Deur Christus Alleen

Vergelijkbare documenten
toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Dooppreek Mika Bogaards

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

n Dubbele kruis-belydenis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

n Tempel Leier besoek Jesus

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Deur Christus Alleen

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Groot Gebod dennis de wet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Deur Christus Alleen

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Les 2 vir 13 Oktober 2018

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Deur Christus Alleen

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Jesaja sien die Toekoms

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

1 Waar ek vandaan kom

Deur Christus Alleen

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Paulus kritiseer sy tyd se manier

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

2. Die skepping van die mens

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Deur Christus Alleen

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Transcriptie:

Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org

1 Sondag 39 Vyfde gebod Dr AH Bogaards Lees: Spreuke 1 Teks: Spreuke 1:7-8; 1 Kor 1:30 HK: Sondag 39 Psalms: Ps 1:1,2; Ps 2:1,6; 19:4,5; 89:6,7; 111:1,2,5 1. Inleiding Ons samelewing is besig om te verbrokkel. Alles val uitmekaar. Daar is geen gesag meer nie. Kinders is opstandig teen hulle ouers. Onderwysers word op die vreeslikste maniere getart. In die kerk maak en breek elkeen soos wat hy wil. Dit is krisis op krisis op krisis: krisisse in die skool, krisisse in die kerk, krisisse in elke stukkie van die samelewing. En vandag kom ons te staan seker voor een van die grootste oorsake hoekom die gebou van ons samelewing in duie stort: die ouerhuis. Want en ons moet dit terdeë besef - die ouerhuis is van fundamentele, grondslagliggende belang vir die gebou genaamd samelewing. En - verbrokkel hierdie fondasie, verkrummel die fondament van n gebou, dan sal die res van die gebou nie onaangetas bly nie. Dan bars dit uitmekaar. En dit is wat besig is om te gebeur. Die fondament ouerhuis verbrokkel. Want ons sit met groot getalle ouers, wat self nie meer luister na die wysheid van die Woord nie. Daarom voed hulle hulle kinders ook nie meer op in die Wysheid van die Woord nie en kan hulle ook nie. En kinders luister ook nie meer na die Wysheidsonderrig nie. En dit kring uit na die samelewing. Daarom sit ons met n samelewingsgebou in puin. Ek staan met u stil by drie gedagtes: 1. Wat ware wysheid is

2 2. Die grondbeginsel van ware wysheid: die vrees van die HERE 3. Die beginplek van die aanleer van ware wysheid: die ouerhuis 2.1 Wat ware wysheid is In die boek Spreuke is n wysheidsleraar aan die woord: Salomo. Soos wat dit die gebruik was in daardie tyd, spreek hy sy leerling aan as my seun. Maar ons moet dieper kyk: Agter die onderwyser Salomo staan die groot Wysheidsleraar, ons Here Jesus Christus. Hy is die eintlike Bybelskrywer deur sy Heilige Gees. Of in die taal van ons Kategismus: Hy is ons hoogste Leraar, wat ook in die Spreukeboek besig is om aan ons die verborge raad en wil van God aangaande ons verlossing én die verlossing van die ouerhuis te openbaar. Christus Jesus is die wysheid uit God, sê Paulus in 1 Korintiërs 1:30. In die wysheidsboek Spreuke wil ons Here Jesus Christus aan ons die ware wysheid leer. Dit is belangrik dat ons moet weet wat hierdie wysheid is. In die Spreuke-boek kry ons deurlopend die kontras: wyse mense enersyds en dwase mense andersyds, verstandiges en sotte. En as u mooi wil sien wat die verskil tussen n wyse en n dwase mens nou eintlik is, dan moet u Psalm 1 ( n wysheidspsalm!) en 2 gaan lees. Daar gaan dit ook oor hierdie twee groepe van mense, al hoor ons nie die naam wyse en dwaas nie. En die verskil tussen die twee groepe kan saamgevat word in die woord luister én waarna hulle luister. Psalm 1 vers 1 en 2 vat dit kort en kragtig saam: die gelowige luister nié na die raad van die goddelose nie. Hy luister na iets anders. Hy luister na die Wet van die HERE. Daarin vind hy sy vreugde.die dwaas daarenteen luister nié na die Wet nie. Waarna hy wél hy luister is die goddelose raad van Psalm 2: Laat ons die juk van Christus, laat ons die Wet, die Evangelie van die Gesalfde van die HERE van ons afgooi. Van die Messias en sy evangelie wil hy niks weet nie. Die wyse daarenteen is hy wat hom onderwerp aan Christus en sy Woord en wat by Hom skuil. Luister, om te luister na die Wóórd dít is die kenmerk van die ware wyse. Om nie te luister nie, om die Woord van Christus te verwerp dít is dwaasheid.

