Itemkode, prys en illustrasie



Vergelijkbare documenten
Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

Elektriese Stroombane

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Installerings instruksies vir Winkerk 7

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Bankstate LPF Systems BK

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Installerings instruksies vir Winkerk 7

Die. BLIKslim. Bestellings Gids

Briewe, posseëls en elektroniese pos

FAKTORE EN VEELVOUDE

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Foto-redigering vir sun.ac.za

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Installasie van LPF AgriBusiness/Express 2010 LPF Systems BK

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

EKURHULENI NOORD DISTRIK

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

MEMORANDUM VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Statistieke met een oogopslag

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Oorsig. Module 3.1 Netwerke. Wat is n netwerk? Redes vir netwerke. Redes vir netwerke. Redes vir netwerke

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Les Plan Twee. Habitats

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Stelletjie Brosjure: Somer / Herfs 2017

Die volgende funksie Wat Werk Waar Die hengelaar sal die mees gewilde vervaardigers se aanbevelings he t.o.v aas tipe om te gebruik per dam of oord.

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Plantstruktuur en Plant Voedsel

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

AGRI-TREAT 300. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

2 nd Chances... Wiskunde

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Meganiese stelsels en beheer:

2; 5; 7; 4; 6; 8; 7; 5; 1; 3; 7; 8; 5; 5. (Onthou: Frekwensie beteken die aantal kere wat n spesifieke waarde getel kan word)

Hoe om met Salcon die CSV lêer vir SARS voor te berei

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Vrae en Antwoorde. Vrae oor selfoonopvangs. V : Moet ek selfoonopvangs / selfoonsein / GSM-netwerkdekking op my plaas hê?

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

Transcriptie:

Volledige Afriklok-brosjure: Let op dat alle pryse BTW uitsluit Itemkode, prys en illustrasie AF1: R3200 elk Beskrywing Afriklok Standaard Vaste klok Hierdie is ons mees populêre model, ontwerp om vandalisme en toevallige beskadiging te weerstaan. Dit is n battery-aangedrewe eenheid wat geen bekabeling benodig nie. Dit benodig n oorlaaistasie (sien hieronder) om data na die rekenaar oor te laai. DOCK: R400 elk Oorlaaistasie Dit word gebruik om data tussen die klok en die rekenaar oor te laai. U benodig EEN van hierdie per installasie, maak nie saak hoeveel klokke u gebruik nie. READER: R400 elk Drukknoppie-leser Dit word gebruik vir die identifikasie en toewysing van drukknoppies aan werkers. U benodig EEN van hierdie per installasie, maak nie saak hoeveel klokke u gebruik nie. AP1: R3500 elk Standaard draagbare klok Hierdie is n ten volle draagbare klok met n ingeboude oorlaaistasie, wat direk aan die rekenaar gekoppel word vir data-oordrag. Dit gebruik n standaard-usb kabel hiervoor.

AP1MOUNT: R200 elk Monteerstel vir draagbare klok AP2: R3500 elk Geharde draagbare klok Hierdie klok is vir rowwe omgewings ontwerp. Dit het geen knoppies of vertoonskerm nie, en het n sterk, stofdigte konstruksie. Let wel: Dit is NIE WATERDIG NIE!! Die klok is met n ingeboude oorlaaistasie toegerus, wat direk aan die rekenaar gekoppel word vir data-oordrag. Dit gebruik n standaard-usb kabel hiervoor. BUT: R32 elk Dallas i-button (modelnr DS1990) Hierdie drukknoppies word aan werkers uitgereik om mee te klok. Elke drukknoppie het n unieke serienommer, wat in die sagteware aan elke werker gekoppel word. Bestellings van R1000 of meer gratis verskeep, andersins word n fooi van R60 plus BTW gehef vir posgeld en verpakking. BUT-SUP: R50 elk Toesighouer-drukknoppie Dit stel u in staat om kloktye direk op die vaste en draagbare klok te sien sonder om eers na die rekenaar af te laai. Dit kan nie op die Geharde draagbare klok gebruik word nie, aangesien hierdie model nie n vertoonskerm het nie.

