Alle inkomstes binne die US wat teen ʼn kostepunt (KP) ontvang word (uitgesluit inkomstes teen R-KP s wat kursusse betref), moet:

Vergelijkbare documenten
FAKTURERING. Alle inkomstes binne die US wat teen ʼn kostepunt ontvang (uitgesluit inkomstes teen R-kostepunte ten opsigte van kursusse) word moet:

Bankstate LPF Systems BK

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

KONTANT BESTUUR BELEID

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

REKENINGKUNDE: BEGELEI JY OF ONDERRIG JY NET?

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

AANSOEK OM STUDIELENING

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Notas Onderwerp 5 Hulpjoernale en grootboek Deurlopende voorraadstelsel

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

2. Voorlopige kolomtotale van die Kontantjoernale op 30 September 2018:

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

VERKOPEJOERNAAL EN DEBITEUREGROOTBOEK

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

TERME EN VOORWAARDES

Installasie van LPF AgriBusiness/Express 2010 LPF Systems BK

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

DEBITEURE REKONSILIASIES

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

FAKTORE EN VEELVOUDE

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Pre-Graad R / Graad R

Foto-redigering vir sun.ac.za

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

Handleiding 6. Skep en bestuur van ʼn Twitter-rekening. rekening

Doodseisvorm Aanmeld van 'n doodseis

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Gids vir Byvoordele eise

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Direktoraat: Kurrikulum VOO REKENINGKUNDE VOORBEREIDING VIR GRAAD 10. Werkboek

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

Die volgende inligting is uit die finansiële rekords van Menlyn Elektrisiëns vir Junie 2016 verkry.

Notas Onderwerp 5 Hulpjoernale en grootboek Deurlopende voorraadstelsel

Op 1 September 2016 het J Brown sy besigheid Brown Handelaars begin. Hy het besluit dat die besigheid n wins van 25% op verkoopprys sal handhaaf.

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

SENTRALE REKENAARS. n Praktiese handleiding met die fokus op Gedesentraliseerde gebruikers

Tjokkerjol Speelgroepie

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

VOERTUIGPOEL Handleiding vir besprekingstelsel. Mei 2013

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Inkomstebeskermer. Unwrap 2015 Veldtog. Huidige inligting. Aansoekvorm April 2015

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

3.2 BELEID VIR BUITELANDSE BETALINGS VOLGENS DIE REGULASIES VAN DIE SUID- AFRIKAANSE RESERWEBANK EN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

LIDMAATSKAP AANSOEKVORM

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

STUDIEBRIEF 201 VIR FAC1502 OPLOSSING WERKOPDRAG 01/1/2011 (EERSTE SEMESTER)

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

Stuur die aansoekvorm aan:

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

AANDAG: DIE HOOF & BEELD-KONTAKPERSOON

Transcriptie:

FAKTURERING Alle inkomstes binne die US wat teen ʼn kostepunt (KP) ontvang word (uitgesluit inkomstes teen R-KP s wat kursusse betref), moet: GEFAKTUREER word, of BINNE DIE KONTANTONTVANGSTEBELEID hanteer word, of as ʼn SKENKING VIA DIE STELLENBOSCH STIGTING hanteer word. Sien die Finansiële Beleid vir volledige dokumente: http://admin.sun.ac.za/admin/finance/new/finbeleid.htm. Uitreiking van fakture: http://admin.sun.ac.za/admin/finance/new/finbeleid/uitreik%20van%20amptelike%20 FAKTURE.pdf. Kontantontvangstes: http://admin.sun.ac.za/admin/finance/new/finbeleid/kontantontvangstes.pdf. Uitreiking van fakture (sien ook die dokument Algemene riglyne: fakture ) 1. Gebruik program FDB030P op die sentrale rekenaarstelsel. 2. Druk F10 om n nuwe faktuur te skep. 3. Voltooi al die verligte velde volledig, met ander woorde: Vir aandag: u kontakpersoon by die firma en/of bestelnommer indien van toepassing Debiteur: debiteurskode soos bevestig met en/of met die gebruik van F1 (naam van firma, BTW-nommer en adres moet korrek wees) Kontraktipe: sien verskillende kontraktipes deur F1 te gebruik Verduideliking wat kontraktipes betref Kontraktipe 2 en 60 beteken dat maandelikse rente gehef sal word op fakture wat nie binne 30 dae betaal is nie. Hierdie rente is dan deur die betrokke kliënt betaalbaar. Kontraktipe 7 en 61 beteken daar word geen rente op die verskuldigde bedrag gehef nie. NOTA: Hierdie renteheffing het niks met rente-ontvangstes op ʼn rentedraende KP te make nie en ook nie met BTW nie. US-kontakpersoon, -departement en -telefoonnommer: Besonderhede van die persoon vir wie die kliënt kan kontak indien daar enige navrae is. Voeg asseblief die volledige kontaknommer in (formaat: 021 808 4534), aangesien hierdie faktuur ʼn amptelike dokument is wat aan ʼn eksterne kliënt uitgestuur word.

