Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

n Tempel Leier besoek Jesus

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Welkom by Die Storie God se storie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Goeie Konings, Slegte Konings

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

n Dubbele kruis-belydenis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Die duiwel versoek Jesus

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

God eer Josef die slaaf

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Toe God alles gemaak het

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Van Vervolger tot Prediker

Deur Christus Alleen

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Die Kerk se Geboorte

Les 2 vir 13 Oktober 2018

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Toe God alles gemaak het

Jona en die Groot Vis

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Deur Christus Alleen

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Pragtige Koningin Ester

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Transcriptie:

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God die Seun in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God die Heilige Gees in die gelowige se lewe? Antwoord: Dr Kobus Kok antwoord: Hierdie vraag roep eintlik na ʼn omvattende bespreking meer as wat ek in die toegelate 800 woorde van die artikel kan bespreek. Daarom sal die inligting so kernagtig moontlik en in breë lyne aangebied word. God, die outeur van die mens-verhaal, die verbond en nog baie meer Die Bybel vertel mos die groot verhaal van God, die Vader die Skepper van die Ganse aarde, (Gen 1-2), die een wat ʼn verbond/ooreenkoms met Abraham en sy nageslag kom sluit het (Gen 12), die God wat soos ʼn Vader sy kinders beskerm (Ps 121) maar ook eendag soos die groot regter oor die wêreld gaan oordeel (2 Kor 5:10). Maar tussen die skepping en die eindtyd, staan die groot verhaal Jesus. Dit vertel ook die verhaal van die Vader wat so na die wêreld gekyk het en gesien het dat die hele wêreld vol sonde en korrupsie is (Gal 3:22), eintlik slawe is van sonde en afskuwelike dinge wat nie net ʼn wig tussen God en mens onderling veroorsaak nie, maar ook ware lewe en wysheid kom steel (kyk Josephus in boek 4 Hoofstuk 8

oor Moses se toespraak aan Israel). Juis om hierdie rede het die Vader sy Seun gestuur (Joh 3:16) om ons mense te verlos van ʼn doodsbestaan, sodat ons deel kan kry aan lewe (vgl. Joh 5:24) en gered sal word as die groot oordeeldag van God gaan plaasvind (Kyk 2 Kor 5:10). Bogenoemde vorm dit wat ons die meta-narratief van die Bybel noem. Myns insiens is Johannes se evangelie die beste voorbeeld waarin die rol van die liefdevolle Vader, die Seun en die Heilige Gees die beste vertel word. Kom ons kyk dan na Johannes die evangelie van die Lewe. Rol van die Vader: Die groot Koning In Johannes is God se rol die van die Vader, die Groot Koning (Lees gerus prof Jan se boek Family of the King, 2000 uitgegee deur Brill) wat die aarde geskep het en ook ʼn plan gehad het met die herskepping van die aarde met ander woorde om nuwe lewensmoontlikhede te skep (Joh 10:10). Die Koning is die een wat vanuit sy troonkamer regeer (kyk Openb 4). Hy is die een met absolute mag, en die een wat totaal in beheer is. Een dag het hy so na die wêreld gekyk, soos ons hier bo gesê het, en gevoel dat hy ʼn plan wil maak om die wêreld te red wat geestelik dood is (Joh 5:24) en hom nie meer ken nie (Joh 7:28; 8:19). As Koning, rig hy toe die groot bevel uit en stuur sy Seun na die aarde (Joh 3:16). Hy het egter nie net die Seun sommer net gestuur nie, maar hy was teenwoordig by die Seun en het die Seun alles gewys wat die Seun moet doen (Joh 5:20) en hom nooit alleen gelos nie (Joh 8:29). As Koning, wat eintlik die enigste een is wat die mag het om lewe te gee en te oordeel, het hy die mag om te oordeel en om lewe te gee oorgegee aan sy Seun (Kyk Joh 5:30). Tog is die oordeel van die Seun in totale ooreenkoms met dit wat die Vader sou oordeel. Johannes 10:30, wat gaan oor Jesus oor die goeie herder, stel dit duidelik dat die Vader en die Seun eintlik een is. Wie die Seun sien, sien dus die Vader. Die rol van die Vader in ʼn neutedop:

