die belangrikste sou wees en nie die amp van die dominee nie. Tussen amp van gelowige en die ander ampte van ouderling en diaken lê daar die fyn samehang, die fyn balans van persoonlike verantwoordelikheid maar ook gemeenskaplike aanspreeklikheid wat soos die fyn ratjies binne-in 'n horlosie bymekaar moet kan aansluit. Op die uurwerk van God word dit van jou verwag. Neem verantwoordelikheid vir die dinge waarvoor jy verantwoordelikheid moet aanvaar, want as Esegiël hier praat dat het sy hoorders soveel klem op die voorgeslag wou lê dat hulle self geen skuldbesef meer gehad het nie. En sonder die besef van skuld sal diesulkes van berou en bekering nog

6 minder wil weet. Hulle sal eerder daartoe oorgaan om God van onreg te beskuldig. Hulle wat in v.25 sê: Die weg van die Here is nie reg nie... Esegiël sal die teendeel bewys. God, Hy wat die Here is, is reg. V.20 dan wys die Here spesifiek dat die mens wat sondig oor sy sonde gestraf sal word. Esegiël herhaal dit en nog weer herhaal hy dit net met ander woorde, dat daar in vv5-17 drie voorbeelde is dat geen mens kan sê ek het maar net die slagoffer geword van my voorouers se sonde nie. Die grondwet van God se koninkryk is in die opsig duidelik dat God behandel elke mens in sy persoonlike verhouding tot Hom wat die Here is. Hoe duidelik maak die Here dit by herhaling- as jy volgens God se wil leef en nie hulp by afgode soek nie, seksueel rein lewe, niemand verdruk of beroof nie, barmhartig teenoor jou medemens is (kyk vv 14-17 al die voorbeelde) - al het so een 'n goddelose pa- dan maak die Here dit duidelik hierdie seun sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe. Omgekeerd is dit ook waar. 'n Seun wat nie volgens die wil van God lewe nie, en al die dinge doen wat Esegiël hier noem, so een sal sekerlik sterwe, al het hy 'n godvresende pa. Die goeie lewe van die pa sal nie die seun ten goede kan kom as die seun in sy goddeloosheid voort karring waarin hy sal sterwe nie. Hoe duidelik staan dit hier- Bybel kommentare is dit eens- dat van al die boeke in die Bybel is Esegiël dié boek wat dit vir ons die duidelikste wys dat elke mens eendag persoonlik rekenskap van sy/haar sondes sal moet gee. Die erfsonde het nog nooit enigiemand se persoonlike verantwoordelikheid opgehef nie. Ons het 'n erflike belasting, tog staan elkeen vir homself/haarself voor God. As ek deur die doodsjordaan moet gaan en ek die ewige heerlikheid kan ingaan dan doen ons dit persoonlik. Die verantwoording oor my lewe is nie minder persoonlik nie. Ná alles en in dit alles is hier eintlik so baie waarvoor ons dankbaar moet wees. Die weegskaal van God weeg noukeurig, daardie gekapte hare in Esegiël se soom weggebêre, dit waarna ons lankal terug kon kyk is noukeurig getel. Die swaard en die skaal kan nie teen mekaar uitgespeel/opgeweeg word nie. Al twee is in God se hande. Watter troos dat persoonlike verantwoordelikheid vir God net so swaar weeg soos gemeenskaplike aanspreeklikheid. Die troos in die persoonlike verantwoordelikheid is dat God my nie verantwoordelik sal hou vir die sonde van die voorgeslag nie, net so min soos die vaders verantwoordelik gehou kan word vir die ongeregtigheid van hulle

7 kinders in die huidige geslag. Die Here van die verbond laat die stroom van sy verkiesende genade deur die beddings van alle geslagte vloei. Al het 'n godvresende pa dan ook 'n goddelose kind, kan ons die Here dank dat dit nie die reël in die verbond is nie, maar die uitsondering. Net soveel dank ons die Here vir die solidariteit wat daar met ons voorgeslag ook kan wees al moet die huidige geslag sy eie pak en eie verantwoordelikhede dra. Ons besef verbondsoutomatisme is net so 'n gruwel, want mens kan nie maar vanselfsprekend aanvaar dat eenmaal in die verbond altyd in die verbond nie. Watter genade om dan persoonlik jou plek in die Here se verbond te besef, watter genade as jy jou plek in die Here se roeping, jou plek in die Here se bevestiging, ja dit is in genade en in solidariteit met ons geskiedenis as ek my plek in die gereformeerde leer, as ek my plek en my verantwoordelikheid in die Here se kerk kan raaksien en uitvoer, ook in wat die geslagte vóór my kon doen, kan ek nou doen. Watter genade om dit te besef en te doen. Ons gaan vandag hier uit, met die besef ek het so 'n groot persoonlike verantwoordelikheid waar ek sonder Christus dit nie kan nakom nie. As Christus nie saam met my gaan nie, sal ek dit nie kan dra nie, maar in wat Christus ook vir my gedoen het en dit wat Hy deur sy Heilige Gees in my werk, is ons gebring by die gemeenskaplike waarin die Here jou die krag en die genade verleen, soos ook aan hulle voor my in hierdie kerk, dat ek in solidariteit met hulle ook my pak kan dra. Mag ons dit tot eer van die Here doen, die Here wat ons verseker- Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie-...bekeer julle dan en lewe. AMEN ou ek teenoor 'n heiden troubreuk pleeg dan het ek dit eintlik teen God gepleeg want God is my Getuie teenoor die heiden gemaak.