Efesiërs 5: /02/2015

Vergelijkbare documenten
SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesaja sien die Toekoms

Pragtige Koningin Ester

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

n Tempel Leier besoek Jesus

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

het en voor die persoon kans kry om iets oor die lekker slaai te sê,

FAKTORE EN VEELVOUDE

Welkom by Die Storie God se storie

Petrus en die Krag van Gebed

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1 Johannes 5: /03/2014

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Van Vervolger tot Prediker

Die brief aan die Filippense

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Van Vervolger tot Prediker

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God eer Josef die slaaf

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Antonieme en sinonieme

Jakkals lê eendag heerlik en

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Toe God alles gemaak het

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Die Kerk se Geboorte

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Transcriptie:

Efesiërs 5:15-20 15/02/2015 Tema: Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Doel: Hoeveel van ons 24 uur per dag spandeer ons met die Here? Prediking: Stephan Joubert skryf op ekerk se weblad: as ʼn mens 70 jaar oud is, het hy/sy hulle lewensjare min of meer as volg gebruik het: 23 jaar lank geslaap; 14 jaar gewerk; 8 jaar voor die TV spandeer; 6 jaar geëet; 4 jaar op reis gewees; 4 jaar in gesprekke gewees en 1 jaar gewy aan leeswerk en as jy elke Sondag kerk toe gegaan het en elke oggend en aand vir 5 minute gebid het, het jy ʼn volle 5 maande uit die 70 jaar hieraan spandeer Luister mooi: As jy 70 jaar oud is, het jy min of meer 23 jaar lank geslaap, 14 jaar lank gewerk, 8 jaar voor die TV gesit, 6 jaar geëet, 4 jaar op reis gewees, 4 jaar in gesprekke gewees, 1 jaar gewy aan leeswerk en as jy ja, nie almal doen dit nie - as jy - elke Sondag kerk toe gegaan het en elke oggend en aand vir 5 minute gebid het, het jy 5 maande daaraan gewy Toe ek dit lees, het ek gewonder of dit nie een van die redes is waarom daar so baie probleme in die wêreld is nie. Maretha Maartens skryf op ʼn plek - Die mens van ons eeu is n horlosie-ensirenemens; ons is hardlopers skarrelaars haastig-afslukmense maak-gou-mense ons-is-laat-mense. Ons maak ons kinders so groot: jy is laat vanoggend trek nou gou-gou aan kom Pappa is haastig. Ons is ook senuweewrakke hartlyer-mense gespanne mense; ons ly aan stres en kry voorskrifte vir slaappille en antidepressante. Ons kook van frustrasie ontplof wanneer die druk(king) van binne te veel word smag na die verlossing van vakansie herken ons hartkloppings weet van ons spastiese kolon

ons spysverteringsprobleme en ons migraine-aanvalle. (montanaoos.co.za) Die vraag is of dit wat Maretha Maartens sê en dit wat Stephan Joubert sê, met mekaar verband hou? Het die hoeveelheid senuweewrakke en die hartlyer-mense die gespanne mense; die ons ly aan stres mense, die slaappille en antidepressante-mense, die hartklopping-mense en die spastiese kolon en spysverteringsprobleme en migraine-aanvalle-mense, enige verband met die feit dat ons net 5 maande van die 70 jaar wat ons lewe spandeer aan kerk toe gaan en bid? Moet my asb. nie verkeerd verstaan nie ek sê nie dat alle vorms van depressie of hartprobleme of spysverteringsprobleme veroorsaak word deur die feit dat ons te min tyd saam met God spandeer nie. Ek weet maar al te goed dat vir elkeen van goed wat Maretha Maartens noem, daar ʼn reeks oorsake kan wees. Tog vra ek en ek sukkel self om te slaap en ek sukkel my hele lewe lank met migraine - of ons nie fisies meer gesond sal wees as ons meer tyd saam met God spandeer nie... Die spreekwoord sê, ʼn gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees. Wat ek vra is of ʼn gesonde gees nie ook ʼn gesonde liggaam tot gevolg het nie... Die wêreld waarin ons leef is nie altyd maklik nie. Dit was in Paulus se tyd so en dit is 2015 so. Daarom skryf Paulus in die gedeelte wat ons gelees het, Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd Nie alleen lewe ons in ʼn goddelose tyd nie tyd gaan ook so vinnig verby. Ps. 90 sê, ons lewe 70 jaar, of as ons baie sterk is 80 Ons kan die 70/80 jaar verdeel min jare, maande, weke en dae En dan kan ons elke dag indeel in ure 24 uur in elke dat of minute - 1 440 minute per dag of in sekondes - 86 400 sekondes per dag. Dis al wat ons het. Ons het nie meer nie. Jy kan ook nie soos die kinders sê, overs en dan nog n beurt kry of iets oordoen nie... Dit wat ek gister vergeet het om te doen of verkeerd gedoen is verby... Jy het 86 400 sekondes per dag waarin jy alles moet doen

