NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Vergelijkbare documenten
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesaja sien die Toekoms

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

n Tempel Leier besoek Jesus

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Goeie Konings, Slegte Konings

2. Die skepping van die mens

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die Groot Gebod dennis de wet

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Van Vervolger tot Prediker

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

1 Beoordeling van ons eie konteks. Standpunte insake die oorsake van gestremdheid

Welkom by Die Storie God se storie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Briewe, posseëls en elektroniese pos

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Paulus kritiseer sy tyd se manier

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 FINALE EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NPS-08) TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 10 OKTOBER 2012

Die Kerk se Geboorte

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Toe God alles gemaak het

Bybelse Dissipelskap. Die Woord van God

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Van Vervolger tot Prediker

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

Toe God alles gemaak het

Preek 2 Timoteus 3:16-17

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Pragtige Koningin Ester

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Inhoudsopgawe. Voorwoord

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

GOD DIE VADER Deur Dr. Arnold G. Fruchtenbaum

Les 14: Entrepreneurskap

FAKTORE EN VEELVOUDE

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

A Hoe Ram en sy vrou vir Luiperd en Jakkals uitoorlê het A Die luiperd, die ram en die jakkals

BARRETT SE TAKSONOMIE

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Jona en die Groot Vis

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

DESIGN RELIGIESTUDIES

Transcriptie:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 MEMORANDUM NOVEMBER 2008 PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.

Religiestudies/V2 2 DoE/November 2008 ALGEMENE OPMERKINGS 1 Hierdie memorandum dek nie alle moontlikhede nie. Religiestudies is a nuwe en komplekse vak, en kan verskeie uiteenlopende beklemtonings deur leerders akkommodeer. Om reg daaraan te laat geskied, is openheid van die kant van nasieners nodig. Die memorandum neem aan dat die meerderheid leerders uit die vier grootste religieë van Suid- Afrika afkomstig is. Dit gaan ook daarvan uit dat 'n balans gehandhaaf moet word wat al die religiee betref. Dit is nie moontlik om in hierdie memorandum elke moontlikheid te dek nie. Dit word daarom aanbeveel dat, bykomend tot die memorandum self, handboeke en ander relevante materiaal in die nasien-lokaal ingebring mag, en behoort te word. In sekere gevalle moet nasieners hul oordeel gebruik, in oorleg met die hoofnasiener en met verwysing na sulke materiaal. 2 Dit word van leerders verwag om DRIE vrae te beantwoord. As leerders meer vrae beantwoord het, sien al die vrae na, en neem die drie antwoorde wat die hoogste punte behaal het. Trek 'n streep deur die gemerkte antwoorde wat buite rekening gelaat is, en skryf neer waarom dit gedoen is. LET WEL: NASIENERS MOET DIE ASSESSERINGSMATRYS VIR DIE UITGEBREIDE SKRYFWERK SAAM MET DIE NASIEN- MEMORANDUM GEBRUIK. LET DAAROP DAT DIE ASESSERINGSMATRYS 'N RIGLYN VIR DIE TOEKENNING VAN PUNTE IS. VRAAG 1 1.1 Ontleed (analiseer) sommige van die groot probleme waarvoor vandag se jongmense in Suid-Afrika te staan kom. (15) 1.2 Bespreek hierdie probleme met verwysing na regte en verantwoordelikhede in die lig van die Suid-Afrikaanse Grondwet. (15) 1.3 Met verwysing na die bronne van enige TWEE religieë, bespreek die mate waarin hulle die balans tussen regte en verantwoordelikhede ondersteun. (20) [50] Die volgende vraag is oop. Gebruik asseblief die kontrolelys wat voorsien word as gids vir die toekenning van punte.

