DIE LAASTE EN HEERLIKSTE SALIGSPREKING VAN JESUS VOOR SY HEMELVAART.

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

11. Die roeping van Moses

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Die Groot Gebod dennis de wet

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Welkom by Die Storie God se storie

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Toe God alles gemaak het

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Goeie Konings, Slegte Konings

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Van Vervolger tot Prediker

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Kerk se Geboorte

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

ons rykdom in Christus 2

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Petrus en die Krag van Gebed

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Jona en die Groot Vis

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Sondag, 20 April 2014 Skriflesing: Matteus 28:1-10 Tema: Opstanding Francois Lampreht

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Geroep vir Gemeenskap

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Preek Romeine 1:16-17

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

n Dubbele kruis-belydenis

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Simson, God se sterk Man

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Die Geseendes(Voorspoediges)

Hom alleen moet jy dien

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Transcriptie:

DIE LAASTE EN HEERLIKSTE SALIGSPREKING VAN JESUS VOOR SY Liturgie (Acta 1997: 741): HEMELVAART. ONTMOETINGSDIENS (INTROïTUS) Clanwilliam 2013-06-08 (09:00) 1. Votum 2. Groetseën 3. Psalm 46:1 (bl. 236) God is 'n toevlug in die nood, 'n rots wat altyd vas bly staan, al dreig die vyand met die nood, al storm sy leërbendes aan. Laat dan maar buig en beef al wat ons hier omgeef; laat berge uit hul stee wegwankel in die see - ons sal nie beef of rugwaarts gaan. 4. Geloofsbelydenis Die 12 Artikels Artikel 1: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde; Artikel 2: en in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; Artikel 3: wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; Artikel 4: wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; Artikel 5: wat op die derde dag opgestaan het uit die dood; Artikel 6: opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, Artikel 7: vanwaar Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel. Artikel 8: Ek glo in die Heilige Gees; Artikel 9: ek glo aan n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges; Artikel 10: die vergewing van sondes; Artikel 11: die opstanding van die liggaam Artikel 12: en n ewige lewe. VEROOTMOEDIGINGSDIENS 1. Die Wet as spieël en reël van dankbaarheid Eksodus 20 TOE het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Eerste Gebod. Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Tweede Gebod. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Derde Gebod. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en

2 hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. Derde Gebod. Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. Vierde Gebod Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. 9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; 10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. 11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het HY gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. Vyfde Gebod Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. Sesde Gebod Jy mag nie doodslaan nie. Sewende Gebod Jy mag nie egbreek nie. Agtste Gebod Jy mag nie steel nie. Negende Gebod Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Tiende Gebod Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie 2. Verootmoediging Psalm 25:9 (bl. 117) Slaan op my ellende u oë, hoor my, HEER, uit medely; neem my sondes uit meedoë almal weg, vergeef dit my! HEER, aanskou die leërmag wat om my vermenigvuldig, want hul lê op my en wag - vol van haat en ongeduldig. 3. God se vryspraak (Jesaja 43:1 3a) MAAR nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 AS jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere - hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland 4. Psalm 146:1 (bl. 700) Prys die HEER met blye galme,

3 o my siel, daar 's ryke stof! 'k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof en Hom, wat sy guns my bied, altyd groot maak in my lied. WOORD DIENS 1. Gebed vir Woord bediening (epiklese) en alle nood. 2..Johannes 20:19 31 Jesus verskyn aan sy dissipels (Matt 28:16 20; Mark 16:14 18; Luk 24:36 49) 19 Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: Vrede vir julle! 20 Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. 21 Vrede vir julle! sê Hy weer vir hulle. Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. 22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: Ontvang die Heilige Gees! 23 As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie. 24 Tomas, wat ook Didimus genoem is, een van die twaalf, was nie by die dissipels toe Jesus gekom het nie. 25 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy sê vir hulle: As ek nie die merke van die spykers in sy hande sien en my vinger in die merke van die spykers steek en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. Jesus en Tomas 26 Ag dae later was Jesus se dissipels weer bymekaar, en Tomas was by julle. Hoewel die deure gesluit was, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en gesê: Vrede vir julle! 27 Daarna sê Hy vir Tomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig. 28 En Tomas sê vir Hom: My Here en my God! 29 Toe sê Jesus vir hom: Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo. 30 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. 31 Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. 3. Preek.: Johannes 20:29 (OAV) ANTWOORD DIENS (RESPONSORIA) 1. Dankgebed. 2. Diens van Barmhartigheid

4 3. Psalm 84:6 (bl. 425) 'n Son en skild is onse HEER; Hy sal genade gee en eer, want Hy word nooit sy woord ontrou nie: Hy sal aan almal wat opreg Hom dien en wandel in sy weg, die goeie nimmermeer onthou nie. Welsalig, HEER, wie op U bou, aan U geheel hom toevertrou. 4. Wegstuurseën : 2 Korintiërs 13:14. 5. AMEN Teks JESUS SÊ VIR HOM: OMDAT JY MY GESIEN HET, THOMAS, HET JY GEGLO; SALIG IS DIE WAT NIE GESIEN HET NIE EN TOG GEGLO HET Geliefde Gemeente van ons Here Jesus Christus, Na die sagte deurdringende reën van die afgelope twee weke is die bome se blare skoon gewas; die gras sprankelend groen en die grond deurweek en nat. Om onder hierdie heerlike omstandighede hier in die huis van gebed byeen te wees, is een groot vreugde. Kom ons deel as Broeders en Suster in die Here vanmôre in die Saligspreking van ons Meester en Verlosser. INLEIDING Ons almal ken die Saligsprekinge van ons Here Jesus Christus aan die begin van sy Bergpredikasie. Daar is egter meer saligsprekinge van ons Meester in die Skrif. En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie. (Mt 11:6) Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. (Mt 16:17) Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.(op 1:3) Ons luister egter nie altyd met dieselfde oor na wat genoem kan word die Laaste en Heerlikste Saligspreking van ons Here nie!

