HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk nie. Ë1610-A-GEG-SG01µ Î
INHOUDSOPGAWE LESELEMENTE 5 VOORWOORD 7 JAARPLAN 11 EENHEID 1: Die Atmosfeer 14 Les 1: Struktuur en Samestelling van die Atmosfeer... 15 AKTIWITEIT 1:... 20 Les 2: Die Verhitting van die Atmosfeer... 20 AKTIWITEIT 2:... 26 Les 3: Faktore wat Temperatuur Beïnvloed... 27 AKTIWITEIT 3a:... 35 AKTIWITEIT 3b:... 36 AKTIWITEIT 3c:... 37 AKTIWITEIT 3d:... 37 AKTIWITEIT 3e:... 37 Les 4: Vog in die Atmosfeer... 38 AKTIWITEIT 4a:... 49 AKTIWITEIT 4b:... 49 AKTIWITEIT 4c:... 50 Les 5: Weerstelsels oor Afrika... 50 AKTIWITEIT 5a:... 61 AKTIWITEIT 5b:... 62 Les 6: Voorstelling van Weer (1)... 62 AKTIWITEIT 6a:... 67 AKTIWITEIT 6b:... 68 Les 7: Voorstelling van Weer (2)... 73 AKTIWITEIT 7a:... 75 AKTIWITEIT 7b:... 76 EENHEID 2: Geomorfologie 78 Les 8: Struktuur en Samestelling van die Aarde... 79 AKTIWITEIT 8a:... 82 AKTIWITEIT 8b:... 82 Les 9: Isostasie n Toestand van Ewewig... 83 AKTIWITEIT 9:... 85 Les 10: Interne Kragte en Plaattektoniek... 85 AKTIWITEIT 10:... 90 Les 11: Interne Kragte Verskuiwing en Korsbeweging... 91 Impak 1
AKTIWITEIT 11:... 96 Les 12: Interne Kragte - Vulkanisme... 97 AKTIWITEIT 12:... 101 Les 13: Interne Kragte Plooiing... 102 AKTIWITEIT 13:... 105 EENHEID 3: Bevolking 106 Les 14: Wat omtrent Bevolkings?... 107 AKTIWITEIT 14:... 111 Les 15: Bevolkingsverspreiding en Digtheid... 112 AKTIWITEIT 15a:... 117 AKTIWITEIT 15b:... 117 AKTIWITEIT 15c:... 117 Les 16: Bevolkingstruktuur... 117 AKTIWITEIT 16:... 121 Les 17 : Bevolkingsgroei... 123 AKTIWITEIT 17:... 126 Les 18: Bevolkingsmobiliteit... 126 AKTIWITEIT 18a:... 129 AKTIWITEIT 18b:... 129 Les 19: Bevolkingspatrone... 129 AKTIWITEIT 19a:... 134 AKTIWITEIT 19b:... 135 Les 20: Bevolkingskwessies... 135 AKTIWITEIT 20a:... 141 AKTIWITEIT 20b:... 141 EENHEID 4: Waterhulpbronne 142 Les 21: Waar word al die water gestoor?... 143 AKTIWITEIT 21:... 146 Les 22: Die Hidrologiese Siklus... 148 AKTIWITEIT 22a:... 150 AKTIWITEIT 22b:... 151 Les 23: Die Oseane: n Bron van Suurstof, Voedsel en Energie... 151 AKTIWITEIT 23:... 159 Les 24: Oseaansirkulasie... 160 AKTIWITEIT 24:... 164 Les 25: Mens se Impak op die Oseane... 165 AKTIWITEIT 25:... 170 Les 26: Bestuur die Wêreld se Oseane... 170 AKTIWITEIT 26:... 175 Impak 2
Les 27: Waterbestuur in Suid-Afrika (1)... 176 AKTIWITEIT 27:... 182 Les 28: Waterbestuur in Suid-Afrika (2)... 183 AKTIWITEIT 28:... 188 Les 29: Vloede... 189 AKTIWITEIT 29a:... 195 AKTIWITEIT 29b:... 195 AKTIWITEIT 29c:... 195 EENHEID 5: Geografiese Vaardighede en Tegnieke 196 Les 30: Kaartprojeksies... 199 AKTIWITEIT 30:... 204 Les 31: Vind Plekke... 205 AKTIWITEIT 31a:... 205 AKTIWITEIT 31b:... 207 AKTIWITEIT 31c:... 208 AKTIWITEIT 31d:... 208 Les 32: Lugfoto s - Oriëntering... 210 AKTIWITEIT 32:... 214 Les 33: Skaal en Afstand... 215 AKTIWITEIT 33:... 218 Les 34: Rigting en Peiling... 220 AKTIWITEIT 34a:... 221 AKTIWITEIT 34b:... 222 AKTIWITEIT 34c:... 224 Les 35: Die Landskap... 224 AKTIWITEIT 35a:... 227 AKTIWITEIT 35b:... 229 AKTIWITEIT 35c:... 231 Les 36: Geografiese Inligtingstelsels (GIS)... 231 AKTIWITEIT 36a:... 242 AKTIWITEIT 36b:... 242 Les 37: Veldwerk... 242 BIBLIOGRAFIE 249 WEBWERWE 250 Impak 3
