Lesing 5.2 Die kontrak Wilsooreenstemming Hoofstuk 4 (par ) in Nagel CJ (ed) Kommersiële Reg 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban.

Vergelijkbare documenten
ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T:

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T:

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

FAKTORE EN VEELVOUDE

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

ARBEIDSREG ABR214. T:

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

HOOFSTUK 9 Regspleging

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

TERME EN VOORWAARDES

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Vlotheid en intonasie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Sentraalbeplande stelsel

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Briewe, posseëls en elektroniese pos

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Les 14: Entrepreneurskap

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

AANSOEK OM STUDIELENING

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Foto-redigering vir sun.ac.za

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

REËLS VAN VEILING EN VOORWAARDES VAN VERKOPING DIE VOLGENDE SAL DIE VOORWAARDES VAN VERKOPING WEES WAARVOLGENS DIE EIENDOMME

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Elektriese Stroombane

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Gids vir Byvoordele eise

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

Paulus kritiseer sy tyd se manier

2. Die skepping van die mens

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

ARBEIDSREG ABR214. T:

Transcriptie:

ARBEIDSREG ABR214 Lesing 5.2 Die kontrak Wilsooreenstemming Hoofstuk 4 (par4.01-4.105) in Nagel CJ (ed) Kommersiële Reg 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban. LESING 5.2 (LEERUITKOMSTE) Noem die vereistes vir wilsooreenstemming. Bespreek die 3 teorieë wat aangewend word om te bepaal of wilsooreenstemming bestaan. Definieer die aanbod. Noem en bespreek die vereistes vir ʼn geldige aanbod. Bespreek die regsgevolge van ʼn aanbod. Bespreek die wyses waarop ʼn aanbod tot niet kan gaan. Definieer die aanname. Noem en bespreek die vereistes vir ʼn geldige aanname. Bespreek die regsgevolge van ʼn aanname. Waarom is die tyd en plek waar kontrak tot stand kom, belangrik? Bespreek die verskillende teorieë om te bepaal wanneer en waar ʼn kontrak tot stand kom. Bespreek veilings, opsies en voorkeurregte as spesifieke vorme van aanbiedinge. Bespreek wilsooreenstemming wat deur werklike wilsooreenstemming bereik word. Bespreek wilsooreenstemming wat deur veronderstelde wilsooreenstemming bereik word. Bespreek wilsooreenstemming wat deur regswerking bereik word. Noem en bespreek volledig die verskillende faktore wat wilsooreenstemming kan beïnvloed. 1

