BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28.

Vergelijkbare documenten
Jesaja sien die Toekoms

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Welkom by Die Storie God se storie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

n Tempel Leier besoek Jesus

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die Kerk se Geboorte

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Les 1 vir 7 Oktober 2017

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Deur Christus Alleen

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

Van Vervolger tot Prediker

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Preek Romeine 1:16-17

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Deur Christus Alleen

Baie welkom by vanoggend se erediens

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

2. Die skepping van die mens

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

7. Van Noag tot die toring van Babel

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

12. God se verbond met Abram

Deur Christus Alleen

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

'n Man gestuur deur God

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Les 11 vir 10 Desember 2016

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toe God alles gemaak het

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Geseendes(Voorspoediges)

n Dubbele kruis-belydenis

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

NUMERI 6: Votum en seën. Psalm 97 : 1, 7. Gebed. Psalm 90 : 9. Skriflesing: Numeri 6:22-27 en Deuteronomium 28:1-14 (beide AV 1983/91)

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

HEMELVAART HEBREËRS 9:24

HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Transcriptie:

1 BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28. A. OPSOMMING. Hebreërs 6:13-20 verkondig dat God se beloftes vasstaan. Die skrywer gebruik 'n voorbeeld uit Abraham se lewe om die betekenis daarvan aan ons te verduidelik. God se belofte aan hom was 'n baie groot nageslag. Hierdie belofte is vervul [15]. Die ruimte tussen belofte en vervulling word gevul deur hoop [18]. Die sekerheid en vastigheid van die hoop word deur twee sake beïnvloed: Deur die aard van die belofte: God se belofte aan Abraham was 'n amptelike verbondsooreenkoms. Daarmee saam het God dit ook nog met 'n eed bekragtig. Daarom praat Hebreërs van die twee onveranderlike dinge [18] waardeur God sy belofte waarborg. Hierdie dubbele waarborg [die belofte en die eed] is die dubbele getuies wat nodig is om 'n saak te bewys [Deut.17:6]. Die oorsprong van die belofte: Indien die belofte van 'n onbetroubare persoon kom, gaan ons beslis nie ons hoop daarop bou nie. Hierdie belofte kom egter van God in wie daar geen leuen is nie [1 Joh.2:27]. Daarom staan hierdie belofte vas en seker. Volgens vers 18 is dit noodsaaklik om vas te hou aan die hoop. Waarom? Omdat die hoop ons veilige en onbeweeglike lewensanker is [19]. Ons lewensee kan baie stormagtig word. Golwe van moedeloosheid en versoeking kan toeslaan. Niks kan ons egter van hierdie vaste anker losruk nie. Waarom nie? Omdat Jesus, ons Voorloper, dit self in die binneste heiligdom vasgeanker het. Hy is ons Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek [20]. Hiermee is die invoegsel tussen 5:10 en 7:1 afgehandel. Nou gaan die skrywer terugkeer na Melgisedek. HEBREËRS 7:1-28. Met Hebreërs 7 wil die skrywer aantoon dat Jesus se priesterskap dié van die Leviete oortref. Maar eers begin hy met Melgisedek. Hy gaan verduidelik wie Melgisedek is en dat hy van 'n heel spesiale priesterorde was [7:1-3]. Daarna gaan hy aantoon dat ook Melgisedek die Levitiese priesterskap oortref [4-10]. VERS 1-3: Melgisedek word bekend gestel. Melgisedek verskyn onverwags en verdwyn op dieselfde wyse. Ons lees van hom in Genesis 14:18-19 en dan eers weer in Psalm 110:4. Die Kerkvaders het hom gesien as 'n verskyning van Christus in die Ou Testament, sommige Skrifverklaarders meen selfs dat die skrywer van Hebreërs hom sien as 'n dubbelganger van Christus. Of dit waar is weet ons nie. Waarvan ons wel seker is, is dat Melgisedek baie duidelik heenwys na Christus. Dit gebeur soos volg: Die skrywer stel Melgisedek in die eerste plek voor as koning en daarna as priester van God die Allerhoogste [1]. Hy is met ander woorde koning en priester. Daarna skets die skrywer die geskiedkundige agtergrond. Melgisedek was koning van Salem, dit is Jerusalem. Hy noem dat Melgisedek Abraham geseën het [1] iets wat God tevore self gedoen het [Gen.12:1-3]. En volgens Galasiërs 3:8-9 sou Jesus Christus die seën van Abraham na alle nasies uitdra. Hy verduidelik dat Abraham aan Melgisedek 'n tiende gee en nie andersom nie [2]. Hy beskryf Melgisedek as die koning van geregtigheid en van vrede [2], baie duidelik dieselfde as Jesus Christus. Hy beklemtoon Melgisedek se onsterflikheid [3]. Op die wyse is hy 'n voorbeeld van Jesus Christus wie se priesterskap vir ewig is.

