VERSLAG TER MOTIVERING VIR DIE INVOER VAN ROUNDUP READY LUSERN 1. Introduksie van Roundup Ready lusern in die RSA. Onkruidbestryding in lusern is n produksiefaktor wat soms baie problematies kan wees met die produksie van kwaliteit lusernhooi sowel as saad. Een van die leidende saadvoorsieners in die land is tans besig met die voorbereiding van n werkstuk ter motivering vir die amptelike goedkeuring vir die invoer en verkoop van genetiee gemanipuleerde Roundup Ready lusern variëteite. Die NLT ondersteun die poging en het op versoek hierdie werkstuk saamgestel. 2. Gebruike van lusern in Suid-Afrika. Soos in die res van die wêreld word lusern in Suid-Afrika hoofsaaklik aangewend as weidingsgewas en die maak van hooi as dierevoer. Die gewas is baie aanpasbaar en word op plase dwarsoor die land aangeplant waar dit beskou word as die beste bron van proteiën. Saadproduksie, veral in die winterreënval-gebiede waar droë warm somers ondervind word, maak ook n groot deel van die bedryf uit. Daar is reeds pogings aangewend om lusern te verwerk in n proteiën-konsentraat en versapping van die produk maar sover word dit nog nie op n kommersiële basis gedoen nie. Lusern word algemeen suiwer as gewas geplant maar word ook op klein skaal in gemengde gewas stande verbou. 3. Areas waar lusern verbou word. 1 / 13
Lusern is n gewas wat feitlik regoor die land verbou kan word hetsy droëland of onder besproeiing. Die aanwending is hoofsaaklik vir suiwer hooiproduksie of vir weidingsdoeleindes of soms vir albei gebruike op een plaas. Daar is egter n paar hoof produksiegebiede in die land nl: 3.1 Noord-Kaap wat insluit Vaalharts, Douglas/Prieska en die Benede Oranjerivier gebied naby Upington. Hierdie gebied produseer hoofsaaklik hooi. 3.2 Wes-Kaap. Die Wes-Kaap gebied word breedweg in vyf streke verdeel nl, Noordweste, Swartland, Boland, Suidkus (Rûens) en Karoo wat ook die Klein Karoo insluit. In die Noordweste en Karoo word lusern hoofsaaklik as weiding aangewend terwyl die res van die gebied lusern aanwend vir beide hooiproduksie en weiding. Die Klein Karoo sowel as die Calvinia-area spits hom ook toe op saadproduksie agv droë somers met n lang daglig lengte. 3.3 Oos-Kaap. Hierdie gebied produseer nie baie lusern nie maar maak tog deel uit van die totale oppervlakte. 3.4 Ander gebiede. As gevolg van somerreënval is daar n groot gebied in die sentrale en noordelike gedeeltes van die land wat nie juis kan staatmaak op lusern vir hooiproduksie nie. Die Brits en Groblersdal distrik lewer nogtans redelike opbrengste in jare wanneer die klimaat saamspeel. Wat oppervlaktes aanbetref is daar geen onlangse syfers bekend nie maar die onderstaande tabel (1993 tot 2000) gee n aanduiding van die verspreiding van oppervlaktes oor n groot deel van die RSA. Tabel: Hektare gevestig met lusern in RSA Hektare gevestig in verskillende Provinsies 1993 1995 1996 1997 1998 1999 2000 Noord-Kaap (17.4% van totaal Streke 23 542 23 542 23 666 23 828 24 310 24 863 23 682 Totaal 36 826 36 826 37 020 37 273 38 027 38 892 37 045 2 / 13
Oos-Kaap (24.1% van totaal) Streke 8 005 8 005 7 517 7 614 7 389 7 445 7 439 Totaal 50 985 50 985 47 879 48 492 47 063 47 416 47 378 Wes-Kaap (23.9% van totaal) Streke 20 759 20 759 21 698 22 301 23 063 24 757 27 310 Totaal 50 524 50 524 52 810 54 277 56 131 60 256 66 467 Noord-Wes (5.4% van totaal) Streke 1 395 1 395 1 524 3 217 3 314 3 169 2 516 Totaal 11 346 11 346 12 393 26 168 26 953 25 775 20 476 Totale hektare gevestig met lusern in RSA Totaal 211 205 211 205 211 800 234 527 237 299 243 176 241 804 3 / 13