4. Wanneer al hierdie velde volledig en korrek ingevul is, druk Enter en bevestig met F6. 5. Hierdie aksie neem u na ʼn volgende bladsy/skerm. Voltooi dan die verligte velde daar: KP en inkomsterekening en projeknommer (indien daar ʼn projeknommer betrokke is en aan die betrokke KP gekoppel is) Die besonderhede van die faktuur (die groot verligte veld): Voeg asseblief slegs teks hier in. Moet asseblief geen spasiëring, tabelle, ensovoorts hier gebruik nie, aangesien die formaat soos dit op die skerm vertoon nie die formaat is waarin die inligting op die gedrukte of e-pos-kopie van die faktuur verskyn nie. Wanneer ʼn uiteensetting ten opsigte van bedrae wel op ʼn faktuur moet verskyn, moet die opsie vir meervoudige reëls op ʼn faktuur gebruik word. Hoe om meervoudige reëls op n faktuur te skep: Voltooi bladsy 1 soos gewoonlik. Druk Enter en F6, en verskaf op die tweede skerm die inligting en bedrag vir reël 1 op die faktuur. Druk Enter en F6, wat u na skerm 1 terugneem. Druk weer F10 en verskaf dan die besonderhede en bedrag vir reël 2 op die faktuur. Druk Enter en F6, wat u na skerm 1 terugneem. Druk weer F10 en verskaf die besonderhede en bedrag vir reël 3 op die faktuur. Herhaal soveel keer as wat nodig is. Hierdie opsie sorg dat bedrae korrek aangetoon, BTW en toeslag outomaties per reël bereken en die totaal outomaties korrek aangetoon word. Dit maak dit ook moontlik om op een faktuur inkomstes na verskillende KP s en inkomsterekeninge te faktureer. BTW word ook korrek bereken en wel net op BTW-draende inkomsterekeninge. NOTA: Wanneer verskillende KP s op die onderskeie reëls gebruik word, moet al hierdie KP s egter aan dieselfde OE gekoppel wees ter wille van finansiële sekuriteite. In gevalle waar bogenoemde uiteensettings steeds onvoldoende is, is die gebruik om op die faktuur na ʼn aanhangsel of uiteensetting te verwys en dan sodanige dokument saam met ʼn kopie van die faktuur aan die kliënt te versend. Wanneer ʼn faktuur deur ʼn departement uitgereik is en die gebruiker ʼn faktuurnommer ter bevestiging ontvang het, stuur die outomaties die faktuur per e-pos aan die kliënt. As die kliënt nie e-pos gebruik nie, word ʼn harde kopie gepos. Die betrokke gebruiker ontvang ook outomaties ʼn elektroniese kopie van elke faktuur wat uitgereik word. Hierdie kopie moet deur die departement aan die kontakpersoon by die kliënt aangestuur word om te verseker dat die faktuur so spoedig moontlik betaal word. Wanneer ʼn departement enige bewys en/of kennisgewing van betaling van fakture ontvang moet dit asseblief te alle tye aan die aangestuur word. Wanneer ʼn faktuur aan ʼn buitelandse kliënt uitgereik word, moet die faktuurbedrag steeds in SA rand wees. Die buitelandse valutabedrag kan wel in die faktuurbesonderhede verskyn, maar vergesel van die wisselkoers van daardie dag asook die datum. Die verskil wat met betaling ontstaan, kan as wisselkoerswins of -verlies hanteer word. Die risiko en verantwoordelikheid lê geheel en al by die departement self, en die betrokke KP word dienooreenkomstig daardeur geraak.

Aansoek vir debiteurskodes Die vorm vir aansoek vir debiteurskodes is beskikbaar by: http://admin.sun.ac.za/admin/finance/new/debiteure.htm. Die kan geen debiteurskode skep of verskaf sonder volledige en korrekte inligting nie. Hierdie vorm is vir interne gebruik en moet asseblief sodanig hanteer en bestuur word. Verskaf asseblief te alle tye die interne kontakpersoon se volledige kontakbesonderhede (die vorm voorsien daarvoor).

