Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Dit is juis wat Paulus ook leer vir die gemeente in Kolosse. God hou mense vuil en onverdienstelik soos hulle is vas in sy arms.

DIE BRIEF AAN FILEMON

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Les 1 vir 7 Oktober 2017

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jesaja sien die Toekoms

Paulus kritiseer sy tyd se manier

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Efesiërs 5: /02/2015

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

n Dubbele kruis-belydenis

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Die Brief aan die Galasiërs

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jona en die Groot Vis

Dooppreek Mika Bogaards

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

1 Johannes 5: /03/2014

FAKTORE EN VEELVOUDE

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Jona en die Groot Vis

Matteus se Judas en die koninkryk

Deuteronomium 8:1-20. Vooraf

Deur Christus Alleen

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Welkom by Die Storie God se storie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Les 2 vir 13 Oktober 2018

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Van Vervolger tot Prediker

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

Preek 1 Petrus 2:9-12

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Baie welkom by vanoggend se erediens

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Transcriptie:

Efesiërs 2:11-22 Agtergrond Oor die stad Efese: Efese was n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons jaartelling. Die tempel van Artemis, een van die sewe wonders van die antieke wêreld, was ook daar. Vandag is daar net ruïnes oor van Efese, naby die moderne stad Selçuk. Oor Paulus en die gemeente in Efese: Paulus het Efese drie keer besoek. Die eerste besoek was in 51-52 n.c. Dit was net n kort tydjie en hy het blykbaar by Akwilla en Prisilla. Ons lees daarvan in Handelinge 18:18-23. Tydens sy tweede besoek het hy twee jaar daar gewerk. Ons lees dit in Handelinge 19:1-40. Die derde besoek was nie in Efese self nie. Hy het die ouderlinge van die gemeente in Milete, n kusdorp sowat 60km van Efese ontmoet vir n gesprek. Oor die brief Efesiërs: Daar is al baie gewonder of Paulus werklik die brief van Efesiërs geskryf het. Die rede daarvoor is omdat Paulus net een persoonlike verwysing maak na Tigikus. As hy solank daar gewerk het moes daar tog meer verwysings gewees het. Tog word aanvaar dat Paulus wel hierdie brief geskryf het, Dit is aan verskillende gemeentes gestuur en elke gemeente het sy naam ingelees. Die vermoede is dat die brief waar Efese hulle naam ingevoeg het, behoue gebly het. Hierdie brief is geskryf volgens die tradisionele antieke briefstruktuur: Aanhef 1:1 Groetwoord 1:2-14 Danksegging 1:15-23 Hoofdeel 2:1-6:20 Groetwoorde 6:21-24

Inleiding Stephan Joubert gebruik in sy boek "Jesus, 'n radikale sprong" die term "agteruit vorentoe. Daarmee wil hy sê dat n mens in jou geestelike lewe altyd rekening moet hou met jou verlede. As jy wil vorentoe beweeg in jou geestelike lewe moet jy n goeie begrip hê van jou geskiedenis. Dit is seker waar van meer as net jou geestelike lewe. Hy verduidelik dit verder deur te verwys na die truspieëltjie in jou motor. As jy bestuur is jou aandag hoofsaaklik gefokus op wat voor jou aangaan. Maar tog het jy jou spieëls nodig om te weet wat agter jou aangaan. Sonder spieëls bestuur jy baie moeiliker. Paulus gebruik in die paar verse wat ons gelees het in Efesiërs dieselfde gedagte. Hy begin vers 11 met die woorde: Hou in gedagte wat julle vroeër was... Hy laat die gelowiges in Efese terugkyk, sodat hulle kan vorentoe beweeg. Agteruit vorentoe. Dit is ook ons opdrag. Ons moet vorentoe. Ons moet groei in ons geloofslewe. Ons geloof moet toeneem. Al meer vertroue op God en al meer kennis van God. Ons lewe moet meer en meer word soos Jesus. Ons moet meer gehoorsaam word. Ons kan dit regkry, deur so nou en dan terug te loer. Ons kan kyk waar ons vandaan kom. Nie om vas te steek by die verlede nie, maar juis om vorentoe te gaan. Kom ons begin deur te kyk na 1. Wat en waar was ons? Paulus skryf vir die gelowiges in Efese dat hulle heidene was, onbesny. Hulle was sonder Christus. Hulle was nie deel van Israel wat die volk van God was nie. Hulle was ver van God af. Daarom het hulle nie deel aan die verbond of beloftes van God gehad nie. Hulle was sonder hoop en sonder God. Uit hierdie beskrywing van Paulus kan ons aflei dat die gelowiges in Efese was nie-jode wat tot bekering gekom het. Daarom dat hulle onbesny en nie deel van Israel was nie. Daar was vyandskap tussen die Jode en nie-jode. Die Jode het altyd geglo as volk van God is hulle beter as die ander volke. Hulle het die ander volke as minderwaardig beskou. Daarom dat hulle ook ver van God was. Maar deur Christus se sterwe aan die kruis het dit alles verander. Hulle het die Evangelie gehoor en tot geloof gekom. Ons gaan nou-nou daaroor praat.

