Skriflesing: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:41 Sing- Ps. 91:1,3; Ps. 142:1,4,5, Ps. 27:4; Ps. 71:1,8,9

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

n Tempel Leier besoek Jesus

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Die Kerk se Geboorte

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jesaja sien die Toekoms

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

'n Man gestuur deur God

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Petrus en die Krag van Gebed

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jona en die Groot Vis

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Pretoria- 20 November 2011 (Nabetragting)

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Toe God alles gemaak het

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Toe God alles gemaak het

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Baie welkom by vanoggend se erediens

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

n Dubbele kruis-belydenis

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Welkom by Die Storie God se storie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Geroep vir Gemeenskap

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Van Vervolger tot Prediker

Pretoria- 14 Augustus 2011

Transcriptie:

1 Skriflesing: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:41 Sing- Ps. 91:1,3; Ps. 142:1,4,5, Ps. 27:4; Ps. 71:1,8,9 Luk 22:39 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. Luk 22:40 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. Luk 22:41 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as n mens met n klip kan gooi, en neergekniel en gebid Luk 22:42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! Luk 22:43 En n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. Luk 22:44 En toe Hy in n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. Luk 22:45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. Luk 22:46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Skriflesing: Lukas 22:39-46 Teks: Lukas 22:41 Sing- Ps. 91:1,3; Ps. 142:1,4,5, Ps. 27:4; Ps. 71:1,8,9 Broeder en suster, hoe vêr kan u met n klip gooi? Dalk ietwat van n vreemde vraag, tog maak ons teksverse n gooisom en afstandsom. Wie doen die gooiwerk, waarnatoe gooi ons en hoe vêr gooi ons? Dit lyk op n manier drie vrae te wees wat in die nag van die verskriklikste lyde, daardie Donderdag-nag direk na die eerste Nagmaal op aarde gevier was, ons nie maar net kan raak as n klippie in die skoen nie, maar dit is baie meer as dit. Dit was heel waarskynlik n redelike volmaan-nag gewees, mense kon sien wat aangaan, al was dit donker, dit was nie stikdonker nie. Jesus het met sy dissipels so pas die Kedronspruit oorgesteek, die spruit waar die water nie mooi is nie, want dit vloei vanaf die plekke waar die offers baie is. Baie geslagte diere daar, in en rondom die tempel maak dat dinge gekleurd raak van bloed, die water wat vandaar vloei wys dit. Jesus trap oor die bloed van die spruit want weet Hy netnou, nie baie ure van nou af nie, dan is dit nie meer hierdie water en hierdie bloed wat gaan tel nie, maar dan gaan dit om die water en die bloed wat van Hom gaan vloei. Toe hulle Hom in die sy gesteek het, het daar water en bloed uitgekom, meer werd, in alles die samevatting van die Kedron wat moes ophou om die bloed te wys en die bloed te dra, want Jesus Christus het nie net geleer om met water te doop as teken van sy bloed nie, maar Hy het ons werklik gedoop met die Gees wat op Pinkster op mense kom sit het. Soos n geweldige rukwind het dit daardie huis ingeruk, dieselfde Gees wat hulle laat

2 praat het, dat baie tale tog wel soos een taal geklink het, elkeen kon hoor hoe daar in sy eie taal gepraat word, hulle het gevlam maar nie gebrand nie, want die Gees het soos vuur op hulle gekom sonder dat dit seer was maar dit was belangrik, maar dit wil ons klipgooi teks ons na terugbring, dit was nog nie Pinkster toe Jesus daardie tuin van Getsémané instap nie. Dit was alles behalwe Pinkster waar mense kon leer om mekaar behoorlik te hoor, waar mense brandende in liefde die vlamme na mekaar sien spring, waar mense soos n rukwind na mekaar opruk. Daardie Donderdag-nag sê ons teks Jesus het Hom afgesonder so vêr soos n mens met n klip kan gooi en neergekniel en gebid. Ons ken hierdie geskiedenis van wat in Getsémané gebeur het, Jesus wat daardie nag, wat die minute hoorbaar begin aftik het na sy kruis toe, dit is nie nou meer meetbaar in dae nie, dit gaan om minute en sekondes, dan gaan Jesus teen die effense helling op. Klaar deur die Kedron, anderkant die helling op tussen die bome in, ja Hy stap eintlik nou tree vir tree die verskrikking in. Hierdie Kedron wat as dit maar kon praat dan was daar spore daarin getrap wat seer en diep lê. Spore wat hunker na Pinkster. Dinge wat met klipgooi op n ander manier mee te doen kry. Dinge wat mense mekaar mee wil seermaak die tye wanneer hulle nie naby genoeg aan mekaar kan kom nie. Kom ons dink maar net aan n enkele Kedron-geval. Mense wat veronderstel is om naby mekaar te wees maar dan tog vanmekaar verwyderd raak. Hoekom gebeur sulke dinge, wat maak die lewe so bloederig dat ek nog die water wou drink maar nou is dit vol bloed?! Dawid het n keer hierdie Kedron moes oorsteek in vrees vir iemand wat eintlik baie naby hom moes wees. In vrees vir sy eie seun. Absalom wat sy trots en sy liefling was, maar die kind het die rewolusie van haat liefgekry om so sy pa te haat, dat daar aan die kind geen keer was om sy pa te wil doodmaak nie. Hy dink niks daarvan om sy pa al meer in die skande te bring, verkeer sommer openlik met sy pa se byvroue op die paleis se dak, maak die sonde aanloklik om met sensasie uit te basuin hoe kan ek my pa in die grond in laat sink. Ja, as Jesus daarna nag die Kedron oorsteek dan is Hy Seun van Dawid, Seun in die groter sin, in die betere sin, in die volmaakte sin, wat Dawid nie haat nie, maar daardie nag gaan n haat wel in mense begin brand wat selfs groter gaan wees as hoe dit met Absalom was. Ons klipgooi teks wil eintlik ons hiermee konfronteer.

