6. Wat keer my? Markus 10:17-31

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesaja sien die Toekoms

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

n Tempel Leier besoek Jesus

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

Van Vervolger tot Prediker

Welkom by Die Storie God se storie

Die brief aan die Filippense

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

FAKTORE EN VEELVOUDE

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Jona en die Groot Vis

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Die Groot Gebod dennis de wet

Goeie Konings, Slegte Konings

Pragtige Koningin Ester

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

22. Reëls vir die pad die Padmaker

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

26. Kies wysheid 1 Konings 3

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Transcriptie:

6. Wat keer my? Markus 10:17-31 Tema Daar is dinge wat ons kan keer om Jesus voluit te volg. Agtergrond en interpretasie Ons kies Markus se weergawe van hierdie verhaal omdat dit twee interessante elemente bevat. In vers 21 staan daar dat Jesus die jongman liefgekry het; in vers 30 voeg Markus in dat daar in die nuwe bedeling ook vervolging is. (Ons aanvaar hierdie ontmoeting val in Lydenstyd.) In Woord teen die Lig I/8 beklemtoon Coenie Burger die volgende: 1. Markus praat hier met die dissipels (en met almal wat in die toekoms sal glo) oor wat dit beteken om Christus na te volg. 2. Navolgers van Jesus verstaan nie altyd wat Hy van hulle verwag nie. 3. Navolgers van Jesus huiwer wanneer hulle hoor van die kruis en lyding (die derde aankondiging van Jesus se dood volg net ná hierdie perikoop). 4. Dit gaan hier oor dissipelskap: a. Dis radikaal. b. Die suigkrag van geld en besittings kan maak dat jou roeping om Jesus te volg onsuksesvol is. c. Jy tree uit ʼn sekere soort wêreld en jy betree ʼn nuwe gemeenskap. Die voorafgaande gedeelte gaan oor kinders wat die koninkryk ontvang. Hierdie gedeelte gaan oor die vraag oor wat iemand wat vir Jesus wil volg, moet doen (hoe ons ons geloof uitleef). Jesus haal in vers 19 net gebooie oor naasteliefde (en nie oor liefde vir God nie) aan, want dit is op hierdie vlak dat daar ʼn probleem is. Al het Jesus hierdie jongman lief en al praat Hy reguit met hom, is die roeping onsuksesvol. Die jongman stap bedruk weg. Vir dié wat in die ryk jongman se skoene geklim en gehou het van die manier waarop Jesus hom liefgekry het, is die wegstap -deel die oomblik van waarheid. Vers 27: Dissipelskap beteken om te leef met die verwagting en die vertroue dat ʼn nuwe orde inderdaad gedaal het en dat die Garant (=die Een wat dit waarborg) van die orde nie net die moontlike nie, maar ook die onmoontlike kan doen (Coenie Burger, Woord teen die Lig I/8, 122). Vir volgelinge van Jesus is dit duidelik dat hulle nie die koninkryk of ewige lewe kan verdien nie, maar dat hulle geroep word om Jesus sonder voorbehoud te volg en te ervaar hoe God self die onmoontlike doen. Dissipels van ʼn Joodse leermeester soos Jesus sou hulle familie en werk agtergelaat en hulle hele lewe daaraan toegewy het om soos hulle leermeester te word. Geld kan egter soos boeie word wat jou gevange