DEBITEURE INLEIDEND n Debiteur is n persoon of instansie wat geld aan die Universiteit verskuldig is vir dienste of goedere gelewer. Die Universiteit se betalingsooreenkoms is streng 30 dae (geen ooreenkoms vir afbetaling, bv. oor n termyn van 6 maande, sal aangegaan word nie). Na 60 dae word rente ooreenkomstig huidige bankkoerse gehef (indien ʼn faktuur as rentedraend uitgereik is). Die Universiteit staan geen korting toe en gee geen afslag aan instansies of persone wat stiptelik betaal nie. In die meeste gevalle is die betalings wat ontvang word belasbare inkomste. Daarom is dit noodsaaklik dat die kwotasie wat u uitreik altyd BTW insluit. Die inkomsterekening waarop belasbare inkomste verskyn is rekening 5597 (diverse) of rekening 5413 (navorsing). BEWEGING VAN FONDSE Debiteure is sinoniem met geld wat op die Universiteit se bankrekening inbetaal word; met ander woorde, wat n inkomste vir die Universiteit en natuurlik vir die betrokke KP genereer. Dit is dus altyd inkomsterekeninge wat hier ter sprake is. Die inkomsterekeninge is gelys in die reeks rekeninge wat van 5000 tot 5999 genommer is; uitgawerekeninge is in die reeks 1000 tot 4000 saamgevat. Voorbeeld: belasbare inkomste is 5597, en skryfbehoeftes (ʼn uitgawe) is 1015. Daar is egter n baie belangrike rekening wat die hele verloop van n transaksie kontroleer, vandat die faktuur geskep word totdat die geld werklik ontvang is. Dit is die debiteurekontrolerekening (8312). Sodra die stand van dié rekening [0] is, is die geld werklik op die inkomsterekening beskikbaar hoewel die skep van die faktuur die illusie skep dat die fondse reeds op die inkomsterekening lê. Wat gebeur wanneer n faktuur geskep word? ONTHOU: Vir elke debietinskrywing moet n kredietinskrywing gemaak word. Stap 1 Met die skep van die faktuur word die debiteurekontrolerekening gedebiteer en die inkomsterekening gekrediteer. Dit lyk op hierdie tydstip of die KP-rekening alreeds die geld ontvang het, hoewel geen geld al werklik inbetaal is nie. Terselfdertyd, omdat dit n belasbare inkomste is, word die BTW-kontrolerekening (8721) met 14% gekrediteer. Die KP ontvang dus die bedrag sonder BTW, die BTW-kontrolerekening ontvang die 14% en die debiteurekontrolerekening word gedebiteer (met die volle bedrag).

Bedrag betrokke: R114 Debiteurskontrole Inkomsterekening BTW-kontrole 8312 5597 8721 DT KT DT KT DT KT 114 100 14 Stap 2 Wanneer die geld inbetaal word, beweeg die fondse as volg: 1. Die Universiteit se bankrekening word gedebiteer (werklike betaling word gemaak). 2. Die debiteurekontrolerekening word gekrediteer. Hierdie stap veroorsaak dat die debiteurekontrolerekening nou [0] is ( n debiet en krediet kanselleer mekaar uit) en dat die inkomsterekening die werklike fondse wat beskikbaar is, vertoon. Debiteurekontrole US-bankrekening 8312 DT KT DT KT 114 114 Stap 3 Die BTW-joernaal word een maal per maand deur die verantwoordelike beampte in die Afdeling Finansies gedoen. Die BTW-kontrolerekening word met die nodige 14% gedebiteer en die Universiteit se bankrekening word gekrediteer wanneer die geld aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oorbetaal word. BTW-kontrole US-bankrekening 8721 DT KT DT KT 14 14 Wanneer n inbetaling by die kassier gedoen word, moet dit altyd teen die betrokke debiteurnommer inbetaal word. Die korrekte rekeninge sal dan outomaties suksesvol gedebiteer en gekrediteer word.