3 Ons wat Jesus tussen die bome sien instap, in die tuin van Getsémané in, sy dissipels het gaan stilstaan, dan sê ons teks, Hy stap nog n entjie vêrder. Die oumense sou gesê het, Hy stap nog so n hanetree vêrder, die Bybel sê, Hy stap die ent vêrder as wat n mens met n klip kan gooi. Ons weet dit is mos maar so 40/50 m dan het ek n klip goed kon gooi. Kom ons dink in terme van 40m. Wat lê in daardie 40m. Meer as wat ons dalk besef. Vandag kan ons selfs Pinkster daar inmeet, maar nie nou nie, eers later... Wat ons nou weet as die Bybel só praat van so vêr soos n mens met n klip kan gooi, dan weet ons dit is nie kolossale afstand waarmee Jesus Homself afsonder nie, maar tog wil Hy afgesonder wees. Eenkant wil Hy daar wees waar Hy alleen kan wees maar tegelyk wil Hy naby genoeg wees waar Hy nie eensaam sal wees nie. Hier kom die werklike bedoeling. Afgesonderd wees maar nie verwyderd wees nie, eenkant wees maar tog naby wees. Soos ons aanvaar die nag was die maan duidelik en die lig skoon, as die dissipels sou kon oplet, dan sou hulle Jesus kon sien kniel en bid, maar tog is hulle te vêr van Hom om dit werklik saam met Hom te doen, want daar is die 40 tree wat nou skeiding maak. Tegelyk praat nie net die oë in hierdie volmaan klipgooiteks nie, maar ook die ore. Ons weet as iemand 40 tree van my af is, dan kan ek hom wel hoor, as hy moeite maak en hard en duidelik praat, maar as ek wil hê ander moet my nie hoor nie, dan is 40 tree ook al weer genoeg, dat as ek saggies praat, ek praat alleen, ek bid in waar God my moet hoor, maar ander my nie kan hoor nie, dan is 40 tree genoeg om my by God se verhoring te bring, weg van ander se ore, waar daar tye is wat dit beter is om alleen te bid as om saam met ander te bid. Dalk moet ek dit beter stel, wanneer dit onafwendbaar is wanneer die een sal moet bid dat die ander hom juis nie moet hoor nie. Dit wat wel die nag in Jesus se kniel en bid die geval sou wees. As Jesus hierdie 40m opsy gaan staan dan hang die skaduwee van die kruis reeds swaar daaroor. Hier vind afsondering plaas wat wys op die lyding, op die verlatenheid op die verberging wat gaan kom. Afsondering van lyde wat sy intense spanning Hom die swaarste woorde laat sê wat mens jou in daardie oomblik nie kan indink nie... Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! (Luk. 22:42). Die naaktheid van sy angs en die belewing van droefheid dring die mens tot

