12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Vergelijkbare documenten
15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die brief aan die Filippense

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

Petrus en die Krag van Gebed

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Van Vervolger tot Prediker

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Die Kerk se Geboorte

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Van Vervolger tot Prediker

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

20. Die Here doen magtige dade Josua 6

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Goeie Konings, Slegte Konings

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

22. Reëls vir die pad die Padmaker

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jona en die Groot Vis

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

26. Kies wysheid 1 Konings 3

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

'n Man gestuur deur God

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

12. Die Heilige Gees, my Helper

Toe God alles gemaak het

Transcriptie:

1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van die Apostoliese Geloofsbelydenis handel oor God die Vader. Daarna volg ses artikels oor Jesus Christus. Die agtste artikel handel oor die Heilige Gees. Dis interessant om daarop te let dat ons bely ons glo in God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees. Daarna volg die ander artikels wat sê waaraan ons glo. Dit vloei voort uit ons geloof in die Heilige Gees. Wanneer die Bybel oor die Heilige Gees praat, praat dit van Iemand, ʼn Persoon: Johannes 14:16 ons Voorspraak (Trooster) 1 Korintiërs 12:11 Hy deel gawes uit soos Hy wil Handelinge 8:29; 10:19 Toe sê die Gees Romeine 8:26 Die Gees staan ons by en pleit vir ons Handelinge 5:3 Ons kan vir die Heilige Gees lieg. Al sê die Bybel die Heilige Gees is uitgestort (Hand 2) en mense word met die Heilige Gees vervul, asof Hy soos water is, glo ons die Gees is ʼn Persoon, soos die Vader en die Seun. 2 Korintiërs 13:13 sê immers: Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. In Johannes 16:5-15 praat Jesus met sy dissipels oor die feit dat Hy weggaan. Hy sê dit sal tot hulle voordeel wees omdat die Heilige Gees dan as Voorspraak na hulle toe sal kom. Jesus is ons Voorspraak by die Vader (1 Joh 2:1); die Heilige Gees is ons Voorspraak wat by ons is en met ons oor Jesus en God se dinge praat. Toe Jesus hieroor met sy dissipels gepraat het, moes die kruisdood en opstanding nog plaasvind. Die Heilige Gees het gekom om alles oor Jesus te verduidelik en om Jesus te verheerlik. Ons verstaan nie die Drie-eenheid heeltemal nie, maar die Bybel leer ons dat die Vader, die Seun en die Heilige Gees God is, drie Persone in een Wese. Die Heilige Gees is heilig. Hy is nie gewoon soos aardse dinge nie, maar Goddelik. Iets of iemand wat heilig is, is anders as gewone dinge of mense. Ons probeer dit verduidelik met

2 die gedagte van iets of iemand wat skyn, wat in God se diens gebruik word, wat deur God gebruik word of wat afgesonder of eenkant gesit word vir God se gebruik. Die Bybel leer ons duidelik dat die Heilige Gees in ons kom woon het om ons ook heilig te maak. Wanneer Hy in ons is, is ons dadelik anders, eenkant, afgesonder vir God en dus heilig. Terselfdertyd word ons al hoe meer bruikbaar vir die Here; dit wil sê, daar is ʼn proses van heiligmaking in ons aan die gang. In hierdie aanbieding kan ons net fokus op die basiese dinge wat uit die teks voortvloei. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees Johannes 16:5-7 Lees Johannes 16:12-13 Lees Johannes 16:14-15 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Jesus gaan weg, maar die Heilige Gees kom in sy plek. 2. Die Heilige Gees het gekom om die waarheid aan ons te verduidelik. 3. Die Heilige Gees sê vir ons alles wat Hy van Jesus ontvang, en Hy verheerlik Jesus. Uitkoms 1. Insig: Die Heilige Gees is God. 2. Respons: Sê dankie dat die Heilige Gees in ons woon om vir ons meer van Jesus te vertel. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 7. 2. Die prent van die Heilige Gees as duif en vuur saam met die liggekleurde kruis (LP3-prent). 3. ʼn Lied oor die Vader, Seun en Heilige Gees wat die kinders kan leer (soos Lied 445, 451, 454 of 179). Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Skêre. 2. Stafiegom. Voor die tyd 1. Reël voor die tyd met ʼn paar ouers of vriende om met vandag se knip-en-plak te kom help. Senior kleingroep Bring saam 1. Een van die teksverse onder Welkom vir elke groeplid. Voor die tyd 1. Tik of skryf die teksverse onder Welkom op papier of karton. Gebruik gerus ʼn Bybelvertaling wat vir die kinders verstaanbaar sal wees. Knip dit uit sodat elke groeplid een vers kan kry. 2. Lees self die verse goed sodat jy ʼn eenvoudige gesprek met hulle kan voer daaroor.

