Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog?

Vergelijkbare documenten
n Tempel Leier besoek Jesus

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jesaja sien die Toekoms

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Van Vervolger tot Prediker

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Goeie Konings, Slegte Konings

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Petrus en die Krag van Gebed

Van Vervolger tot Prediker

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Groot Gebod dennis de wet

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die Kerk se Geboorte

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Welkom by Die Storie God se storie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

n Dubbele kruis-belydenis

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

'n Man gestuur deur God

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Toe God alles gemaak het

Pragtige Koningin Ester

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Jona en die Groot Vis

Lees: Lukas 19 verse 1 tot 10. Teks: Lukas 19 verse 5 en 10. Sing: Psalm 68 vers 9 Gesang 253 vers 1 Gesang 230 verse 1 en 3

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Here is naby. Reeks preke oor die brief aan die Filippense. Dr AH Bogaards. Preek 3

Toe God alles gemaak het

Deur Christus Alleen

1 Johannes 5: /03/2014

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Deur Christus Alleen

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Dooppreek Mika Bogaards

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Deur Christus Alleen

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

God eer Josef die slaaf

Transcriptie:

1 Lees: Luk.10:38-42; Joh.12:1-11 Teks: Luk.10:41-42; Joh.12:2,3 Datum: 2 Februarie 2016 Psalms: Ps.150:1,2,3; 138:1,2; 65:2; 66:1,7; 119:7,19 1. Inleiding: Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog? Deur te luister - dit is die een ding wat nodig is. Dit is die beste deel. Besef ons dit nog? Deur te luister na die onderrig van Jesus - so sal mense in die kerk waarlik tot aksie oorgaan. Verstaan ons dit nog? LUISTER! So sou ek ons teks wil opsom in een woord. Na drie punte wil ek met u kyk: 1. die dienende Martha; 2. die luisterende Maria; en 3. die dienende Maria. 2.1. Die dienende Martha Net n paar kilometers van Jeusalem af het die dorpie Betanië gelê. Maar in daardie klein dorpie het Jesus meer liefde geniet as in die groot en deftige Jerusalem. Vir Hom was daar meer vrede in Betanië as in Jerusalem wat beteken die plek van vrede. Daar in Betanië het opregte vriende van Hom gewoon, wat Hom innig liefgehad het en wat geglo het dat Hy die Christus was. Dit was Martha en Maria en hulle broer Lasarus. Dit was die Lasarus wat Jeus uit die dood uit opgewek het.

2 Dikwels nadat Hy in die stad gepreek het en die vyandskap van die Jode moes verdra, het Hy daarheen gegaan. Uit ons teksgedeeltes weet ons van twee sulke geleenthede dat Jesus daar besoek gaan aflê het. Die derde keer was natuurlik toe Hy daarheen gegaan het om Lasarus lewend te maak. Die eerste twee besoeke gaan egter nou ons aandag geniet en ons begin by die besoek wat vir ons beskryf word in Lukas 10: Voorop staan dat Martha Hom ontvang het. Waarskynlik was sy die oudste van die twee susters. Maria, so vertel Lukas ons, het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Martha daarenteen was een en al bedrywigheid. Sy was BAIE besig om alles klaar te maak, staan daar. Dit is tog belangrik om aan al die woorde in die Bybel aandag te gee, ook die kleintjies. Dit geld ook van hierdie woordjie BAIE. Dit gee ons n ideë hoe druk Martha doenig was. n Mens kan dit jou eintlik voorstel hoe sy heen en weer loop en hardloop om alles in orde te kry en om die heerlikste maaltyd aan haar Heiland voor te sit. Af en toe het sy ook seker n paar van Jesus se woorde opgevang, maar sy was te besig om werklik daaraan aandag te gee. Nee, sy wou die Here dien met haar dade dien. Vir Hom het sy net die beste oorgehad. So wou sy sekerlik haar liefde vir Jeus bewys. Maar terwyl sy so druk besig en doenig was, was daar tog iets wat haar gepla het, sommer baie gepla het. Dit was haar suster Maria, wat daar aan die voete van Jeus gesit het en niks gedoen het nie. En hoe bedrywiger sy geword het en hoe haastiger sy geraak het, hoe meer het dit haar gehinder. Moontlik het dit haar ook dwars in die krop gesteek dat Maria niks doen vir haar dierbare Meester nie. Sy sit net daar. Daar gaan geen dade, geen dade van liefde van haar uit nie, maar sy sit maar net en luister aan die voete van Jesus. n Mens kan Martha se irritasie so goed begryp. Want sit n mens nie vandag ook met dié probleem in die kerk nie, met mens wat niks doen nie? Ag, dit is algemeen in gemeentes dat n klein groepie broeders en susters alles moet doen. Die werkende Martha s, die dienende Martha s! En tereg hinder dit lidmate. Want wie werklik lief is vir Jeus, so voel ons, die sal ook mos graag vir Jesus wil werk. Die sal Hom wil dien in sustersaksies en

