ADVENT. November 2016

Vergelijkbare documenten
Welkom by Die Storie God se storie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Groot Gebod dennis de wet

sodat jy n gestuurde van die Here kan

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

n Tempel Leier besoek Jesus

Baie welkom by vanoggend se erediens

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Goeie Konings, Slegte Konings

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

2. Die skepping van die mens

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Toe God alles gemaak het

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Geroep vir Gemeenskap

1 Waar ek vandaan kom

Die Kerk se Geboorte

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Simson, God se sterk Man

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Toe God alles gemaak het

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Les 2 vir 13 Oktober 2018

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Hy is die Here - kom bring Hom lof en ere Dis Kersfees - dis Kersfees Loof Hom almal saam Kersfees - dis Kersfees Loof sy heilige naam

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

SKRIFLESING: Lukas 2: TEKS: Lukas 2: Die volle boodskap van Kersfees. Psalm 118 : 12. Psalm 40 : 4. Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2

FAMILIENUUS. Kersfees Want elkeen hoort in n geestelike gesin. NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin

Dooppreek Mika Bogaards

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die duiwel versoek Jesus

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Transcriptie:

1 ADVENT November 2016

2 KLEINGROEPE: NUUS Ons laaste Familienuus vir die jaar en op daardie noot groet ek as Kleingroepe-koördineerder elkeen van julle. Dit was n voorreg om deel van hierdie bediening te kon wees. Mag net meer en meer verhoudings nog gebou word in hierdie gemeente deur middel van Kleingroepe. Die teeskinkbeurtlys vir 2017 is ge-epos aan die Kleingroepleiers, dankie vir die bevestigings wat reeds ontvang is van julle teeskinkdatums. Voorstelle vir aanbiedings, samekomste, ontbyte ens. vir 2017 sal waardeer word, ons wil graag verhoudings bou in die gemeente en mekaar beter leer ken. Baie dankie aan Ds. Lizette van Rooyen vir hierdie maand se Bybelstudies. Ek wens vir elkeen n geseënde Christusfees toe! Gebed Stiltyd in die feestyd is noodsaaklik, Kom julle alleen saam na n stil plek toe en rus n bietjie Markus 6:31. As jy die lewe van oorwinning deur Jesus Christus wil lei, sal jy moet leer om stil te word in die teenwoordigheid van God en toelaat dat die Heilige Gees kalmte in jou gees en denke bring. In die bedrywige Adventtyd is dit dringend noodsaaklik dat ons alleen by God sal uitkom.

3 WEEK 1 Die goeie nuus (Jesaja 53:1-12) In die Ou Testament het God die goeie nuus van verlossing van sondaars deur Christus reeds verkondig. Toe reeds het God vir Christus verkondig. Dit begin by die heel begin, by Genesis 3:15. Die nageslag van die vrou sal die kop van die slang vermorsel. Hoe verder ons in die Ou Testament lees, hoe duideliker word dit Wie die verlossing sal bring: Hy sal n nakomeling van Abraham wees. In Hom sal die geslagte van die aarde geseen word (Genesis 12:2, 3; 18:18; ens). Hy sal uit die huis van Dawid kom (Jeremia 23:5). God laat in Miga 5:1 ook weet waar die Verlosser gebore sal word. Deur die Ou Testamentiese offerdiens en ander seremonies van die wet vertel God ons ook hoe Hy die verlossing tot stand sal bring. Dit word heel duidelik verklaar in Jesaja 53. So kan n mens talle verwysings na Christus in die Ou Testament vind. Tereg het die Here Jesus gese dat die Skrifte van Hom getuig (Johannes 5:39). Die hele Ou Testament sien uit na Christus en Sy verlossingswerk! Bespreek saam in die kleingroep: 1. Wat was die verwagting waarmee die mense in die Ou Testament uitgesien het na die koms van Christus? 2. Wat beteken Christus se koms toe vandag vir jou? Is jy gereed vir die fees? Maak vir die Here n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld n grootpad vir ons God! Jes 40:3

4 WEEK 2 n Uitsonderlike geboorteberig (Jesaja 9:5-6) Die Ou Testament verkondig nie net Christus en Sy werk nie, maar vestig ook nadruk op Sy geboorte en koms. In Jesaja 9:5 ontvang ons selfs n uitdruklike geboorteberig: Vir ons is n Seun gebore, aan ons is n Seun gegee. Dis baie opvallend dat hierdie geboorteberig die wêreld ingestuur word meer as 700 jaar voordat Christus gebore is. Dink mooi daaraan, wie gaan nou 700 jaar voor iemand se geboorte vir almal laat weet dat hy gebore is! Die Here doen dit. Hy kan dit doen omdat wat Hy sê, sal gebeur. Niks kan dit keer nie. So seker mag Jesaja en God se volk, van hierdie geboorte wees, dat dit 700 jaar voor die tyd kan verkondig word as n werklikheid. Hulle mag toe reeds daaroor verheug en hulself daarmee vertroos. Bespreek in die kleingroep: 1. Watter hoop het die geboorte van die Verlosser 700 jaar voor die tyd vir die mense in Jesaja se tyd gebring? 2. Watter hoop bring die geboorte van die Verlosser meer as 2000 jaar na sy geboorte en lewe op aarde vir jou vandag? Vind God in die allerdaagse dinge En dit is vir julle die teken; julle sal n kindjie vind wat in doeke toegdraai is en in n krip lê. Luk 2:12