4 afsondering. Ja, die mens want was ons hier lees gaan oor Jesus as Mens. Mens, mens in die volkome sin mens. Wat bang kan word, wat alleen kan voel, wat dit nodig mag hê om met tye alleen te wil wees. Die afsondering tot lyde loop saam met die afsondering tot verlatenheid. Die verlatenheid van God en die verlatenheid van die mens loop hand aan hand. Hierdie is die voorloop tot die verlatenheid wat daardie Vrydag die groot verlatenheid sou word. Toe dit gevra was, in groot benoudheid uitgeroep- My God, my God waarom het U my verlaat. Ja, hier is ook afsondering tot verberging. God wat die mens nie alles wil laat sien, nie alles wil laat beleef, nie alles wil laat verstaan nie. Die mens mag sien maar nie alles nie. Weereens kry ons met tye te sien wat ons oë nie alles kan vat nie. Die lig maar soos deur rook heen. Ek sien maar ek kan dit nie alles vat nie. Die oë brand en traan want die ander kant van my sien wil God my laat sien dit wat verskriklik is maar tog dit wat ek nie kan vat nie. Ons kyk in Getsémané deur n dun sluier, Golgota word die sluier n swaar gordyn, niks en niemand kan daardeur sien nie, om te sien wat het alles gebeur toe God in alles sy Seun verlaat het en dit op hierdie aarde drie ure duisternis was. Daardie drie-ure aan die kruis, daar het ons geen insig van nie, al ken ons al die feite! Dan gebeur die wonderbaarlike wanneer die digste swart sluier wat daar nog op aarde was na die ure van alleenheid weggetrek word, dan kom daar bo-menslik n skeur van bo-na onder in die sluier, in die gordyn wat daar vir baie eeue die tempel voorgehang en vol gehang het om afsondering, om skeiding te bewerk. God skeur dit! Daardie 40 tree, die hanetree het hierdie skeur voorafgegaan. Dit wys op die mens se drang tot verbintenis, tot naby wees, maar hiermee saam, die aandrang in tye wat ek naby moet wees maar nie te naby kan wees nie. Ek nie in God se pad moet staan nie, om dit nou kras te stel. Ons sien dit baie keer wanneer mense in ons tyd swaar ly, daar is ernstige siekte, dan dwing die lyding die mens om afsondering en nabyheid, bedoelende die lyding skep die begeerte na alleenheid, maar in samehang met die vrees vir eensaamheid. Lyding dryf jou weg van ander en dryf jou weer na ander toe. Wanneer ons al die dinge besef, broeder en suster, dan moet die begrip meer wees en groter wees wanneer ek as opgejaagde heen-enweer- hardloop tussen afsondering en menslike nabyheid. Dis alles dinge wat ons in die hanetree raaksien, presies in wat Jesus daar deurmaak. Die menslikheid van Jesus waar die menslike nie vir Hom vreemd is nie. Waar Hy nie n vreemde

5 God is nie. Ons sien sy lyding wat ons laat besef hoe goed Hy ons lyding kan verstaan. Hoe Hy alleen ons kan help, kan dra en kan versorg. Wanneer ek langs die bed van die lydende staan ons nie met ons teenwoordigheid mag indring nie, dat ons weet die lydende wil met tye eenkant wees, ja iets van hulle wil hulleself kan verberg, al is die lyding hoe swaar. Tog moet ek beter as die dissipels daardie nag kan doen. Vêr genoeg wees maar ook nie te vêr nie. Die hanetree is n goeie afstand. Ons moet nie aan die slaap wees nie, maar naby wees. So vêr soos n mens met n klip kan gooi, maar moet nie die klip gooi wat die afstand uitdruk nie. Werk met die afstand nie met die klip nie. Dit is iets van die geheim van die lewe. Wanneer ons hierdie geheim ons gemeente indra, broeder en suster, mag ons dit teenoor mekaar afmeet, dat daar bystand, geen te groot afstand, tussen ons as gelowiges mag wees nie, sonder om te dink ek kan eers alles doen wat ek kan, eers as ek alles weet. Dit werk nie so nie! Ons mag nie myle vanmekaar verwyder wees nie, want as die ander een my soek as ek naby moet wees dan moet die hanetree nie te groot wees nie. Gee afstand, gee ruimte, maar die Heilige Gees wat op hierdie Sondag van Pinkster uitgestort is, Hy wil op jou sit wat moet help net soos Hy op hom/haar is wat in God se teenwoordigheid baie ly en baie swaarkry. Ons vat saam daardie afstand so vêr soos n mens met n klip kan gooi, Jesus het dit oorbrug. Jesus het baie verder moes gaan, Hy het die afstand oorbrug nie so vêr soos n mens met n klip kan gooi nie, maar Hy moes kom by hoe vêr God in die sin die klip kon slinger. Baie vêrder as die mens. Die sonde wat die afstand tussen God en mens gebring het, daardie afstand moes die klip kon trek, want die mens het hom verder deur die sonde van God verwyder as wat n man met n klip kan gooi. So sien ons Christus vir ons, in ons plek in terme van alle afstande. Naby ons, want Hy is God in ons, vêr van ons, na die hemel opgevaar want Hy is mens in ons, deur sy Heilige Gees, wat Hy as Mens en God oor ons uitgestort het, maar ook mens in die hemel, toe Hy daarheen gevaar het, Mens in die hemel, God op die aarde. Dit sê hemelvaart en Pinkster tegelyk, dit alles in n hanetree. AMEN