2 VERS 4-10: Melgisedek oortref die Levitiese priesterskap. Dat Melgisedek se priesterskap beter is as die van die Leviete, word deur drie argumente gestaaf: 1. Die Leviete se opdrag was om die tiendes van die Israeliete in te vorder [5, 8-9]. Wanneer Abraham, uit wie die Leviete sou voortspruit [10], vir Melgisedek 'n tiende van sy buit gee [4,6,8-9], doen hy dit in beginsel namens die Leviete. Anders gestel: die Leviete gee deur Abraham tiendes aan Melgisedek en erken daarmee die meerderheid van sy priesterskap. 2. Dit is die gebruik dat die meerdere die mindere seën [7]. Dit gebeur wanneer Melgisedek vir Abraham seën. 3. Die Leviete is bloot sterflike mense. Melgisedek daarteenoor het aanhou lewe [8]. VERS 11-28: Vier redes waarom Jesus se Hoëpriesterskap die Levitiese priesterskap oortref. 1. Anders as die Levitiese priesterskap, maak Jesus ons volkome van sonde vry [11-19]. 2. God het Jesus se priesterskap met 'n eed bevestig [20-22]. 3. Jesus se priesterskap is blywend [23-25]. 4. Jesus is 'n heilige en volmaakte priester [26-28]. 1. Jesus maak ons volkome van sonde vry [11-19] Die priesterskap van die Leviete was onvolmaak en daarom moes daar 'n ander priesterskap na vore tree. Hierdie priesterskap kom uit 'n heel ander stam, nl. Juda, waaruit Christus gebore is. Vir die wetsgehoorsame Jood moes dit seker skokkend wees om te hoor dat daar nou 'n priester uit die stam van Juda voortkom en nie meer uit die geslag van Aäron of die Leviete nie. Die nuwe priesterskap word volgens die orde van Melgisedek voortgesit. Dit beteken dus dat die Aäronitiese linie gaan ophou bestaan omdat dit nie in staat was tot volkome redding nie. Vir die ernstige Jood moes so 'n standpunt skokkend wees, want die Aäronitiese priesterskap was vir hulle alles. Christus het egter alles kom verander. Waar die Aäronitiese priester elke jaar moes intree vir die volk, het Christus die offer een maal finaal aan die kruis van Golgota gebring. In die nuwe bedeling geld daar nou 'n nuwe wet, nl. die wet volgens die orde van Melgisedek en dit is deur Christus, die Hoëpriester, aan die kruis ingestel. 2. God het Jesus se Hoëpriesterskap met 'n eed bevestig [20-22]. In vers 21 is dit God self wat Jesus met 'n eed vir ewig as priester verklaar [vgl. ook 6L13-17]. Soos genoem is hierdie aanwysing nie volgens die Aäronitiese opvolg lyn nie, maar deur die ingrepe van God self. Volgens die Nuwe Vertaling sal God hierdie aanwysing nie herroep nie. Dit beteken dat Hy persoonlik instaan vir die geldigheid van Jesus se Hoëpriesterskap. Die woord verbond verskyn in vers 22 vir die eerste keer in Hebreërs. Later brei hy volledig daaroor uit [hoofstuk 8]. Wat word onder verbond verstaan? Die Griekse woord beteken testament wat net deur een persoon gemaak is. Die Hebreeuse woord het egter 'n ander betekenis wat baie belangrik is. Dit beteken die verbond tussen God en sy volk waar die meerdere met die mindere 'n verbond sluit. By die nuwe verbond [beter verbond] tree Christus in en hou Hy die voorskrifte en nie meer die volk nie. Daarom dat die nuwe verbond beter is as die oue, want daar het 'n borg ingetree. Borg is 'n nuwe naam vir Jesus Christus. Die rykdom van Jesus se Persoon en werk is nou al met soveel name in Hebreërs beskryf naamlik: Seun van God; Koning; Here; Hoëpriester; Leidsman; Apostel; Broer; Bron van ewige Saligheid; Voorloper; Borg.

