PREEK SONDAG 12 NOVEMBER 2006

Vergelijkbare documenten
n Tempel Leier besoek Jesus

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Van Vervolger tot Prediker

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Goeie Konings, Slegte Konings

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die Kerk se Geboorte

Petrus en die Krag van Gebed

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

'n Man gestuur deur God

Van Vervolger tot Prediker

God eer Josef die slaaf

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Toe God alles gemaak het

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jona en die Groot Vis

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

n Dubbele kruis-belydenis

Toe God alles gemaak het

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Preek Romeine 1:16-17

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

1 Johannes 5: /03/2014

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Transcriptie:

PREEK SONDAG 12 NOVEMBER 2006 TEMA: WAT GLO JY? SKRIFLESING: Joh 3:1-21 PREDIKER: Danie O Kennedy BOODSKAP INLEIDING Gemeente, een van die moeilikste take van my bediening is om iemand te begrawe wat nie vir Jesus as Verlosser geken het nie. Ja, iemand wat sonder Christus sterf. Maar aan die ander kant is daar ook die groot vreugde van ouers wat getuig oor hulle kinders se geloof. Ouers wat sê: My kind is seker van sy geloof in Christus. Hy dien die Here voluit. Ja gemeente, as ons onself voorberei om oor ses weke Kersfees te vier, en as ons vanoggend die doop as teken van God se genade sien, moet ons vir onsself afvra: Glo ek in Jesus Christus as my persoonlike Verlosser? Glo my kinders in Jesus as hulle persoonlike Verlosser? Is ons seker dat ons hemel toe gaan? Kom ons kyk wat sê Joh 3 hieroor. (1) NIKODEMUS KOM IN DIE NAG Gemeente, in vers 2 lees ons dat Nikodemus, 'n Fariseër en lid van die Joodse Raad na Jesus kom. Hy was 'n godsdienstige leier van daardie tyd, maar het besef dat daar iets in sy lewe kortkom. En dan sê die Bybel dat hy in die nag na Jesus kom. Daar is verskillende redes hoekom hy in die nag na Jesus kom, maar die skrifverklaarders meen dat hy vertroulik na Jesus gekom het - hy wou nie hê dat die ander mense hom moes sien nie. Dalk was hy bang vir die ander. Gemeente, Nikodemus se koms na Jesus het my laat dink aan baie mense op aarde - ook baie lidmate van ons gemeente wat nie geloofsekerheid het nie. n Tyd gelede sê iemand vir my: Danie, dit is darem verbasend hoeveel mense twyfel of hulle hemel toe gaan. Op universiteit het 'n student eenkeer vir my gesê: Ek was lank in die koshuis en het die Christene dopgehou. Ek wou so graag seker wees dat ek hemel toe gaan. Maar ek was te skaam om te vra. En niemand het met my daaroor gesels nie.

Ons kan nie aanvaar dat alle lidmate of alle mense wat kerk toe kom seker is van hulle geloof in Christus nie. Daar is dalk ook vanoggend mense wat soos Nikodemus onseker is. Of mense wat soos Nikodemus skrikkerig is om sommer in die openbaar daaroor te praat. Hulle twyfel, maar het nie die moed om daaroor te praat nie. Nikodemus was so n twyfelaar, maar hy het die geleentheid aangegryp. My wens is dat elke lidmaat van Helderberg die geleentheid sal aangryp om seker te wees van hulle verlossing in Christus. (2) WEDERGEBORE CHRISTEN Gemeente, mense kan deurmekaar raak of twyfel in hulle geloof as gevolg van dinge wat hulle hoor. Mense verwar mekaar deur te vra: Is jy n wedergebore Christen óf Is jy n geesvervulde Christen? Ja, daar is selfs mense wat beweer dat jy nie n Christen kan wees as jy nie groot gedoop is of in tale praat nie. Gemeente, ons hoef nie die naam te gebruik wedergebore Christen nie. Joh.3 sê vir ons baie duidelik dat elke Christen wedergebore is. Daar is nie so iets soos 'n onwedergebore Christen nie. Jy is of 'n Christen of jy is nie 'n Christen nie. Kom ons luister net weer wat sê vers 3: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Nikodemus het nie hierdie woorde verstaan nie. In vers 5-8 verduidelik Jesus dit vir hom. Wedergeboorte beteken nié dat ons fisies weer gebore moet word nie, maar dat ons geestelik weer gebore moet word. Dit is die tweede keer wat God ingryp in die lewe van die mens. Net soos ons natuurlike geboorte is die wedergeboorte ook die werk van God. Ja, God maak dit deur sy Heilige Gees moontlik. In doopgesprekke vra ek gewoonlik vir doopouers om te vertel hoe hulle die geboorte van hulle kindjie ervaar het. Die fisiese geboorte van hulle kindjie was vir hulle n absolute wonderwerk. Net so is die geestelike wedergeboorte ook n wonderwerk van God. (3) HEILIGE GEES MAAK DIT MOONTLIK Maar die vraag is: Hoe gebeur hierdie geestelike wedergeboorte? In vers 8 staan die volgende woorde: Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom nie en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit ook met elkeen wat uit die Gees gebore is