3 U begryp dus: dwaasheid en wysheid het niks te make met n goeie IK of n groot geleerdheid nie. Alles draai om die vraag: Luister jy na die evangelie of luister jy nie daarna? En dan beteken luister natuurlik luister in sy volle sin: doen wat vir jou geleer word, waarna jy luister. Of om dit nog beter te sê: DIT GAAN OM GELOWIG LUISTER. As jy nie luister nie al het jy die grootste geleerdheid, al het jy tien grade in teologie dan is jy tog die grootste dwaas. En nou kom die wysheidsleraar van Spreuke met die Woord, met dieselfde Wet van Psalm 1 en 2 en dieselfde Christus van Psalm 1 en 2 na ons toe. En ook hier gaan dit om luister, luister, luister: luister na daardie Woord van die Leraar van God. Ook in Spreuke staan die luister voorop. Kyk maar na hoofstuk 1 vers 5: Laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry. En ook hier hoor ons van luister na verkeerde raad en die wrange vrugte wat dit oplewer. U sal Spreuke en sy wysheid eers dan werklik goed verstaan, as u hierdie mooi boek in sy eenheid, dit wil sê in sy samehang met al die ander Bybelboeke sien. Trouens, dit geld van elke Bybelboek en elke hoofstuk en elke vers en elke woord in die Bybel. Wie hierdie eenheid sien, vir hom gaan die hele Skrif oop. Die hele Bybel Ou en Nuwe Testament is ons Hoogste Leraar, Jesus Christus, se kommentaar en uitleg van elke boeke en vers en woord. Maar terug by Spreuke: Spreuke staan op die Tora, op die vyf boeke van Moses, op Genesis tot Deuteronomium. Daarmee bedoel ek: U hoor die weerklank van die Wet van Moses in hierdie wysheidsboek. Ook in Spreuke hoor u van die verbonde en beloftes en eise en strafdreigings uit die boeke van Moses. In Spreuke hoor ons ook die eggo van die profete. Spreuke sluit aan by Moses en die Profete en die Spreuke-digter pas Moses en die Profete toe in die lewe van elke dag. Want dít is ware wysheid: om te leef uit die Woord, om dit toe te pas in jou lewe van elke dag. Dit geld vanselfsprekend ook van die Tien Gebooie en i.v.m. vandag se preek dus ook die ook die verbondswoord eer jou vader en jou moeder. Wysheid is om hierdie verbondswoorde in te dra in jou lewe van elke dag. Om te luister na die Woord, om gelowig te luister.

4 2.2 Die grondbeginsel van wysheid: die vrees van die HERE (v 7) Die Spreuke-digter sê vervolgens: Die vrees van die HERE is die begin van die kennis. Dáár begin die ware wysheid: by die vrees vir die HERE. Nou moet ons hierdie vrees, die vrees van die HERE, reg verstaan. Dit gaan om eerbied en ontsag, om liefde en respek vir die HERE. Dit is wat die vrees van die HERE beteken. Die vrees van die HERE wys dus nie in die rigting van angs nie. Dit wys eerder in die rigting van die volmaakte liefde vir die HERE en oorgawe aan sy Woord. Dit wys op die liefde vir God se verbondsbeloftes en die eise van sy verbond. Die vrees vir die HERE het alles met God en sy gebooie te make: Want wie die HERE vrees, sê Levitikus 19:23, sal n ouer man eer. Hy sal die gebod van eerbied vir ouer mens toepas. Daar is daarom ook die allernouste verband tussen die vrees vir die HERE enersyds en die liefde vir ons ouers andersyds: Wie die HERE vrees, sal sy ouers eer. Maar die uitdrukking die vrees van die HERE wil ook nog iets anders sê. Dit leer ons waar hierdie vrees vandaankom. Dit leer ons dat hierdie vrees, dat hierdie liefde van die HERE af kom. Dit is die vrees VAN die HERE, VAN DIE HERE AFKOMSTIG. God gee dit. En hier kan ek aan gee beter kommentaar dink as aan 1 Korintiërs 1:30 nie: Daar staan: Christus Jesus het vir ons geword wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing, sê Paulus (1 Kor 1:30). En soos ek dit verstaan moet ons hierdie teks so begryp, dat hierin vir ons uitgespel word wat wysheid is en waar dit vandaan kom. Christus is die wysheid uit God, uit die Vader afkomstig. En die wysheid word daarin saamgevat dat Christus ons geregtigheid, ons heiligmaking, ons verlossing is. Wysheid is n geskenk van bo. God gee dit aan ons deur sy Heilige Gees. Hy gee ons die geloof. Hy dra Christus, die wysheid van God, in ons harte in. En dan is ons wyse mense, wat deur die krag van Christus se kruis en opstanding die dwase ou mens afsterf en opstaan in n nuwe lewe, n lewe van wysheid. Die vrees van die HERE, die ware wysheid dit kom dus van bo-af. En ons hoogste Profeet en Leraar begin om ons daardie vrees te leer - in ons ouershuis. 2.3 Die beginplek van die aanleer van die ware wysheid: die ouerhuis (v 8-9)

