Pretoria- 2 Maart 2015

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

n Dubbele kruis-belydenis

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Die Groot Gebod dennis de wet

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Pretoria-.. Romeine 3:9-31 Sondag 23 30/10/2009 Ds. Petrus Venter

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Pretoria 15 Feb. 2015

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Belydenis Teks 1933/53-vertaling 1983/91 vertaling. Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het;

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die duiwel versoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Deur Christus Alleen

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Goeie Konings, Slegte Konings

Dooppreek Mika Bogaards

Preek Romeine 1:16-17

Deur Christus Alleen

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Deur Christus Alleen

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

n Tempel Leier besoek Jesus

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Pretoria- 4 Nov. 2012

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Baie welkom by vanoggend se erediens

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

ons rykdom in Christus 2

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Deur Christus Alleen

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 3/4 paragraaf Teks: Sing- Ps. 31:1,17; Ps. 27:6; Ps. 33:5

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Deur Christus Alleen

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

sodat jy n gestuurde van die Here kan

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Transcriptie:

1 Skriflesing: Efesiërs 5:6-21; Romeine 3:9-20 Kategismus: Sondag 1V/A 2; Sondag 2 V/A 3&4 Teks: Efesiërs 5:8; Romeine 3:20b Sing- Ps. 89:6; Ps. 90:2; Ps. 91:1,2 Efesiërs 5:6-21 Eph 5:6 Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. Eph 5:7 Wees dan nie hulle deelgenote nie. Eph 5:8 Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here wandel soos kinders van die lig. Eph 5:9 Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. Eph 5:10 En beproef wat die Here welbehaaglik is; Eph 5:11 en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Eph 5:12 Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Eph 5:13 Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig. Eph 5:14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. Eph 5:15 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; Eph 5:16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. Eph 5:17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. Eph 5:18 Moenie dronk word van wyn nie daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Eph 5:19 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here, Eph 5:20 terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, Eph 5:21 en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. Romeine 3:9-20 Rom 3:9 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, Rom 3:10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Rom 3:11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Rom 3:12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Rom 3:13 Hulle keel is n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Rom 3:14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Rom 3:15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Rom 3:16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie, Rom 3:17 en die weg van vrede ken hulle nie. Rom 3:18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie. Rom 3:19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; Rom 3:20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

2 Sondag 1 V/A 2 2 Vraag: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: Drie dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is (b); ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek God vir so 'n verlossing dankbaar moet wees (d). (a) Matt 11:28-30; Ef 5:8. (b) Joh 9:41; Matt 9:12; Rom 3:10;1 Joh 1:9;10. (c) Joh 17:3; Hand 4:12 10:43. (d) Ef 5:10; Ps 50:14; Matt 5:16; 1 Pet 2:12; Rom 6:13; 2 Tim 2:15 Sondag 2 V/A 3 & 4 3 Vraag: Waaruit ken jy jou ellende? Antwoord: Uit die wet van God (a). (a) Rom 3:20. 4 Vraag: Wat eis die wet van God van ons? Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete (a). (a) Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27 Skriflesing: Efesiërs 5:6-21 Kategismus: Sondag 1V/A 2 Teks: Efesiërs 5:8; Romeine 3:20b Sing- Ps. 89:6; Ps. 90:2; Ps. 91:1,2 Broeder en suster, waar ons n vorige keer weer uit die Kategismus ons enigste troos kon bely, was ons eerste gedagte dat ek behoort aan Jesus Christus. Ek is met liggaam en siel, in lewe en in sterwe sy eiendom. Dit is n troos om te mag weet dat ek nie aan myself behoort nie. Dit wat 1 Kor. 6:19 aan ons bevestig- 19 Of weet julle nie dat julle liggaam n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want het Paulus vroeër in Korintiërs kon skrywe- 1 Kor. 3:23: 23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God. Om saam met Christus aan God te mag behoort laat ons hiermee saamlees die woorde in Titus 2:14- Dit gaan nog heeltyd daaroor dat ek aan Christus behoort... 14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. Christus wat ons van alle ongeregtigheid verlos het, ons het God se eiendom geword, weereens om eiendom van God te mag wees, om as eiendom van God tot volk van God gereinig te mag wees, is niks anders as om Kerk van God te wees nie. Dit gaan om n gereinigde Kerk, wat ywerig sal wees om God te dien, ywerig in goeie werke, is hoe Titus die ware Kerk beskrywe. Ons kan eintlik dit nie genoeg beklemtoon nie, dit alles wat ons as kerk ontvang het. Christus wat met sy kosbare bloed vir al my sondes betaal het, Hy wat my uit die heerskappy van die duiwel verlos, Hy is dieselfde Christus wat my bewaar. Hy doen dit op so n besondere