3 Die woordjie Borg is 'n regsterm wat aandui dat 'n persoon sal sorg dat iemand anders sy deel van die ooreenkoms sal nakom. Jesus het die Borg van 'n beter verbond geword deurdat Hy met sy lewe vir hierdie verbond ingestaan het. 3. Jesus se Hoëpriesterskap is blywend onverganklik [23-25]. Teenoor die tydelike aard van die Levitiese priesterskap, staan die blywende priesterskap van Jesus Christus [24]. Volgens vers 25 is Jesus Christus die enigste Een by wie verlossing moontlik is. As Hoëpriester kan Hy volkome red deurdat Hy vir altyd lewe en vir ons by God intree [25; Rom.8:34]. Dit beteken dat Hy ons saak voortdurend by God stel. Daarom mkoet ons verstaan dat Jesus Christus volgens die Bybel die enigste weg is. Die gedagte dat alle godsdienste mekaar uiteindelik bo-op die berg ontmoet, is onbybels [Hnad.4:12]. 4. Jesus Christus is die heilige en volmaakte priester [26-28]. In hierdie verse word sekere wonderlike dinge aangaande Jesus gesê: Hy is heilig. Hy is skuldeloos [sonder kwaad, sonder sonde]. Hy is sonder smet [nie deur sonde verontreinig nie]. Hy is van die sondaars verwyder en verhoog bo die hemele. Hy hoef nie daagliks vir Homself te offer nie want Hy is sondeloos. Hy hoef nie daagliks vir Homself te offer nie want Hy het Homself eens en vir altyd geoffer. Hy is die ewig volmaakte Hoëpriester. B. BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28. 1. Lees Hebreërs 6:13-20. Waarom staan God se beloftes vas en seker? 2. Lees 6:13-7:28. Watter feite word aangaande God [Christus ingesluit] in hierdie gedeelte aan ons openbaar? 3. Lees 7:26-28. In hierdie verse word wonderlike dinge aangaande Jesus Christus gesê. Dinge wat Hom die volmaakte Hoëpriester maak. Kyk of u dit kan vind?

4 4. Lees 7:25. Wat is Jesus se rol as Hoëpriester? 5. Lees 7:11-28. Noem vier redes waarom Jesus se Hoëpriesterskap die Levitiese hoepriesterskap oortref. [rede 1 = 11-19; rede 2 = 20-22; rede 3 = 23-25; rede 4 = 26-28] 6. Wie was Melgisedek? [7:1-3]. B. AANTEKENING. 1. Omdat God dit by Homself met 'n eed bevestig [13]. Omdat daar in God geen leuen is nie [1 Joh.2:27]. 2. God se beloftes staan vas en seker [6:13-20]; God se besluite is onveranderd [6:17]. God sal altyd sy woord gestand doen [6:18]. Jesus is vir ewig Hoëpriester [6:20]. Wie na Hom gaan word verlos [7:25]. Hy tree vir ons by God in [7:25]. Hy is sondeloos en sonder smet [7:26]. Hy het eens en vir altyd vir ons sondes betaal [7:27]. Hy is die enigste en volmaakte Hoëpriester [7:28]. 3. Hy is heilig. Hy is skuldeloos [sonder kwaad, sonder sonde]. Hy is sonder smet [nie deur sonde verontreinig nie]. Hy is van die sondaars verwyder en verhoog bo die hemele. Hy hoef nie daagliks vir Homself te offer nie want Hy is sondeloos.

5 Hy hoef nie daagliks vir Homself te offer nie want Hy het Homself eens en vir altyd geoffer. Hy is die ewig volmaakte Hoëpriester. 4. Om diegene wat deur die geloof na God gaan te verlos. Om vir ons by die Vader in te tree. 5. Anders as die Levitiese priesterskap, maak Jesus ons volkome van sonde vry [11-19]. God het Jesus se priesterskap met 'n eed bevestig [20-22]. Jesus se priesterskap is blywend [23-25]. Jesus is 'n heilige en volmaakte priester [26-28]. 6. Melgisedek was in die eerste plek koning en in die tweede plek priester. Hy was koning van Salem, dit is Jerusalem. Melgisedek beteken: koning van geregtigheid, m.a.w. koning wat waarlik regverdig teenoor sy onderdane optree. Hy was sonder vader of moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde. Dit beteken dat hy nie in die linie van die oorerflike hoëpriesterlike groep van die Jode val nie. Hy het niks in gemeen met Aäron nie. Melgisedek se hoëpriesterskap is sonder begin of einde. Hierdie voorbeeld dien as passende tipe vir die hoëpriesterskap van Christus. So word Melgisedek en sy priesterskap 'n tipe van Christus. **************************