3 gemeentesamekomste en funksies en ek weet nie wat nog alles nie. Want liefde is mos dade en uit jou vrugte moet dit blyk dat jy alles vir God en vir sy kerk oor het. Daarom voel n mens, so by die eerste hoor, volle simpatie met Martha. Maria moet vermaan word. En dit is ook presies wat Martha wil doen. Op n stadium dan raak alles vir haar net een te veel. Sy spreek Maria egter nie direk, nie self aan nie, maar sy rig haar tot die Here Jesus: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. Miskien kon sy dit ook nie verstaan dat die Here dit maar toelaat dat Maria niks doen nie. En nou sou ons verwag het - en dit het Martha ook sekerlik verwag - dat die Here Jesus die luisterende Maria, die in ons oë niks doenende Maria, ernstig sou aanspreek. Maar verbasend genoeg, eintlik verbysterend, doen Hy dit nie. Inteendeel, nie Maria word vermaan nie, maar Martha, die dienende Martha. Daarvan begryp n mens nou net mooi niks nie. Is dit nou nie water op die meul van alle niksdoeners in die kerk nie? Versterk dit hulle nie in hulle kwaad nie? Maar voordat ons verder op Jesus se vermaning ingaan, moet ons eers aandag gee aan: 2.2. die luisterende Maria Maria het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Dit was in daardie tyd inderdaad die gebruik dat leerlinge aan die voete van hulle leermeester gesit het. So hoor ons dat die apostel Paulus aan die voete van Gamaliël gesit het. En wat sou Jesus daar gesê het? Sekerlik sou Hy Maria en sy dissipels wat daar teenwoordig was, vertel het van sy werk. Hy sou hulle ongetwyfeld, soos Hy telkens gedoen het, vertel het dat Hy moes ly en sterf, dat Hy gekom het om sondaars te roep tot bekering en dat Hy die verlore skaap kom soek het. Ja, Hy sou sekerlik, daar in die huis van Martha en Maria, die heerlike evangelie, die blye boodskap van genade verkondig het, van die Vader wat ons so lief gehad het, dat Hy Hom, sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het.

4 Wat is groter en heerliker as hierdie evangelie! En wat is wonderliker as om hierdie boodskap uit die eie mond van die Heiland te mag hoor! Woorde van heil, woorde van ewige saligheid. Is dit dan n wonder dat Maria aan sy lippe gehang het, dat sy haar doodeenvoudig nie kon losskeur van haar Meester en Martha gaan help het nie. En nou weer terug na Martha. Martha was BAIE, baie besig, het ons gehoor. Eintlik beteken die woordjie besig - Martha was baie besig - soveel as : wegtrek. Sy was so besig met wat sy moes doen, dat sy weggetrek is van die lerende Jesus. Haar aandag is sodanig deur haar diens vir Jeus in beslag geneem, dat sy nie tyd gehad het om te luister na die woorde van Jesus nie. En nou moet ons moet ons weer terug na dit wat Jesus aan Martha sê. Wanneer Martha kla oor Maria se niksdoen, kry nie Maria nie, Maria Martha n vermaning uit die mond van die Here te hore: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies. Wat is die een ding wat nodig is? En wat bedoel Jesus met die goeie deel wat Maria uitgekies het? Vanselfsprekend: dat sy gaan sit en luister het. Wel moet ons die vermaning van Jesus goed begryp: Hy sê nie dat dit verkeerd is om vir Hom te werk en om vir Hom besig te wees in die kerk en in die samelewing en in verskillende organisasies nie. MAAR die LUISTER kom voorop. Dit is eerste. Die gevaar is ook vir ons groot dat jy so besig is met allerhande aktiwiteite in die kerk en dat jy so jaag van een aksie na die ander, dat n mens vergeet van die een ding wat nodig is: om te gaan sit en luister aan die voete van Jesus. Wanneer sit ons aan die voete van Jesus? Hier in die kerk! Hier spreek Jesus vandag nog met ons. Hy doen dit deur sy gesante: deur die dominee en ook deur die ouderlinge wat vir ons preek. Die Here Jesus is self hier teenwoordig. Weet ons dit nog? En ook tot ons spreek hy, by monde van sy diensknegte woorde uit van ewige geluk en heerlike saligheid. En hoe staan ons daarteenoor? Hang ons ook aan sy lippe? Is ons ook soos Maria so geboeid en so diep aangegryp daardeur dat ons net eenvoudig nie kan wegloop of wegbly nie? Nee, dan gaan dit nie daaroor of die dominee of so mooi kan preek of so n goeie voordrag het nie, maar is die evangelie vir ons mooi?