'n Mens kan nie die wind nie sien nie - ook weet jy nie presies waar dit ontstaan het nie. Maar 'n mens sien die uitwerking van die wind - veral ons wat hier in die hartland van die Suidoostewind bly. Jy hoor die geluid van die wind; jy sien hoedat dit die bome waai en hoedat die wind sulke perde op die see maak. Die Bybel sê dat die Heilige Gees net so werk in 'n mens se lewe. Ons moet besef dat die Heilige Gees daagliks wonderwerke laat gebeur. Ja, elke sondaar wat tot geloof in Jesus Christus kom is 'n absolute wonderwerk. Die Heilige Gees lei wedergeborenes tot geloof in Jesus Christus as Verlosser. Daarom sê die Bybel in 1 Kor.12:3 dat niemand kan sê: Jesus is die Here behalwe deur die Heilige Gees nie. 'n Mens begryp nie die werking van die HG nie. Jy sien hoedat mense se lewens verander. Hoedat daar n vreugde en vrede in hul harte kom. Ja, God se Gees is oral en ons sien sy uitwerking op aarde. (4) WAT MOET ONS GLO? (VS.16) Voordat ons kyk na wat geloof is, moet ons eers vir onsself afvra: wat is die inhoud van ons geloof? Wat moet ons glo? In Joh. 3 en ander plekke in die Bybel staan die volgende: (a) God is vir ons baie lief Die Bybel leer ons eerstens dat ons moet glo dat God vir ons onsettend lief is. Joh 3 sê dat God sy enigste Seun na die wêreld gestuur het om vir jou aan die kruis te sterf. Ek en jy moet net weer stilstaan en besef hoe lief Jesus werklik vir ons is. Maak n slag jou oë toe en sien weer die prentjie van Jesus wat aan die kruis vir jou sondes hang (of sien die kruis in die kerk). Jesus is ter wille van jou sondes gekruisig - net omdat Hy vir jou lief is. (b) God gee die ewige lewe as geskenk Die tweede ding wat die Bybel ons leer is dat God die ewige lewe as gratis geskenk gee. Ja, dit is wat genade is. 'n Geskenk wat ons nie verdien nie. God kom bied vir ons die grootste geskenk van alle tye aan - die ewige lewe. Almal van ons gaan sterwe. Die ewige lewe is n geskenk wat die verskil maak tussen lewe en dood. Jy kan vandag seker wees dat jy vir altyd saam met Hom in die hemel sal leef. (c) Die mens kan homself nie verlos nie Vriende, die Bybel leer ook vir ons dat ons onsself nie kan verlos nie. In Ef.2:8-9 het ons so duidelik gelees:

