Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

n Tempel Leier besoek Jesus

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Welkom by Die Storie God se storie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Die Groot Gebod dennis de wet

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: Moenie dat vrees jou lewe beheers nie, tree met geloof in God en vaste vertroue in die toekoms op.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

n Dubbele kruis-belydenis

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Fontein van die lewe. Liturgie

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Preek 1 Petrus 2:9-12

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Goeie Konings, Slegte Konings

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Transcriptie:

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 9 2: 1,6 Votum seëngroe tloflied Sb 1 1: 1, 2,7. Woorddiens Gebed Skriflesing: Galasiërs 5: 22 25 en 2 Korintiërs 3 Teks: Gal 5: 22 25 en 2 Kor 3: 17-18 Sing Sb 9-4: 5,6 Woordbediening. Antwoorddiens Dankgebed Liefdegawes Sing Sb 2 4: 3 Groetseën Sing Amen Sb 13 2.

Geliefde brs en srs 2 Die belangrikste ding in jou lewe is nie wat jy doen nie, maar wie jy is. (Herhaal) Wat jy kan doen, jou vermoëns, is die gawes wat die Heilige Gees aan jou gegee het. Bv. die gawe om leiding te gee, om te preek, om onderrig te gee, om iemand te troos, bemoedig of die gawe van gebed. ens. n Mens sou hierby ook enige ander talent kon byvoeg wat God jou gegee het, bv. om te sing, skilder of wat ook al. Die vrug van die Gees daarteen is wie jy is. Dit is karaktertrekke wat die Gees van God in jou laat groei sodat jy jou gawes reg kan gebruik. Daarom sê ons: die belangrikste is nie die gawes nie, nie dit wat jy doen nie, maar die vrug van die Gees, wie jy is. Dink bv. aan groot leiers in die Bybel. Moses was 'n wonderlike leier, maar sy gebrek aan geduld het hom sy ingang in die beloofde land gekos. Simson het 'n baie besonderse gawe gehad, Hy het geweldige fisiese krag gehad waarmee hy die Here moes dien, maar Simson het 'n swak karakter gehad. Hy het geen selfbeheersing gehad nie en dit het sy einde beteken. So menige van die konings van Israel. Dawid het wonderlike gawes gehad, maar sy gebrek aan selfbeheersing het hom amper sy koningskap gekos. Sonder goeie karakter kan die gawes van die Gees nie tot volle ontplooiing kom nie. Dink ook maar aan groot leiers in die moderne geskiedenis. Wie van hulle se bydraes was van blywende waarde? Daardie leiers met goeie karakter! Mense onthou hulle vir wie hulle was en nie soseer vir wat hulle gedoen het nie. Daarom geliefdes, sê die Here vanaand vir ons: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Dit blyk duidelik uit 2 Kor 3 dat een van die maniere waarop die Gees ons verander om meer soos Christus te word is deur die vrug wat Hy aan ons gee om te dra. Kom ons kyk samevattend net weer wat is die vrug van die Gees? Br. en sr., let mooi op: anders as by die gawes van die Gees gaan dit hier om een vrug van die Gees. Nie almal het dieselfde gawes nie. Daar is verskillende gawes en die Heilige Gees gee dit aan elkeen verskillend. Maar daar is net een vrug van die Gees: jy ontvang hulle almal as 'n eenheid. Jy kan nog sê: ek het nie hierdie of daardie gawe nie, maar hier sê die Here: jy moet die hele vrug van die Gees vertoon. Maw jy moet al die karaktertrekke wat die Gees in jou werk vertoon. Jy kan bv. nie sê ek is 'n vriendelike mens, maar moenie geduld van my verwag nie. Nee, soos wat die Gees Christus in ons te voorskyn laat kom so leer Hy ons om al die verskillende kante van die vrug te dra. Hierdie vrug van die Gees is dus innerlike of geestelike karaktereienskappe wat die Heilige Gees in ons werk. Daar is baie meer wat in die Skrif genoem word, maar kom ons kyk net na die 9 wat hier in ons teks voorkom. Die nege word in groepe van drie verdeel. Die eerste drie handel oor ons gesindheid: liefde, vreugde en vrede. Die tweede drie is gerig op die naaste: geduld, vriendelikheid en goedheid. Die laaste drie dui op innerlike krag of kwaliteite: getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Daardie eerste drie wat dui op ons gesindheid nl. liefde, vreugde en vrede kan ook weer in drie verdeel word. 1. Liefde dui op ons gesindheid teenoor mense 2. Vreugde of blydskap dui op ons gesindheid teenoor die lewe en ons roeping 3. Vrede dui op ons gesindheid teenoor ons omstandighede. Sien u, geliefdes, hoe hierdie vrug van die Gees bykans alles in jou lewe bepaal? Hoe jy dink, hoe jy optree en wat jy doen. Jou innerlike karakter bepaal alles. Kom ons kyk vir n oomblik hoe het Christus hierdie vrug van die Heilige Gees in sy lewe gedra. Ons kyk hoe het die heerlikheid van Christus gelyk wanneer Hy sy vrug gedra het want dit is tog die beeld wat die Gees in ons wil bewerk! Dis die heerlikheid van Jesus wat die Gees ook deur die vrug meer en meer in ons lewe wat laat skyn! Wanneer ons dit in Christus se lewe raaksien dan sal ons ook sien wat hierdie karaktertrekke in die praktyk beteken. 1. Liefde dit is omgee liefde. Dit is daardie gesindheid wat jy teenoor mense openbaar. Christus sê: niemand het groter liefde as dit nie, dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. En dit het Hy vir ons gedoen. Hy het sy lewe aan die kruis afgelê dat ons deel kan kry aan die vrug van die Gees. Dat ons hierdie nuwe lewe in ons kan dra. Hoe lief het ek en jy ons naaste? Sal jy jou lewe gee vir die mense hier rondom jou? 2. Blydskap of vreugde. Dit is jou gesindheid teenoor jou roeping. Dat ek my lewenstaak met vreugde vervul. Toe Christus sy laaste gebed vir sy dissipels bid het hy gevra: Vader, laat hulle deel in my vreugde Watter vreugde? Die vreugde om God te dien. Br. en sr. is jou lewenstaak en roeping vir jou 'n vreugde of las? 3. Vrede. Dit is jou gesindheid teenoor jou omstandighede. Toe Jesus die doodvonnis in die oë gekyk het en Pilatus hom vra of hy nie besef dat hy wat Pilatus is die mag het om hom ter dood te veroordeel nie, het Jesus gesê: U sou geen mag oor my gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie. Br en sr. die omstandighede waarin jy jou bevind ja, self die slegste, het jy vrede daarmee omdat God dit beskik.? Die volgende 3 karaktertrekke word teenoor ander mense geopenbaar: 4. Geduld of lankmoedigheid. Hoeveel keer het Jesus nie sy frustrasie met die gebrek aan insig by die volk verwoord nie en tog het Hy elke keer weer met geduld en lankmoedigheid hulle geleer, gesond gemaak en perspektief gegee. Miksien is die hoogtepunt van Jesus se geduld met mense en hulle swakhede as Hy aan die kruis sê: Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie. Br en sr, het jy daardie geduld in jou? Met jou mense rondom jou? Met jou familie, kinders en waar jy werk? 5. Vriendelikheid: As Judas kom om Jesus te verraai en hy vir Jesus soen dan sê Jesus vir hom: Vriend, doen wat jy gekom het om te doen Dit geliefdes is ware vriendelikheid selfs teenoor jou vyande. 3