Religiestudies/V2 3 DoE/November 2008 KONTROLELYS VIR PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 1 Met die evaluasie van die hoeveelheid materiaal wat geskryf is, moet nasieners die aantal punte wat in elkeen van die drie afdelings verdien kan word, in ag neem. Lees leerlinge se antwoorde noukeurig. Dit is moontlik dat materiaal wat op aldrie afdelings (1.1, 1.2 en 1.3) betrekking het, in slegs een of twee afdelings behandel is. Leerlinge moet nie daarvoor gepenaliseer word nie, maar moet krediet ontvang vir wat hulle geskryf het. Die maksimum aantal punte vir elke afdeling bly egter van toepassing. Vraag 1.1: 'sommige' beteken 'minstens twee'. Vraag 1.1: kan 'n maksimum van 15 punte verdien. Kriteria Punte Leerder se punte 1.1 Inleiding: Identifiseer probleme waarmee die jeug te kampe het, byvoorbeeld MIV/Vigs, armoede, dwelmgebruik, rassisme, misdaad, ekologiese uitdagings 5 Objektiewe oorsake: ekonomiese, sosiale faktore soos enkelouergesinne, wat uitloop op probleme soos vermeld. 5 Wat is die gevolge van die probleem (bv. swak selfbeeld/verlies aan vertroue)? 5 1.2 Bespreek die Handves van Menseregte in die Grondwet: gelykheid, menswaardigheid, privaatheid, vryheid van religie. 5 Bespreek die verantwoordelikhede van die jeug: aanspreeklikheid, respek vir ander, respek vir eiendom. 5 Bespreek sleutelidees: regte en verantwoordelikhede. Die natuurreg wat aan universele menswaardigheid ten grondslag lê waardes en gemeenskapsverpligtinge en ontwikkeling. 5 1.3 Religieuse bronne, bv Christelike geskrifte: Adam is na die beeld van God geskape; die Qur'an:'Waarlik, Ons het waardigheid aan die mensekinders toegeken'; Bhagavad Gita: God woon in elke skepsel. 10 Bespreek kortliks hoe hierdie religieë die ewewig van regte en verantwoordelikhede ondersteun; beperkinge wat op moraliteit berus: ' Jy mag nie doodslaan nie' (Tien Gebooie), Ahimsa (nie-gewelddadigheid). Geen reg is absoluut nie; vryheid van uitdrukking strek nie sover as om geweld of haatspraak aan te moedig nie. Sluit religieuse leerstellings wat verantwoordelikhede beklemtoon, in. 10 TOTALE PUNTE 50 VRAAG 2 2.1 Verduidelik die term gelykenis en gee die doel van 'n gelykenis. (10) 2.2 Kies EEN gelykenis uit elk van enige TWEE religieë en bespreek die

Religiestudies/V2 4 DoE/November 2008 toepaslike morele of leerstellige boodskap daarvan. (40) [50] Die volgende vraag is oop. Gebruik asseblief die kontrolelys wat voorsien word, as gids vir die toekenning van punte. KONTROLELYS VIR PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 2 As 'n leerder in 2.2 slegs een gelykenis (een religie) behandel het, kan 'n maksimum van 20 (twintig) punte behaal word. Kriteria Punte Leerder se punte 2.1 Verduidelik die term gelykenis ('n kort storie wat 'n morele/leerstellige boodskap bevat) 5 Doel van 'n gelykenis: dit illustreer 'n religieuse beginsel of beantwoord 'n religieuse vraag; dit is soortgelyk aan 'n leerstelling, maar kom in 'n kunsvorm voor. 5 2.2 Gelykenis 1: vertel die storie volledig en akkuraat 15 Interpreteer die gelykenis en bespreek die toepaslike model/lering 5 2.2 Gelykenis 2: vertel die storie volledig en akkuraat 15 Interpreteer die gelykenis en bespreek die toepaslike model/lering 5 TOTALE PUNTE 50

Religiestudies/V2 5 DoE/November 2008 VRAAG 3 Aansienklike ruimte vir individuele interpretasies deur leerlinge moet toegelaat word, in oorleg met die hoof-nasiener. Beplan 'n inter-religieuse konferensie vir die jeug van Suid-Afrika. Stel jou doelstellings en aksieplan duidelik, in terme van die volgende: Agtergrond van die konferensie Doel van die konferensie Die huidige situasie van die jeug Uitdagings met betrekking tot die reël van die konferensie, en oplossings daarvoor Afgevaardigdes (verteenwoordiging) Program [50] Die volgende vraag is oop. Gebruik asseblief die kontrolelys wat voorsien word, as gids vir die toekenning van punte. KONTROLELYS VIR PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 3 Kriteria Punte Leerder se punte Inleiding: Bespreek kortliks die samestelling van die Suid- Afrikaanse jeug: ras, religie, taal, sosiaal, polities. 5 Voorsien, gedetailleerd maar bondig, die doelstelling van die konferensie. Plaas die hele konferensie in konteks (die bewerkstelliging van dialoog, verdraagsaamheid, respek). 10 Bespreek die heersende omstandighede van die jeug in Suid-Afrika. 10 Identifiseer die uitdagings om so 'n konferensie te reël asook om moontlike oplossings te voorsien. 10 Identifiseer wie uitgenooi gaan word, en gee redes daarvoor. Gee oorweging aan logistiek. 5 Stel 'n kronologiese en gedetailleerde program op waarin elke item (datum, tyd, sprekers, duur, ens) verduidelik word. 10 TOTALE PUNTE 50

