IH Scholtz Preekmanuskrip Genesis 6:5-22 Mei 2017

Vergelijkbare documenten
die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesaja sien die Toekoms

n Tempel Leier besoek Jesus

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Deur Christus Alleen

Simson, God se sterk Man

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Pragtige Koningin Ester

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Baie welkom by vanoggend se erediens

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jona en die Groot Vis

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

'n Man gestuur deur God

Toe God alles gemaak het

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Wieis God Die skeppervan alles

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Van Vervolger tot Prediker

Geroep vir Gemeenskap

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Petrus en die Krag van Gebed

n Dubbele kruis-belydenis

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Les 1 vir 7 Oktober 2017

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

God eer Josef die slaaf

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

2. Die skepping van die mens

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Transcriptie:

Preektema: Suid-Afrika: In Wie is ons volkome Verlossing? Skrifgedeelte: Genesis 6:1-22 Teksgedeelte: Genesis 6:8 en 9 Inleiding Geliefdes, die afgelope tyd in Suid-Afrika is uiters uitdagend, om dit lig te stil. Moord, doodslag, korrupsie ens maak n groot deel uit van die daaglikse nuus in Suid-Afrika. Die grondslag vir die problem is egter sonde. Aan die eenkant lei ons ook uit die aard van die saak onder die sonde van ander. Ons sonde is egter ook deel van die probleem Het julle al mense gehoor oplossings bespreek vir die probleme in Suid-Afrika. n Mens kan dit in 2 hoofgroepe verdeel: - die oplossing as ons almal saam werk of - die oplossing lê as ons juis van mekaar skei: i. Aan die een kant is daar n geneigdheid om sosio-ekonomiese oplossings, sosiale opheffing, regte van mense, en selfs goedkoop versoening voor te hou as die antwoord op die probleem van sonde. a. Die wêreld verkondig as mense net mekaar meer lief het dit die probleem gaan oplos. b. Of as ons net meer wetgewing het c. of as ons net vir meer mense Universiteitsopleiding kan gee d. of as meer mense net wyser kan optree of watokal. Ons is maklik geneig om die goed voor te hou asof dit die probleem in sy kern aanspraak. Dit doen nie dit is onvolkome verlossing. Dis tydelik dit perk dalk sonde effens in maar dit los nie die probleem van sonde op nie. Sommige ouens glo nie eers die probleem is sonde nie. ii. Aan die anderkant is daar n gevaar om onsself te onttrek van die samelewing en te dink dit is die oplossing. Die strewe na onafhanklikheid voor te hou as n antwoord op die probleem van sonde. Dit is nie n oplossing nie hoekom nie? Want die sonde is nie daar buite soseer nie die sonde is primêr in jou hart! Die verleiding is daar buite maar sonde is in jou hart. Daarom is dit goed om nie met sonde op jou voorstoep te speel nie, maar dit los nie die probleem op nie. 1 b l a d s y

Agtergrond Daar is so baie om te preek uit Genesis 6, ons gaan vanoggend, net raak aan die breë lyne van die betekenis van God se genade, verlossing, hoop en oordeel. Daar is baie gedeeltes in die Vloedgeskiedenis wat uitgelê moet word. Weereens soos alle gedeeltes in die Bybel moet Noag se geskiedenis binne die groter konteks van Genesis en ook die Bybel geplaas word. Blaai saam met my deur die begin van die Woord en sien hoe alles in mekaar steek: - Genesis 1 en 2 handel oor God se skepping en die daarstel van n ruimte waarbinne die mens die liefde tot God en sy naaste kan uitleef. - Hoofstuk 3 teken vir ons die val van die mens en die sonde wat deel geword het van die mens se bestaan. Dit wat die kernprobleem is. - In Hoofstuk 4 leer ons van die eerste moord, as Kain vir Abel doodslaan. - Daar gebeur egter iets meer - beginnende in Genesis 4 wat direkte verband het met Genesis 6. Lees saam met my Genesis 4:17,23-24: En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar 23En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan n man dood wat my wond en n seun wat my kwes. 24Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar Lameg sewen-en-sewentig maal. Daarteenoor kyk na Genesis 4:25-26: 25En Adam het sy vrou weer beken, en sy het n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. 26En ook vir Set is n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die Here begin aanroep Let op Kain en sy nageslag roep nie die Here aan nie inteendeel. Sy nageslag is wreedaards daarinteen roep Set se nageslag die Here aan. Hierdie twee lyne meng met mekaar en daar kom n geslag wat tot op die been verdorwe en vrot is van die sonde. Lees saam met my Genesis 6:1-7: 6 TOE die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, 2sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. 3Toe sê die Here: My Gees sal nie vir ewig in die mens 2 b l a d s y

heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar. 4In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. 5Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 6het dit die Here berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. 7En die Here sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het. 8Maar Noag het genade gevind in die oë van die Here. Dit is die aanleiding tot die sondvloed. Die verdorwenheid van die mensdom bereik n punt waar die ongeregtigheid van die mensdom vol word. God het berou dat Hy die mens gemaak het. Noag het egter genade in God se oë gevind. God gaan Noag gebruik en 8 mense red deur die vloed heen. Genesis 6:8 Maar Noag het genade gevind in die oe van die HERE 9Noag was n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel. Dis interessant om hier op te let ook van Henog word dit gese in hoofstuk 5:24 en Henog het met God gewandel Die voorsate van Noag het dus God aanbid en Hom gedien soos ons reeds aangetoon het. Hier is n volgende interessante feit. As mens die tydlyn gaan trek dan kom mens agter dat geeneen van die regverdige mense wat God gedien het, het omgekom het in die vloed nie. Hulle almal sterf voor die vloed kom. Die wat die Here opreg dien kom nie om in die oordeel van God nie. Ons sou dink die sondeprobleem is nou opgelos. Een van die kerndinge wat ons egter hier moet raaksien is: die vloed wis nie die sonde uit nie. Nadat Noag van die boot afklim duur die sonde voort: - Noag klim van die boot af en dit lyk asof die eerste ding wat hy doen is om dronk te word (vgl. Genesis 9:21) dus om te sondig. - Genesis 11 vertel van die Toring van Babel. Waar mense weereens in opstand kom teen God. Die sonvloed en Noag se ark is nog vars in hulle geheue, maar tog kom hulle weer in opstand. Hulle wil self gode wees. Die probleem wat ons steeds vandag het. Ons verafgod so maklik. - Abraham se voorouers wat heidense afgode aanbid (vgl. Gen 11:28-32; Gen 12). Na die vloed brei die sonde weer uit word die sonde weer meer. Plant die sonde weer voort. 3 b l a d s y

