ARBEIDSREG ABR214. T:

Vergelijkbare documenten
ARBEIDSREG ABR214. T:

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

ARBEIDSREG ABR214. T:

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

FAKTORE EN VEELVOUDE

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Lesing 5.2 Die kontrak Wilsooreenstemming Hoofstuk 4 (par ) in Nagel CJ (ed) Kommersiële Reg 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KONSTITUSIE VAN ARSO

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Elektriese Stroombane

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Paulus kritiseer sy tyd se manier

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

Les 14: Entrepreneurskap

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

NG GEMEENTE GOUDINI VOORGENOME HUWELIK INLIGTINGSTUK NAAM EN VAN:.. DATUM EN TYD VAN HUWELIK:

U moes teen hierdie tyd reeds die volgende studiebriewe ontvang het:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

2. Die skepping van die mens

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

TENDERVOORWAARDES. GRAAN SUID-AFRIKA Blok C Alenti Park, 457 Witherite Road, The Willows, Pretoria (hierna genoem die Verhuurder )

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

BTW. Werkstukke vir Hoofstuk 4 - DEEL 3

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 2 Junie 2015 Graad 11 Junie Eksamen Tyd: 2 uur Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Transcriptie:

ARBEIDSREG ABR214 Lesing 6 Die kontrak Handelingsbevoegdheid Hoofstuk 5 (par 5.01-5.50) in Nagel CJ (ed) Kommersiële Reg 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban.

LESING 6 (LEERUITKOMSTE) Verduidelik die begrip regsbevoegdheid. Definieer handelingsbevoegdheid. Onderskei tussen handelingsbevoegdheid en regsbevoegdheid. Onderskei tussen natuurlike en regspersone. Verskaf ʼn bondige verduideliking van die handelingsbevoegdheid en regsbevoegdheid van natuurlike- en regspersone. Noem en bespreek volledig die onderskeie tipes handelingsonbevoegde persone. Noem en bespreek volledig die onderskeie tipes beperkte handelingsbevoegde persone. Noem en bespreek volledig die onderskeie tipes handelingsbevoegde persone.

LESING 6 (INLEIDING I) Regsbevoegdheid Regsbevoegdheid is die vermoë om ʼn draer van regte en verpligtinge te wees. Alle persone het dus regsbevoegdheid. Let op die verskil tussen handelingsbevoegdheid (sien par 1.2) en regsbevoegdheid. Alhoewel ʼn infans handelingsonbevoeg is, is hy steeds regsbevoeg.

LESING 6 (INLEIDING II) Handelingsbevoegdheid Vermoë om ʼn regshandeling te verrig. Handelingsbevoegdheid bestaan uit 2 komponente: o Die bevoegdheid om ʼn wil te vorm. o Die bevoegdheid om ooreenkomstig daardie wil met ʼn gesonde oordeel te handel.

LESING 6 (INLEIDING III) Natuurlike persone Voordat bepaal kan word of ʼn persoon handelingsbevoeg is, moet die term persoon eers verstaan word: Persone het regsbevoegdheid omdat ʼn persoon die draer is van regte en verpligtinge. Daar word onderskei tussen natuurlike persone en regspersone. o Alle mense is natuurlike persone. Alle natuurlike persone beskik oor regsbevoegdheid alhoewel die status van die handelingsbevoegdheid kan verskil. Die status is dus ʼn aanduiding van die graad van handelingsbevoegdheid waaroor ʼn natuurlike persoon beskik. Kwaliteite (ouderdom, geslag ens) en omstandighede (huwelik, insolvensie ens) beïnvloed die status (graad van handelingsbevoegdheid) van ʼn natuurlike persoon. Die verskillende grade/ kategorieë van handelingsbevoegdheid is volkome handelingsbevoegdheid, beperkte handelingsbevoegdheid en handelingsonbevoegdheid. o Sekere groepe persone of entiteite kan regspersone wees. Voorbeelde is maatskappye, universiteite en beslote korporasies. Regspersone beskik ook oor regsbevoegdheid. Faktore wat die status van ʼn regspersoon se handelingsbevoegdheid kan beïnvloed is daardie regspersoon se kwaliteite (vermoë om handelinge te verrig soos vasgestel uit die regspersoon se skeppende dokument).