Religiestudies/V2 6 DoE/November 2008 VRAAG 4 1. 'Verskillend' beteken in hierdie Vraag 'minstens twee'. 2. Die aantal religieë wat bespreek word, moet soos volg gehanteer word: Inspirasie: bespreking van slegs een religie laat 'n maksimum van 16 (uit 20) punte toe. Mondelinge oorlewering: bespreking van slegs een religie laat 'n maksimum van 12 (uit 15) punte toe. Heilige Geskrifte: bespreking van slegs een religie laat 'n maksimum van 12 (uit 15) punte toe. 3. In die behandeling van hierdie begrippe in die konteks van verskillende religieë, is dit nie nodig dat die verskillende religiee afsonderlik van mekaar behandel word nie. Bespreek die volgende begrippe soos hulle in die konteks van verskillende religieë voorkom: Goddelike inspirasie Mondelinge oorlewering Heilige geskrifte (20) (15) (15) [50] Inspirasie. Dit verwys oorspronklik na die asem (mag, kennis) van 'n buitengewone wese of mag. 'n Voorbeeld van die asem van 'n buitengewone mag is 'n godheid wat in 'n mens inkom en daardie mens se asem oorneem. Inspirasie verwys na 'n toestand van geïnspireerd-wees om te skryf, iets te doen of jou aan 'n bepaalde lewe of ervaring toe te wy. Inspirasie is 'n baie betekenisvolle/belangrike normatiewe bron in verskeie religiee. Verskeie religieë beskik oor figure wat inspirasie van 'n hoër mag of wysheid ontvang het. Inspirasie kan beskou word as die ware oorsprong van alle religieë. Daar is talle religieuse figure wat talle generasies se volgelinge geïnspireer het. Voorbeelde van figure wat volgende generasies geïnspireer het, is Abraham, Moses, Jesus Christus, die Buddha, Confucius, Muhammed en Baha'u'allah. Die woord 'God' word in sommige religieë, byvoorbeeld Boeddhisme en Confucialisme, nie gebruik nie, ofskoon daardie religieë wel in 'n hoer, dieper wysheid wat groot figure geïnspireer het, glo. Inspirasie vind ook in ons eie tyd plaas. Daarna word as 'kontemporêre inspirasie' verwys. Mondelinge tradisie Gewoonlik word 'n oorspronklike inspirasie in baie religiee eers deur mondelinge tradisie (20)

Religiestudies/V2 7 DoE/November 2008 versprei. Die oorspronklike boodskap word mondeling deur een generasie na die volgende een oorgedra. Die oorspronklike boodskap word van een persoon na 'n ander oorgedra. Voor die uitvinding van skrif is religieuse tradisies mondeling oorgedra. Dit is waar dat hierdie tradisies wel ontwikkel het en mettertyd verander en aangepas word. 'n Voorbeeld van 'n religie wat oor baie eeue 'n mondelinge tradisie gedra het, is Afrika Tradisionele Religie. (15) Heilige geskrifte Skrif het in vele religieë 'n baie belangrike rol gespeel. Vele religiee het heilige geskrifte ontwikkel byvoorbeeld die Koran, die Bybel, ens. Mondelinge tradisies kan parallel aan geskrewe tradisies loop. Geskrifte word in vele religieë gevind en word in 'n groot mate gebruik. In baie gevalle bestaan heilige geskrifte nie individueel nie, maar slegs as deel van groter versamelings. Die woord 'kanon' verwys na 'n algemene norm, reël of beginsel. Versamelings heilige geskrifte word gewoonlik 'kanons' genoem. Daar is primêre en sekondêre heilige geskrifte. Sekondêre geskrifte is kommentare op primêre geskrifte. (15) [50] VRAAG 5 Beantwoord VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2. Indien leerlinge albei (5.1 sowel as 5.2) beantwoord het, moet albei nagesien word. Neem die een wat die hoogste punt behaal het. Trek 'n streep deur die antwoord wat oor die hoof gesien is, en skryf die rede daarvoor neer. 5.1 Aanhalings uit 'n verskeidenheid religieë verskyn hieronder. Kies enige EEN aanhaling en bespreek dit in die lig van minstens DRIE kern-leerstellinge van daardie religie. Ondersteun jou antwoord met toepaslike verwysings uit primêre, sekondêre en ander bronne. 5.1.1 5.1.2 5.1.3 5.1.4 'Daar was 'n heelal voor hierdie een en daar sal 'n heelal na hierdie een wees.' (Rig Veda, 10-190-3) 'Dit is nie altyd fisiese dapperheid wat saak maak nie. 'n Mens moet die moed hê om die lewe aan te durf soos wat dit is, om leed te verduur en om jouself altyd ter wille van andere op te offer.' Kipsigis-gesegde (Kenia) 'Mag vrygewigheid oor suinigheid triomfeer. Mag liefde oor minagting triomfeer.' (Uittreksel uit Yasna) 'Beoefen welwillendheid teenoor alle lewende wesens, wees vreugde by die aanskou van deugsame mense, medelye en

