Preek Exodus 23:29-30

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesaja sien die Toekoms

Preek Romeine 1:16-17

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Preek 1 Petrus 2:9-12

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Preek 2 Korintiërs 5:7

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Jona en die Groot Vis

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Goeie Konings, Slegte Konings

Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Van Vervolger tot Prediker

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

n Tempel Leier besoek Jesus

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

God eer Josef die slaaf

Jona en die Groot Vis

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Preek 2 Timoteus 4:7

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dooppreek Mika Bogaards

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Transcriptie:

1 Preek Exodus 23:29-30 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 23 Oktober 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 148-1:1,5 Sing: Lied 509:1,2 Sing: Lied 275:1,3,5 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied: Psalm 118-2:5 Votum Groetseën Lofsang: Lied 203:1,3,5 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Verootmoediging- en Versoeningsdiens: Lees: Romeine 3:23-24 en Romeine 5:1 Sing: Psalm 65-1:2 Lees: Efesiërs 4:17-24. Sing: Skrifberyming 2-4:3 Woorddiens: Gebed Skriflesing: Exodus 23:20-33 Sing: Psalm 23-1:1,2 Fokus: Exodus 23:29-30 Preek: Tema: God kom sy beloftes bietjie vir bietjie na. Antwoorddiens: Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Psalm 105-2:1,3,11 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Inleiding Ek dink dat die volk Israel nogal uitgesien het na die beloofde land Kanaän. Wie sou nie? Dit was immers n land wat oorgeloop het van melk en heuning. Miskien het jy ook n Kanaän waarna jy uitsien. Jy droom dalk ook van n dag dat alles net mooi en goed en reg

2 sal wees. Nou is dit interessant dat die Here die land Kanaän nie eensklaps aan die volk Israel gegee het nie, maar bietjie vir bietjie. Die mooi dinge wat God aan ons belowe, kom baie keer bietjie vir bietjie. Ek gaan hierdie tema, naamlik dat God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom, aan die hand van die volgende vier hoofpunte behandel: Een: God kom sy beloftes bietjie vir bietjie na deur dit wat Hy doen. Twee: God kom sy beloftes bietjie vir bietjie na deur dit wat ons doen. Drie: Die redes hoekom God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom. Vier: Gaan leef vanuit die beginsel dat God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom. God kom sy beloftes bietjie vir bietjie na deur dit wat Hy doen Die gedeelte wat ek vanoggend voorgelees het, begin met die woorde (Exodus 23:20 in die 1983/92-Vertaling): Ek, die Here, stuur n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek te bring wat Ek vir jou reg gemaak het. Die plek wat die Here vir die volk Israel gereed gemaak het, is natuurlik die land Kanaän wat Hy aan hulle beloof het. Die engel wat voor hulle sal uitgaan om hulle op die pad te beskerm en in die land Kanaän in te bring, is nie n gewone engel nie. Volgens vers 21 het hy die mag om te vergewe of nie te vergewe nie. Verder staan daar dat die Here aan hom volmag gegee het. In die 1933/53-Vertaling staan daar:... want my Naam is in Hom. Hierdie Engel is dus van dieselfde wese as God. Hy is God self. Na aanleiding van 1 Korintiërs 10:9 word aanvaar dat hierdie Engel die Seun van God is, voordat Hy mens geword het. Dit is die Seun van God wat voor die volk Israel sal uitgaan om hulle op die pad te beskerm en in die land Kanaän in te bring en so God se beloftes van n land sal nakom. Die woorde Ek sal... kom ten minste elf keer in Exodus 23:20-33 voor. Die almagtige God sal doen wat nodig is om te sorg dat Hy sy beloftes nakom. Hy sal die heidennasies voor Israel uit verdryf. Soos wat Hy dit doen, sal die nuus daaroor versprei, sodat die ander nasies bang sal word. So sal die Here die nasies die skrik op die lyf jaag en die land Kanaän aan die volk Israel gee. Die dinge wat God doen om sy beloftes na te kom, het n lang geskiedenis. Die grense van die land soos wat dit in Exodus 23:31 uitgespel word, is die grense wat God honderde jare vantevore aan Abraham beloof het. Vanaf Abraham het baie dinge gebeur, soos dat die volk Israel slawe in Egipte was en daarna deur God uit Egipte verlos is en deur die woestyn getrek het. Toe God hulle uiteindelik die land Kanaän laat ingaan het, het hulle eers n klein deeltjie van die land ingeneem. Daarna het hulle nog gedeeltes ingeneem, soos wat dit in die boek Josua vertel word. Maar dit was eers Dawid wat dit reggekry het om die grondgebied in die noorde tot teen die Eeufraat in te neem en dit was eintlik net Dawid se seun Salomo wat gemaklik oor die hele gebied regeer het, ongeveer 850 jaar nadat God sy beloftes oor die grense aan Abraham gemaak het. Die dinge wat God doen om sy beloftes na te kom, het nie daar gestop nie. Daar is nog n hele lang geskiedenis na Salomo. Daar is die geskiedenis van die geboorte van ons Here