LESING 5.2 (TOTSTANDKOMING VAN WILSOOREENSTEMMING) Wilsooreenstemming is basis van alle kontrakte. Vereistes vir wilsooreenstemming: o Partye moet eensgesind wees t.o.v. gevolge wat hulle wil skep (ware bedoeling om gevolge te skep). o Partye moet saamstem dat bg gevolge, regsgevolge moet wees. o Partye moet besef dat hul oor al die bg saamstem. Die volgende tipes kontrakte word deur die reg erken: o Kontrakte wat op werklike wilsooreenstemming gebaseer is o Kontrakte waar ware wilsooreenstemming afwesig is maar deur regswerking erken word Drie teorieë bestaan om te bepaal of wilsooreenstemming wel bestaan: o Wilsteorie Algemeen aanvaarde teorie in SA. Ingevolge die teorie bestaan wilsooreenstemming omdat partye se werklike wille/bedoelings met mekaar ooreenstem. o Direkte vertrouensteorie Indien ware wilsooreenstemming afwesig is (omdat partye se bedoelings a.g.v. dwaling nie ooreenstem nie), kan vertroue wat party by ander party skep as ware wilsooreenstemming, as oënskynlike wilsooreenstemming erken word. o Verklaringsteorie Vind geen toepassing in SA nie. Partye is bloot aan verklarings gebonde, onafhanklik of daar ware bedoeling was al dan nie. Partye moet bewustelike kommunikeer/saamwerk om wilsooreenstemming te vorm. Party se wil moet uitgesproke wees (wilsverklaring) alvorens dit deur reg erken kan word. Wilsooreenstemming kan slegs bestaan indien partye se wilsverklarings in ooreenstemming met mekaar is. Wilsverklarings (uitdruklik/stilswyend/regswerking/skriftelik/mondeling/deur gedrag/deur veronderstellings) word gewoonlik tydens onderhandelinge gemaak. Wilsverklaring kan dan n aanbod, teenaanbod of aanname wees. LESING 5.2 (DIE AANBOD I) Inleiding Wilsverklaring (met die bedoeling om te kontrakteer) deur party (aanbieder) wat al die bedinge van die kontrak uiteensit waarkragtens die aanbieder bereid is om homself kontraktueel te verbind en wat by aanvaarding daarvan, regtens ʼn kontrak daarstel. Onderskei tussen ʼn aanbod en ʼn blote uitnodiging om sake te doen (advertensie). Vereistes vir geldige aanbod: o Aanbod moet volledig wees Alle bedinge, terme en kwalifikasies wat in uiteindelike kontrak ingesluit moet word. Indien later nog voorstelle in aanbod wil insluit, is dit teenaanbod. Indien partye ooreenkom om later oor sekere bedinge te besluit, is dit n onvolledige aanbod. o Aanbod moet tot die daadwerklike kennis van geadresseerde kom Moet van aanbod en inhoud kennis dra. o Alle bedinge en essensiële elemente moet in aanbod vervat wees Nie te vaag nie. Essensiële kenmerke van benoemde kontrakte moet in aanbod vervat wees. Sui generis kontrakte se aanbod moet volledig genoeg wees om n bindende kontrak tot stand te bring. o Aanbod moet duidelik, seker en ondubbelsinnig wees Ongekwalifiseerd sonder verdere toeligting aangeneem kan word. o Gewoonlik geen vereiste formaliteite nie Mondeling/skriftelik/uitdruklik/ stilswyend/deur woorde/deur gedrag. o Moet gemaak word met bedoeling omregsverbintenis te skep Aanbieder moet bedoel om regtens aan aanbod gebonde te wees. Aanbod moet van advertensie, sosiale afspraak, uitnodiging om besigheid te doen en n tender onderskei word. o Aanbod moet aan spesifieke persoon/groep persone gerig word Eers voltooid sodra dit tot kenis van geadresseerde kom. 2

LESING 5.2 (DIE AANBOD II) Regsgevolge van die aanbod Eensydige regshandeling wat nog nie regte en verpligtinge tot gevolg kan hê nie. Skep verwagting/geleentheid dat kontrak tot stand kom by die ongekwalifiseerde aanvaarding van die aanbod. LESING 5.2 (DIE AANBOD III) Totnietgaan van die aanbod Alhoewel aanbod alleen nie regsverbintenis skep nie, is potensiaal vir n regsverbintenis daar...sou aanbod aangeneem word. Aanbod kan dus nie vir ewig voortbestaan nie. Wyses waarop ʼn aanbod tot niet kan gaan is: o Afwysing van aanbod Van die hand wys/gekwalifiseerde aanvaarding/ teenaanbod o Herroeping van aanbod Voor aanvaarding en met daadwerklike kennis van geadresseerde o Tydsverloop Spesifieke geldigheidstydperk voorgeskryf in aanbod/binne redelike tyd o Dood van aanbieder/geadresseerde voor aanname Geen regte en verpligtinge nie o Handelingsonbevoegdheid Voor totstandkoming van die kontrak 3

LESING 5.2 (DIE AANNAME I) Inleiding Wilsverklaring (met die bedoeling om te kontrakteer) deur party (geadresseerde) waarkragtens hy sonder voorbehoud instem tot aanbod. Indien daar kwalifikasie tot aanname is, is dit teenaanbod en kom geen kontrak tot stand nie. LESING 5.2 (DIE AANNAME II) Vereistes vir geldige aanname Spesifieke regsubjek (party) aan wie dit gerig is, moet dit aanneem Slegs persoon aan wie aanbod gerig is, kan dit aanneem. Moet van aanbod en die inhoud daarvan bewus wees. Aanname moet duidelik, seker en ondubbelsinnig wees Inhoud moet vasstaan. Gewoonlik geen vereiste formaliteite Mondeling, skriftelik uitdruklik, stilswyend deur woorde of deur gedrag. Aanname moet presies met aanbod ooreenstem Wil van aanbieder en geadresseerde moet ooreenstem. Aanname moet tot kennis van aanbieder kom Aanbieder moet verneem dat aanbod aangeneem is. Geadresseerde moet ernstige bedoeling hê om aan aanname gebonde te wees Aanbod bring bepaalde regsgevolge tot stand en geadresseerde moet bedoel om aan so n kontrak gebonde te wees. 4