LESING 6 (HANDELINGSONBEVOEGDE PERSONE I) Algemeen Handelingsonbevoegde persone kan glad nie regshandelinge verrig nie.

LESING 6 (HANDELINGSONBEVOEGDE PERSONE II) Persone onder die ouderdom van 7 jaar ʼn Infans (persoon onder 7 jaar) kan regsbevoegdheid besit maar kan self geen handelinge verrig waaruit regsbevoegdheid (regte en verpligtinge) verkry kan word nie. Die voog van ʼn infans kan sekere regshandelinge (administrasie van die infans se boedel en onderhoud van die infans) namens hom verrig.

LESING 6 (HANDELINGSONBEVOEGDE PERSONE III) Geestesgebrekkige persone Daar bestaan ʼn vermoede dat alle persone geestesgesteld is, tensy die teendeel bewys word. Normale persone is o.g.v. geestesvermoë outomaties handelingsbevoeg, tensy ʼn oomblik van geestesgebrekkigheid bewys kan word wat dan handelingsonbevoegdheid tot gevolg sal hê. Gesertifiseerde geestesgebrekkige persone word egter vermoed geestesongesteld te wees totdat die teendeel bewys word. So ʼn persoon is dus outomaties handelingsonbevoeg tensy kan bewys word dat die persoon ʼn helder oomblik beleef het. Hierdie klas natuurlike persone beskik nie oor die vermoë om ʼn wil te vorm en/of ooreenkomstig daardie wil te handel nie. Geestesgebrekkige persone is nie net persone wat as sodanig gesertifiseer is nie. Persone kan a.g.v. verskeie faktore (soos hallusinasies) tydelik geestesongesteld word. Die kurator van ʼn geestesgebrekkige persoon moet regshandelinge namens hom verrig.

LESING 6 (HANDELINGSONBEVOEGDE PERSONE IV) Persone in ʼn staat van outomatisme of onder die invloed van drank/ verdowingsmiddels Indien iemand nie in staat is om ʼn wil te vorm en/of volgens sy wil te handel nie a.g.v. drank/verdowingsmiddels, is so iemand handelingsonbevoeg solank die onvermoë voortduur. Dit moet egter bewys word dat die persoon handelingsonbevoeg was a.g.v. die drank/verdowingsmiddels, en dat die graad van beswyming so ernstig was dat hy nie vir sy dade aanspreeklik gehou kan word nie. Enige regshandelinge gedurende hierdie toestande, is nietig. Daar bestaan ʼn vermoede van handelingsonbevoegdheid solank die toestand voortduur, tensy die teendeel bewys word.

LESING 6 (BEPERK HANDELINGSBEVOEGDE PERSONE I) Algemeen Hierdie tipe persone kan regshandelinge verrig slegs met die bystand van iemand anders. Bystand vul gebrekkige oordeelsvermoë aan.