slaap eet werk. Maar dis nie al nie. Ek moet werk toe en terug ry ek moet voorbereiding doen soms moet ek oortyd werk Dis ook nie net vir eet nie ons moet kos koop ons moet kosmaak en baie keer moet ons self skoonmaak en skottelgoed was Ek moet ook tyd aan myself spandeer, bad/stort/tandeborsel/aantrek/uittrek/toilet toe gaan en seker ʼn bietjie rus ook Dan moet ek nog tyd aan my familie spandeer, aan my vrou en kinders en ander familie en vriende En wat van God waar pas Hy in? Hoeveel tyd hoeveel van die 24 uur van die 1 440 minute of 86 400 sekondes spandeer ek saam met Hom en wanneer doen ek dit en hoe doen ek dit? Bill Hylbels, ʼn baie bekende predikant in Amerika, vertel van ʼn man wat op ʼn dag by hom uitgekom het met dieselfde probleem. Hy het ʼn baie tydrowende werk gehad en natuurlik het hy baie geld gemaak. Hy was ʼn Christen wat geweet het dat ʼn mens tyd met God moet spandeer, maar hy kon dit net nie regkry nie daarom het hy kom raad vra. Bill sê toe vir hom dat die enigste raad wat hy vir hom kan gee is dat hy wat Bill is, dit nog altyd reggekry het om tyd te maak vir goed wat vir hom belangrik is Hy maak tyd vir goed wat vir hom belangrik is en daarom het hy nog altyd reggekry om tyd te maak vir ʼn ontmoeting met God. Die man was nie baie tevrede met die antwoord nie. Dalk het hy gehoop dat Bill vir hom sou sê dis maar reg so jy moet tog werk om geld in te bring vir jou huis kyk maar of jy hier en daar ʼn tydjie kan afknyp. Na ʼn paar maande het die man weer ʼn draai by Bill gemaak en hom en sy vrou genooi om by hulle te kom eet. Toe hulle die dag daar kom, het hulle so bietjie gekuier en toe sê die man vir Bill, hy wil vir hom iets wys. Hy het na hulle gesprek van ʼn paar maande gelede, lank gedink oor dit wat hy gesê het en besef hy is reg. ʼn Mens moet tyd maak vir dit wat vir jou belangrik is Hy het toe besluit om ʼn halfuur vroeër in die oggend op te staan. Hy het vir hom ʼn lekker stoel gekoop en dit voor ʼn venster gesit wat op