3 Die storie Begin Kan jy op drie plekke gelyk wees? Dalk in jou gedagtes, maar nie met jou lyf nie. Kan God op drie plekke gelyk wees? Ja, dis wat ons oor God glo. Toe Jesus mens geword en ʼn menslike liggaam gehad het, kon Hy egter net op een plek op ʼn slag wees, daar waar sy liggaam was. Almal wat vir Jesus lief was, was baie hartseer toe Hy vir hulle vertel Hy moet weggaan, terug na sy Vader toe. Jesus het hulle egter getroos. As Hy soos ʼn mens op die aarde sou bly, sou mense Hom altyd net op sekere plekke kon kry, daar waar sy liggaam sou wees. As Hy egter sou weggaan en die Heilige Gees in sy plek stuur, sou dit vir die mense baie beter wees. God die Heilige Gees kan oral tegelyk wees omdat Hy nie in ʼn menslike liggaam vasgevang is nie. Hy woon nou in ons en kan ons help om Jesus se woorde beter te verstaan. Kom ons luister wat die Bybel hieroor sê. Hoor Moment 1: Johannes 16:5-7 Jesus gaan weg, maar die Heilige Gees kom in sy plek Jesus het gesê God sal die Heilige Gees in sy plek stuur. En God hét dit gedoen. Die Heilige Gees is uitgestort nadat Jesus aan die regterhand van die Vader gaan sit het. Toe die Heilige Gees gekom het, het Jesus se volgelinge oor Hom begin praat. Hulle het vir almal verduidelik waarom Jesus gesterf het en verkondig dat Hy die dood oorwin en uit die graf opgestaan het. Moment 2: Johannes 16:12-13 Die Heilige Gees het gekom om die waarheid aan ons te verduidelik Die Heilige Gees help ons om die waarheid oor Jesus te verstaan. Wat die Heilige Gees sê, is dieselfde as wat God en Jesus sê. Moment 3: Johannes 16:14-15 Die Heilige Gees sê vir ons alles wat Hy van Jesus ontvang, en Hy verheerlik Jesus Die Vader, Jesus en die Heilige Gees sê presies dieselfde dinge. Die mense wat vir Jesus gekruisig het, wou nie vir Jesus as hulle koning hê nie. Die Heilige Gees het gekom om vir almal te leer Jesus is die Here, die Koning. Dink Kom ons sê dit nou almal saam: Ek glo in die Heilige Gees. Vra nou die Heilige Gees om elke dag vir jou te wys hoe jy kan leef as iemand wat bely: Jesus is my Koning. Leer en sing enige lied oor die Vader, Seun en Heilige Gees. Leef Partykeer sê ons Jesus woon in ons, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat in ons woon. As jy vergeet die Heilige Gees woon in jou, doen jy later sommer enigiets wat jy wil. As jy egter onthou die Gees woon in jou, raak jy stil en vra Hom om jou te help kies wat jy moet doen en hoe jy moet leef.

4 Ons lees in die Bybel hoe die Heilige Gees ons help om te doen wat Jesus van ons vra. Die Vader, Jesus en die Heilige Gees vra presies dieselfde van ons, en wat Hulle van ons vra, lees ons in die Bybel. Soms doen ons wat verkeerd is, of ons sê die stemmetjie in ons het gesê ons moet dit doen. Die Heilige Gees gebruik soms die stemmetjie in ons om ons te lei, maar partykeer is daardie stemmetjie net ons eie gedagtes. Daarom moet ons mekaar help om uit te vind of dit wat ons in ons gedagtes hoor of dink dieselfde is as wat die Heilige Gees vir ander kinders van God sê. Ons moet ook kyk of die stemmetjie wat ons hoor presies dieselfde sê as wat die Bybel vir ons sê.

