Tema 8: Mense wat ons help Dag 1 Week 4 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart aa (Apparaat) Dubbelklankstorie: aa (bl. 7) Assosiasieprent 1: aa vir aap (bl. 69) Assosiasieprent 2: aa vir haan (bl. 70) Natrekvel aa (bl. 71) Plastiese koeverte Witbordmerkers Leesstuk: Die rivier kom af (bl. 72-77) Werkboek 3 bl. 51-59 Leesboek 3 bl. 13 en 14 Aktiwiteit 1: Luister en praat 1 Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan. Wens die leerlinge wat verjaar geluk. Bespreek die spesiale geleenthede van die dag. Voltooi die register. Luister na leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant. Aktiwiteit 2: Klanke 1 Die onderwyser stel die aa-klank bekend. Sit die bladsy van die aa-klank uit die Apparaat teen die bord. Vertel die storie van aa uit die Dubbelklankstories op bl. 7 van hierdie handleiding. Vergroot Assosiasieprent 1: aa vir aap (bl. 69) na A3 en sit dit teen die bord vir die leerlinge om te sien. Verduidelik aan leerlinge: Julle het reeds a geleer. Nou kry a n maatjie = aa. 66
Week 4 Vergroot nou Assosiasieprent 2: aa vir haan (bl. 70) en sit dit op teen die bord. Skryf die volgende rympie groot langsaan neer: My naam is Daan. Ek gaan na die baan. Ek sien die maan en hoor n haan. Die onderwyser lees die rympie vir die leerlinge. Vra die leerlinge om al die aa-klanke in die rympie uit te wys en omkring dit. Die onderwyser sit weer Assosiasieprent 1 op die bord. Leerlinge gee nog beginklank-woorde en die onderwyser bou dit met letterkaarte. Die onderwyser sit weer Assosiasieprent 2 op die bord. Leerlinge gee nog middelklank-woorde en die onderwyser bou dit met letterkaarte. Leerlinge soek nog aa-klank woorde in Verjaarsdagkaart, Pligtekaart en Weerkaart. Leerlinge doen Natrekvel aa (bl. 71) met witbordmerkers. Aktiwiteit 3: Gedeelde lees Die onderwyser lees die vergrote storie Die rivier kom af (bl. 72-77). Leerlinge volg saam op bl. 51-56 van Werkboek 3. Die onderwyser en leerlinge lees die storie saam deur. Leerlinge omkring die leestekens saam met die onderwyser soos wat dit uitgewys word. Aktiwiteit 4: Groeplees 3 Groep 1 en 2 kry geleentheid om te lees. Die onderwyser stel die nuwe deel in Leesboek 3 bekend. Lees bl. 13 en 14. Praat oor prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit. Stel vrae oor moontlike verloop en begrip. Bespreek moeilike en nuwe woorde voordat leerlinge die teks self lees (2-3 minute). Die onderwyser beweeg van leerling tot leerling en luister na n kort teksgedeelte wat hardop gelees word.
Week 4 Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Aktiwiteit 1: Leerlinge kyk na die aa-klank en woorde op bl. 57 van Werkboek 3. Leerlinge klank en lees die woorde. Leerlinge lees die rympie en probeer dit memoriseer. Leerlinge omkring al die aa-klanke in die rympie met rooi. Aktiwiteit 2: Visuele diskriminasie: Leerlinge soek tien foute op die prentjie op bl. 58 van Werkboek 3 en omkring die foute met n rooi kleurpotlood op die onderste prent. Aktiwiteit 3: Leerlinge skryf die regte woord by elke prentjie op bl. 59 van Werkboek 3. Leerlinge kleur die prentjies in. Aktiwiteit 5: Handskrif 15 minute Doen vingeroefeninge. A aan leerlinge. Leerlinge oefen met hul vingertjies in die lug en op hulle tafels. A op witborde.
aap s r n 69
haan r s k s v s 70
haan kaas 71 haas
72
73
74
75
76
77
Week 4 Dag 2 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Letterkaartjies Klankkaartjies Leesboek 3 bl. 13 en 14 Werkboek 3 bl. 60-62 Kleurpotlode Skrifboek bl. 66 Aktiwiteit 1: Luister en praat Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan. Wens die leerlinge wat verjaar geluk. Bespreek die spesiale geleenthede van die dag. Voltooi die register. Luister na leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant. Aktiwiteit 2: Klanke Die onderwyser wys weer vir leerlinge dat die aa-klank n beginklank (aap) of n middelklank (haas) kan wees. Sit Assosiasieprent 1 en 2 teen die bord. Leerlinge lees en klank die woorde saam met die onderwyser vanaf die prent op die bord. Leerlinge bou met hulle eie letterkaartjies: saam, gaan, maan, haan, daar, baan. Leerlinge soek nog woorde in die klas waarin die aa-klank is. Kyk op Weerkaart, Verjaarsdagkaart en Pligtekaart. Aktiwiteit 3: Groeplees Groep 3 en 4 lees vandag bl. 13 en 14 van Leesboek 3. Aktiwiteite word vir die twee groepe herhaal. 7
Week 4 Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Aktiwiteit 1: Leerlinge trek raampies om die woorde op bl. 60 van Werkboek 3 en kleur in. Leerlinge skryf die woorde wat in die regte raampie pas. Aktiwiteit 2: Leerlinge knip aa-woorde uit tydskrifte en plak dit op bl. 61 van Werkboek 3. Aktiwiteit 4: Handskrif #$ %&'()* A op die bord. Leerlinge oefen in die lug en op tafels. Leerlinge skryf strokie 1 op bl. 66 in die Skrifboek: aa en A. Wys vir leerlinge dat hulle nou in waterlyne begin skryf. Aktiwiteit 5: Selfstandige skryfwerk #+ %&'()* Leerlinge skryf die sinne reg oor op bl. 62 van Werkboek 3.!"