LESING 5.2 (DIE AANNAME III) [Regsgevolge van die aanname Ongekwalifiseerde instemming met wilsuitdrukking wat in aanbod vervat is. Het wilsooreenstemming tot gevolg, en dus ook geldige kontrak (as daar aan ander vereistes voldoen is). LESING 5.2 (TYD EN PLEK WAAR KONTRAK TOT STAND KOM I) Tyd en plek van totstandkoming van kontrak soms baie belangrik, aangesien dit relevant is t.o.v. die volgende aangeleenthede: o Bepaling van kontrakspartye se status, n.a.v. ouderdom, getroude status, geestestoestand, insolvensie, aanstelling, moontlike verteenwoordiging en vlak van volmag. o o o Bepaling van welke statute en regsbeginsels bestaan. Vasstelling van presies wanneer kontraktuele verpligtinge begin en kontraktuele regte verkry word. Vasstelling van watter hof jurisdiksie het om n dispuut t.a.v. die kontrak aan te hoor. Indien partye kontrak in mekaar se teenwoordigheid sluit, is daar gewoonlik nie vrae rondom tyd en plek van sluiting nie. Waar kontrak egter op verskillende plekke en tye gesluit word, kan probleme ontstaan om die spesifieke tyd en plek te bepaal. 5

LESING 5.2 (TYD EN PLEK WAAR KONTRAK TOT STAND KOM II) Die volgende teorieë bestaan wat gebruik kan word om vraag in n moeilike geval te probeer oplos: o Uitingsteorie Kom tot stand op plek en tydstip waar en wanneer geadresseerde sy wilsverklaring ter aanvaarding van aanbod maak. Aanbieder hoef nie kennis van aanname te kry nie. o Versendingsteorie Kom tot stand op plek en tydstip waar en wanneer geadresseerde sy wilsverklaring ter aanvaarding van die aanbod versend. Waar aanbod en aanname egter per pos, telegram of fonogram gedoen word, geld die versendingsteorie, mits daar aan die volgende vereistes voldoen word: Beide aanbod en aanname moet deur die pos gedoen word. Aanbieder moet nie n ander reëling in sy aanbod voorskryf nie. Algmene posdiens moet in werking wees. Brief van aanname moet korrek geadresseer wees. o Ontvangsteorie Kom tot stand op plek en tydstip waar en wanneer aanbieder die wilsverklaring ter aanvaarding van aanbod ontvang. Geld in SA in geval van kommunikasie via databoodskappe (e-pos, sms, webwerwe, interaktiewe telefone of televisies en edi) en kontrak word gesluit op die oomblik waar data boodksap die inligtingstelsel wat geadresseerde daarvan bedien, binnegaan, en vatbaar is vir herwinning en prosessering. Plek van kontraksluiting is plek waar geadresseerde gewoonlik woon/werk. o Vernemingsteorie Geld in SA. Kom tot stand op plek en tydstip waar en wanneer aanbieder daadwerklik van aanname van aanbod verneem. Gevalle waar kontrakte per telefoon, faksimilee of per teleks gesluit word. Plek waar kontrak gesluit word, word aan tydstip van kontraksluiting gekoppel. LESING 5.2 (BESONDERE AANBIEDINGS I) Veilings Is dit afslaer/bieër wat aanbod maak? o Indien veiling met voorbehoud (minimum koopprys/goedkeuring) gehou word, word aanbod deur bieër gemaak. o Indien dit sonder voorbehoud gehou word, maak afslaer die aanbod en word aanname gemaak deur die hoogste bod. 6