5 Spreuke wil ons die ware wysheid leer. En die Spreuke-boek begin met die groot gebod: vrees die HERE. MAAR DAN en dit is werklik baie opvallend dan kom die ouerhuis ter sprake: My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie (v 8). Tog is dit nie die eerste keer dat ons hierdie orde kry nie. Ons kry dit ook in Deuteronomium 6. Eers is daar die groot gebod: Hoor (luister!) Israel,... Jy moet die HERE jou God liefhê. Maar dan voordat al die ander gebooie ter sprake kom dan kom eers die ouershuis en die ouerlike onderrig ter sprake: Jy moet jou kinders die Woord van die HERE inskerp (v 7). Hierdie vooropstelling van die ouerhuis en die ouerlike opvoedingstaak in Deuteronomium en Spreuke is veelseggend. Dit wil ons vandag iets leer. En die gedagte wat die Here daarmee by ons wil tuisbring is dit: Die ouerlike opvoeding is van grondslagliggende betekenis om die wysheid van die verbond by die kerkvolk tuis te bring. Die huisgesin is van grondslagliggende belang vir die kweek van wyse mense vir kerk en samelewing. In verband met ons ouerlike opvoedingstaak sê vers 8 dan: My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie. En weer n keer hoor ons die luister: Luister, my seun! En dit staan boonop voorop in die Hebreeus: Luister! Dit is vir ons hoogste Profeet, Jesus Christus, belangrik dat kinders sal luister. En dit word uitgespel WAARNA die kinders moet luister: Luister na die tug en die onderwysing van julle ouers. Dit is die weg tot ware wysheid. Die skool van wysheid begin tuis, met tuisonderrig. Dit skakel natuurlik nie die onderrig van die skool en die kerk uit nie. * Met die tug van die vader word bedoel: sy vermaning vanuit die Woord, die Tora. Van hierdie tug sê Spreuke 22:15 immers: As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. En net die tugroede van die Woord kan die sonde uit ons kinders se harte verwyder. Hierdie tug is n liefdesdaad: n Vader tugtig die seun wat hy liefhet. ** In die woord onderwysing, die onderwysing van jou moeder, hoor ons die woord Tora of Wet. Die woord beteken: om die weg te wys. Die Bybel is die wysvinger van God. Ek glo nie dat ons die teks so kan verstaan dat die tug die werk van die vader en die onderwysing die taak van die moeder is nie. Ons het hier met wysheidsliteratuur, met digkuns te make. Beide vader en moeder moet tug én onderrig.

6 * Ouers, dít is nou wysheid: as julle so vermanend en onderwysend uit die Woord besig is. ** En jongmense, dít is nou wysheid: as julle luister na die onderrig van julle ouers vanuit die Woord. Dit is wel belangrik om dit so te sê: Ouers, luister eers self biddend na ons Wysheidsleraar, Jesus Christus, en sy Woord. Dan sal u kinders ook die stem van die Wysheid in u tug en onderwysing be-luister. As ons niks gehoor het nie, kan ons ook niks sê nie. Wat is dit dan presies wat ons as ouers moet leer aan ons kinders? Wat is die leerplan van ons tug en onderwys? Die Wysheid van God! Dit wat 1 Korinthiërs 1 vers 30 ons leer: Christus Jesus het vir ons geword wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. Dit is nou waaragtige wysheid: om ons kinders op hulle doop (die sigbare Wysheid van God) te wys en hulle te leer om hulle doop te verstaan en te waardeer. In ons doopsformulier word die wysheid van God in Christus so heerlik mooi saamgevat. Dit in n neutedop sal ons ons kinders moet vertel: * Kyk, die Wysheid van God is aan julle belowe: ons Here Jesus. Julle is immers gedoop in die Naam van ons Here Jesus Christus. En Hy - Hy verlos ons van die dwaasheid van die sonde. Sy kruis en opstanding herskep ons tot wyse mense, wat wandel in die ware wysheid, op die pad van sy gebooie, in n lewe van heiligmaking. ** Ons sal ons kinders moet wys hoe God se beloftes en eise in die doopsformulier so heerlik saamhang. Want in sy beloftes skenk Hy ons wat ons nodig het vir n wyse lewe: Christus wat ons verlos van ons dwaasheid. En DAN eis Hy van ons om deur die Wysheid van God soos wyse mense te wandel. 3. Slot Leer n nasie sy doop verstaan en waardeer en kerk en staat is gered (JA Wormser). Weet ons wat hy bedoel het? Dat die heil en herstel van kerk, skool en samelewing alleen in Christus Jesus geleë is Hy wat die Wysheid van God is. Dat die heil en herstel van kerk, skool en samelewing afhang van ouers wat dit glo

7 Dat die heil en herstel van kerk, skool en samelewing afhang van ouers wat na hierdie Wysheid luister en hulle kinders dit laat be-luister.... WANT hoe salig is die volk wat luister na u Woord. AMEN