5 Maar goed. Martha die dienende kry dus u vermaning. Maar Maria dan wat niks doen nie, wat net passief sit en luister? Laat Jesus dit sommer net daar? En kry alle niksdoeners in die kerk nie nou die groenlig om maar so voort te gaan nie? Maar wag! Voordat ons te veel sê, laat ons eers gaan kyk na: 2.3. die dienende Maria Ja, die DIENENDE MARIA! U het dit reg gehoor! Ons praat in Afrikaans van dienende Martha s. Daarmee bedoel ons mense wat altyd bereid is om te werk, om te dien. Maar dan vergeet ons dat nie net Martha die Here Jesus gedien het nie, maar ook haar suster Maria. En dit sien ons in die tweede besoek wat Jesus aan hulle bring. Daarvan het ons gelees in die evangelie volgens Johannes: Daar hoor ons dan enersyds van die dienende Martha: Hulle het toe vir Jesus n maaltyd berei, en Martha het bedien. Maar die hulle - hulle het n maaltyd berei - sê al klaar vir ons dat Martha nie die enigste dienende was nie, maar dat daar ook n dienende Maria was. Maar dit is nog nie die belangrikste nie. Net in die volgende vers lees ons: En Maria het n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. Maar hoe het sy gekom tot hierdie daad? Deur die verstaan van Jesus se onderwys! Sien u nou wat die luister uitgewerk het in haar lewe? Dat luister haar nie passief gemaak nie, maar juis aktief? Dit lei haar en dring haar tot die hoogste aktiwiteit. Die luister na God se woord bring haar tot hierdie grootse daad van haar. Daarom wil Jesus hê dat ons vandag daar sal begin: aan sy voete! Daar, onder die geklank van sy Woord! Daar, onder die preekstoel, Jesus se preekstoel! Want daar, juis daar, word dienende lidmate gemaak. Juis daar word passief luisterende gelowiges gemaak tot aktiewe kerkmense.

6 Dit kan ook nie anders nie: wie aangegryp is deur die liefde van Christus, wie diep in sy of haar hart getref word deur dit wat Hy vir ons gedoen het - so iemand kan ook nie anders nie as om met dade van liefde te antwoord nie. Ja, as jy weet dat Christus vir jou soveel oorgehad het, so ontsaglik baie dat Hy Homself vir jou in die ewige dood gegee het, dan sal jy ook alles vir Hom oorhê. Dan sal u Hom ook so sielsgraag wil dien in die kerk, in kerkverenigings, in die samelewing en orals waar u kom. Waarom is daar vandag so n gebrek aan aktiwiteit in die kerk? Waarom is mense so min bereid om vir die Here te werk? Moet ons nie die oorsaak daarin soek dat mense nie meer wil luister nie? Sonder enige twyfel! Sonder brandstof kan n motor nie loop nie en sonder die Woord gaan ons staan, stop ons diens vir die Here. Natuurlik is luister opsigself nie genoeg nie. n Mens kan luister en tog nie luister nie. Ek bedoel maar: in die kerk sit daar ook mense wat luister maar die Woord doen niks aan hulle nie. Dit raak hulle nie. Hulle word nie daardeur aan die brand gesteek nie. Daarom moet ons die Here bid dat Hy sy Gees in ons hart sal stuur, dat Hy ons brandend van ywer sal maak. En dit sal die Gees ook doen as ons Hom bid. Maar hoe doen Hy dit? Deur die Woord en nie op n ander manier nie. Daarom is dit so belangrik dat ons moet luister, luister na wat God vir ons in die Bybel en in sy kerk vir ons sê. 3. Slot Die geheim van n aktiewe kerk is : luister, luister, luister. AMEN