*Na aanleiding van 1993 Landbou Sensus 4. Voordele van RR lusern. Die grootste voordeel van RR lusern is dat onkruidbeheer goedkoper en baie doeltreffend sal wees en sal verseker dat die produsent onkruidvrye hooi van hoë kwaliteit kan lewer. Omdat plantkompetisie verminder word sal dit die lewensduur van n aanplanting verleng asook opbrengste verbeter. Met Round-up bespuiting sal daar geen plantbeskadiging voorkom soos met ander middels nie en geen nawerking sal in die grond agterbly nie. Hierdie voordeel geld ook vir weidingspraktyke aangesien skoon lande tot n hoër voeromset sal lei en diere nie blootgestel sal wees aan die inname van onkruid wat skadelik kan wees nie. Die lusernsaadprodusent sal ook die voordeel geniet omrede die kontaminasie van saad met ongewenste onkruidsade, drasties verminder sal word en saadkwaliteit en suiwerheid sal verbeter. 5. Moontlike nadele van RR Lusern. Een van die nadele sal wees dat die saad van RR lusern aansienlik duurder sal wees en dus die insetkoste kan verhoog. Die moontlikheid bestaan egter ook dat sekere onkruid n weerstand teen Round-up mag opbou wat die effektiwiteit mag benadeel. Wat weiding aanbetref is daar n onthoudingstydperk van vyf dae na bespuiting maar met die regte bestuur behoort dit nie n groot probleem te wees nie. Alhoewel nie n direkte nadeel tov RR lusern nie, moet in gedagte gehou word dat daar, veral in die voedselbedryf, groot weerstand bestaan teen GM produkte en daar n beduidende aanvraag is na organiese produkte. By suiwel- en vleisprodukte en ons dink hier aan die volstruisvleismark, moet daar ernstig gekyk word na die toelaatbaarheid van GM voere, veral vir uitvoerdoeleiendes. Daar sal dus eers breed gekonsulteer moet word voordat RR lusern vrylik in die RSA beskikbaar gestel word. 4 / 13
6. Produksie praktyke. 6.1 Nuwe saad vs Farm Saved Seed. Die grootste oppervlakte lusern word met nuwe saad gevestig aangesien daar min saad van ingevoerde variëteite plaaslik geproduseer word en daar dus die meeste van die tyd van vars ingevoerde saad gebruik gemaak word. Geen of baie min van die hooiproduserende gebiede is geskik vir saadproduksie en saad, hetsy van ingevoerde of plaaslike variëteite word dus vanaf die tradisionele saadhandel aangekoop. In die saadproduksiegebiede is dit egter algemeen dat n produsent van sy eie farm saved seed gebruik maak om sy lande te hervestig. n Groot persentasie van farm saved seed beland egter op die swartmark en volg dus nie die regte kanale van toets en bemarking nie. 6.2 Hervestigingstye en lewensduur. Lusern kan die grootste gedeeltes van die jaar met welslae gevestig word, maar as gevolg van hoë somertemperature word Maart/April as die beste tyd vir vestiging aanbeveel. Dit is ook die periode waar die minste onkruidprobleme voorkom veral teenoor lusern wat gedurende September/Oktober gevestig word. Wat lewensduur aanbetref hang dit grootliks af van die bestuur en gebruik asook die variëteit wat gebruik word. Suiwer hooiproduserende stande het gewoonlik n lewe van 3 tot 5 jaar met n gemiddelde van 4 jaar hier word meestal gebruik gemaak van winter-aktiewe variëteite. By die dormante en semi-dormante groep is die gebruike en bestuur egter anders en die leeftyd van aanplantings aansienlik langer, wat kan wissel van 10 tot 15 jaar. 5 / 13
7. Gemengde stande teenoor suiwer stande lusern. Lusern word grootliks as n suiwer stand gevestig maar daar is sowat 10 000ha in die RSA waar lusern in weidings-mengsels gebruik word. In die Suid-Kaap is daar egter 20 000ha wat saam met graangewasse soos bv koring, hawer en gars as dekgewas gevestig word. 8. Saaidigtheid. Saaidigtheid sal afhang van die metode van vestiging bv ryvestiging teenoor breedwerpige saai van saad. Waar daar van n planter gebruik gemaak word kan so min soos 5kg per hektaar saad gebruik word terwyl die breedwerpige metode 15 tot 20kg saad per ha benodig. 