DEBITEURESTELSEL Onderhoud van kontrakte: Program FDB030P Die program bestaan basies uit twee dele waarvan die eerste gebruik word om die ooreenkoms (kontrak) aan te gaan en daarmee saam die faktuur te skep. LW U moet te alle tye eers deur middel van program FDB095P kontroleer of die debiteur kredietwaardig is, anders sal u nie n kontrak of faktuur kan uitreik nie. Kontrole vir status van debiteur: Program FDB095P Vul die debiteurnommer (US-nommer) in en druk Enter. OF Druk Enter om al die debiteure te sien. Kredietwaardige debiteure se status is aktief gemerk; onkredietwaardige debiteure is onaktief gemerk. Indien u n onaktiewe debiteur wil faktureer, sal die stelsel u stop en is dit nodig om of by die navraag te doen of op die staat na te gaan waarom die debiteur as onaktief gemerk is. Staatnavraag: Program FDB120P Vul debiteurnommer en staatnommer in (druk F1 vir hulp), en druk dan Enter. n Opsomming van alle dokumente waaruit die ouderdomsanalise saamgestel is, kan gesien word deur met die merker op die bedrag te gaan staan en F10 te druk. Regs bo, langs die woord Boodskap, sal n opmerking ter verduideliking wees (bv. oorhandig aan prokureurs ). Laai van die faktuur: Program FDB030P 1. Druk F10 om n nuwe kontrak te open. 2. Druk Tab tot by Vir aandag/bestelnr.. Vul in indien u oor die besonderhede beskik. 3. Druk Tab tot by die debiteurnommer. Die veld het wel n F1-helpfunksie, maar die verkies dat die nommer by hulle verkry en/of bevestig word vir bestaande sowel as nuwe debiteurnommers. Hierdie bevestiging verseker dat die korrekte kliënt met die korrekte adres en BTW-nommer gefaktureer word, en voorkom onnodige kansellasies en laat betalings. Die telefoonnommer vir die is 808 4530/4534/4201. 4. Vul die debiteurnommer in. 5. Kontraktipe: Tipe 2 = met rente na 60 dae Tipe 7 = rentevry

In die geval van buitelandse debiteure word kontraktipe 60 (met rente) en kontraktipe 61 (sonder rente) gebruik. 6. Vul die naam van die US-kontakpersoon in. 7. Vul die naam in van die departement en die telefoonnommer (kontakbesonderhede aan die US) laasgenoemde in die formaat 021 808 4530, aangesien ʼn faktuur ʼn amptelike dokument aan ʼn kliënt buite die US is. 8. Druk Enter. 9. Bevestig met F6. 10. Voltooi die kombinasie KP-REK-PROJEK (projek slegs as een toegeken is). REK is die inkomsterekeningnommer en moet daarom in die 5000-syferreeks lê, byvoorbeeld 5597. In die geval van buitelandse debiteure mag slegs rekening 5598 gebruik word. 11. Voltooi die beskrywing in die verligte veld, byvoorbeeld: 1 x boete (m.a.w. waarvoor dit is) OF Verhuring van lokaal C3308 Adminblok A vir Junie 2002 12. Vul die bedrag in, BTW ingesluit. Byvoorbeeld, indien u R100 op die KP moet hê, moet die bedrag hier R114 wees. Die volgende stap skei onmiddellik die BTW-gedeelte af na die BTW-rekening; in die geval van belasbare items (5597) sal die KP-bedrag altyd met 14% verminder. 13. Druk Enter. 14. Bevestig met F6. Hoewel u al bevestig het, kan u op hierdie punt nog wysigings aanbring indien nodig: Druk Enter en F4. Bring die veranderinge aan. Druk weer Enter, en bevestig met F6. 15. Die laaste stap: Druk F9. n Faktuurnommer word onmiddellik verstrek. Ná hierdie stap kan geen wysigings meer aangebring word nie. 16. Indien u die faktuur wil kanselleer, moet u dit skriftelik van die versoek en wag dat hulle die faktuur kanselleer voordat u n nuwe een vir dieselfde instansie of persoon skep. 17. Die faktuur word outomaties aan die kliënt gepos en/of per e-pos versend. Die departement (die gebruiker wat die faktuur uitgereik het) ontvang ook ʼn kopie (in PDF-formaat) per e-pos. Om die status van n faktuur na te slaan: Gebruik program FDB050P om onderhoud van fakture te doen.

