MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Les 1 vir 7 Oktober 2017

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Kerk se Geboorte

Van Vervolger tot Prediker

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

n Tempel Leier besoek Jesus

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Dubbele kruis-belydenis

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Deur Christus Alleen

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die Groot Gebod dennis de wet

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Les 2 vir 13 Oktober 2018

God eer Josef die slaaf

Dooppreek Mika Bogaards

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Geroep vir Gemeenskap

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Transcriptie:

1 MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013 Broers en susters, Matteus stel n baie interessante man aan sy lesers voor. *Ontmoet Johannes die Doper! Ontmoet die man met die eienaardige klere en ongewone dieet. Ontmoet die man wat nie in n sinagoge nie maar in die woestyn preek. Vir ons vandag klink dit alles baie vreemd. Johannes die Doper sou seker in ons tyd die indruk geskep het dat hy n gevaarlike sekteleier is, iemand wat nie vertrou kan word nie. Maar juis op grond van dié dinge wat vir ons eienaardig is aan Johannes die Doper en sy optrede, sou die Jode van daardie tyd hom as n profeet herken het. Hy laat dink hulle aan die profeet Elia (2 Kon 1:8). Jesus sê ook later: "Johannes is die Elia wat sou kom" (Matt 11:14). Verder doen Johannes iets wat nog n profeet, Jesaja, voorspel het: hy tree op as n herout, n aankondiger van die koms van die Koning, n wegbereider vir die Messias. Maar baie belangrik is natuurlik: Watter boodskap het hierdie profeet? Dis nie die klere wat hy dra of die kos wat hy eet of op watter plek hy preek wat die belangrikste is nie, maar dít wat hy te sê het!!! En n mens sou onder meer veral drie sake in Johannes die Doper se boodskap kon onderstreep.

2 *Eerstens beklemtoon Johannes die nabyheid van die koninkryk van die hemel. "Die koninkryk van die hemel het naby gekom," sê hy in vers 2. Dit is ook belangrik om daarop te let dat Matteus nie soos die ander Evangelieskrywers van die "koninkryk van God" praat nie, maar van die "koninkryk van die hemel". Daarmee toon hy aan waarvandaan hierdie koninkryk kom, dit wil sê dat dit van die hemel afkomstig is en dus geheel en al van God se ingrype afhanklik is. Waar Matteus waarskynlik vir n oorwegend Joods-Christelike gemeente geskryf het, sluit hy met die gebruik van die begrip "koninkryk van die hemel" ook aan by die laat-joodse taalgebruik waarin die woord "God" deur "hemel" vervang word. Uit eerbied wou die Jode nie die Godsnaam uitspreek of neerskryf nie. Die profete voor hom het ook voorspel dat God n nuwe tyd sou laat aanbreek. Maar Johannes is die een wat kan sê: Hierdie tyd is nou om die draai. In Jesus sou God binnekort op n nuwe manier begin regeer, sou God sy Koningwees op n nuwe manier kom bevestig. In die begrip "koninkryk van die hemel" gaan dit juis oor die Koningwees van God, oor die feit dat Hy alleen Koning is en heerskappy uitoefen in die hemel en op die aarde. Vir elke mens op aarde was dit lewensbelangrik om die Koningwees van God, soos Hy in Jesus na ons toe gekom

3 het, te aanvaar. Met n kinderlike geloof moet ook elkeen van ons die knie voor Hom buig en bely: Jesus is die Here. Hy regeer!!! Ek aanvaar sy koningskap ook in my lewe!!! Dit bring ons eintlik reeds by die tweede saak wat ons in die boodskap van Johannes kan onderstreep: * sy oproep tot bekering. Hy roep sy hoorders dringend op tot bekering. Hy doen dit in die lig daarvan dat die koninkryk nou so naby gekom het. "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom," sê hy. Hoe moet ons Johannes die Doper se oproep tot bekering verstaan? Dit is duidelik dat hy wil hê sy hoorders moet die Koningskap van die Messias aanvaar. Hulle moet n verandering in hulle denke ondergaan, iets wat hulle voortaan in gehoorsaamheid as onderdane van die groot Koning sal laat leef. Vir Johannes is bekering meer as net n nuwe insig in wie God is en in wie ons as sondaars is. Die begrip "bekering" (metanoia) het in ons teksgedeelte te doen met die verandering van n mens se lewe en gedrag OMDAT jou denke verander!!! jou denke oor God, oor jouself, oor sonde en genade en oor wat geregtigheid behels. Jy aanvaar nou die Koningskap van God in Jesus Christus en jou GEDRAG bewys dit!!! Daarom is bekering vir hom ook n NUWE LEWENSWYSE wat pas by hierdie veranderde denke en nuwe insig. En

