Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Vergelijkbare documenten
Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

n Tempel Leier besoek Jesus

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Pragtige Koningin Ester

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die brief aan die Filippense

FAKTORE EN VEELVOUDE

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Jona en die Groot Vis

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Toe God alles gemaak het

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

God eer Josef die slaaf

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Toe God alles gemaak het

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Van Vervolger tot Prediker

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Antonieme en sinonieme

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jona en die Groot Vis

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Jakkals lê eendag heerlik en

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die Groot Gebod dennis de wet

Baie welkom by vanoggend se erediens

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Abu Ali tel sy donkies

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

'n Man gestuur deur God

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Transcriptie:

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe gee nie. Die Here help ons in die stryd teen die duiwel. HULPMIDDELS BENODIG: 'n Kameel om self te maak Speel klei Karton om tent mee te maak. 1. SKRIFLESING: 1 Samuel 17:34-37 2. INLEIDING: Maatjies, ek dink julle het al almal die verhaal van Dawid en Goliat gehoor. (Hersien baie vlugtig.) Elke keer as ek hierdie verhaal in die Bybel lees, wonder ek: Was Dawid nie bang nie? Hoe het hy so seker geweet dat hy die reus Goliat gaan wen? Kan een van julle dalk vir my sê hoe hy dit geweet het? 3. AANBIEDING: Kom ons kyk wat sê die Bybel: Dawid was ook 'n skaapwagtertjie, 'n goeie herder wat lief was vir sy skape. Toe koning Saul hoor hy wil teen Goliat veg, se hy: "Jy kan nooit teen hom veg nie! Hy is 'n soldaat wat van kleins af geleer het hoe om te veg!" Maar wat sê Dawid? (Lees 1 Samuel 17:34-37 uit Bybel voor.) Kan jy nou sien waarom Dawid nie bang was nie? Die Here het hom dapper en sterk gemaak. Hy het geweet dat die Here wat hom gehelp het om leeus en bere dood te maak wat sy skape wou verskeur, hom ook teen Goliat sou help. Maar nou moet ons nie vergeet nie - Dawid het nie gesê: "Die Here moet alleen veg!" nie. Met die hulp van die Here het hy self ook gaan veg. Die Here wil hê dat ons wat Hom liefhet, ook soos Dawid moet wees. Ons moet saam met Jesus teen die duiwel veg. Hoe veg ons teen die duiwel? Met watter wapens veg ons teen hom?... Een van ons beste wapens is gebed. Ons moet elke dag bid en Jesus vra om ons te help om net aan Jesus, ons goeie Herder, gehoorsaam te wees. Ons tweede wapen is ons Bybel. In die Bybel leer ons hoe ons moet lewe as ons kinders van God wil wees. Die Bybel leer ons ook hoe om te stry teen versoekings. Dit beteken dat ons selfs nie eers moet dink aan verkeerde dinge nie, want dan kan dit maklik gebeur dat ons ook toegee aan versoekings.