3 wyse dat daar nie eers n haar van my kop kan val sonder dat dit nie die wil van God is nie. Die bewaring van Christus is so omvattend dat antwoord 1 in die laaste deel daarop wys dat Christus vir ons alles ten goede laat meewerk. Selfs die swaarste dinge wat ons moet deurgaan is op die einde iets wat inderdaad tot my saligheid moet dien. So werk die Heilige Gees deur die Woord van die Here terwyl ons belydenis ook net aan die Woord gebind wil wees om ons van die ewige lewe te verseker en om ons van harte gewillig en bereid te maak om voortaan vir die Here te lewe. Dit laat die woorde van Psalm 40:9-10 ons binneste vul... Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande. 9 (40:10) Ek het n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit. Wanneer ons al hierdie groot dinge uit ons belydenis raaksien, ons besef ons saligheid wat in Christus Jesus ons geskenk is, dit alles is onbeskryflik groot, dit staan vas, maar geliefde broeder en suster, niemand sal hierdie grootheid van die genade van God kan besef as dit nie gaan om die besef van hoe groot my sonde en ellende is nie. Die groothede beweeg in hierdie eerste Sondag met duiselingwekkende spoed na mekaar. Die grootheid van God se genade en verlossing, die grootheid van God se troos kan alleen begryp word in die besef van die ander grootheid- HOE GROOT MY SONDE EN ELLENDE IS. Primêr gaan dit om wat Jesus in Mattheus 9:12 gesê het: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Daar is geen doekies om te draai nie. Hoeveel sonde daar is, hoeveel ek nog elke dag sondig, dit in woorde, gedagtes en werke, daar is niks wat ons volmaak doen nie. Alles dra reeds die merk van sonde en onvolmaaktheid en is so gebrekkig as dit kom by wat kan ek by God verdien. Die antwoord is eenvoudig. Daar is niks, werklik niks, n ronde nul is die slotsom van wat ek by God kan verdien. Ons wat so kan voorgee dat ons darem heilig wil lewe, ons maak of ons beter as andere is, die lewe kan so n opgestapelde gehuigelde oëverblindery word, maar wees maar weer eerlik met wie jy in jouself is. Ek en jy lewe n gebrekkige en verdraaide lewe. Ons is in baie opsigte besig om elke oomblik te struikel. Soos n vervloekte Kain voor die aangesig van God moes padgee en ons niks beter verdien as om weg geban, van die aarde verban te wees nie. Dit moet ons weet. As die Kategismus vra hoeveel dinge moet jy weet om salig te lewe en sterwe, dan is dit die eerste om te weet en te erken... My ellende is baie groot. Eers wanneer ek werklik my ellende besef dan kan daar verder gegaan word. Ja, die grootste deel waarmee die Kategismus jou en my lewe omraam, is ons verlossing. Die feit