4 Johannes die Doper noem hierdie lewenswyse die "vrugte" wat bewys dat ons bekeer is(8). Soos n vrugteboom se vrugte vir ons bewys dat ons wel met n perskeboom of n appelkoosboom te doen het, so moet ons lewenswyse ook n bewys wees van die egtheid van ons bekering tot God. Dit is op hierdie punt dat Johannes die Doper die Joodse leiers van sy tyd so ernstig aangespreek het. "Julle slange," sê hy in vers 7, "wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is." Blykbaar het hierdie leiers nie gedink dat hulle hulle hoef te bekeer nie!!! Dit lyk of hulle nie besef het dat die oproep tot bekering ook op hulle van toepassing was nie. Hulle was mos nasate van Abraham!!! Hulle stamboom was tog reg. Maar Johannes ontmasker hierdie siening as n valse sekerheid. Om op die oordeelsdag voor God te kan staan, is dit nodig om jou tot die Messias te bekeer en as n gehoorsame volgeling van Hom te leef. MAAR valse sekerheid is n gevaar wat nie net die Joodse leiers van destyds bedreig het nie. Ook vir elkeen van ons is dit n wesenlike gevaar!!! Ons sou ons dalk voor God wou probeer regverdig deur te sê: Ek behoort darem al my lewe lank aan die kerk. Ek gee gereeld my bydrae. Ek leef n voorbeeldige lewe. Ek is sommer baie betrokke by die werksaamhede van die gemeente.

5 Maar die vraag is: Het God al my denke vernuwe? Het Hy dit al só vernuwe dat ek my tot die Koning van alle konings bekeer het en nou die vrugte dra wat by die bekering pas?!! Hierdie vrugte sal noodwendig n verskil maak, n verskil in die samelewing waarin ons leef, in ons huwelike en gesinslewe, in ons werkplek en waar ons sommer net ontspan. Hierdie vrugte sal wys dat ons deur die genade van God nuwe mense geword het!!! En baie belangrik: oor hierdie vrugte mag ons nie onsself op die skouer klop nie!!! Dit is net omdat God in Jesus na ons toe gekom het dat ONS nou deur bekering by Hom kan uitkom en as nuwe mense kan leef!!! GOD neem altyd die inisiatief in ons verlossing. En daarom: aan Hom al die eer!!! Maar kom ons onderstreep ook n derde saak in die boodskap van Johannes die Doper. Eintlik is dit nie n saak wat ons nou wil onderstreep nie, maar die* Naam van n Persoon, die Naam van Jesus Christus. Johannes wys *weg van homself en bokant homself uit na Jesus Christus as die Messias wat sou kom. Johannes die Doper noem Jesus sy meerdere, dié Een wat so ver bo hom verhewe is dat Johannes selfs onwaardig voel om, soos n slaaf van daardie tyd, Jesus se skoene uit te trek!!! Teenoor Jesus voel Johannes die Doper as minder as n slaaf!!! Boonop sou Jesus die mense nie, soos Johannes die Doper, net met water doop nie, maar met die Heilige Gees en met vuur.