LESING 5.2 (BESONDERE AANBIEDINGS II) Pacta de contrahendo Kontrakte wat op toekomstige kontrakte gerig is, kan aangegaan word. Sodanige kontrakte is bindend in die volgende 2 gevalle: o Opsies Ooreenkoms deur opsiegewer om in toekoms met opsiehouer te kontrakteer. Opsie skep dus regte en verpligtinge. Opsiegewer hou substantiewe aanbod vir bepaalde tydperk vir die eksklusiewe aanvaarding deur die opsiehouer oop. Met uitoefening van opsie, word substantiewe aanbod aanvaar. o Voorkeurregte Reg wat deur voorkeurregverlener aan voorkeurreghouer verleen word om bloot eerste geleentheid te kry om aanbod te maak of te ontvang. Dus die reg om n potensiële toekomstige kontrak te sluit. LESING 5.2 (INHOUD VAN KONTRAK I) Inleiding Kontrak kom tot stand sodra aanbod ongekalifiseerd aanvaar word. Partye moet wilsooreenstemming bereik, maar wilsooreenstemming kan in verskillende kategorieë ingedeel word. Totale inhoud van n kontrak word deur hierdie verskillende kategorieë wilsooreenstemming bepaal. Dus sekere bedinge waar wilsooreenstemming fisies waargeneem kan word, sekere bedinge wat deur veronderstelde wilsooreenstemming of wilsooreenstemming deur regswerking daargestel word. 7

LESING 5.2 (INHOUD VAN KONTRAK II) Inhoud deur werklike/fisiese wilsooreenstemming Werklike wilsooreenstemming kan uitdruklik/deur gedrag bereik word: o Uitdruklike wilsooreenstemming Partye moet uitdruklike wilsooreenstemming bereik t.a.v.: Essentialia Wanneer kontrak gesluit word is dit spesifieke soort kontrak, bv koopkontrak/huurkontrak. Elke tipe kontrak het minimum kenmerkende eienskappe (essentialia) waaroor wilsooreenstemming bereik moet word. Essentialia onderskei elke tipe kontrak van ander tipe kontrak. Essentialia van elke tipe kontrak moet teenwoordig wees voordat kontrak as daardie tipe kontrak geklassifiseer kan word. Essentialia vir koopkontrak is bv die koop en verkoop aard, die koopsaak en die koopprys. Dus, sou partye koopkontrak wou sluit, moet hulle wilsooreenstemming bereik oor die essentialia van koopkontrak alvorens dit as n koopkontrak bestempel kan word. Incidentalia Bedinge waaroor partye ooreenkom om aan hule eiesoortige behoeftes te voldoen. Hulle kan byvoorbeeld ooreenkom dat besit van die koopsaak eers geneem kan word nadat die volle koopsom betaal is. o Wilsooreenstemming deur gedrag Partye druk gewoonlik hul werklike wilsooreenstemming skriftelik/mondeling uit. Werklike wilsooreenstemming kan egter deur gedrag ook uitgedruk word. Selfs al het dit deur gedrag (stilswyend) geskied, het werklike wilsooreenstemming plaasgevind. Voorbeeld: Wys met vinger na koerant. LESING 5.2 (INHOUD VAN KONTRAK III) Inhoud op grond van veronderstelde wilsooreenstemming Wilsooreenstemming kan bestaan selfs al het partye dit nie fisies bereik nie. Dit kan soms veronderstel/aanvaar word. Twee moontlikhede bestaan: o Stilswyende bedinge Ter sprake waar partye nie uitdruklik/stilswyend wilsooreenstemming bereik het nie. Let daarop dat n hof nie veronderstel is om n kontrak vir partye te sluit, te formuleer of te verbeter nie. n Hof kan egter bereid wees om by implikasie n ontbrekende beding in die kontrak in te voeg, sou die hof oortuig wees dat dit n inbegrepe beding is. Hof moet dus oortuig wees dat indien partye oor A wilsooreenstemming bereik het, dit noodwendig geïmpliseer het dat hulle oor B ook wilsooreenstemming gehad het. Voordat n hof so n veronderstelling sal maak, moet daar aan sekere vereistes voldoen word: Die invoeging van n stilswyende beding moet billik en redelik wees. o Moet op die gemeenskaplike bedoeling van al die partye gegrond wees. Moet seker wees en ondubbelsinnig op n oorwig van waarskynlikhede dui dat al die partye op die stilswyende beding ooreen sou gekom het indien hulle met kontraksluiting daarvan bewus sou gewees het. Stilswyende beding moet noodsaaklik wees vir besigheidseffektiwiteit. Die stilswyende beding self moet duidelik en ondubbelsinnig wees. Die invoeging moet noodsaaklik wees. Die stilswyende beding moet nie in stryd wees met n uitdruklike beding in die kontrak nie. Kaartjieskontrakte Wanneer een party n kaartjie aan n ander party uitreik met kontraksluiting waarin die bedinge van die kontrak vervat is of waarin daar na n dokument verwys waarin die bedinge vervat is. Die vraag is of die party aan wie die kaartjie uitgereik word, kontraktueel gebind is aan die bedinge vervat in die kaartjie of die bedinge waarna dit verwys. n Party sal wel gebonde wees indien daar aan die volgende vereistes voldoen word: Het die ontvanger geweet dat daar bepaalde woorde op die kaartjie voorkom? Het die ontvanger geweet dat die betrokke woorde na kontraksbedinge verwys? Indien die ontvanger se antwoord op albei vrae bevestigend is, is hy kontraktueel gebonde. Wanneer die antwoord op enige van die 2 vrae ontkennend is, moet n verdere vraag gestel word: Het die uitreiker alles in sy vermoë gedoen om die ontvanger se aandag te vestig op die feit dat woorde in die kaartjie na kontraksbedinge verwys? Indien die antwoord nou bevestigend is, is die ontvanger steeds gebonde. Indien nog steeds ontkennend, is die ontvanger nie kontraktueel gebonde nie. 8