4 dat daar verlossing is, hoe ek verlos kan word, daarmee is Sondag 5-31 mee besig. Dan word die finale lyne getrek, wat jou en my net nog nader aan God trek. Hoe ek God vir so n verlossing dankbaar moet wees. Sondag 32-52 gaan oor ons dankbaarheid. Wat is dankbaarheid, wat is goeie werke, waar pas dankbaarheid in my elke dag se lewe in... Is ek werklik genoeg dankbaar?! Wat beteken die Wet vir ons wanneer dit oor dankbaarheid gaan, direk hiermee saam waar pas ons gebede in. Hierdie driedeling van die Kategismus volg in die grootste mate die Romeine-brief se indeling. Die eerste hoofdeel van Romeine- Rom.1:18 3:20 vorm die KLAGSTAAT, dit is die eerste hoofdeel van Romeine- DAAR IS NIEMAND REGVERDIG NIE, SELFS NIE EEN NIE. In n hof voor daar n aanklag kan wees moet daar n klagstaat wees. Dit gee Romeine ons, die klagstaat lê voluit oopgerol...almal is ellendig, die sonde is groot. Romeine se tweede hoofdeel bevat, nou wel ander onderdele, soos wat God se UITSPRAAK oor jou skuld is, dit gaan ook oor die VONNIS- u hoor dit is nog heeltyd soos wanneer ons in n hofsaak is. Die klagstaat, die vonnis, die uitspraak, wat natuurlik in elke opsig aan God se reg moet voldoen. Wanneer ons egter die tweede hoofdeel van Romeine moet saamvat (hfst. 3:21- tot die einde van hfst. 11) dan gebeur die grootste wonder ooit. Die uitspraak is SKULDIG, ons is werklik in elke opsig skuldig, ons verdien om die swaarste straf te ontvang, die straf aan liggaam en siel is die DOOD, ons is die DOOD SKULDIG, dit is wat die grootste Regter moes bevind. Daar is geen getuienis wat kon aandui dat ons skuld is darem verstaanbaar, geen getuienis wat ons skuld kon versag nie, kortom as ons onsself moes verweer wat ons in alle geval nie kan doen nie, dan sou ons eie verweer ook maar net nog weer n aanduiding wees, van hoe skuldig ons werklik is. Tog is hierdie tweede hoofdeel van Romeine waarbinne die tweede hoofdeel van die Kategismus sy plek ontvang, met n verandering besig wat ons eintlik nie met die verstand kan begryp nie. Ons is so skuldig, ons verdien die dood, ons straf op die sonde moet die dood wees, die ewige dood, baie erger as die liggaamlike of die geestelike dood... ons verdien in elke geval om dood in al sy fasette oor ons te sien kom, maar as God ons vonnis, God gee die finale vonnis, ná die uitspraak van hoe skuldig ons werklik is, maar die vonnis is EK GAAN JOU VERLOS! Kan u hierdie geweldige ingrype uself indink, dit is eenvoudig net genade.

5 Romeine 3:21- tot einde hfst. 11, praat van verlossing en van die lewe. Ons is verlos, ons is bevry van die toorn van God, ons is bevry van die sondemag, ons is bevry van die wet wat as wettisistiese moets en moenies jou vasbind, ons is bevry van die dood, ons ontvang die lewendmakende Gees. In alles is ons geregverdig. In Christus deur die geloof het God ons saak op Hom geneem. Christus het die straf gedra dat die reg van God ons reg kon word. Ons kan nou deur die goddelike reg ons vryspraak hoor. Broeder en suster, dit is waarmee Sondag 5-31 mee besig is, hoe is jy geregverdig, wat beteken dit om geregverdig te wees, wat is die gevolg van jou regverdigmaking- JY KAN AS VERLOSTE LEWE. Jy het niks om op te roem nie, maar jou regverdigmaking wat alleen God jou kon skenk, gee jou reg op lewe. In die sin ontvang ons deur God die ware reg, wat geen mensereg kon gee nie, dit gaan om die goddelike reg wat jou verlossing waarborg. God het doodskuldiges, onskuldig kon verklaar, dit deur die geloof in Jesus. Verder God het ons gevonnis nie net om te bly lewe nie, maar om die NUWE LEWE te ontvang. Wie die doodstraf verdien word gevonnis tot die NUWE LEWE. Hierdie regverdigmaking deur die geloof in Christus, die nuwe lewe deur Christus, die verlossing in Christus, dit alles lui tot van die mooiste liedere in God se Woord (Rom 8:31-39). DIE OORWINNINGSLIED wat ons moet kan sing. Dan raak Paulus met God se verlossing as die groot wegbereider in sy agterkop, in besonder met sy eie volk besig. (Hfst. 9-11) Hoe Israel hierna moet kyk? Hoe ons na Israel moet kyk? Waar pas Israel in as dit gaan om die verlossing van die hele wêreld? Groot sake wat Paulus rondom sy eie volk moet uitklaar, want hulle as volk van God het nou opdrag as kerk. Hoe n volk, kerk moet wees in sy volk wees- wat nooit n volkskerk mag word nie... en direk hiermee saam, hoe die kerk, net suiwer ware kerk moet wees en dit vir alle volke... deurdat die Koninkryk van God ons kerk-wees moet bepaal, die volk mag dit nie doen nie, al sal die volk en volkere elke keer al hoe meer wil roem in sy (hulle) volk wees, pleks om in sy kerkwees te bly roem. Die gevare van n volksteologie, n bodem-teologie, n rasseteologie, n eietydse bloedteologie, n wit teologie, n bevrydingsteologie, watter vorme van selfverlossing mense en volkere probeer uitdink, kan nie die toets van God se Woord deurstaan nie. Verlossing vir volke in hulle volk wees bestaan nie, daar kan alleen verlossing vir gelowiges in Christus wees, ongeag wie en wat jou volk is. Volkere kan ophou bestaan, volke kan