hulle agtertuin uitkyk. Hy het opgestaan, vir hom koffie gemaak en daar gaan sit, Bybel gelees en daaroor gedink en probeer hoor wat God vir Hom sê. En dit het sy hele lewe verander. Hierdie man het op ʼn stadium sy high profile werk gelos en voltyds in die kerk begin werk Al het hulle het later na ʼn ander stad getrek, het hy aangehou met sy gebruik om elke oggend ʼn halfuur vroeër op te staan vir koffie saam met die Here Ongelukkig het hy op ʼn stadium ʼn redelike aggressiewe kanker gekry en is nie lank daarna oorlede nie. Bill Hylbels het die begrafnis gehou. Na die begrafnis het hy vir sy vrou gevra, wat hulle met die stoel gaan doen? Sy het geantwoord dat sy dit vir 1 van die kinders/kleinkinders gaan gee in die hoop dat daardie stoel sy/haar lewe op dieselfde manier sal verander as wat dit haar man se lewe verander het. Waar is jou stoel? Ons lewe in ʼn goddelose tyd Ons lewe in ʼn goddelose wêreld. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, sê Paulus Gebruik elke geleentheid wat jy het om uit te vind wat die Here wil hê jy moet doen Moet daarom nie onverstandig optree nie, sê hy, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen Die man waarvan ons vroeër gepraat het, het elke oggend ʼn halfuur op sy stoel gaan sit, Bybel gelees, geluister, gebid omdat hy besef het ons leef in ʼn goddelose wêreld en omdat hy te wete wou kom wat God wil hê hy moet doen Omdat God alomteenwoordig is (verduidelik vir die kinders met ʼn ballon wat allomteenwoordig beteken) kan my stoel enige plek wees. Bill Hylbels vertel op dieselfde video hoe hyself vir jare, omdat hulle in ʼn baie klein woonstelletjie gebly het, elke dag vir ʼn halfuur of so, in ʼn Burger King gaan sit het eenkant in ʼn hoek Dit was sy tyd met God Hy vertel van ʼn skrynwerker wat elke oggend ʼn halfuur vroeër in sy bakkie gaan sit met ʼn fles koffie en sy Bybel en voor hulle begin werk, het hy eers ʼn gesprek met God Hy vertel van ʼn jongvrou wat elke dag haar ontmoeting met God in Starbucks gehad het dit ʼn plek soos Mugg&Bean

Waar is jou stoel? Ons kan baie verskonings hê waarom ons nie tyd het om by God uit te kom nie. En miskien wil iemand sê, ʼn halfuur ʼn dag is ook nie genoeg nie Ons moet mos 24/7 met God in gesprek wees na Hom luister Ons moet Hom sien in die natuur Hom hoor en voel in ander mense nie net ʼn halfuur per dag nie... Dis waar Dis waar... Tog sê Bill Hylbels in dieselfde video as jy met ʼn vriend/in in ʼn restaurant kuier en julle gesels oor ʼn klomp goed dink jy die res van die dag baie aan die goed waaroor julle gesels het. En dit is so ek weet, as Irma saam met iemand gaan koffie drink het of ek het saam met iemand gaan koffie drink dink jy lank daarna nog aan daardie gesprek. Sy sal later die dag vir my vertel waaroor hulle gepraat het of ek sal soms ʼn week of 2 later sê, ek het vergeet om vir jou dit te sê as ek nog iets onthou waaroor ons gepraat het. Net so sê hy, sal jy lank na jou gesprek met God, dink aan die gesprek dink aan dit wat jy vir God gesê het, wat jy vir God gevra het, wat jy teenoor Hom erken het en jy sal dink aan dit wat jy gehoor het God vir jou deur Sy woord gesê het Alles begin by daardie afspraak daardie tyd wat jy eenkant skuif vir ʼn ontmoeting met God... Daarna sal jy die hele dag met God besig wees... of moet ek liewer sê, sal God die hele dag met my besig wees. As ek egter wag tot ʼn paar minute voor ek slaap en LW dis die slegste tyd van die dag vir enige mens as ek wag tot ʼn paar minute voor ek slaap om dan t.w.v. my gewete gou ʼn paar verse te lees en ʼn vinnige gebedjie op te sê, sal ek dit nooit regkry om die hele dag te dink aan ons gesprek. Dis eintlik dan net daardie paar minute wat ek met God ontmoet terwyl ek die res van die 24 uur met my eie dinge besig is besig om te slaap en te eet te werk en te rus. Ons lewe in ʼn goddelose tyd maak tyd om te hoor wat God wil hê jy moet doen. Maak nie saak wat ons verskonings is nie - as ons nie tyd maak om met God in gesprek te tree nie, sal ons lewe voort ploeter van een 24 uur na die volgende 24 uur van 1 week na die

volgende week, van 1 maand na die volgende maand en voor ons ons oë uitvee is dit 2016 en 2017 en stap die jare aan 70 jaar of as ons baie sterk is 80 Die bekende Kerkhervormer het per geleentheid gesê, Ek het vandag so baie om te doen Ek sal die 1e drie ure in gebed deurbring. Ons lewe in n goddelose tyd... maak gebruik van elke geleentheid om te wete te kom wat die Here wil dat julle doen... Waar is jou stoel? Amen.