LESING 5.2 (INHOUD VAN KONTRAK IV) Wilsooreenstemming deur regswerking Wilsooreenstemming kan bestaan sonder dat partye fisisies daarop ooreengekom het of sonder dat dit veronderstel is. Die gemenereg, wetgewing en sekere handelsgebruike sluit sekere bedinge in n kontrak in sonder dat partye wilsooreenstemming daaroor hoef te bereik: o Gemenereg Staan as die naturalia bekend. Die bedinge sal dus outomaties deel vorm van kontrak tensy partye dit uitdruklik uitsluit of wysig. Voorbeeld: Waarborg/voetstoots. o Wetgewing Soms statutêre bepalings van krag wat sekere bedinge insluit/uitsluit. Sodanige bedinge mag meesal nie gewysig/uitgesluit word nie. o Handelsgebruike Handelsgebruike vorm deel van n kontrak sonder dat partye uitdruklik of op n veronderstelde basis daarop hoef ooreen te kom. Voorbeeld: Rente op n oortrokke bankrekening. Handelsgebruik sal slegs deel van n kontrak vorm indien dit aan die volgende vereistes voldoen: Moet universeel en eenvormig in die betrokke handelssfeer toegepas word. Moet langgevestig wees. Moet welbekend wees. Moet redelik en noodsaaklik wees. Moet n presiese inhoud hê wat met sekerheid vasgestel kan word. Moet nie strydig met enige regsreël wees nie. Moet nie strydig met enige beding van die kontrak wees nie. LESING 5.2 (FAKTORE WAT WILSOOREENSTEMMING BEÏNVLOED I) Algemeen Kan soms op die oog af blyk of wilsooreenstemming bereik is, maar a.g.v. aanwesigheid van sekere faktore tog nie die geval is nie. Indien sodanige faktor aanwesig is, kan dit of veroorsaak dat daar geen kontrak tot stand kom nie (geen regsverbintenis) of dat die kontrak wel tot stand kom maar vernietigbaar is (vernietigbare regsverbintenis). Faktor wat kan veroorsaak dat kontrak nietig is (geen regsverbintenis), is dwaling. Faktore wat kan veroorsaak dat n kontrak vernietigbaar is (vernietigbare regsverbintenis), is wanvoorstelling, vreesaanjaging en onbehoorlike beïnvloeding. 9