Hy is die Groot Koning (Openb 4), die Skepper van die aarde (Gen 1/Joh 1) Hy is die een wat die verbond met Abraham en sy nageslag gesluit het (Gen 12) Hy is die beskermer van Israel en sy kinders (Ps 121) God is totaal in beheer van alles ook jou lewe (Openb 4) Hy is die Een wat die wêreld, selfs sy vyandige skepsels liefhet (Joh 3:16) As liefdevolle Vader met plan, het hy besluit om die wêreld te red en sy Seun te stuur (Joh 3:16) Die rol van Jesus, die Koning se gestuurde Seun In Johannes is dit duidelik dat die Vader die Seun gestuur het met ʼn spesifieke doel, en dit is sy primêre doel naamlik om God en Sy wil uit te lê vir mense (Joh 1:18), sodat hulle kan glo (Joh 3:16) en uiteindelik die ware, ewige lewe kan ontvang en nie verlore hoef te gaan nie. In Joh 12:44 lees ons: Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. 45 En wie My sien, sien ook Hom wat My gestuur het. 46 Ek het as die lig na die wêreld toe gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. 47 En as iemand na my woorde luister en hom nie daaraan steur nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. 48 Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel. 49 Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek

moet sê en wat Ek moet praat. 50 En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het. Die rol van Jesus is dus dat hy niks anders is nie as ʼn beeld van God diegene wat Hom sien, sien die Vader. Uiteindelik is die rol van Jesus om die hart en wil van God aan mense te openbaar (Joh 1:18). Johannes het egter mooi beelde aangewend om te wys wie Jesus is. Ons noem dit die sogenaamde 7 Ek is uitsprake. Uit die Ek is uitsprake kan mens dan ook die rol van Jesus aflei: Jesus is die brood van die lewe (Joh 6:35) Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie. Jesus is die lig vir die wêreld (Joh 8:12; 9:5) Ek is die lig vir die wêreld Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee. Jesus is die (enigste) ingang (Joh 10:7-8) Dit verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. 8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. 9 Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Jesus is die goeie herder (Joh 10:11) Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Jesus is die opstanding en die lewe (Joh 11:25) Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; 26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie.

Jesus is die weg, die waarheid en die lewe (Joh 14:6)- Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7 As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. Jesus is die ware wingerdstok (Joh 15:1, 5) Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3 Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. 4 Julle moet in My bly en Ek in julle. n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. 5 Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. 6 As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7 As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. 8 My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is. Op aarde was Jesus die verteenwoordiger, die beeld van God wat met mense gepraat het en hulle vertel het van God se koninkryk en wat hulle gewys het hoe om ʼn lewe te leef wat God eer. Maar daar sou ook ʼn tyd kom dat Hy moes sterf, moes opstaan en dan weer terug gaan na die huis van sy Vader. In Johannes 13, nadat Jesus sy dissipels se voete gewas het, se hy vir hulle: 3 My kinders, Ek is nog net n klein rukkie by julle. Dan sal julle My soek, en soos Ek vir die Jode gesê het, sê Ek nou vir julle ook: Waar Ek heen gaan, kan julle nie kom nie. Maar kort daarna, in Johannes 14, verduidelik Jesus vir hulle iets verder rondom sy rol: Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo

in God; glo ook in My. 2 In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3 En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Ons wat Johannes lees, weet dat Jesus hier verwys na sy dood aan die kruis wat binnekort sou plaasvind en na sy hemelvaart, waarna hy nie meer by hulle sal wees nie. Die dissipels in Johannes het dit nog nie verstaan nie. Hulle sou dit eers na die opstanding en hemelvaart regtig verstaan (Kyk Joh 2:22). Die rol van die Heilige Gees die een wat ons lei as Jesus nie meer op aarde is nie Nadat Jesus vir die dissipels in Johannes 14:15-31 gesê het dat hy binnekort weggaan en nie meer by hulle gaan wees nie, troos hy hulle met ʼn boodskap waarin hy die koms van die Heilige Gees voorspel. Johannes 14:15 en verder lui: 15 As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. 16 Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, 17 naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18 Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 19 Nog net n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. 20 Daardie dag sal julle weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. 21 Wie my opdragte het en dit uitvoer-dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.

22 Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie? 23 Jesus antwoord hom: As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. 24 Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s n wat My gestuur het. 25 Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; 26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. Die rol van gelowiges as verteenwoordigers van Jesus Dit is baie interessant om daarop te let dat Jesus, as verteenwoordiger van God, die een wat gestuur is deur die groot Koning om ʼn radikale verskil te maak op aarde, ook van my en jou verwag om net soos hy gestuurdes in die wêreld te wees. Die Heilige Gees is immers die een wat ons lei en die een wat ons toerus, soos ons dit dikwels by Paulus ook hoor (Kyk Gal 3:5). In Johannes 20:21 sê die verrese Jesus duidelik: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Net daarna, ʼn vers later, blaas Jesus dan oor die dissipels en hulle ontvang die Heilige Gees. Die ontvangs van die Heilige Gees en die Sending van die dissipels na die wêreld vind in dieselfde asem plaas. Dit is ook die geval in Handelinge as die dissipels in Handelinge 2 die Gees ontvang en kort daarna as gestuurdes die evangelie begin verkondig. Net so eindig Jesus se rol nie inteendeel dit vloei oor in die harte van die kinders van die Koning hulle wat doen wat hulle Meester sê en leef wat hulle glo!

Outeur: Dr Kobus Kok