5 Van watter belang hierdie saligspreking is kom na vore as ons let op die eerste en laaste twee vers van hoofstuk Johannes 20. EN op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was. Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie; maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam. Uit hierdie Skrifgedeelte kan ons vasstel dat daar drie moontlikhede is Nie sien nie en nie glo nie. Sien en glo. Nie sien nie en nogtans glo. 1 NIE SIEN NIE EN NIE GLO NIE. Tot vandag toe is daar ongelowige Thomasse. In die Post Moderne Tyd wat ons tans beleef, aanvaar die mens net wat bewys kan word. Dit is wat wetenskaplik verklaar kan word. Dit is dan ook die groot woord vandag Wetenskap en tegniek. Mense soek bewyse. Hulle glo eerder die wetenskaplike feite van n teorie as die Skeppingsverhaal van Genesis se eerste drie hoofstukke Ons Verlosser en Saligmaker se maagdelike ontvangenis en geboorte is medies gesproke onmoontlik en fiksie Kloning en in vitro bevrugting is wel wetenskaplik moontlik en reeds deur wetenskaplikes n werklikheid gemaak. Maar dit is slegs moontlik as daar DNS en genetiese materie beskikbaar is. Jesus se opstanding uit die dood moet vergeestelik word om geglo te kan word, want fisiologies en biologies kan daar nie n opstanding uit die dood wees nie. Dit is ook nie net Christus se opstanding uit die dood wat betwyfel word nie. Dieselfde geld van die opstanding van die dode op die jongste dag wat ons in artikel 11 van die Twaalf Artikels bely.

6 Vir Maria Magdalena, Johannes en Petrus asook die ander agt was die blote sien en hoor van Jesus se opstanding genoeg. Thomas wil eers sien en voel, dán sal hy glo. As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie. 2 SIEN EN GLO. Hierteenoor is daar n skare van mense wat sien en..... GLO! Onder hulle was Maria Magdalena, Petrus en Johannes die eerstes. Hulle kom by die leë graf. Hulle sien die doeke waarmee die lyk van die Seun van die mens toegedraai was, daar lê onaangeraak deur mense hande. Die doek wat om sy hoof was, wat daar eenkant lê netjies opgevou. Hulle sien die leë graf en glo dat Hy werklik opgestaan het. Toe sy uit die vermeende tuinier se mond haar naam hoor: Maria! wéét sy, glo sy en val aan sy voete neer: Raboeni! Ook die ander dissipels, maar sonder Thomas. Vrede vir julle! hulle sien Hom, ontvang die Heilige Gees en glo! Hulle glo die getuienis van die Emmaüs gangers Kleopas en sy vriend. Hulle aanvaar die opdrag van hulle Here en Meester in sy Hoëpriesterlike gebed (Joh. 17:17,18) 17Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid. 18Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; 19en ter wille van hulle wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees. Hulle sien glo, want hulle sê vir Thomas: ONS HET DIE HERE GESIEN! n Week later verskyn die Here weer die Sondag aan hulle, terwyl Thomas by is.. Hy maak nie gebruik van die Here se uitnodiging om hom te vergewis van die wonde aan sy liggaam nie hy sien en... glo! 3 NIE SIEN NIE EN NOGTANS GLO Een saak staan vas daar is geloof en daar is geloof.

7 Hiervan is die Here se gelykenis van die saad wat op verskillende plekke geval het die beste bewys. Of hulle wat die Woord hoor, glo nie; of party glo tot die versoekinge hulle oorval klipperige grond; of die beproewinge van die geloof word vir hulle te veel tussen die doring en die distels... Daar kan geen blywende geloof in Jesus wees nie, behalwe as dit n geloof is in Hom as die opgestane Here. Dieselfde Here wat nog die merktekens van sy versoeningsdood aan die kruis dra.. Paulus getuig hiervan in Romeine 8:24 Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. en Petrus bevestig dit in sy eerste brief hoofstuk 1 vers 5 en 7 tot 9. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus. 8 9Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met n onuitspreeklike en heerlike blydskap. Hierdie saligspreking van Jesus is deur n Godgeleerde by geleentheid genoem: Die blywende skat van die latere Kerk. Kyk en sien met n oog van geloof. 4 SLOT Glo u? Glo u omdat die Heilige Gees u die geestelike oog gegee het om die onsienlike te sien? Of glo u elke wind van lering die bedrieëry van mense en die sluheid om listiglik tot dwaling te bring? (Vgl. Efes. 4:14). Glo soos n kindjie onvoorwaardelik en opreg. Glo al sien u nie!

AMEN 8