Openbaar ons sulke vriendelikheid teenoor mense en ook teenoor ons vyande? 6. Goedheid. Jesus het rondgegaan, gepreek en mense gesond gemaak en dan staan daar in Matt. 9: 36: en toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig gejammer gekry. Goedheid is om iemand in nood jammer te kry en te help. Sien jy die nood van mense raak en doen jy iets vir hulle? Kry jy ook jammer en buig jy neer om te help? Die laaste drie karaktertrekke dui op innerlike krag. 7. Getrouheid teenoor mense maar veral teenoor God. Toe Jesus deur die duiwel versoek word en hy vir Jesus sê om hom te aanbid, het Jesus hom geantwoord: Jy moet God alleen aanbid en Hom dien. Geliefdes, is ons so getrou aan God? 8. Sagmoedigheid of nederigheid. Jesus, die Koning van die wêreld was sy dissipels se voete soos 'n slaaf. Nederigheid as gesindheid van hart waarmee jy lewe. Br en sr, is dit jou gesindheid of wil jy gedien word? 4 9. Selfbeheersing. Brs en srs, die Here Jesus leer ons selfbeheersing as hy in die tuin van Getsemane bid: Vader, laat nie my wil nie, maar U wil geskied. Selfbeheersing is om nie aan jou eie sondige begeertes toe te gee nie, maar God se wil te doen. Is dit ook jou begeerte? Geliefdes. So het ons Here Jesus Christus met die vrug van die Gees gelewe. Dit is die heerlikheid wat Hy uitgestraal het. En Hy het sy Gees gegee sodat ons die vrug van die Gees ook in ons lewe kan vertoon. Hoe meer ons die vrug van die Gees dra hoe meer vertoon ons die heerlikheid van die Here. Natuurlik kan ons dit nie volmaak doen soos Jesus dit gedoen het nie maar die Skrif leer ons hier: Die Heilige Gees verander ons deur sy vrug- sodat ons meer en meer soos Christus kan word. Dit is die genadewerk van Christus deur die Gees. Hy verander ons om soos Christus te lyk. Om die volle vrug te dra van wat die Gees in ons bewerk. Geliefdes, wat n wonderlike genade en voorreg om meer en meer die beeld van ons Here te vertoon. Hoe kan ons dan nog wil bly vashou aan die karaktertrekke van die ou sondige mens in ons? Gal 5 : 24 sê : ons behoort aan Christus. Hy het ons met sy bloed gekoop nie om dieselfde te bly soos toe ons nog sondaars was nie! Maar om nou deur die Gees te lewe en die Gees laat hierdie heerlikheid van ons Eienaar of Here ook in ons skyn! Kom ons ondersoek onsself en dit wat ons elke dag vertoon. Lyk ons meer en meer soos Christus of leef ons nog met die beeld van die ou mens in ons? Kom ons soek tussen die takke en blare van ons lewensboom na die vrug van die Gees! Is dit daar? Leef ek die lewe van Jesus na soos Hy my geroep het om in sy voetspore te loop? Kan ander ook pluk van die vrug van die Gees in my lewe?

Ondersoek jouself, wees bewus van jou swakheid van karakter, wees bewus van jou gebreke nie om daarmee vrede te maak nie maar om biddend die leiding van die Gees te vra en met die opregte begeerte om soos Christus te lewe. Vind in Christus die genade om daardie ou mens se karakter af te breek en saam met Jesus te kruisig en waarlik deur die Gees vernuwe te word. Ten slotte: Bid dat die Gees van God jou vul en verander sodat jy deur die genade van Christus kan sê: Ek lewe deur die Gees, die Gees sal ook my gedrag bepaal. Wat ek doen het geen waarde as ek nie die heerlike vrug van die Gees soos Christus dra nie! Amen. 5