LESING 6 (BEPERK HANDELINGSBEVOEGDE PERSONE II) Minderjariges Natuurlike persoon tussen 7 jaar en 18 jaar. Meerderjarigheid kan intree deur 18 jaar te word, deur die sluiting van n geldige huwelik of deur meerderjarigheidsverklaring deur die hof. Minderjarige moet deur ouer/voog bygestaan word om beperkte handelingsbevoegdheid aan te vul. Sekere kontrakte bind ʼn minderjarige en sekeres nie: Kontrakte wat minderjarige bind ʼn Minderjarige kan in die volgende omstandighede aan kontrakte gebonde wees: o Handelingsbevoegdheid van minderjarige Handelinge ingevolge waarvan minderjarige slegs regte, en geen verpligtinge, verkry bv ʼn skenking. ʼn Voog se bystand/toestemming is nie hier nodig nie. o Bystand/toestemming van voog Bystand vul handelingsonbevoegdheid van minderjarige aan. Bystand impliseer hulp en advies deur ouer/voog. Toestemming kan voor, gedurende of na verrigting van handeling verleen word. o Voog tree namens minderjarige op Voog staan nie minderjarige by nie of verleen nie toestemming nie, maar tree namens minderjarige op. Voog kan slegs in omstandighede wat tot voordeel van die minderjarige strek, namens minderjarige optree. o Addisionele toestemming vereis Sekere handelinge vereis nie net die toestemming/bystand van die voog nie, maar ook die toestemming van ʼn addisionele persoon bv die Meester en die Hooggeregshof (oppervoog van alle minderjariges). Indien sodanige addisionele toestemming wel vereis word (bv by die vervreemding van grond van ʼn minderjarige) en dan verkry is, sal die minderjarige gebonde wees. o Verbode handelinge Kan nooit deur minderjarige aangegaan word nie, bv ʼn verlowingskontrak voor puberteitsouderdom. o Emansipasie van minderjarige Emansipasie geskied wanneer die voog toestemming verleen dat ʼn minderjarige voortaan, sonder toestemming/bystand vir elke afsonderlike handeling, regshandelinge binne ʼn ekonomiese sfeer kan verrig. Hierdie toestemming kan herroep word. o Bedrieglike voorgee om meerderjarig te wees Indien ʼn minderjarige bedrieglik voorgee om meerderjarig te wees, word hy aan sy handelinge gebonde gehou. Restitutio in integrum Indien kontrak deur/namens minderjarige aangegaan word en tot nadeel van minderjarige strek, kan minderjarige op restitusie aanspraak maak. Kontrak word dan tersyde gestel en partye word geplaas in posisie waarin hulle verkeer het voor kontraksluiting. Minderjarige sal in die volgende gevalle nie op restitusie geregtig wees nie: o Indien minderjarige bedrieglik voorgegee het om meerderjarig te wees. o Indien minderjarige die kontrak bekragtig het nadat hy meerderjarigheid bereik het. o Waar aksie verjaar het. Kontrakte wat minderjariges nie bind nie In die volgende gevalle kan ʼn minderjarige nie aan ʼn kontrak gebonde wees nie: o Waar die voog regshandelinge in eie naam (en nie in die naam van minderjarige) verrig of waar die voog buite sy bevoegdheid handel of waar die voog sonder die vereiste aanvullende toestemming handel. o Waar die minderjarige as verteenwoordiger van die voog gehandel het. o Waar die minderjarige sonder bystand/toestemming opgetree het. Ratifikasie kan die partye egter gebonde maak. (Sien par 5.19 c)

LESING 6 (BEPERK HANDELINGSBEVOEGDE PERSONE III) Getroude persone Voor 1 Desember 1993 was daar gevalle waar n man maritale mag oor sy vrou gehad het. Die vrou was dan vir alle doeleindes van haar boedel (nie haar persoon nie) n minderjarige en het toestemming of bystand van haar man benodig vir sodanige handelinge. Hierdie maritale mag is egter afgeskaf. Die eerste onderskeid wat getref moet word is tussen huwelike binne gemeenskap van goed en huwelike buite gemeenskap van goed. n Tweede onderskeid is tussen huwelike voor 1 November 1984 en huwelike na 1 November 1984. Huwelike voor 1 November 1984: o Huwelike na 1 November 1984 o o o Binne gemeenskap van goed Hierdie tipe huwelik kon met of sonder die maritale mag van die man gesluit geword het. Soos reeds genoem is die maritale mag egter op 1 Desember 1993 afgeskaf. n Vrou kon sekere handelinge slegs met die toestemming van haar man verrig. Dit is vir u doeleindes nie nodig om na daardie gevalle te kyk nie, aangesien daar nie van u gaan verwag word om die geldigheid van n kontrak aangegaan voor 1 Desember 1993, te beoordeel nie. Vir alle regshandelinge aangegaan na 1 Desember 1993, geld dieselfde posisie as by huwelike binne gemeenskap van goed na 1 November 1984. Verwys dus na die relevante gedeelte hieronder. Buite gemeenskap van goed Drie situasies kon hier ontstaan het: (i) Partye kon slegs gemeenskap van goed uitgesluit het. Daar was dan 3 boedels die voorhuwelikse boedel van die man, die voorhuwelikse boedel van die vrou en die gemeenskaplike boedel van wins en verlies. Die man het tot 1 Desember 1993 beheer gehad oor al 3 boedels. Daarna word die partye se toestemming net vereis by handelinge wat die gemeenskaplike boedel bind. (ii) Partye kon gemeenskap van goed en wins en verlies uitgesluit het. Daar was dan 2 boedels die boedel van die man en die boedel van die vrou. Tot 1 Desember 1993 het die man beheer gehad oor beide boedels. Daarna word geen toestemming meer vereis nie, aangesien daar nie n gemeenskaplike boedel is nie. (iii) Partye kon gemeenskap van goed, wins en verlies en maritale mag uitgesluit het. Daar was dan 2 boedels maar die man het net beheer oor sy boedel gehad. Hier word steeds geen toestemming vereis nie, aangesien daar nie n gemeenskaplike boedel is nie. Binne gemeenskap van goed Hier is net 1 gemeenskaplike boedel. Soms is dit nodig dat partye mekaar se toestemming moet verkry voordat n regshandeling aangegaan kan word. Daar kan onderskei word tussen toestemming sonder formaliteite, skriftelike toestemming en skriftelike toestemming geattesteer deur 2 getuies. Indien toestemming vereis word en dit ontbreek, is handeling ongeldig en word boedel nie gebind nie. Waar n derde egter rederlikerwys nie geweet het van die gebrek aan toestemming nie, kan die boedel steeds gebonde gehou word. Partye moet mekaar se toestemming hê om te litigeer. Buite gemeenskap van goed Elke party het sy eie boedel ten opsigte waarvan n party ten volle handelingsbevoeg is en nie die toestemming van die ander party benodig nie. Die aanwasbedeling kan egter ter sprake kom (indien dit nie uitdruklik uitgesluit is nie) met ontbinding van die huwelik deur dood/egskeiding. Indien die aanwasbedeling geld word die aanwas van die onderskeie boedels gedeel.