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. Hoekom kan ons onsself nie red nie? // Omdat ons sondaars is. God haat sonde. Sonde bring n skeiding tussen ons en God. Verlore sondaars kan hulleself nie red nie. Elkeen van hierdie babatjies wat vandag gedoop is, is in sonde ontvang en gebore - hulle kan nie op hulle eie krag in die hemel kom nie. (d) Jesus Christus is die enigste weg Gemeente, die vierde saak wat ons moet glo is dat Jesus Christus die enigste Persoon is wat ons sondeskuld kan wegneem. Die enigste manier om in die hemel te kom is deur Jesus Christus. Die Bybel is baie duidelik hieroor. Ons het vandag in Joh.3 'n hele paar verse gelees wat dit kom bevestig. Lees weer saam met my vanaf vers 15: sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê... In Joh.14:6 sê Jesus: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur my nie. (5) WAT IS GELOOF? Ons het vir mekaar gesê wat ons moet glo, maar wat is geloof? Gemeente, geloof is nie 'n lekker gevoel nie; geloof is nie 'n werk wat ek moet doen nie. Geloof is om die geskenk van God se genade met leë hande te ontvang. Ek kan niks tot my verlossing bydra nie. Dit werk nie so dat hoe meer ek glo, hoe meer sal Christus vir my aan die kruis sterf nie. n Klomp mense het eendag kom kyk na n man wat oor die Niagra waterval tussen Kanada en die VSA wou stap (het al vertel). Hy het versigtig van die een punt na die ander oor die hoë waterval gestap. Die skare was verstom. Hy vra toe vir hulle: Dink julle ek kan iemand op my rug abba en weer oorstap. Ja het almal geskree. Hulle het geweet hy is 'n goed. Hy vra toe dat iemand op sy rug moet klim. // Niemand was bereid nie. Niemand was bereid om hom met hulle hele lewe te vertrou nie. Geloof is nie net om te weet dat Christus vir jou aan die kruis gesterf het nie. Geloof is om Hom met jou hele lewe te vertrou. Geloof is om n persoonlike verhouding met die Here te hê. (6) GELOOFSEKERHEID/VERLOSSINGSEKERHEID

Gemeente, ons sê vir mekaar dat elke lidmaat n passie vir God en n hart vir mense in nood moet hê? Kan n mens n passie vir God hê as jy nie glo in Jesus Christus nie? Kan n mens n passie vir God hê as jy nie seker is van jou verlossing in Jesus Christus nie? Nee!! Dit is vir ons belangrik dat elke doop- en volwasse lidmaat sal seker wees van hulle verlossing in Christus. Die Bybel sê vir ons dat ons geloofsekerheid kan hê. Let op die duidelike taal waarin Johannes 3 dit stel:...sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hier staan nie miskien die ewige lewe sal hê as julle eers nog 'n hele klomp dinge op aarde gedoen het nie. Nee, alle mense wat dit glo, is reeds besig om vir ewig te lewe. Ek gaan nie hemel toe omdat ek so 'n goeie Christen is nie. Ek gaan hemel toe omdat ek die beloftes van die Woord persoonlik aanvaar het. Ons moet vanoggend duidelik vir mekaar sê waaroor gaan geloofsekerheid. Ek het nie geloofsekerheid omdat ek gereeld kerk toe kom en my bydraes gee; of omdat ek voel dat God by my is; of omdat ek my Bybel lees. Dit is nie die redes nie. Die Woord van God sê dat 'n mens geloofsekerheid het, omdat jy in Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser glo en n persoonlike verhouding met Hom het. (7) WORD NIE MEER VEROORDEEL NIE Gemeente, daar is sommige mense wat geloofsekerheid het, maar nog steeds bang is vir die oordeelsdag. Hulle is bang vir die dag wanneer Jesus Christus weer gaan kom en die boeke oopgemaak gaan word. Wat sê Joh 3 as troos? In vers 18 staan: Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie. Vir die wat in Christus is, is daar geen veroordeling nie. Ons wat in Christus glo kan uitsien na die oordeelsdag, want die oordeel oor sondes is reeds deur Christus gedra. Die oordeel gaan of ons in Christus glo. Sy kruis staan bo-oor ons sondes geskryf! (8) WAT MOET EK DAN DOEN?