hou binne ʼn sekere soort denke en in ʼn ruimte waar mense mekaar gebruik om nog meer geld te maak, maar nie vir mekaar versorg soos in ʼn huisgesin nie. Binne hierdie nuwe huisgesin ervaar jy egter ook vervolging (lyding). Dissipels kan in die versoeking kom om soos minderwaardige mense (laastes) te voel en te leef. Jesus help hulle om anders oor hulleself te dink en moedig hulle daarom aan om met vreugde in hierdie nuwe samelewing te leef wat God vir hulle moontlik gemaak het. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte Hoofgedagtes van die ontmoeting Lees Markus 10:17-22 1. Jesus praat met die jongman, maar hy sukkel om Jesus se (liefdevolle) uitnodiging te aanvaar. Lees Markus 10:23-27 2. Jesus praat met sy dissipels en help hulle om te verstaan dat God alleen dit moontlik maak om ʼn volgeling van Jesus te wees. Lees Markus 10:28-31 3. Jesus praat met Petrus en sy ander volgelinge oor sy nuwe koninkryk. Uitkoms 1. Ervaar: Gaan staan eers in die skoene van die ryk jongman, en dan in Jesus se dissipels se skoene. Voel die ongemaklikheid. Vind uit wat ons kan keer om Jesus met volle oorgawe te volg. 2. Aanvaar: Aanvaar die uitnodiging tot God se koninkryk terwyl jy ontdek God doen dinge in jou lewe wat vroeër vir jou onmoontlik gelyk het. 3. Insig: Dissipels kry ʼn nuwe familie; hulle ervaar swaarkry in hierdie lewe, maar ontvang ook die ewige lewe. Hulpmiddels by die storie 1. Die name van Jesus se 12 dissipels op afsonderlik stukkies papier of karton geskryf. Skryf ook Jy op ʼn ekstra stuk papier of karton. 2. Iets waarop jy al die name kan plak sodat die hele groep dit kan lees. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Kleurpenne en -potlode, of tydskrifte wat opgeknip kan word. 2. Gom. 3. Ballonne of ou koerantpapier wat in balle opgefrommel kan word. Senior kleingroep Bring saam 1. ʼn Witbord, swartbord of blaaibord. 2. Penne of bordkryt om daarop te skryf.

Die storie Begin Wat beteken dit om ʼn dissipel van Jesus te wees? Ken julle die name van Jesus se dissipels? Opmerking: Gebruik hier die 12 name van Jesus se dissipels en plak dit op sodat die groep dit kan sien. Indien die groep ʼn paar dissipels se name nie ken nie, kan jy net die name noem en dit opplak.) Behalwe vir die 12 dissipels, wat Jesus ook apostels genoem het, het Jesus baie ander volgelinge gehad. Ons noem Jesus se volgelinge sy dissipels. Ons wat vandag vir Jesus wil volg, word ook sy dissipels genoem. Toe Jesus nog hier op aarde was, het baie mense Hom gevolg. Jesus het van dorp tot dorp gestap en die mense geleer. Baie mense het saam met Jesus gegaan, al was dit vir hulle moeilik. Hulle het gegaan waar Hy gegaan het en gedoen wat Hy gedoen het. Jesus het ná sy opstanding uit die dood na die hemel opgevaar. Tog is Hy steeds hier op aarde omdat Hy sy Gees vir ons gestuur het. Waar, dink julle, werk Jesus vandag in ons wêreld? (Gee geleentheid vir ʼn paar antwoorde.) Hoe, dink julle, kan ons vandag Jesus se dissipels wees wat Hom volg? (Gee geleentheid vir ʼn paar antwoorde.) Kom ons lees nou ʼn verhaal van iemand wat vir Jesus wou volg. Hoor Moment 1: Markus 10:17-22 Jesus nooi die jongman vir wie Hy liefgekry het Hierdie verhaal begin opwindend. Jesus is reeds op pad uit die dorp toe ʼn jongman aangehardloop kom en by sy voete neerval. Hy was seker baie gretig om met Jesus te praat voordat Hy weggaan. Die jongman vra toe vir Jesus hoe mense deel van God se koninkryk kan word. Jesus het vir hom van God se gebooie vertel, maar die jongman antwoord toe dat hy reeds hierdie gebooie nakom. Hierna rig Jesus ʼn groot uitdaging aan hom: Hy vra van die jongman om al sy besittings te verkoop, die geld vir die armes te gee en dan saam met Jesus te gaan. Dit was vir die ryk jongman ʼn baie groot uitdaging. Of hy toe wel sy besittings gaan verkoop en vir Jesus gevolg het, weet ons nie. Sy rykdom was egter vir hom baie belangrik. Hy was baie lief vir sy besittings. Ons lees nêrens dat hy dit wel gaan doen en na Jesus toe teruggegaan het nie. Jesus se uitnodiging was baie spesiaal. Die jongman het gesorg dat hy baie besittings het; hy het gesorg dat hy al God se gebooie nakom. Maar toe Jesus hom vra om weg te kyk van homself en vir ander mense te begin leef en sorg, kon hy dit nie doen nie. Sy prioriteite sou moes verander.