LESING 6 (BEPERK HANDELINGSBEVOEGDE PERSONE IV) Verkwisters Indien n persoon die gewoonte het om sy geld te verkwis (en dus nie in staat is om sy eie sake behoorlik te bestuur nie) kan hy deur die hof tot verkwister verklaar word. n Kurator word dan aangestel om hom by te staan in die bestuur van sy sake. n Verkwister is dan in dieselfde posisie as n minderjarige (beperk handelingsbevoeg) en moet die toestemming van sy kurator verkry om geldige regshandelinge aan te gaan. Persone onder kuratele n Kurator kan ook vir n persoon aangestel word o.g.v. siekte, ongeluk, gebrek aan belangstelling ens. Hierdie kurator moet dan die persoon bystaan in die beheer van sy boedel. Let egter daarop dat toestemming van kurator nie vereis word nie (persoon is steeds ten volle handelingsbevoeg) maar slegs die bystand. Insolvente persone Indien n persoon gesekwestreer word, word daar n kurator aangestel wat beheer moet neem oor die insolvente boedel. Die insolvent kan nie met die bates van die insolvente boedel handel sonder die toestemming van die kurator nie. Daar kan egter bates wees wat na sekwestrasie bekom is en wat van die insolvente boedel uitgesluit is, ten opsigte waarvan die insolvent ten volle handelingsbevoeg is. Let ook daarop dat die beperking op handelingsbevoegdheid net ten opsigte van handelinge m.b.t. insolvente boedel is. Handelinge wat geen verband hou met solvensie/insolvensie nie, soos huwelike, word nie deur insolvensie beïnvloed nie en sal n party steeds in daardie gevalle ten volle handelingsbevoeg wees.

LESING 6 (VOLKOME HANDELINGSBEVOEGDE PERSONE) Persone wat nie in bg kategorieë val nie geag volkome handelingsbevoeg. Kan egter statutêre/ander maatreëls wees wat beperking op handelingsbevoegdheid kan plaas. Bv: Oneerlikheidsmisdryf direkteur van mpy.

LESING 6 (REGSPERSONE) Kunsmatig deur reg geskep. Aparte regspersoonlikheid. Voorbeelde: o Maatskappye o BK o Statutêre entiteite soos SAUK, ESKOM en UV. o Verenigings Vennootskap, een-man-saak en trust nie afsonderlike regspersone nie. Gemagtig om net sekere handelinge te verrig. (Registrasiedokument/statuut sal aanwys). Natuurlike persone tree op namens regspersone.