MEMORY: R150 elk Bykomende geheue-modules Vir vaste klokstelsels alleenlik Sagteware: Klokdata alleenlik: GRATIS met enige van die klokmodelle TIMECALC: R1000 per installasie, verpligte jaarfooi R500 vanaf jaar 2 en verder PAYSLIP: R2000 per installasie, verpligte jaarfooi R500 vanaf jaar 2 en verder, plus R200 vir EasyFile gebruikers SD: R2000 per installasie, verpligte jaarfooi R500 vanaf jaar 2 en verder Hierdie sagteware voorsien drukstukke van kloktye alleenlik. Geen berekenings word gedoen nie, en die eindresultaat is soortgelyk aan n klokkaart wat deur n standaardtipe kaartklok gedruk word. Geen jaarfooie is betaalbaar nie. Tydsberekeninge-sagteware Hierdie program doen volledige berekenings van tyd gewerk, oortyd, korttyd en verlof. Dit stel u ook in staat om oortyd en korttyd teen mekaar af te speel. Betaalstrokie-sagteware Hiermee skep u betaalstrokies, gebaseer op die resultate van die tydsberekeninge reeds gedoen. Dit maak voorsiening vir aftrekkings, bonusse, WVF, LBS ensomeer. Diesel-sagteware Hiermee verwerk u die dieseldata afkomstig van ons dieselbeheerstelsel, en druk onder andere dieselrabatverslae om u SARS eis te ondersteun. Installasie: Die pryse hierbo gemeld sluit BTW en enige installasiefooie uit. Dit is heeltemal haalbaar om om die klok en sagteware self te installeer as u redelik rekenaargeletterd en handig is ons het rocket science uit die stelsel gehou, en u kan uself sodoende n koste van R3000-R4000 bespaar. Die telefoniese opstelling en opleiding word teen n koste van R1000 plus BTW gedoen. Indien u wel vereis dat ons die stelsel kom installeer, sal dit apart gekwoteer word, en afhangend van afstande kan dit tipies tussen R3000 en R4000 kos (BTW uitgesluit) Skakel ons asseblief op 012 654 5804 of 012 654 1619 as u meer inligting verlang.

Keuse tussen drukknoppie-klokke en biometriese klokke (vingerafdrukke en gesigherkenningsklokke) Daar bestaan n algemene opvatting dat vingerafdrukke n wonderkuur is vir alle probleme rondom tydhouding. Dit is ongelukkig, soos in die meeste gevalle van wonderkure, slegs gedeeltelik waar. Lees asseblief die volgende paar paragrawe om n meer ingeligte keuse te kan maak. GEEN vingerafdruk-klok kan n mens se vingerafdruk herken as die vingerafdruk vuil en/of beskadig is nie. Presies dieselfde geld as die ogie waar mens se vinger gedruk word, vol stof of olie of ander vuiligheid is. Enigiemand wat mens iets anders probeer wysmaak is n verkoopsman wat nie die verantwoordelikheid hoef te dra as die tegniese ouens hulle doodsukkel om sy beloftes na te kom nie. Dus: Ons beveel GLAD NIE vingerafdruk-klokke in die boerdery- of konstruksie-omgewings aan nie, met die moontlike uitsondering van melkerye waar die mense nie ander hande-arbeid verrig nie, en waar daar tipies met skoon hande gewerk word, en die tipe werk nie slytasie of beskadiging van vingerafdrukke veroorsaak nie. Ons is verder van mening dat die eenvoudige ou drukknoppie-klok by verre die goedkoopste, mees betroubare en geharde oplossing is. Daar is beide vaste en draagbare modelle hiervan beskikbaar, en die klokke het die toets van die tyd deurstaan. Hierdie klokke se installasie kan ook op n doen-dit-self basis hanteer word, met n beduidende kostebesparing. Die vingerafdruk-klokke en gesigherkenningsklokke moet wel deur ons self geïnstalleer word sodat ons kan verseker dat die omstandighede geskik is vir betroubare werking van die klok. Dit is wel ook waar dat mense maklik vir mekaar kan klok met n drukknoppie-stelsel, en mens moet dus verbeterde toesighouding rondom die klok handhaaf. Dit behels dus die teenwoordigheid van toesighouers wanneer daar geklok word, of dan die installasie van CCTV kameras wat die klok in die oog kan hou, en dus die mense duidelik laat verstaan dat hulle probleme gaan kry as hulle mekaar sou wou help. Ons aanbeveling in omgewings waar buddy clocking n wesenlike probleem is, is om gesigherkenning te gebruik. Dit is n bewese tegnologie, en ons het reeds heelwat van hierdie klokke oor die afgelope twee jaar geïnstalleer. Dit is wel so dat hierdie klokke baie spesifieke vereistes rondom installasie het enige variasie van lig (soos byvoorbeeld, naby aan n buitedeur of buitevenster van n gebou) het die potensiaal om die werking van die klok te ontwrig. Ons verkies dus n skemer omgewing soos n gang weg van enige vorm van daglig af, waar ons die beligting dan baie konstant kan hou. Daar is ook een klokmodel wat beide gesigherkenning en vingerafdrukke kan hanteer en dus n wyer spektrum van mense kan hanteer dit kos natuurlik ook meer as die suiwer gesigherkenningsklok of die suiwer vingerafdrukklok. Battery-leeftyd: Die biometriese klokke is hoëtegnologie-produkte wat deurlopende kragvoorsiening benodig (hulle word wel met bystand-batterye voorsien wat sowat 24 uur werking verseker as die kragtoevoer onderbreek word), terwyl die drukknoppie-klokke tipies tussen ses maande en n jaar loop op n stel alkaliese selle (byvoorbeeld Duracell, Energizer of Camelion). Herstelwerk en instandhouding: Voor u die keuse maak, moet u ook asseblief verstaan dat die biometriese klokke, soos enige ander elektronika, kan faal, en (veral) as u op n afgeleë plek is, kan dit lank neem vir n tegnikus om by u uit te kom. Die biometriese klokke is spesialis-produkte wat in die vervaardiger se eie werkswinkels herstel moet word, wat tyd en geld beteken. As u die drukknoppie-klokke gebruik, kan ons foutiewe komponente uitruil omdat dit maklik is, en dan stuur ons die komponente sommer per koerier, wat meebring dat daar net n baie kort wagperiode vir enige herstelwerk is. Die koste van enige herstelwerk is dan ook beduidend laer.