Onvermoeë/Verheerlikte Christus Die vloed is onvolkome verlossing. Die vloed is nie die oplossing vir sonde nie. Dit perk dit wel in omdat daar minder mense is wat kan sondig maar dit los nie die eintlike probleem op nie. Net so het ons op aarde dinge wat onvolkome verlossing bring, maar eintlik nie die probleem van sonde aanspreek nie. Voor ons verder gaan let op wat doen sonde aan God. Dit maak God hartseeer! Ons sonde maak ook God hartseer. Lees saam met my vers 5-6: Toe die Here sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. Die vloed is dus onvolkome oordeel en onvolkome verlossing van God oor die sonde. Die Volkome finale verlossing deur n Finale Verlosser is nog op pad. Die onvolkome verlossing bly onvolkome solank mense in hulle sondige toestand voorbestaan. Dis egter nie die enigste plek nie. Ook in ons lewe is daar dinge wat onvolkome verlossing bring. Kom ons kyk na n paar voorbeelde: - Die polisieman wat sy werk getrou doen en n skurk in hegtenis neem is besig om onvolkome verlossing toe te pas. Die polisieman is besig om gehoorsaam te wees aan dit wat die Here hom voor geroep het. Die polisieman neem die skurk in hegtenis en sit die skurk in die tronk. Die sonde is dus ingeperk maar die oorsaak van die sonde is nog nie aangespreek nie. Daar moet ware bekering kom by die skurk voordat die koninkryk van God in al sy konsekwensies gekom het. Die Evangelie moet verkondig word aan die skurk! - Die uitdeel van kos aan armes is wonderlike werk. Dit bly egter onvolkome, tensy die Evangelie ook aan hierdie mense verkondig word soos aan almal en daar ware bekering kom. Selfs die verkondiging van die Evangelie belowe nie bekering nie. Daar waar ware bekering plaasvind, daar het volkome verlossing gekom. Daarmee sê ek nie alle arm mense is ongelowig nie dit gaan oor kosuitdeel is steeds net onvolkome, halwe verlossing. Ons moet ook die Evangelie bring aan mense! Die gevaar is dat ons hierdie dinge, wat eintlik net onvolkome verlossing is, begin beskou as volkome verlossing van sonde. 4 b l a d s y

Hier is die kerngedagte: Geen ideologie of ideaal los van die vervulling/verlossing van Jesus Christus is die ware volkome antwoord op die sonde nie. Slegs Christus FCF: Daar is slegs Een wat n volkome Antwoord kan wees vir sonde. Die Saad waaruit die Verlosser sal kom, is reeds aanwesig in die kinders van Noag op die ark, vergelyk maar die stambome wat Christus bevat. Noag en sy gesin alleen op die boot, het die simbool van hoop en verlossing geword, al was dit onvolkome verlossing. Slegs in geloof in Christus Jesus lê die ware Antwoord die volkome verlossing. Wat is dus die antwoord vir die wêreld vir Afrika vir Suid-Afrika op die probleem van sonde wat die grondslag vorm van alle ander probleme? Geloof in Jesus Christus is die Antwoord op sonde. Hoe lyk ons lewe dus as ons hierdie in ag neem? - Hou ons nog vas aan voorbeelde van onvolkome verlossing omdat ons, ons hoop daarop geplaas het? - Leef ons getrou elke dag ons roeping uit as polisieman, bakker, huisvrou, prokureur ens. omdat ons daardeur wel die sonde help inperk. Meer nog gebruik ons geleenthede wat oor ons pad kom om die Ware Verlossing te verkondig in Jesus Christus? Hoe kan jy in jou werk nie net sonde inperk nie, maar terselfdertyd die Ware Verlossing bring? - Is ons deel van die probleem van sonde dalk nog, leef ons dalk op so n manier dat ons nie sonde inperk of die Ware Verlossing bring nie maar eintlik die sondeprobleem groter maak of selfs die oorsaak is van sonde? Jy en ek is deel van die probleem. Kom ons vat saam/lof Die ongeregtigheid in Noag se tyd het God hartseer gemaak, die ongeregtigheid in 2017 maak Hom hartseer. Wanneer Hy egter gaan oordeel sal Hy regverdig wees. Daarom moet ons soos Noag Hom soek, in opregtheid nadat ons genade by Hom gevind het, met die vaste vertroue dat ons as verbondskinders, soos Noag verseker is dat God gaan oordeel soos Hy wil volgens Sy tyd. Terselfdertyd moet ons ook weet dat die Antwoord op die ongeregtigheid is geloof in Jesus Christus. Ons moet nie net sonde help inperk in ons werkplek of huis of skool of waarokal nie ons moet ook die Volkome Verlossing in Jesus Christus verkondig. Kom ons gaan doen dit omdat ons weet: Hy is ons Volkome Verlossing! Amen. 5 b l a d s y