6 Deur die Heilige Gees sou Jesus verlossing, heiliging en nuwe lewe vir sondaars bring. Maar vir almal wat Hom nie as Koning wil erken nie, sou Hy oordeel bring. "Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met n onblusbare vuur verbrand," sê Johannes van Jesus (v 12). Een ding is duidelik: Johannes die Doper tree nie op ter wille van homself nie!!! Hy blaas nie sy eie beuel nie. * Hy wys heen na Jesus. "Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!" het Johannes die Doper gesê toe hy Jesus op n keer na hom toe sien aankom het. Dáár is die Koning wat ons deur sy eie bloed kom verlos het van al ons sonde. In sy heenwys na Jesus stel Johannes die Doper ook vir ons die voorbeeld. Hy wys ons hoe om weg te wys van onsself en bokant onsself uit te wys na Jesus. En dít is sekerlik ook elkeen van ons se roeping as gelowiges: om wegwysers na Jesus te wees!!! Om mense elke dag te wys op die wonder van God se koms na ons toe in Jesus, die wonder van Advent. 1. In die vakansieseisoen sal die meeste van ons waarskynlik mense onthaal. Om dít te kan doen, is daar sekere voorbereidings wat ons moet tref: ons moet n lys van gaste maak, uitnodigingskaartjies uitstuur, n spyskaart saamstel, versierings aanbring, ensovoorts. Ons berei ons deeglik voor op die koms van ons gaste. Wanneer die deurklokkie lui om

7 die aankoms van die eerste gaste aan te kondig, is ons gereed om hulle te ontvang. 2. God tref soortgelyke voorbereidings vir die koms van die Christuskind. Hy nooi die mense deur n spesiale boodskapper, Johannes die Doper, wat die koms van Christus aankondig. Johannes die Doper se doop is die manier waarop die genooide gaste God se uitnodiging aan hulle aanvaar. 3. Johannes se taak was nie maklik nie. Hy is verwerp en vervolg en in die tronk gegooi en later selfs onthoof. Tog het God voortgegaan om hom die moed en krag vir sy taak te gee die taak om die pad vir die koms van die Messias gereed te maak. 4. Vandag wil God ook vir ons gebruik om, soos Johannes die Doper, mense na Hom toe te nooi. Ons moet dus seker maak dat ons die liefde van God deur ons diensbaarheid in hierdie wêreld uitleef. God is die Een wat self die fees voorberei het. Ons moet net die uitnodigings help aflewer.

8 MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013 Liturgie: Liedere vooraf: 345:1,3 / 364:1,3 / 587 Afkondigings Toetrede: 168:1,3 Votum: Geloof sy God die Here, die God van Israel. Dit is net Hy wat magtige dade doen! Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit. Seën: Genade en vrede van God die Vader wat sy Seun na die wêreld gestuur het, genade en vrede van die Seun, Immanuel, wat in Betlehem gebore is, en genade en vrede van die Heilige Gees wat nou hier in ons midde is. Amen. Lofprysing: 345:1,3,4 God se wil: Matteus 22:34-40 Verootmoediging Hier, in hierdie uur van verwagting, erken ons Here, bely ons, o God, dat ons dikwels horende doof en siende blind is. Ons bely dat ons nie aldag vrugte dra wat pas by die bekering nie, dat ons lewe nie heenwys na Jesus nie. Daarom wil ons vanoggend ook spesifiek bely dat ons ten spyte van u koms na

9 die wêreld steeds nie ag slaan op die noodkreet van mense in nood nie. Ons erken en bely dat ons steeds baie vorme van ongeregtigheid teen mense oorsien, dat ons anderpad kyk. Daarom bely ons ons aandadigheid aan die diskriminasie in ons land en in die wêreld. Aan geweld. Aan verkragting. Ons bely dat ons nie ons mense na aan ons genoeg waardeer en met liefde hanteer nie. Ons bely dat ons te min werk aan ons huwelike en nie elke dag ons lewensmaats hanteer met die respek wat hulle verdien nie. U liefde dwing ons vanoggend om rekenskap te gee van ons liefde vir ons naaste. Amen. (stil gebed) Vryspraak Ons beste bedoelings is nog nie volmaak nie. Ons vooroordele staan dikwels in die pad van ons verhouding met God en met mekaar. Maar juis in hierdie gebroke wêreld het die Verlosser na ons toe gekom. Daarom moet ek vanoggend aan elkeen van julle wat glo, verkondig dat julle sondes vergewe is. Amen. Dank vir Vryspraak: 334:1,2 Skriflesing: Matteus 3:1-12 Gebed: Abba Vader opgevolg met gebed Preek

10 Slotgebed Slotsang: 177 / 176 / 175 Seën "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!" (Rom 15:13). Wegsending: 348:1,2,3