Gemeente, ons het nou n klomp goed oor geloofsekerheid gesêm, maar julle kan vanoggend vir my vra: Maar Danie hoekom preek julle dan so baie dat ons gehoorsaam aan God moet lewe. Waar pas dit alles in? In Joh.3:20-21 staan die volgende woorde: Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is. Onlangs het ek met n gemeentelid oor geloof en gehoorsaamheid gepraat. Ek vra haar toe: Hoekom leef jy in gehoorsaamheid aan Christus? Haar antwoord was ek kan nie anders nie. Mense wat waarlik in Jesus Christus glo kan nie anders as om vir Hom dankie te sê met hulle lewens nie (ons het verlede week ons dankbaarheidsmaand afgesluit). Ons lewe nie in gehoorsaamheid aan Hom om daardeur op te klim na die hemel nie. Ons doen dit omdat Hy dit alreeds vir ons alles moontlik gemaak het. Mense wat nie dankie sê met hulle lewens nie, verstaan nog nie wat Christus alreeds vir hulle gedoen het nie. AS JY GELOOFSEKERHEID HET, SAL JY IN GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE LEEF. Geloofsekerheid lei nie tot ongehoorsaamheid nie. As hierdie doopbabatjies vir Jesus Christus leer ken as hulle persoonlike Verlosser, sal hulle nie anders kan as om vir die Here te dien nie. Julle as ouers sal hulle dan nie hoef te dwing om die Here te dien nie. Hulle sal dit vanself doen. (9) GROEI IN DIE GELOOF Gemeente, ek het ook vir julle gesê dat ons as gemeente wil hê dat lidmate sal groei in die geloof. Miskien wonder jy saam met my of Nikodemus toe wel geglo het. Het hy vir Jesus as persoonlike Verlosser aangeneem? Het hy gegroei in die geloof? In Joh.19:38-40 staan dat Nikodemus vir Josef van Arimatea gehelp het om Jesus se liggaam te balsem en te begrawe. Nikodemus was bereid om ten spyte van moeilike omstandighede vir Jesus te dien. Volgens die Bybel het Hy volhard om die Here te dien. Ek dink julle as doopouers sal baie ontsteld wees as julle kind glad nie fisies wil groei nie. As julle kind 15 jaar oud is en nog maar net n paar kilogram weeg en n bottel wil drink. Is jy besorg oor jou kind wat nie in die geloof groei nie? Ons het almal belowe dat ons ons kindertjies na die beste van ons vermoë in die leer van Christus sal onderrig of laat onderrig. Hoeveel uur per week spandeer jy om jou kinders fisies te voed? Ons werk hard sodat hulle n dak oor hulle kop het, genoeg kos en klere het - en nog n paar luukses vir hulle te kan koop.

Hoeveel uur per week bid ons vir ons kinders? Hoeveel uur per week bid ons saam met ons kinders? Hoeveel uur per week gesels ons oor God, lees ons saam Bybel, woon ons saam geestelike byeenkomste by? Gemeente, ek wil jou oproep om in hierdie tyd voor Kersfees met mense oor die Jesus Christus te gesels. Veral in die vakansietyd het mense meer tyd om na te dink oor geloof. Dit is n tyd wanneer ouers meer tyd het om saam met hulle kinders te spandeer. Gebruik hierdie tyd om ook oor geloof in Jesus Christus te gesels. (10) IS JY BEREID OM VIR JOU GELOOF TE STERF? Gemeente, wat is die kern van ons geloof? Is die kern van ons geloof die verskillende sake waaroor Christene regoor die wêreld verskil: Die siening oor die doop Die sabbatdag. Die verstaan van die eindtye Sekere Gawes van die Heilige Gees. Die manier waarop ons die erediens inrig Die struktuur van die kerk Die saak rondom gays Is dit waarvoor jy bereid is om te sterf? Is jy bereid om te sterf dat mense net op n sekere manier gedoop moet word? Nee, die verlossingsboodskap in Jesus Christus is die kern van dit wat ons glo. Die ander is almal nie-kernsake in die Bybel. Ek is bekommerd dat ons verskillende sieninge oor ander sake ons oë weg van Jesus Christus draai. Dit mag nie so wees nie. Christene wat werklik in Jesus Christus as Verlosser glo sal ook in liefde met mekaar oor die ander sake praat. SLOT God se wens is dat elkeen van ons (ook hierdie doopbabatjies) sal kan antwoord op Sy genade - dat ons n persoonlike verhouding met Jesus sal hê en sal groei in daardie verhouding. My wens is dat elkeen wat vanoggend in hierdie kerkgebou is seker sal wees dat hy/sy hemel toe gaan. Dat elkeen opreg op die volgende vrae kan antwoord. 1. Is jy seker dat jy 'n kind van God is? 2. Is jy seker dat indien jy vannag sou sterf jy hemel toe sal gaan?

As jy nie seker is nie, wil ek jou uitnooi om vandag (of hierdie week) nog met iemand daaroor te praat. As jy wil kan jy na die tyd vir een van die gespreksgroeplede vra (sit hier voor) of n enige leraar of n Christen vriend. Moenie dat die kans verbygaan nie. AMEN.