Dit laat my dink aan die storie van die kameel en die Arabier. Daar was eenkeer 'n Arabier wat deur 'n woestyn moes reis met sy kameel. Dwarsdeur die warm dag het die kameel geduldig die Arabier se goed gedra. Bedags is dit vreeslik warm in die woestyn, maar snags word dit weer baie koud daar. Toe die son dus sak, het die Arabier alles afgepak, vir die kameel kos gegee en vir homself 'n klein tentjie opgeslaan. Daardie nag was dit ekstra koud. Selfs die kameel het buite die tent gelê en bibber van die koue. Naderhand staan hy op en staan en kreun en steun by die tentklap. Die Arabier word wakker van die geraas en sê kwaai: "Bly stil, jou ellendige kameel. Jy hou my uit die slaap met jou gekerm!" "Ag baas, ek sterf van koue hier buite. Hoor net hoe klap my tande op mekaar. As jy nie help nie, is ek more morsdood verkluim en wie gaan dan al jou goed deur die woestyn dra?" vra die kameel. "Ek kan tog niks doen nie," se die Arabier. "Jy kan," sê die kameel. "Laat my net toe om my neus by jou tentklap in te steek. As ek die warm lug in jou tent kan inasem, sal my lyf seker warm word." "Nou goed," sê die Arabier en maak die tentklap oop - net groot genoeg vir die kameel om sy neus in te steek. Net toe die Arabier weer aan die slaap wil raak, begin die kameel weer kerm: "Dit help niks. Ek sal my hele kop moet insteek. Maak asseblief die tentklap groter oop." Die Arabier kruip met 'n sug uit sy warm komberse uit en maak die tentklap groter oop. Die kameel steek sy kop en nek in. n Rukkie later begin die kameel weer kerm: My grootbaas, my lyf is besig om hier buite te vries. As ek net my voorlyf kan inbring, sal dit help om my agterlyf warm te maak. Maak asseblief die tentklap groter oop. Weer staan die Arabier op en maak die tentklap groter oop. Die kameel tree met sy voorpote tot in die tentjie. Toe sy voorlyf eers in is, staan hy nie stil nie. Hy kry n duiwelse grinnik om sy bek en loop met sy hele lyf tot in die klein tentjie. En wat vang jy nou aan? vra die Arabier boos. Jy kan mos sien hier is nie plek vir ons al twee nie! As daar net vir een van ons plek is, moet jy maar uit sê die kameel. Ek moet môre die hardste werk. Ek is die baas hier, skreeu die Arabier boos. Is jy? vra die kameel en trek sy lippe op sodat die Arabier sy gevaarlike, lang, geel tande kan sien. Die Arabier weet baie goed wat dit beteken: As hy nie vinnig padgee nie, gaan die kameel hom byt. Hy gryp sy kombers en vlug by die tentdeur uit. Toe hy buite in sy kombers sit en bibber van die koue, dink hy: En dit alles net omdat ek toegelaat het dat die kameel sy neus by my tent insteek!. 4. TOEPASSING: Kinders, met sonde gaan dit so. As ek eers een sonde in my lewe toelaat, word dit makliker om nog toe te laat. En netnou is my hele lewe vol sonde. In ons lewens is daar nie plek vir die Here Jesus en die duiwel nie, want die duiwel bring altyd baie sondes met hom saam. Die beste manier om dus saam met Jesus teen die duiwel te stry, is om teen die sonde te stry. Moenie eers n ou klein leuentjie vertel of net een ou klein lekkertjie by die kafee vaslê nie. Vandag is dit dalk n grap, maar môre begin ek

groter leuens vertel of groter goed steel. En netnou sit die ou duiwel in my hart en is daar geen plek vir die Here Jesus nie. 5. SELFWERKSAAMHEID: Die kinders kan n kameel en Arabier van speelklei maak, en n tentjie van papier vou. ( n Langwerpige stukkie papier of karton wat net in die middel gevou is, staan maklik en lyk kompleet soos n tent.) Hulle kan natuurlik ook vir Dawid maak wat teen die leeu, beer of Goliat veg. Of dalk kan hulle n prent teken wat die Dawid-verhaal of die storie van die Arabier en die kameel uitbeeld. WENK: Hou n rolle spel van die kameel storie. Gebruik drie leidsters/kinders. Een is die Arabier (trek so aan, gebruik die mombakkies in Bylaag Een); twee maak saam die kameel uit ( n kussing op elkeen se rug vasgebind vir die kameel se hobbels; n kombers bo-oor vir die lyf en die voorste kind hou die kop-en-nek vas Sien Bylaag Twee). n Tent of laken oor n gespande tou as tent (twee persone kan die tou vashou as dit nie gespan kan word nie.) VASLEGGING: Gee vir elke kind n afdruk van n klein kameel koppie (Bylaag Twee). Hulle skryf n teks agter-op, byvoorbeeld 1 Samuel 17:37 se laaste deel: Gaan, en mag die Here by jou wees. Bylaag 1 en 2 aan onderkant van die bladsy