LESING 5.2 (FAKTORE WAT WILSOOREENSTEMMING BEÏNVLOED II) Dwaling Dwaling ontstaan wanneer daar misverstand tussen een/meer partye is oor regsfeite, gebeure of toestande. Dwaling moet wesenlik en redelik wees alvorens dit n kontrak aanvegbaar kan maak. T.o.v. wilsooreenstemming kan dwaling betrekking hê op: o Beweegrede om te kontrakteer Aanleidende motivering was dwalend vir een/meer partye. Dwaling in beweegrede gee egter juis aanleiding tot wilsooreenstemming en totstandkoming van kontrak, en raak dit gewoonlik nie geldigheid van kontrak nie. As dwaling in beweegrede egter deur een van die partye veroorsaak is, sal dit die kontrak vernietigbaar (nie nietig nie) maak. o Inhoud/bestaan van kontrak Die volgende verskyningsvorms van dwaling is ter sprake: Dwaling t.a.v. die persoon Misverstand oor wie die partye is. Dit het nietigheid van die kontrak tot gevolg. Dwaling t.a.v. die naam van n party Misverstand is nie m.b.t. die identiteit nie. Dit het nie die nietigheid van die kontrak tot gevolg nie. Dwaling t.a.v. die aard van die kontrak Misverstand oor die tipe kontrak. Dit het die nietigheid van die kontrak tot gevolg. Dwaling t.a.v. prestasie Misverstand oor wat presteer moet word. Gewoonlik het dit die nietigheid van die kontrak tot gevolg. Maar as hierdie tipe dwaling n dwaling in die beweegrede is en die beweegrede deur die wanvoorstelling van een van die partye veroorsaak is, sal dit o.g.v. wanvoorstelling vernietigbaar wees. Ten einde n kontrak o.g.v. dwaling aan te veg, moet die volgende bewys word: o Party wat op kontrak wil steun, moet bewys dat daar ooreenstemmende wilsverklarings tussen die partye bestaan. o Party wat beweer dat kontrak nietig is o.g.v. dwaling moet bewys dat sy wilsverklaring, a.g.v. n wesenlike en redelike dwaling, nie sy ware wil weergee nie. Dwaling is wesenlik indien die aard en inhoud daarvan wilsooreenstemming negeer. n Dwaling is redelik indien daar: objektiewe omstandighede bestaan wat die dwaling regtens verskoonbaar maak; n onaanvaarbare/onregmatige wanvoorstelling deur die ander party gemaak is n regs- of openbaringsplig deur die ander party verbreek is. LESING 5.2 (FAKTORE WAT WILSOOREENSTEMMING BEÏNVLOED III) Wanvoorstelling Mededeling van valse feit. Wanvoorstellings word geklassifiseer as: o bedrieglike wanvoorstelling (opsetlik) o nalatige wanvoorstelling (nalatig) o skuldlose wanvoorstelling (nie opsetlik/nalatig nie) Alle kontrakte is o.g.v. n bedrieglike, nalatige of skuldlose wanvoorstelling vernietigbaar, mits wanvoorstelling wesenlik is. Skadevergoeding kan ook by bedrieglike/nalatige wanvoorstelling geëis word. 10

LESING 5.2 (FAKTORE WAT WILSOOREENSTEMMING BEÏNVLOED IV) Vreesaanjaging Kan tot gevolg hê dat persoon handel sonder dat hy die vermoë het om regtens n wil te kan vorm. Vrees maak hom tydelik handelingsonbevoeg en geen kontrak kom tot stand nie. Waar persoon steeds die wil het om n wil te vorm, maar wil gevorm word a.g.v. vreesaanjaging, is kontrak vernietigbaar. Vereistes voordat kontrak nietig/vernietigbaar o.g.v. vreesaanjaging kan wees: o Verklike geweld of redelike vrees wees. o Vrees moet veroorsaak wees deur n dreigement van n aansienlike euwel vir die kontraktant of sy familie. o Moet n dreigement met n dringende/onvermydelike euwel wees. o Dreigement moet strydig met die goeie sedes wees. o Morele druk wat uitgeoefen is, moet skade veroorsaak het. LESING 5.2 (FAKTORE WAT WILSOOREENSTEMMING BEÏNVLOED V) Onbehoorlike beïnvloeding Indien party deur ander party onbehoorlik beïnvloed word om te kontrakteer, kan kontrak op grond daarvan vernietigbaar wees. Vereistes: o Een party moet n onbehoorlike invloed oor die benadeelde party verkry. o Invloed moet die benadeelde party se teenstandsvermoë verswak en sy wil plooibaar maak. o Invloed moet op gewetenlose wyse uitgeoefen word. o Onbehoorlike beïnvloeding moet die oorsaak van die kontraksluiting wees. o Kontraksluiting moet benadeling veroorsaak. 11

12