Ek wonder wat Jesus vandag vir ons sou gesê het as ons dieselfde vraag as die ryk jongman vir Hom kon vra. Wat sou Jesus van ons vra? Hoe sou ek of jy daar weggestap het? Moment 2: Markus 10:23-27 Jesus praat met sy dissipels Jesus se volgelinge was seker baie geskok oor wat Hy van die ryk jongman gevra het. Maar toe sê Jesus iets wat hulle nog meer moet geskok het: Jesus het gesê ʼn ryk mens kan baie moeilik deel van God se koninkryk word. Eintlik is dit vir ʼn kameel baie makliker om deur die oog van ʼn naald te gaan as vir ʼn ryk mens om in God se koninkryk in te gaan. Dit is tog heeltemal onmoontlik vir ʼn kameel om deur die oog van ʼn naald te gaan. Die dissipels was geskok. Die enigste manier hoe enige mens in die koninkryk van God kan kom, het Jesus gesê, is as God ons deel van sy koninkryk maak. Dit is wonderlike nuus! God self maak ons deel van sy koninkryk. Hy self verander ons. Opmerking: Sommige mense beweer hierdie stelling oor die oog van n naald is ʼn woordspeling, of dat Jesus hier na ʼn hekkie in Jerusalem se muur verwys. Daardie hekkie is egter eers baie eeue ná Jesus se tyd gebou. Jesus het hier waarskynlik eerder ʼn hiperbool gebruik om sy punt te beklemtoon.) Moment 3: Markus 10:28-31 Jesus praat vir Petrus en sy ander volgelinge moed in Ná al die onverstaanbare dinge wat Jesus gesê het, sê Petrus hy en die ander dissipels sal alles agterlaat om Jesus te volg. Dalk was Petrus bang hulle besluit om alles te los en vir Jesus te volg was puur verniet. Jesus troos dan vir Petrus en maak sy oë oop om te sien dat al sal baie mense baie dinge agterlaat om Hom te volg, hulle eintlik baie meer ontvang. Hulle raak immers deel van God se groot familie in sy koninkryk. Hierdie nuwe koninkryk is egter nie een sonder swaarkry nie. Jesus sê duidelik hulle sal vervolg word. Maar Hy troos hulle ook en sê: Al sy volgelinge wat swaarkry (almal wat voel hulle is laaste), sal weer blydskap ervaar. Om deel van God se koninkryk te wees is ʼn fees. Dink Dink aan alles wat vir jou belangrik is. Is dit dalk ʼn besitting, ʼn mens of iets wat jy doen of graag wil hê? Miskien spaar jy om iets te koop, of dalk wag jy om iets te kry of te doen. Dink nou aan iemand wat niks het nie, of aan iemand wat swaarkry. Dink aan mense wat niks het nie. Dink nou aan wat Jesus dalk vir jou sal vra om prys te gee of weg te gee sodat jy Hom beter kan volg. Wat sal dit wees? Is dit meer as een ding?

Leef Jesus het die ryk jongman genooi om alles wat hom gekeer het, agter te laat en Hom voluit te volg. Jesus het sy dissipels daarop voorberei dat die lewe nie altyd vlot sal verloop nie. Hy het hulle egter getroos deur hulle te help om met ander oë te kyk na mense en na alles wat God vir sy volgelinge gee. Opmerking: Gebruik hier die woord Jy en plak dit by die name van Jesus se 12 apostels. Jesus nooi ook vir jou om Hom te volg. Jesus kry mense lief wanneer Hy na hulle kyk. Jesus is lief vir jou

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Verwelkom die kinders elkeen op hulle naam. Maak tyd om te hoor hoe dit met elkeen gaan. Vra hoe hulle week was. Vra hulle of hulle die Wegstuur/Huisgeloof-afdeling van elke week doen en of hulle nog met hulle Lydenstyd-almanakke besig is. Wegspring Laat die kinders ballonne opblaas of koerantpapier in balle opfrommel totdat daar sommer baie is, te veel vir een mens om te dra. Laat almal wat wil dan beurte maak om te kyk wie soveel moontlik ballonne of koerantpapierballe kan vashou én ʼn opdrag kan uitvoer. Hulle kan byvoorbeeld die opdrag kry om oor ʼn stoel te klim of om te gaan lê en op te staan terwyl hulle die ballonne of koerantpapierballe vashou. Kyk wie die taak kan uitvoer sonder om een ballon of bal te laat val. Vra hulle wat hulle uit die oefening leer. Antwoord: As ek baie dinge vashou, kan ek sekere take nie doen nie. Werksaam 1. Kan jy al 12 Jesus se dissipels se name onthou? Skryf dit in die blokkies in jou werkboek neer. Jy kan Markus 3:16-18 lees as jy vashaak. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. Antwoord: Simon (ook Petrus genoem), Jakobus, Johannes, Andreas, Filippus, Bartolomeus (ook Natanael genoem), Matteus (ook Levi genoem), Tomas (ook Didimus genoem), Jakobus (seun van Alfeus), Taddeus (ook bekend as Judas), Simon (die Kananeër; die Seloot, of fanatikus) en Judas (ook bekend as Judas Iskariot). Opmerking: Die vier Evangelies gee soms verskillende name vir dieselfde dissipels. Party het byname gehad, soos Simon wat die bynaam Petrus by Jesus gekry het. 2. Skryf nou in die drie oop blokkies die name van drie mense wat ook volgelinge van Jesus wou wees, of wat Hom vandag wil volg.