3 Jesus Christus, die Seun wat mens geword het. Hy het soos die Engel van Exodus 23:20 voor ons uitgegaan om ons te bring na die plek wat God vir ons vir ons reg gemaak het. Hy het voor jou uitgegaan, deur sy dood en sy opstanding en sy hemelvaart, sodat jy die ewige Kanaän kan ontvang. Hy het ook sy Heilige Gees vir jou gegee. Deur die geloof wat die Heilige Gees aan jou gee en jou nuwe hart en die nuwe lewe wat die Heilige Gees aan jou gee, ervaar jy iets van die ewige Kanaän reeds in hierdie lewe. So kom God sy verbondsbeloftes in jou lewe na, bietjie vir bietjie. God kom sy beloftes bietjie vir bietjie na deur dit wat ons doen. In Exodus 23:20-33 word n hele klompie dinge genoem wat die volk Israel moes doen. Hulle moes ag gee op die Engel en na Hom luister. Hulle mag nie die ander volke se gode aanbid of gedien het nie. Hulle moes die Here hulle God dien. As hulle hierdie dinge sou doen, sou hulle God se seën ervaar. Dit sou met hulle goed gaan. As hulle ontrou en ongehoorsaam teenoor die Here sou wees, sou hulle die beloftes van die Here verbeur. Dit was asof die volk Israel kon meewerk dat God sy beloftes nakom. Hulle kon as t ware die vervulling van God se beloftes bevorder of verhinder. Dit is nie n kwessie van dat God alles gedoen het en hulle niks hoef te gedoen het nie. Alhoewel God baie beloftes maak, gee Hy aan die mens ook groot verantwoordelikheid. God kom ook sy beloftes na deur dit wat ons doen. Dit gaan ook oor ons belewing van die vervulling van God se beloftes. Wanneer jy aan God ongehoorsaam is en verkeerde dinge doen, het dit meestal slegte gevolge. Wanneer jy byvoorbeeld oneerlik is of steel of ontrou in jou huwelik is of sedeloos lewe, neem dit baie keer jou belewing van die vrede en vreugde van die ewige Kanaän weg. Dan beleef jy al minder hoe God sy beloftes nakom. Deur dit wat ons doen, kan ons die belewing van die vervulling van God se beloftes bevorder of verhinder. Tot die mate waarin ons die opdragte van die Here gehoorsaam, tot daardie mate kan ons verwag om n positiewe faktor in die gemeenskap te wees. Daardeur lê ons die grondwerk vir die belangrikste opdrag wat ons het, naamlik om mense met die Evangelie van ons Here Jesus Christus te bereik. So dra dit wat ons doen daartoe by dat God sy beloftes nakom, bietjie vir bietjie. Die redes hoekom God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom. Kyk weer na ons fokusverse, Exodus 23:29-30: Ek sal hulle egter nie dadelik voor jou uitdryf nie, sodat die land nie leeg lê en die wilde diere te veel word nie. Ek sal hulle bietjie vir bietjie voor jou uit verdryf totdat jou mense genoeg is om die land in besit te neem. Die eerste rede wat die Here gee vir hoekom Hy die land Kanaän bietjie vir bietjie aan die volk Israel gaan gee, is sodat die land nie leeg lê en die wilde diere te veel word nie. Dit is dus n heel praktiese rede, naamlik om te keer dat die wilde diere te veel word en dit dan moeilik sal wees om die land te bewoon. Dit mag partykeer wees dat daar een of ander