Eenheid 1 EENHEID 1: Die Atmosfeer INLEIDING DIE ATMOSFEER Samestelling en struktuur van die atmosfeer o Belangrikheid van die atmosfeer o Die samestelling en struktuur van die atmosfeer - troposfeer, stratosfeer, mesosfeer, termosfeer. o Die osoonlaag in die stratosfeer. o Oorsake en gevolge van osoonvernietiging. o Maniere om osoonvernietiging te verminder. Verhitting van die atmosfeer o Prosesse geassosieer met die verhitting van die atmosfeer: insolasie, weerkaatsing, verstrooiing, absorbering, straling, konduksie, konveksie. o Die kweekhuiseffek- impak op mense en die omgewing. o Faktore wat die temperatuur van plekke beïnvloed breedtegraad, hoogte bo seevlak, seestrome, afstand vanaf die see. o Aardverhitting bewyse, oorsake en gevolge met verwysing na Afrika. o Die impak van klimaat en klimaatsverandering op Afrika se omgewing en mense woestyne, droogte, vloede, stygende seevlakke. Vogtigheid in die atmosfeer o Water in die atmosfeer in verskillende vorme waterdamp, vloeistof, ys. o Prosesse geassosieer met verdamping, kondensasie en neerslag. o Die begrippe van doupunt, kondensasievlak, vogtigheid, relatiewe vogtigheid faktore wat relatiewe vogtigheid beïnvloed. o Hoe en waarom wolke vorm. o Wolkname en gepaardgaande weerstoestande. o Verskillende neerslagvorme hael, sneeu, reën, dou, ryp. o Verskillende soorte reënval reliëf, konveksie, frontaal. Lees en interpretasie van sinoptiese weerkaarte o Weerselemente: temperatuur, doupunttemperatuur, wolkdekking, windrigting, windspoed, atmosferiese druk. (LW: die begrip van atmosferiese druk word hier net bekend gestel, dit word meer volledig in Graad 11 behandel). Alhoewel die lees en interpretasie van sinoptiese weerkaarte aan die einde van hierdie eenheid verskyn, beteken dit nie dat dit tot laaste moet oorstaan nie. Dit moet regdeur die Impak 14
Eenheid 1 eenheid geïntegreer word. Gereelde inskakeling op die webblad van die Suid-Afrikaanse Weerdiens word aanbeveel: http://www.weathersa.co.za. Selfs Geografiese vaardighede en tegnieke moet voortdurend met die jaar se werk geïntegreer word. Hierdie afdeling verskyn in Eenheid 5. Les 1: Struktuur en Samestelling van die Atmosfeer BELANGRIK: SLEUTELVRAE: Wat is die atmosfeer? Wat is die afmetings van die atmosfeer? Hoe is die atmosfeer gestruktureer? Waaruit is die atmosfeer saamgestel? Waarom is die atmosfeer belangrik? Die atmosfeer (die gaslaag wat die aarde omring), en meer spesifiek die onderste deel, is een van die oorlewingsisteme van die aarde. Die ander oorlewingsisteme is die hidrosfeer (water), litosfeer (aardkors wat grond insluit) en die biosfeer (wat alle plante en dierelewe insluit). Die atmosfeer word geleidelik dunner soos mens weg van die aarde beweeg. Dit is effens dikker by die ewenaar, in vergelyking met die pole as gevolg van die aarde se rotasie om sy eie as. Vir praktiese doeleindes, kan ons die grens van die atmosfeer oor die ewenaar as omtrent 100 kilometer aanvaar. Struktuur van die Atmosfeer Die atmosfeer bestaan uit verskeie lae; die troposfeer, stratosfeer, mesosfeer en die termosfeer, soos gesien in figuur 1.1. Hierdie lae word van mekaar onderskei deur verskillende termiese (hitte) eienskappe. Die konsep van vertikale veranderings in temperatuur staan bekend as die temperatuur vervaltempo, of temperatuurverval. As die temperatuur verminder met n toename in hoogte, staan dit bekend as n positiewe temperatuur vervaltempo. n Negatiewe temperatuur vervaltempo is n styging in temperatuur met n toename in hoogte, ook verwys na as temperatuurinversie. n Meer gedetaileerde beskrywing van hierdie konsepte verskyn later in die Les. Impak 15
Eenheid 1 Hoogte bo TERMOSFEER Temperatuur seevlak vervaltempo ±85 km Mesopouse MESOSFEER ±50 km Stratopouse 35 C Osoonlaag STRATOSFEER ±12 km Tropopouse TROPOSFEER 0-90 C -60 C 15 C (Temperatuur) FIGUUR 1.1: Lae van die atmosfeer. Termosfeer Hier bereik die lug n temperatuur van omtrent 1500 C en baie van die son se dodelike strale word deur die laag gereflekteer. Mesosfeer Hierdie laag strek tot n hoogte van omtrent 80 tot 85 kilometers. Temperatuur verminder met hoogte. Stratosfeer Die bekende osoonlaag is in die stratosfeer. Dit absorbeer baie van die son se gevaarlike ultra-violetstrale. Osoon is n vorm van suurstof, genaamd O3. (Normale suurstof: O2). Wetenskaplikes is tans besig om die invloed van besoedeling, veral CFK s, op die osoonlaag, te bestudeer. Die negatiewe temperatuur vervaltempo is as gevolg van die absorbering van ultra-violet deur die osoon. Troposfeer Die hoogte bo die aarde se oppervlakte is tussen 8 km bo die pole tot ongeveer 17 km bo die ewenaar. Van hier onder, lyk dit baie hoog, maar dink aan n afstand van 12 kilometer en jy sal agterkom dat hierdie sone van noodsaaklike gasse nie so groot is nie. Die boonste grens staan as die tropopouse bekent. Omtrent 50% van al die atmosfeer se gasse en soliede deeltjies kom voor in die onderste 5 kilometer van die troposfeer. Die digtheid van die troposfeer, neem dus geleidelik af met toenemende hoogte bo seevlak. Sommige gasse is noodsaaklik vir plant, dier en mens terwyl ander gasse weer help om sonenergie vas te vang in die laer troposfeer om aardhitte te verseker. Laasgenoemde staan bekend as die kweekhuiseffek ( greenhouse effect ). Al die weerprosesse vind plaas in die troposfeer. Dit is ook in die laer laag van die atmosfeer waar die temperatuur gewoonlik afneem met n toename in hoogte. Impak 16