Gebruikers kan slegs navrae met hierdie program uitvoer. n Faktuur se status kan een van die volgende wees: 1 Geskep 2 Goedgekeur (faktuurnommer reeds verkry) 3 Gepos (na die grootboek) 4 Gedruk 5 Afgehandel (betaling is gemaak) Indien punt 5 reeds afgehandel is, sal die kredietgedeelte in die FDB030P-program ingevul wees. LW Inbetalings moet op die debiteurnommer vir die spesifieke faktuur gedoen word. Dit verhoed dat inbetalings op verkeerde rekeningnommers beland. Om n verslag van die posisie van elke debiteur te trek, hetsy volgens KP of volgens debiteursnommer, gebruik program FDB221B (dit vertoon dokumente per OE vir n sekere tydperk).

KREDIETNOTAS Indien ʼn faktuur reeds geskep is, kan ons slegs die volgende besonderhede wysig sonder om ʼn kredietnota aan te vra: die kontakpersoon of bestelnommer van die maatskappy, of albei die US-kontakpersoon en -telefoonnommer die besonderhede van die beskrywing op die faktuur (bv. spelfoute en bykomende inligting) n foutiewe KP (die joernaalinskrywing word gedoen wanneer die inkomste op die rekening vertoon) Die werk hierdie soort besonderhede by en druk of e-pos net weer die faktuur; die faktuur sal dan die bygewerkte besonderhede vertoon. Die volgende regstellings verg die uitreiking van ʼn kredietnota: n foutiewe bedrag n foutiewe debiteur (gaan altyd eers die debiteur se besonderhede by die Afdeling: Debiteure na om onnodige kredietnota-versoeke te voorkom) kansellasie van die program, diens gelewer, ensovoorts n foutiewe inkomsterekening, hetsy of BTW betrokke is al dan nie

ALGEMENE RIGLYNE: FAKTURE Die reëls en regulasies soos in die US se Finansiële Beleid vervat is van toepassing op alle finansiële aktiwiteite en transaksies binne die Universiteitsomgewing, ongeag die bron van befondsing. Dit is elke persoon se plig om toe te sien dat hy of sy binne hierdie reëls en regulasies handel. Enigiemand wat versuim om dit te doen, stel hom of haar aan dissiplinêre optrede bloot. Die primêre doel van die Finansiële Beleid is om te verseker dat alle finansiële transaksies voldoen aan die Universiteit se vereistes rakende interne beheer, finansiële aanspreeklikheid en die bestuur van finansiële risiko s, asook aan alle wetlike en finansiële vereistes soos bepaal deur die wette van Suid-Afrika, die SAID en enige ander instansies wat fondse aan die US oorbetaal. Alle buitewerk, navorsing, konsultasie en goedere wat deur ʼn departement gelewer of verrig word, moet via die debiteurestelsel gefaktureer word. Geen fakture mag deur middel van rekenaarprogramme op briefhoofde van die Universiteit of van n fakulteit, sentrum of instituut geskep word nie. Geen inbetalings vir genoemde aktiwiteite mag dus direk op ʼn KP gedoen word nie. Inbetalings wat wel direk teen ʼn KP gedoen mag word, moet voldoen aan die vereistes van die US se beleid ten opsigte van kontantontvangstes, soos vervat in die Finansiële Beleid. Sodanige inbetalings sal byvoorbeeld wees vir privaat telefoonoproepe, privaat fotostate en die verkoop van enkel-cd s, dvd s, ensovoorts. Inkomstes wat op inkomsterekening 5777 ontvang word, kan direk teen ʼn R-KP inbetaal word. Skep asseblief n faktuur op die sentrale rekenaarstelsel voordat u betaling teen die betrokke KP probeer maak. Amptelike fakture word met behulp van program FDB030P op die sentrale rekenaarstelsel uitgereik. Onregmatige of nie-amptelike fakture het ernstige implikasies, aangesien dit beteken die US se BTW-nommer en logo is wederregtelik gebruik. Die Universiteit is op faktuurbasis vir BTW geregistreer. Gevolglik veroorsaak onregmatige of nie-amptelike fakture dat BTW nie korrek en betyds aan SAID oorbetaal word nie. Let ook asseblief daarop dat inkomstes vir dienste gelewer aan buite-instansies teen inkomsterekening 5597 (diverse inkomste belasbaar) inbetaal moet word. In die geval van ʼn skenking waarby ʼn artikel 18A-kwitansie betrokke is, moet die aangeleentheid in die geheel deur die Stellenbosch Stigting hanteer word. Vir die US se volledige Finansiële Beleid, besoek: http://admin.sun.ac.za/admin/finance/new/finbeleid.htm.