Opmerking: Hulle antwoorde kan die ryk jongman, ek of jy insluit. Hierdie antwoorde is natuurlik almal reg. Enige ander voorstelle soos my ma of die dominee is ook reg. 3. Blaai deur die tydskrifte en knip ʼn paar dinge uit wat jy het of doen en wat jy nie graag sal wil prysgee nie. Plak (of teken) dit aan die linkerkant van die kruis. Plak (of teken) nou iets aan die regterkant van die kruis wat jou aan arm mense laat dink. Teken jouself dan in die middel op die kruis. Opmerking: Help die groep hiermee en gesels met hulle oor wat hulle teken of vasplak. Wegstuur/Huisgeloof 1. Praat by die huis saam oor hierdie stelling: Jesus help ons om meer soos Hy te wees. 2. Wys vir jou huismense wat jy in jou werkboek geteken of geplak het. 3. Bid vir arm mense en vra dat die Here vir julle sal wys wat julle kan doen om te help. 4. Teken of plak prente van arm mense wat swaarkry op julle Lydenstydkalender.

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Verwelkom die kinders elkeen op hulle naam. Maak tyd om te hoor hoe dit met elkeen gaan. Vra hoe hulle week was. Vra hulle of hulle die Wegstuur/Huisgeloof-afdeling van elke week doen en of hulle nog met hulle Lydenstyd-almanakke besig is. Wegspring Gesels saam hieroor: 1. Wat kry jy graag present? 2. Wat is vir jou lekker om te doen? 3. Wat is jou kosbaarste besitting? 4. Wat wil jy nie graag weggee nie? 5. Wat is vir jou so lekker in die lewe dat jy nie graag daarmee wil ophou nie? Wonder Sit doodstil met jou toe oë. Dink weer oor vandag se verhaal. 1. Waarom wou die ryk jongman aan die begin van die verhaal vir Jesus volg? 2. Vir wie het die ryk jongman omgegee? 3. Wat was die belangrikste dinge in sy lewe? 4. Wat het Jesus van hom gevra? 5. Waarom was die ryk jongman so hartseer? 6. Dink nou oor jouself: As ek die ryk jongman was, sou ek Werksaam 1. Kan jy al 12 Jesus se dissipels se name onthou? Party het byname of twee name gehad. Skryf hulle name hieronder neer. (Lees Markus 3:16-18; Matteus 10:1-4; Lukas 6:12-16 en Johannes 1:35-51 as jy vashaak.) 2. Skryf langs elke dissipel se naam iets oor hom neer. 3. Skryf dan iets oor die ryk jongman neer. 4. Skryf nou jou naam in die heel laaste blokkie. Skryf langs jou naam iets oor jouself neer. 1. 2. 3. 4. 5.

6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. Die ryk jongman Antwoord: Simon (ook Petrus genoem), Jakobus, Johannes, Andreas, Filippus, Bartolomeus (ook Natanael genoem), Matteus (ook Levi genoem), Tomas (ook Didimus genoem), Jakobus (seun van Alfeus), Taddeus (ook bekend as Judas), Simon (die Kananeër; die Seloot, of fanatikus) en Judas (ook bekend as Judas Iskariot). Opmerking: Die groep kan almal saam aan hierdie opdrag werk. Gebruik ʼn blaaibord om hulle gedagtes neer te skryf voordat hulle dit self in hulle werkboeke neerskryf. Wegstuur/Huisgeloof 1. Praat by die huis saam oor hierdie stelling: Jesus help ons om meer soos Hy te wees. 2. Wys vir jou huismense wat jy in jou werkboek geskryf het. 3. Bid vir arm mense en vra dat die Here vir julle sal wys wat julle kan doen om te help. 4. Teken of plak prente van arm mense wat swaarkry op julle Lydenstydkalender.