9. Probleme in lusernverbouing. Aangesien lusern landwyd verbou word is die gewas redelik goed aangepas in verskillende klimaatstreke. Wat die vestiging aanbetref moet die voorskrif tov bewerkingsmetodes, plantdiepte, grondvog, die behandeling met Rhizobium bakterië, ens streng gevolg word vir sukses. Afwyking van erkende metodes kan lei tot probleme en groot finansiële verlies. Na vestiging is die grootste probleem egter insekte, plantsiektes en gras- en onkruidindringing, maar daar is vandag n verskeidenheid van chemiese middels teen die meeste van die plae en peste. In die somer-reënvalgebiede ondervind produsente probleme met ontydige reën wat hooiproduksie nadelig kan tref. Daar kan egter van droërs gebruik gemaak word maar dit kan n duur proses wees veral as groot volumes hanteer word. Wat die vervoer van hooi aanbetref is die probleem dat groot spasie opgeneem word deur bale wat relatief min weeg. Daar is egter al groot vordering gemaak met die kompaktering van bale wat dié probleem aanspreek. Dit is ook so dat daar met die beskikbaarheid van verskillende lusern variëteite nie altyd die nodige en korrekte voorligting aangaande die bestuur van n betrokke variëteit aan die produsent deurgegee word nie. Ons dink hier veral aan die bestuur van die verskillende dormansiegroepe wat veral die opbrengs en lewensduur van n lusernaanplanting kan beïnvloed. 6 / 13
10. Oorsig oor saadmark Die saadmark in Suid-Afrika is goed gevestig n word goed gereguleer. Die mark bestaan uit twee hoofsegmente nl plaaslik geproduseerde saad en ingevoerde saad wat tans onderskeidelik n markaandeel van 52 48% het. Ingevoerde variëteite word hoofsaaklik aangewend vir hooiproduksie terwyl ons plaaslike variëteite gebruik vir weidingsdoeleindes en wisselbou onder droëland-toestande. Plaaslike tekorte word aangevul deur invoere terwyl daar slegs in tye van surplusse saad in klein hoeveelhede uitgevoer kan word. Die produksie, invoere en verbruik vir die afgelope twee seisoene soos weergegee in onderstaande tabel: 2004/2005 2005/2006 A. PRODUKSIE 7 / 13
Variëteit Metrieke Ton25kg SakkiesMetrieke Ton25kg Sakkies 1 SA Standaard Ongesert 552 262 22 090 154 388 6 176 2 SA Select 14 750 590 3 TOTALE OES 552 262 22 090 169 138 6 766 8 / 13
B. INVOERE 1 Ingevoerde Variëteite379 000 15 160 208 923 8 357 2 Plaaslik geproduseer32 221 1 289 42 158 1 706 9 / 13
3 TOTAAL 411 221 16 449 251 581 10 063 C. VERBRUIK 1 SA Standaard Ongesert 366 241 14 650 300 150 12 006 10 / 13
2 SA Select 3 000 120 3 Ingevoerde variëteite342 933 13 717 279 400 11 176 4 TOTALE VERKOPE 709 174 28 367 582 550 23 302 11 / 13
SA STANDAARD/SA SELECT 52% 52% INGEVOERDE VARIëTEITE 48% 48% Die totale saadbedryf in die RSA word deur die Nasionale Departement van Landbou gereguleer waar twee hoof wette nl. die Plantverbeteringswet en die wet op Plantetelersregte van toepassing is. Die Nasionale Lusern Trust is n belangrike skakel in die lusernbedryf aangesien hy as gesagsstruktuur verantwoordelik is vir die ordening van die totale bedryf wat saad en hooi insluit. Die organisasie kollekteer en ontleed alle inligting rondom die bedryf en elke saadkweker, saadhandelaar, hooiprodusent en hooihandelaar is statutêr verplig om by die organisasie te registreer en maandeliks opgawes tov invoere, ontvangstes en verkope in te dien. Hierdie inligting word verwerk en globale data word van tyd tot tyd aan die industrie vrygestel. Die NLT is verder verantwoordelik vir die fasilitering en koördinering tov alle navorsing binne die lusernbedryf in noue samewerking met die Departement van Landbou en die LNR. Die Nasionale Lusern Evaluasieproewe bestaan uit 4 besproeiingsproewe te Elsenburg, Upington, Vaalharts en Roodeplaat asook een weidingsproef te Roodebloem in Rûens-gebied. 12 / 13
Vir die besproeiingsproef is daar 28 inskrywings en 17 inskrywings vir die beweidingsproef en 5 inskrywings vanaf die VSA is hierby ingesluit. Dié genoemde proewe plus die daarstelling van kwaliteitstandaarde vir lusernhooi dien as bewys van die belangrike insette wat reeds deur die NLO gedoen is. Op hierdie stadium is daar 250 saadprodusente, 19 saadhandelaars, 6 saadskoonmakers plus 270 hooiprodusente en 47 hooihandelaars by die NLO geregistreer. Wat saad en hooikwaliteit aanbetref beskik die NLT oor n geregistreerde saadtoetslaboratorium en n kalibrasie (NIR) vir die gradering van lusernhooi. 13 / 13