Wat en waar was ons? Eintlik maar presies dieselfde as die gelowiges in Efese. Voor Christus se koms sou ons ook deurgegaan het as heidene. Ons sou ook beskryf gewees het as ver van God. Ook ons sou nie deel gehad het aan die verbond en beloftes van God nie. Heeltemal verlore. Verewig dood. 2. Wie en wat is ons nou? Die gelowiges in Efese se situasie het dramaties verander. Hierdie verandering word op twee maniere beskryf. Die eerste is dat hulle het naby God gekom. Hulle het deel gekry aan die verbond en die beloftes van God. Die tweede wyse waarop die verandering beskryf word is dat die vyandskap tussen hulle en die nie-jode is weggeneem. Die muur van skeiding wat tussen hulle en die nie-jode bestaan het is afgebreek. In plek van die vyandskap het daar vrede gekom. Paulus stel hulle nuwe situasie direk teenoor die ou situasie. Die nuwe in direk die teenoorgestelde van die oue. Die belangrike wat ons moet raaksien is dat God hierdie verandering teweeg gebring het. Dit was nie die prestasie van die gelowiges self nie. Die verandering het gekom deur die bloed van Christus. Hierdie gelowiges het nie self verander nie. God het deur Christus hulle verander. Waar hulle ver van God was, het God self hulle nader aan Hom getrek. Waar hulle sonder hoop was, het God vir hulle hoop gebring. Waar hulle in vyandskap met ander volke geleef het, het God die vyandskap weggevat en die muur van skeiding afgebreek en vir hulle in vrede saamgebring. Daarom is Paulus se skrywe oor hierdie saak in die eerste plek n beskrywing van God se genade nie in die eerste plek n beskrywing van die gelowiges se verandering nie. Dit bring ons weer by die vraag aan die begin: Wie en wat is ons nou? Soos netnou moet ons antwoord: Eintlik maar presies dieselfde as die gelowiges as die gelowiges in Efese. Ons het presies die teenoorgestelde geword as wat ons was. Ons wat ver van God was, het naby aan God gekom. Ons wat sonder die verbond en beloftes van God was, het die verbond en beloftes ontvang. Ons wat nie deel van die volk van God was nie het deel van sy volk, sy kerk geword. Ons het deel van die kerk geword waar vyandskap tussen mense verdwyn het en skeidingsmure afgebreek is. En ook in ons geval is dit nie deur ons toedoen nie. Ook vir ons het hierdie verandering gekom deur die bloed van Jesus. Su sterwe en opstanding het ons verander. Alhoewel Paulus dit nie in hierdie klompie verse sê nie, kan ons die beeld gebruik wat hy op talle ander plekke gebruik: Hy verwys na die ou mens wat nuut geword het. Na die ou mens wat deur God in Jesus nuutgemaak is. Dit is presies waaroor hy hier skryf. Ons elkeen word vanoggend weer herinner dat ons nuwe mense is mense wat totaal anders is as wat ons was. God het ons nuut gemaak.