Tipiese kostevergelykings van die verskillende opsies (installasiekoste op volgende bladsy) Drukknoppie-stelsels Beskrywing Prys AF1 Vaste klok 3200 Reader Drukknoppie-leser 400 Dock Oorlaaistasie 400 BUT Dallas-drukknoppies R32 elk STC Sagteware: Tydsberekeninge 1000 STCA Tydsberekeninge: Jaargelde vanaf jaar 2 500 SPS Sagteware: Betaalstrokies 2000 SPSA Betaalstrokies: Jaargelde vanaf jaar 2 700 Vingerafdruk-stelsels Beskrywing Prys AF9 Vingerafdrukklok (Vaste model) 5000 STC Sagteware: Tydsberekeninge 1000 STCA Tydsberekeninge: Jaargelde vanaf jaar 2 500 SPS Sagteware: Betaalstrokies 2000 SPSA Betaalstrokies: Jaargelde vanaf jaar 2 700 Gesigherkenning Beskrywing Prys FCMINI Gesigherkenningsklok (model vir tot 80 werkers) 6000 STC Sagteware: Tydsberekeninge 1000 STCA Tydsberekeninge: Jaargelde vanaf jaar 2 500 SPS Sagteware: Betaalstrokies 2000 SPSA Betaalstrokies: Jaargelde vanaf jaar 2 700

Installasie-koste Installasie kan op meer as een manier aangepak word, afhangende van watter vermoëns u het in terme van handigheid en rekenaarvaardigheid. Die goedkoopste opsie is uit die aard van die saak self-installasie met telefoniese hulp van ons kant af. Hierdie opsie is ongelukkig slegs vir die drukknoppie-klokke beskikbaar. Selfinstallasie vereis uit die aard van die saak ook redelike internet-toegang sodat ons die opstelling en opleiding met behulp van Teamviewer direk op u rekenaar kan doen.dit kos R1000 plus BTW vir onbeperkte telefoniese hulp met die opstelling van die sagteware. Die tweede opsie behels installasie en opleiding op terrein. Dit is vir al die modelle beskikbaar en kan uit een of twee besoeke bestaan, weereens afhangend van hoe gemaklik u met n rekenaar is. As dit met een besoek hanteer word, is die installasiekoste R3000 (dus R2000 vir die besoek en R1000 vir daaropvolgende telefoniese opleiding), en met twee besoeke styg die koste na R4000.