5 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet almal met hierdie woorde: Hallo, almal wat so mooi kan luister. Kom laat ek gou voel hoe goed julle ore kan luister. Vat liggies aan elkeen se oor en sê vir elkeen iets soos die volgende: Sulke koue ore kan seker alles hoor. Jy kan seker al die fyn klanke hoor. Jy het mooi oorbelle aan Ek wonder hoe goed hierdie ore in die klas kan luister. Ore om beter te kan hoor, my kind! Wegspring/Werksaam Kyk saam na paneel 7. Vandag gaan ons knip-en-plak. 1. Blaai na bladsy 75 in jou werkboek. Knip die donkerblou kruis, die oop graf, die kroon, die ligblou kruis, die duif en die vuurtonge uit. Plak dit dan op die regte plekke op die prentjie op bladsy 33.

6 Opmerking: Terwyl die kinders en hulle helpers (as jy dit gereël het) hierdie items uitknip en plak, kan jy met hulle oor die volgende gesels: Op paneel 7 is Jesus se kruisiging reeds verby. Die groot donkerblou kruis staan aan die begin (linkerkant) van hierdie paneel. Daar is 12 lyne wat die 12 dissipels voorstel. Judas se lyn loop voor die kruisiging dood, maar ná die kruisiging is daar iemand anders in sy plek gekies om van Jesus te getuig. Sy naam was Mattias (onderskei hom van Matteus, die Evangelieskrywer; Hand 1:21-26). Mattias word deur die heel onderste lyn voorgestel. Ná die kruis op die rooi lyne kom die groot prent van die oop graf. Dan verander die 12 lyne skielik in een groot rooi blok. Reg bokant hierdie verandering is ʼn kroon wat wys Jesus het na die hemel opgevaar om aan die regterhand van God te gaan sit. Van daar af het Hy die Heilige Gees vir ons gestuur. Daar waar die 12 lyne in een groot blok verander, sit ons ʼn prentjie van ʼn ligblou kruis, ʼn duif waar die balke van die kruis oorvleuel en vlamme aan die voet van die kruis. Hierdie prent laat ons aan die Heilige Gees dink. Toe die Heilige Gees uitgestort is, was daar vuurtonge (vlammetjies) op die koppe van almal wat in Jesus geglo het. Op ander plekke in die Bybel waar ons van die Heilige Gees lees, is daar weer ʼn wit duif. Die ligblou kruis sê vir ons die Heilige Gees vertel vir ons van Jesus. Wegstuur/Huisgeloof 1. Gaan vertel by die huis wat al die prente wat julle op die paneel geplak het, beteken. 2. Gesels saam hieroor: Hoe kan ons oefen om te hoor wat die Heilige Gees ons wil leer?

7 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Wanneer die kinders instap, sê vir hulle: Baie welkom. Die Heilige Gees is hier by ons. Wat doen die Heilige Gees? Ons gaan vandag hieroor nadink. Hier is vir jou ʼn spesiale teksvers. Gee vir elkeen een van die volgende teksverse uitgeskryf op ʼn stukkie papier of kaartjie. Jy kan dit voor die tyd tik of skryf en uitknip, of hulle kan dit self in hulle Bybels lees. (Opmerking: Hierdie verse kom uit moeilike dele van die Bybel, maar kyk gerus hoe goed die kinders dit kan verstaan. Jy kan ook ander verse en makliker vertalings kies.) Johannes 14:16 Johannes 16:13 Romeine 8:14 Romeine 8:15 Romeine 8:16 Romeine 8:26 Efesiërs 1:13 Efesiërs 5:18-19 Galasiërs 5:25 2 Timoteus 1:7 Wegspring Bid saam dat julle meer van die Heilige Gees kan verstaan. Wonder Wonder oor die vers wat jy gekry het sonder om met die ander daaroor te praat. Werksaam 1. Laat elke groeplid sy of haar teksvers lees (of lees dit vir hulle) en dan vir die ander verduidelik wat die Heilige Gees doen. 2. Tussen die sinne hieronder is daar een sin wat verkeerd is. Watter een is dit? Jesus stuur die Heilige Gees na ons toe. Die Heilige Gees help ons om die waarheid oor Jesus te verstaan. Ons kan die Heilige Gees hartseer maak. Die Heilige Gees is net ʼn krag; Hy is nie ʼn Persoon nie. Die Heilige Gees is God, net soos Jesus en die Vader. Wegstuur/Huisgeloof 1. Wys vir jou mense by die huis watter vers jy vandag gekry het. Praat weer saam oor wat dit beteken. 2. Soek jou vers in jou Bybel op en onderstreep dit. Jy kan ook vandag se datum daarby neerskryf as jy wil.