3. Wie en wat moet ons wees? Hierdie laaste vraag bring ons weer by ons tema uit: Agteruit vorentoe. Paulus het juis begin deur die Efesiërs te herinner: Hou dan in gedagte wat julle vroeër was... Sy herinnering staan in diens van sy oproep dat hulle moet vorentoe beweeg. Die klem van die herinnering wat hulle was, val eintlik op wat hulle moet wees. Deur hulle te herinner aan wat hulle was, wil hy beklemtoon wat hulle is of eintlik wat hulle moet wees. Dit is baie maklik vir gelowiges wat verander het hom terug te val na wat hulle was. Dit is maklik vir gelowiges om weer te leef asof hulle nog ver van God is en nog nie deel van die volk van God nie of nog in vyandskap met ander gelowiges. Gelowiges kan weer soos die ou sondige mens leef in plaas van die nuwe gehoorsame mens. Daarom herinner Paulus in die laaste paar verse hulle pertinent: Julle is nie meer ver van God nie. Julle is nie bywoners, maar mede-burgers, julle is deel van die huisgesin van God. Dit moet ons ook vanoggend hoor: Ons is nie meer ver van God nie. Ons is nie bywoners, maar medeburgers, ons is deel van die huisgesin van God. Ons is nuut gemaak deur Jesus se bloed. Daarmee wil Paulus beklemtoon dat Efese en daarom ook ons moet word wat ons is. Ons is nuut en daarom moet ons al meer nuut word. Ons is naby God en daarom moet ons al hoe nader aan God kom. Ons is as gelowiges een huisgesin, daarom moet ons een huisgesin word. Vorentoe nadat ons vir n oomblik agtertoe gekyk het. Paulus beskryf hierdie vorentoe deur die lidmaatskap van God se volk, God se huisgesin met n gebou te verduidelik. Die fondament is die apostels en profete. Hier gaan dit nie vir Paulus so seer oor die apostels en profete as mense nie maar die boodskap wat hulle gebring het. Natuurlik is dit die boodskap van God en Jesus Christus en die Heilige Gees. Jesus self is die hoeksteen van die gebou. Die hoeksteen is die een wat eerste gelê is en waarop die huis dan verder gebou is. Dit was die beginpunt van die hele gebou. Dit is presies wat Jesus is. Die begin van die kerk. Op Hom rus die kerk. Paulus sê dit pertinent: In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit. Hierdie gebou word verder beskryf as n heilige tempel vir die Here. Ons is deel van daardie heilige tempel vir God. Die woord heilig hier beteken afgesonder, eenkant gesit vir God. Dit beteken ook om heilige te leef anders te leef. Heilig beteken hier om in diens van God te leef. Hier is dit nou weer agteruit vorentoe. Ons moet dit nou weer dadelik in kontras stel met wat ons was: heidene, ver van God, nie deel van God se volk, in vyandskap met ander mense maar nou heilige tempel van God. Dit het God ons gemaak dit moet ons wees. Hierdie word wat ons is, is n voortgaande proses. As Paulus die beeld van die gebou gebruik en sê dat ons die heilige tempel van God is, sê hy duidelik dat ons steeds opgebou word as huis van God. Ons was heidene en ver van God, ons i verander en is deel van sy huisgesin en naby God, ons is sy heilige tempel en ons word dit al meer. Ons word beskryf as n geestelike huis waarin God woon.

Julle weet nou al teen die tyd dat dit tans Koninkrykstyd in die kerkjaar is. En dit is presies die boodskap van Koninkrykstyd: God woon in ons as geestelike huis. Ons leef in God se koninkryk. Ons is God se koninkryk, want Hy leef in ons. En as ons dink wat ons was, kan n mens nie glo wat ons nou is nie. Slot Agteruit vorentoe. Onthou ons was ver van God, in vyandskap met ander mense. Onthou God het ons deur Christus naby Hom gebring, deel van sy huisgesin gemaak. Onthou om nog nader aan God te kom, nog meer as huisgesin saam te leef, heilige tempel vir God te wees. Agteruit vorentoe.