6 vernietig word, maar die ware Kerk sal daar altyd wees. Wanneer hierdie volmaakte verlossing van alle kante ons geopenbaar word, dan is Romeine 12 tot aan die einde gevul met dankbaarheid. Dit is waaroor die einde van die Kategismus ook gaan. Hoe ek God vir so n verlossing dankbaar kan wees. As geregverdigde voor God moet ons hele lewe n dankoffer as antwoord op God se genade wees. Dit sluit in n lewe waarin daar liefde is, n lewe waarin daar gehoorsaamheid is, gehoorsaamheid aan gesag, in besonder die owerheid, ja hierdie lewe van dankbaarheid sluit in n lewe bekleed met Christus, n lewe in verantwoordelikheid en vryheid. So eindig Romeine, so eindig die laaste van die Kategismus. Daarom dat ons eintlik hierdie lang uiteensetting vanuit Romeine in Efesiërs kort saamvat in hoe Paulus dit in hierdie brief doen hy gee drie sleutelwoorde. Vroeër was jy duisternis... Nou is jy in die lig...leef dan as n kind van die lig. Die duisternis wat Paulus van praat is die vroeëre sonde en ellende, hoe donker maak dit ons lewe, ons wêreld, ons toekoms, as Paulus sê nou is jy in die lig, dan gaan dit om ons verlossing. Die nóú van Christus se verlossing is elke dag aan die werk, want elke dag omdat ons verlos is, kan ons as kinders van die lig lewe. Ons dankbaarheid moet aan die lig kom, Maar ons kan nie met verlossing en dankbaarheid begin nie. Ons besef hierdie eerste klein afdeling van die Kategismus- Sondag 2-4, is maar 3 Sondae wat oor ons sonde en ellende handel, maar dit absoluut deurslaggewend. Wie met hierdie 3 Sondae nie die grootste erns maak nie, kan eintlik maar die res van die Kategismus toemaak, want dan sal verlossing en dankbaarheid nie reg verstaan word en nie reg toegepas kan word nie. Ons ellende kan nou op baie maniere verwoord word. Letterlik weet ons dit het in die paradys begin. Dit wat ons eintlike land moes wees, die tuin waar die mens kon inpas, ons was in-lendig, ons kon daar bly, ons het geword ellendig, God moes ons uit daardie tuin, wat ons land kon wees uitdryf. Dit is die letterlike betekenis van ellende is om uitlandig te wees. Hiermee saam het ons ellende alles te make met wat die karakter van die mens geword het, watter tipe mens is ons uit onsself, hoe verskriklik die sonde wat aan ons ellende kom vassit het, dit alles wys hoe die mens ontaard het, verwaand, boos, eiegeregtig, opstandig. As Paulus oor homself uitroep- Ek ellendige mens...(rom 7:24), die enigste plek waar die ellendige in die Nuwe Testament as ellendige aangedui word, dan spreek Paulus baie hard

7 oor homself, maar as Paulus dit oor homself sou doen, ná hy reeds soveel ontvang, dan het ons beslis geen rede om sagter uitsprake oor onsself te maak nie. Ons ellende is groot, dit van twee kante. Die menslike natuur het boos geword, dit het weggeskuif van wat God dit gemaak het, maar buiten ons boosheid lê nou ook ons skuld. Ons staan skuldig voor God. Dis ook deel van ons ellende, dat ons verdien om vervloek en verwerp te word. Die ellende gaan oor ons sondeskuld en die straf op ons sonde. Hier is almal skuldig- Rom 3:10 staan so duidelik- Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie... Daarom wanneer ons dan weer verder die Kategismus bely, dan gaan ons kom by die Wet en ek... Deur die Wet leer ek wat sonde is. Daar is nie allerhande redenasies oor of ek sondig is en hoe ernstig hierdie sonde is nie. Dit word eenvoudig aanvaar, ons is skuldig en die sonde is baie ernstig. So word daar eintlik met die deur in die huis geval. Die walging van ons doodsbestaan, ons dodelike besmetting, is Sondag 2-3. Daarna ook nog weer hoe moedswillig, eiewillig, aspris en haatlik die mens is, alles dinge wat nie maklik is om te hoor nie, dis swaar, maar kan ons enigiets daarteen sê. Van nature geneig om God en ons naaste te haat... Dit terwyl daardie groot gebod staan waaraan ons gemeet gaan word. In die ellende word die liefde bely. Dit moet ons n volgende keer verder vat. AMEN