Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van n. (1) 2. Wie het die Apparaat wat in Vraag 1 genoem is uitgevind? (1) 3. Prentjie A is chloroplaste, wat gevul is met wat gebruik word in die proses. Plante gebruik hierdie proses om hul eie voedsel te maak. (2) 4. Waarvoor word n teleskoop gebruik en wie het dit uitgevind? (2) 5. Wat illustreer Prentjie B en Prentjie C? Maak n lys van drie verskille tussen die twee. (4) 6. Wat het n plant nodig van die natuur om sy eie voedsel te kan maak? [½] elk (2) 7. Noem een rede hoekom die natuur en mense plante nodig het. (2) 1
Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 4: Kyk na die illustrasie hieronder en antwoord die vrae wat volg: 1. Skryf die name van die dele van die plant neer en maak dan seker dat dit ooreenstem met die beskrywing in die derde kolom. Skryf slegs die nommer van die regte antwoord in die Antwoord kolom. (5) Name Antwoord Beskrywing A B C D E A - B- C - D - 1. Lok voëls na die plant toe. 2. Anker die plant 3. Fotosintese gebeur hier. 4. Sade word hierin gestoor. E - 5. Water, sout en minerale word na die res van die plant versprei. 2. Wat word die voortplantingsorgaan van n plant genoem? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) 3. n Boom wat deur die jaar groen bly, word n boom genoem. (1) 4. Verduidelik hoekom n plant wortels het. (3) 5. Kan jy aan n plant dink wat voedsel in sy wortels maak? (1) 6. Hoekom is dit belangrik dat sade lig moet wees? (1) 2
Ontkieming Vraag 6: Kyk na die grafieke en beantwoord die vrae wat volg: Charlie se Graad 4 klas het van Ontkieming geleer. Elke kind in die klas moes n boontjie huis toe neem, dit toemaak onder n klam stukkie watte en dan kyk hoe dit uitloop. Die juffrou het ná die eksperiment twee grafieke geteken om te wys wanneer die sade ontkiem het en wanneer die eerste blaartjies begin uitkom het. Grafiek 1: Wys hoeveel kinders se boontjies na 2, 3, 4, of 5 dae ontkiem het. Grafiek 2: Wys hoeveel kinders se boontjies hul eerste blaartjies na 4, 5,6 of 7 dae gekry het. Saad Ontkieming Saad Ontkieming Aantal kinders Aantal kinders Aantal dae voor saad ontkiem het Aantal dae voor voor eerste blare verskyn het 1. Verduidelik die Ontkiemingsproses in detail. (4) 2. Waar kry die boontjie sy voedsel vandaan om te kan ontkiem? (1) 3. Hoe absorbeer die boontjie water? (1) 4. Teken n prentjie van n boontjie wat ontkiem het. Onthou om byskrifte by jou tekening te sit. (3) 3
Ontkieming Vraag 6: Kyk na die grafieke en beantwoord die vrae wat volg: 5. Meeste van die kinders se boontjies het tussen dag 2 en 3 ontkiem. Hoekom dink jy het party van die kinders se boontjies eers later ontkiem? (2) 6. Op watter twee dae kon meeste van die kinders se plante hul eie voedsel maak? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) 7. Hoekom dink jy moes die watte klam gehou word? (1) 8. Een van die kinders se boontjies het glad nie ontkiem nie. Hy kon nie verstaan hoekom dit nie gebeur het nie omdat hy seker gemaak het die boontjie kry genoeg lig en water. Wat dink jy kan die rede wees hoekom die boontjie nooit ontkiem het nie? (2) 9. Sal die plant bly groei in sy watte habitat? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) Totaal: /45 4
Plantstruktuur en Plant Voedsel Memo Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van n Mikroskoop (1) 2. Wie het die Apparaat wat in Vraag 1 genoem is uitgevind? Anton van Leeuwenhoek (1) 3. Prentjie A is chloroplaste, wat gevul is met chlorofil wat gebruik word in die fotosintese proses. Plante gebruik hierdie proses om hul eie voedsel te maak. (2) 4. Waarvoor word n teleskoop gebruik en wie het dit uitgevind? (2) n Teleskoop word gebruik om voorwerpe wat baie ver is te vergroot, soos byvoorbeeld om sterre van nader te kan sien. Dit is uitgevind deur Galileo Galilei. 5. Wat illustreer Prentjie B en Prentjie C? Maak n lys van drie verskille tussen die twee. (4) Prentjie A Plantsel Prentjie B Diersel Plantselle is groter as dierselle. Plantselle het omhulsels wat van sellulose gemaak is, terwyl dierselle geen omhulsels het nie, net selmembrane. Plant- selle het chloroplaste wat met chlorofil gevul is, terwyl dierselle dit nie het nie. 6. Wat het n plant nodig van die natuur om sy eie voedsel te kan maak? [½] elk (2) Son, water, voedingstowwe van die grond en koolsuurgas. 7. Noem een rede hoekom die natuur en mense plante nodig het. (2) Plante gebruik koolsuurgas uit die atmosfeer (lug) om voedsel te maak. Koolsuurgas is sleg vir die omgewing. Plante verskaf op hul beurt weer suurstof aan die omgewing wat mense nodig het om asem te kan haal en dus te kan leef. 5