5 WEEK 3 Die geboorteberig van die Wonder kind (Jesaja 9:5-6) Die geboorteberig is verder op nog n ander manier opvallend. Dit gaan oor n Wonderkind. In sy geboorteberig maak Jesaja 700 jaar vantevore reeds melding van die daarvan. Die verskyning van hierdie kind se wonder staan reeds vas. Dis dan ook nie n gewone kind deur mense verwek nie, maar van God aan mense gegee. Luister maar na die pragtige name wat Hy ontvang: en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy name sê toe al reeds wie Hy sou wees. In Christus bereik God se wonders van verlossing hulle hoogtepunt. Hy is wonderbaar, ons Raadsman. Dit herrinner ons: die Here se raad is wonderbaar (Jesaja 28:29). Dit sal in die lewe van hierdie kind n werklikheid word, soos nooit van te vore nie. Hy is nie net wys nie, maar ook sterk en almagtig, Sterke God. Hy kan en wil en sal in nood, volkome uitkoms gee. Hy is magtig om te red. Hy sal soos n Vader vir Sy volk wees. Vol sorg en liefde. Jy kan altyd op Sy sorg en beskerming staatmaak. As Vredevors gaan Hy die Vrede herstel. Oorlog en verdukking, geweld en bloedvergieting, sonde en vervreemding was en is aan die orde van die dag. Hierdie wonderkind bring die ware vrede tot stand deur die sonde en die gevolge daarvan aan te spreek. Vrede tussen God en ons mense, vrede tussen die mense onderling, volkome harmonie in God se skepping, herstelde paradys. En die heerskappy is op Sy skouer. Hy sit op die troon van Dawid. Jesaja 9:6 praat van die uitbreiding van Sy heerskappy. Sy heerskappy sal oor die hele wereld uitstrek. Hy sal n volk vergader uit al die stamme en tale van die aarde.

6 Bespreek in die kleingroep: 1. Wat beteken hierdie name wat in Jesaja 9: 5 genoem word, vir jou vandag? 2. Hoe kan jy hierdie name van Jesus, hierdie kersfees in jou familie vier? WEEK 4 Die takkie uit die stomp van Isai (Jesaja 11:1-2) Die profeet Jesaja vestig nog op n ander manier die aandag op die koms van Jesus Christus. In Jesaja 11:1 profeteer hy: n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, n loot uit sy wortels sal vrugte dra. Let daarop dat Dawid se naam hier nie eers genoem word nie. Van Dawid se glorie en van sy ryk sal niks oorbly nie. Juda sal in ballingskap weggevoer word en na die ballingskap sal daar nie meer n koning van die Dawidshuis op die troon sit nie. Die huis van Dawid val terug na die onaansienlikheid van sy oorsprong, toe Dawid nog in Betlehem by sy vader skape opgepas het. Dit is die rede waarom daar in die teks sprake is van die stomp van Isai. Daar het slegs n stomp oorgebly. Die boom het verdwyn hy is afgekap. Maar kyk! Uit daardie skynbare dooie stomp kom nuwe lewe voort! Menslik gesproke kan daar niks meer van die huis van Dawid verwag word nie. Dit lyk of die vervulling van die Messiaanse beloftes onmoontlik lyk, juis daarin openbaar God Sy krag. As alle menslike paaie doodgeloop het, as die mens gekonfronteer word met sy eie onmag, dan toon God Sy Almag. Hy gaan nuwe lewe wek uit daardie afgekapte stomp. n Loot sal daaruit voortspruit. n Klein begin. Onopvallend en onaansienlik. Jesus sal in die vervalle huis van Dawid (in Betlehem), in n stal gebore word. Maar hierdie begin sal wel n geweldige gevolg hê.

7 Bespreek in die kleingroep: 1. Wat is die geweldige gevolge wat Jesus se geboorte in Betlehem, vir jou gebring het? 2. Gesels met mekaar oor die kere wat God die onmoontlike in julle lewens moontlik gemaak het. 3. Praat ook van die Wonder van die klein begin- God gebore as mense kindwat vir ons elkeen die grootste geskenk is, die Een wat nuwe lewe gebring het. Goddelikheid in die eenvoud van n Baba Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes Matt 2:1

8 WEEK 5 Herdenk God se nuwe begin (Lukas 2:1-20) In die Ou Testament het God, Jesus se koms en geboorte uitdruklik aangekondig. God self het by Sy kinders die verlange na Sy nuwe begin in die geboorte van die Verlosser, opgewek. Ons sien dat God in die Nuwe Testament opnuut ons aandag op die geboorte van Jesus Christus vestig. Hy stuur Sy engel Gabriel na beide Maria en Josef. Hy laat Maria en Sagaria sing van God se nuwe begin, volgens die belofte. Hy laat n engel die geboorte van ons Verlosser aan die herders van Betlehem verkondig. Hy laat n groot menigte van die engele die Kersboodskap aan ons voorsing. Hy skakel selfs die sterre in om die wyse manne uit die Ooste tot aanbidding van die gebore Koning te roep. Hemel en aarde moet die Here loof vir Sy nuwe begin in die koms en geboorte van Jesus Christus. Bespreek in die kleingroep: 1. Wat beteken kersfees vir jou? Hoe sou jy dit verduidelik vir iemand wat nie n Christen is, en wat nie die wonder en betekenis van Jesus se geboorte ken nie? 2. In die lig van jou antwoord: Hoe gaan jy dan kersfees vier, vanjaar?