Week 4 Dag 3./ 02459: Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Werkboek 3 bl. 63-67 Leesboek 3 bl. 15 en 16 Kleurpotlode Aktiwiteit 1: Luister en praat ;< 02459: Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan. Wens die leerlinge wat verjaar geluk. Bespreek die spesiale geleenthede van die dag. Voltooi die register. Luister na n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant. Aktiwiteit 2: Klanke ;/ 02459: Leerlinge klank die aa-woorde op bl. 63 van Werkboek 3 saam met die onderwyser. Leerlinge kyk na die prentjies en soek en omkring die regte woord op bl. 64 van Werkboek 3. Aktiwiteit 3: Gedeelde lees ;/ 02459: Die onderwyser lees Die rivier kom af (bl. 72-77) en leerlinge luister. Werkboek 3. Die onderwyser lê klem op lang en kort sinne in die stuk. in. Leerlinge kleur al die a-klanke met blou in en die aa-klanke met groen. Die onderwyser en leerlinge lees weer die teks saam.,-
Week 4 Aktiwiteit 4: Groeplees GH ABCDEF Groep 1 en 2 lees by die onderwyser bl. 15 en 16 van Leesboek 3. Die onderwyser bespreek moeilike en nuwe woorde. Die onderwyser lees en leerlinge luister. Leerlinge word aangemoedig om self te lees. Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Aktiwiteit 1: Leerlinge vul aa-klanke in op bl. 65 van Werkboek 3. Leerlinge omkring die aa-woorde en lees saam met maat die sinne. Aktiwiteit 2: Leerlinge bou rymwoorde deur die letters in te vul op bl. 66 van Werkboek 3. Leerlinge skryf die woord vaas en klank en sê al die woorde. Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf?@ ABCDEF Leerlinge kyk na die prentjies en vul die woorde in op bl. 67 van Werkboek 3. =>
Week 4 Dag 4 KL MNOPQR Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Leesboek 3 bl. 15 en 16 Werkboek 3 bl. 68-70 Kleurpotlode Natrekoefening: aa (bl. 84) Plastiese koeverte Witbordmerkers Witborde Skrifboek bl. 66 A5 Woordeboekie Aktiwiteit 1: Luister en praat SL MNOPQR Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan. Wens die leerlinge wat verjaar geluk. Bespreek die spesiale geleenthede van die dag. Voltooi die register. Luister na n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die Klaskoerant. Aktiwiteit 2: Groeplees TU MNOPQR Groep 3 en 4 lees by die onderwyser bl. 15 en 16 van Leesboek 3. Dieselfde aktiwiteite word herhaal wat reeds met groep 1 en 2 gedoen is. Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie: Leerlinge pas die woord by die regte prentjie op bl. 68 van Werkboek 3 en kleur in. Leerlinge skryf die woord onderaan die prentjie op bl. 69 van Werkboek 3. IJ
Week 4 Aktiwiteit 3: Klanke XY Z[\]^_ Die onderwyser deel vir elke leerling Natrekoefening: aa (bl. 84) uit. Leerlinge trek die woorde na met witbordmerkers op die plastiese koeverte. Leerlinge kleur die prentjies in. Aktiwiteit 4: Handskrif XY Z[\]^_ Leerlinge oefen die woorde op hulle witborde: Armand Ansie Alta. Leerlinge skryf strokie 2 op bl. 66 van die Skrifboek: a A Armand Ansie Alta Aktiwiteit 5: Selfstandige skryfwerk X` Z[\]^_ Leerlinge kyk na die prentjie en maak hulle eie sinne op bl. 70 van Werkboek 3. Leerlinge skryf drie eie aa-woorde in hulle woordeboekie. VW
Week 4 Dag 5 cd efghij Leermateriaal Werkboek 3 bl. 71-75 Leesstuk: Klaas-Haas se val (bl. 87) Leesboek 3 bl. 13-16 Skrifboek bl. 67 A5 Woordeboekie Aktiwiteit 1: Klanke kd efghij Leerlinge skommel die woorde reg op bl. 71 van Werkboek 3. Leerlinge bou woorde op bl. 72 van Werkboek 3. Aktiwiteit 2: Gedeelde lees kd efghij Die onderwyser lees die vergrote leesstuk Klaas-Haas se val voor terwyl leerlinge kyk en luister. Leerlinge soek rymwoorde, byvoorbeeld: blaas plaas, ens. Leerlinge lees weer teks saam met die onderwyser. Aktiwiteit 3: Groeplees lm efghij Elke groepie kom lees ± 5 minute bl. 13-16 van Leesboek 3 by die onderwyser. As daar leerlinge is wat individueel wil lees kan hulle geleentheid kry. Alle leesaktiwiteite word voltooi en afgerond in die tyd wat die groepe lees. ab
Week 4 Aktiwiteit 4: Handskrif pq rstuvw Leerlinge doen vingeroefening: Raak met jou duim aan elke vinger van jou hand. Doen die oefening met die linker- en regterduim. Vingeroefening soos voorheen gedoen. Leerlinge werk in die Skrifboek op bl. 67 en skryf strokie 3: Arno en André eet appels Arina gaan by At speel Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf px rstuvw Leerlinge lees die teks van Klaas-Haas se val op bl. 73 van Werkboek 3 en beantwoord die vrae op bl. 74. Leerlinge vul die aa-klanke in die blokkiesraaisel in op bl. 75 van Werkboek 3. Leerlinge skryf drie aa-woorde in hulle woordeboekies. no
87