Religiestudies/V2 8 DoE/November 2008 simpatie teenoor hulle wat swaarkry en verdraagsaamheid teenoor hulle wat lui is en hulle wangedra.' (Tattvanthasutra 7.11) 5.1.5 5.1.6 5.1.7 5.1.8 5.1.9 'Die wêreld staan op drie dinge: op die Wet, op aanbidding en op die betoon van goedhartigheid.' (Mishnah, 1:2) 'Daar is geen god behalwe Allah nie en Muhammed is sy boodskapper.' (Geloofsbelydenis) 'Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe mag hê.' (Johannes 3:16) 'Wysheid spruit voort uit meditasie; sonder meditasie kwyn wysheid. As 'n mens hierdie twee weë, die weg van vooruitgang en die weg van agteruitgang leer ken het, laat hy hom so gedra dat sy wysheid kan toeneem.' (Dhammapada 282) 'Die aarde is net een land, en die mensheid is die burgers daarvan.' (Baha'u'llah) [50]

Religiestudies/V2 9 DoE/November 2008 Die volgende vraag is oop. Gebruik asseblief die kontrolelys wat voorsien word, as gids vir die toekenning van punte. KONTROLELYS VIR PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 5.1 Let daarop dat die Christendom hieronder as voorbeeld gebruik is. In oorleg met die hoof-nasiener, moet aansienlike ruimte vir individuele interpretasies deur leerders toegelaat word. In die lig van die verskeidenheid religiee wat behandel sou kon word, moet handboeke in die nasien-lokaal toegelaat word. Kriteria Punte Leerder se punte Identifiseer die religie (2 punte). Noem die bron (2 punte). Beskryf die konteks van die gekose aanhaling (2 punte). Beskryf bondig die essensie van die aanhaling in eie woorde (4 punte). 10 Identifiseer minstens DRIE kernleerstukke, bv. in die Christendom: God die Vader as Skepper van die heelal; God die Seun as Verlosser; God die Heilige Gees as Berader van Christene. 6 Voorsien 'n bondige bespreking van die sentrale leerstukke in die lig van die aanhaling: (1) Verduidelik elkeen van die kernleerstukke (3 x 4 punte) =12. (2) Toon aan hoe elke leerstuk deur die aanhaling ondersteun word (3 x 4 punte) =12 24 Gebruik toepaslike verwysings uit primêre bronne. 5 Gebruik toepaslike verwysings uit sekondêre bronne. 5 TOTALE PUNTE 50 OF 5.2 Bespreek die interne onderskeide wat daar in enige EEN religie voorkom. Beantwoord die vraag aan die hand van die volgende subopskrifte: Historiese ontwikkeling van die onderskeide Onderskeide in leerstellinge en geloofsoortuigings Onderskeide in praktyke (byvoorbeeld rituele) Aard en erns van die onderskeide Moontlike toekomstige ontwikkelinge [50] Die volgende vraag is oop. Gebruik asseblief die kontrolelys wat voorsien word, as gids vir die toekenning van punte. KONTROLELYS VIR PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 5.2 Kriteria Punte Leerder se punte Inleiding: Stel die historiese konteks van die verskille en ooreenkomste van die geïdentifiseerde religie, bv. Katoliek en Protestant, Sh'ities en Sunni. 5 Beskryf bondig die geloofsoortuiginge soos hulle op veerskillende sieninge fokus 10

Religiestudies/V2 10 DoE/November 2008 Kies praktyke en toon aan hoe elke groep daarby hou 10 Bespreek die aard van die onderskeide en die gevolge daarvan. 15 Voorsien 'n toekomsperspektief op die interne onderskeide. 10 TOTALE PUNTE 50 TOTAAL: 150