Plantstruktuur en Plant Voedsel Memo Vraag 4: Kyk na die illustrasie hieronder en antwoord die vrae wat volg: 1. Skryf die name van die dele van die plant neer en maak dan seker dat dit ooreenstem met die beskrywing in die derde kolom. Skryf slegs die nommer van die regte antwoord in die Antwoord kolom. (5) Naam Antwoord Beskrywing A B A Blaar 3 1. Lok voëls na die plant toe. B Blom 1 2. Anker die plant. C D C Vrugte 4 3. Fotosintese gebeur hier. E D Stingel 5 4. Sade word hierin gestoor. E Wortels 2 5. Water, sout en minerale word na die res van die plant versprei. 2. Wat word die voortplantingsorgaan van n plant genoem? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) Blomme. Blomme word bestuif deur insekte en produseer saad wat dan deur die wind versprei word om in die grond as nuwe plante te ontwikkel. 3. n Boom wat deur die jaar groen bly, word n immergroen boom genoem. (1) 4. Verduidelik hoekom n plant wortels het. (3) Wortels absorbeer water en voedingstowwe uit die grond wat plante nodig het om te kan groei. Wortels anker ook plante in die grond. 5. Kan jy aan n plant dink wat voedsel in sy wortels maak? (1) Alle knolgewasse soos byvoorbeeld: aartappels, wortels, beet, patats en rape. 6. Hoekom is dit belangrik dat sade lig moet weeg? (1) Sade droog uit wat hulle lig genoeg maak om deur die wind versprei te word na ander plekke (nie te naby aan die oorspronklike plant nie) waar nuwe plante weer kan wortelskiet. 6
Ontkieming Memo Vraag 6: Kyk na die grafieke en beantwoord die vrae wat volg: Charlie se Graad 4 klas het van Ontkieming geleer. Elke kind in die klas moes n boontjie huis toe neem, dit toemaak onder n klam stukkie watte en dan kyk hoe dit uitloop. Die juffrou het ná die eksperiment twee grafieke geteken om te wys wanneer die sade ontkiem het en wanneer die eerste blaartjies begin uitkom het. 1. Verduidelik die Ontkiemingsproses in detail. (4) Saad droog uit, word deur die wind versprei en beland in die grond. Die saad absorbeer water, swel en breek oop. Hierdie proses van sade wat uitloop word ontkieming genoem. 2. Waar kry die boontjie sy voedsel vandaan om te kan ontkiem? (1) Van die embrio totdat dit blare ontwikkel om sy eie voedsel te kan maak. 3. Hoe absorbeer die boontjie water? (1) Deur n klein gaatjie in die boontjie wanneer dit gereed is om uit te loop. 4. Teken n prentjie van n boontjie wat ontkiem het. Onthou om byskrifte by jou tekening te sit. (3) Opskrif: Ontkieming van n boontjie saadlob hipoko"el 7
Ontkieming Memo Vraag 6: Kyk na die grafieke en beantwoord die vrae wat volg: 5. Meeste van die kinders se boontjies het tussen dag 2 en 3 ontkiem. Hoekom dink jy het party van die kinders se boontjies eers later ontkiem? (2) Boontjies het water, sonlig en suurstof nodig om te ontkiem. As hulle te min of te veel hiervan vir die boontjies gegee het kon dit n invloed op die ontkieming gehad het. 6. Op watter twee dae kon meeste van die kinders se plante hul eie voedsel maak? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) Dag 4 en 5 want dit was wanneer die blaartjies uitgekom het. Plante maak hul eie voedsel in hul blare tydens die fotosintese proses. 7. Hoekom dink jy moes die watte klam gehou word? (1) Die watte het die grond vervang waarin n saadjie gewoonlik ontkiem. Grond is donker en klam. As die boontjie te veel water kry sal die saadjie vrot, maar as dit te min water kry sal dit ook nie ontkiem nie. 8. Een van die kinders se boontjies het glad nie ontkiem nie. Hy kon nie verstaan hoekom dit nie gebeur het nie omdat hy seker gemaak het die boontjie kry genoeg lig en water. Wat dink jy kan die rede wees hoekom die boontjie nooit ontkiem het nie? (2) Sade ontkiem gewoonlik in grond wat klam en donker is. As daar te veel lig en water is sal die sade nie ontkiem nie. 9. Sal die plant bly groei in sy watte habitat? Verduidelik hoekom jy so sê. (2) Nee, plante benodig ook minerale en voedingstowwe wat hul deur hul wortels uit die grond absorbeer. Die plant moet daarom in die grond geplant word en kan nie vir ewig in sy watte habitat bly nie. Totaal: /45 8