4 praktiese rede is waarvan ons dalk nie weet nie, hoekom God soms sy beloftes bietjie vir bietjie in ons lewe nakom. Daar mag miskien een of ander praktiese rede wees waarvan jy dalk nie weet nie, hoekom daardie dag waarvan jy droom dat alles net mooi en goed en reg sal wees, net nie wil aanbreek nie of soms net gedeeltelik aanbreek. Die tweede rede wat die Here gee vir hoekom Hy die land Kanaän bietjie vir bietjie aan die volk Israel gaan gee, is dat hulle eers genoeg moet word om die land in besit te neem. In die 1933/53-Vertaling staan daar: totdat julle vrugbaar word. Die vrugbaar word kan te doen hê daarmee dat hulle eers genoeg mense moes word, soos dit in die 1983/92- Vertaling weergegee word. Maar dit kan ook te doen hê daarmee dat hulle eers geestelik vrugbaar moes word. Dan het dit die betekenis dat hulle eers moes groei in die geloof, dat hulle geloofsvolwasse moes word. Is dit nie dalk ook soms by ons die geval nie? Die rede waarom God sy beloftes bietjie vir bietjie in ons lewe nakom, kan soms daarmee te doen hê dat ons nie geloofsvolwasse genoeg is nie. Die rede waarom daardie dag waarvan jy droom dat alles net mooi en goed en reg sal wees, net nie wil aanbreek nie of soms net gedeeltelik aanbreek, kan soms daarmee te doen hê dat jy nog nie gereed is nie of dat ander mense nog nie gereed is nie. Gaan leef vanuit die beginsel dat God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom. Behalwe dat God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom, werk die lewe meestal ook so dat dinge geleidelik plaasvind. Neem rykdom as voorbeeld. In die reël word n mens nie sommer oornag ryk nie. Daar is enkele uitsonderings waar dit skielik gebeur, maar in die reël vind dit oor n lang tyd plaas en vra dit harde werk. In Spreuke 13:11 vind ons die volgende stukkie wysheid hieroor: Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk. Dit is nogal waar. Rykdom wat oornag kom, verdwyn soms gou weer, terwyl dit wat deur harde werk bietjie vir bietjie bymekaar gemaak word, meestal langer duur. Die mensdom hou nie daarvan dat die wêreld so werk nie, veral nie die moderne mens nie. Daarom dat daar heeltyd na kitsoplossings en kitsrykdom gesoek word. Mense wil dinge sommer dadelik en vinnig hê. Baie jongmense wat klaar is met skool of universiteit verwag dadelik n goeie werk met n hoë salaris. Die ou waarheid van geleidelikheid en harde werk word nie altyd meer aanvaar nie. Hierdie beginsel van geleidelikheid geld ook vir die kerk. Weens dalende getalle en verskeie ander redes is ons bekommerd oor die toekoms van ons gemeentes hier in Welkom asook die kerk in die algemeen. Ons werk aan dinge soos gemeentebou en kerkgroei. Maar baie keer vind dit geleidelik plaas, bietjie vir bietjie. Dinge soos herlewing en vernuwing kan eensklaps gebeur, want God is almagtig. Maar baie keer gebeur dit nie eensklaps nie, maar geleidelik, bietjie vir bietjie. Ons werk soms hard vir God se kerk en koninkryk en ons wy ons met hart en siel aan die saak van die Here met die hoop dat ons by n punt sal kan kom waar ons sal kan terugsit. Maar dit werk nie so nie. Die Here werk bietjie vir bietjie en ons moet bly meewerk.

5 Ons (ek en jy) weet nie altyd waar die Here ons in die proses gebruik nie. Gebruik Hy ons aan die begin van die proses of gebruik Hy ons in die middel van die proses of gebruik Hy ons dalk nader aan die einde van die proses? Omdat jy nie weet waar in die proses God jou gebruik nie, kan dit gebeur dat jy teleurgestel word, as jy nie beleef wat jy verwag nie. Dan is dit belangrik dat jy moet onthou dat God jou wel gebruik. Wees jy net bruikbaar vir God! Onthou, om n kind van die Here te wees en bruikbaar in sy plan te wees, beteken nie dat jy die volle beloftes van die Here se seën op een slag ten volle vervuld in jou lewe gaan ervaar nie. Om n kind van die Here te wees en bruikbaar in sy plan te wees, beteken dat jy bietjie vir bietjie gaan beleef hoedat die Here sy beloftes nakom, selfs deur die grootste terugslae wat jy mag beleef. Moenie dat teleurstellings veroorsaak dat jy jou droom verloor nie! Hierdie beginsel dat God sy beloftes bietjie vir bietjie nakom geld ook van jou persoonlike geloofslewe. Jy mag dalk voel of jy nie jou Bybel goed genoeg ken nie. Maar deur net elke dag jou Bybel te lees of by n bybelstudiegroep aan te sluit, kan jou kennis groei, bietjie vir bietjie. Jy mag dalk voel asof jou geloof nie sterk genoeg is nie of dat jou gebedslewe nie op standaard is nie. Maar deur elke dag daaraan te werk, kan dit verbeter, bietjie vir bietjie. Ons dink soms dat groot dinge in ons lewe moet gebeur en vergeet dan die waarde van klein dingetjies. Klein dingetjies soos elke dag se Bybellees en bid, elke Sondag se erediens toe gaan, ensovoorts. Ons vergeet soms hoe uiters noodsaaklik juis hierdie dinge is, sodat God sy beloftes in ons lewe kan nakom, bietjie vir bietjie. Slot Ek sluit af deur iets te sê oor die krag van klein dingetjies. Dit is klein dingetjies wat n mens se siel kan verwoes. Sonde begin meesal klein. Dit is n klein sondetjie hier en n klein sondetjie daar. En so bietjie vir bietjie raak jy al dieper in die sonde verstrik. Dit is iets kleins hier wat jy nalaat om te doen en iets kleins daar wat jy nalaat om te doen. En so bietjie vir bietjie doen jy al minder wat God van jou verwag. Dit is ook klein dingetjies wat jou in die geloof kan laat groei. Dit is bietjie vir bietjie dat jy deur die Heilige Gees vernuwe word. Dit is bietjie vir bietjie dat jy al meer nuut lewe. Dit is bietjie vir bietjie dat jy in jou geloof groei. God kom sy beloftes bietjie vir bietjie na. Amen.