Bid vir jou huweliksmaat

Vergelijkbare documenten
Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Groot Gebod dennis de wet

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesaja sien die Toekoms

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Baie welkom by vanoggend se erediens

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Geroep vir Gemeenskap

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Welkom by Die Storie God se storie

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

ons rykdom in Christus 2

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Die Kerk se Geboorte

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Paulus kritiseer sy tyd se manier

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

n Tempel Leier besoek Jesus

Dooppreek Mika Bogaards

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Goeie Konings, Slegte Konings

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Petrus en die Krag van Gebed

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

2. Die skepping van die mens

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Deur Christus Alleen

n Dubbele kruis-belydenis

Die duiwel versoek Jesus

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Transcriptie:

Bid vir jou huweliksmaat Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag vir jou huwelik te bid. Kontroleer jou besluit: Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4 Dag 5 Praktiese lewenstoepassing 1. Watter praktiese toepassing is daar van dinge wat ek in my daaglikse lewe moet verander a.g.v. my tyd van gebed vir my huwelik? Watter praktiese daad kan ek gaan doen om uitdrukking te gee aan dit wat ek gebid het? 2. Watter spesifieke verandering moet ek in my lewe en gedrag aanbring vanuit my tyd van gebed hierdie week? 3. Met watter twee persone kan ek gaan deel wat ek oor hierdie saak geleer het? 4. Skryf enige vrae wat jy oor hierdie onderwerp het, in jou gebedsjoernaal neer. Bid daaroor en vra die Heilige Gees vir

leiding en openbaring. Praktiese riglyne 1. Kry jou eie lewe in lyn met God se opdragte vir jou as man/vrou in die huwelik. Jy kan nie met vrymoedigheid voor God staan en vir jou huweliksmaat bid, as jy nie doen wat God van jou in die huwelik vra nie. Bv. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, wen jou man sonder woorde, wees sagmoedig. Mans, julle moet julle vrouens liefhê, bereid wees om julle lewens vir hulle af te lê en julle vrouens met wysheid, geduld en insig te hanteer. Staan op 'n plek waar God jou kan seën. 2. Kies vir jou huweliksmaat, self al hou jy op die oomblik nie meer van hom/haar nie. Jy kan nie reg en met die regte gesindheid vir jou huweliksmaat bid voordat jy telkens onherroeplik vír jou huweliksmaat en jou huwelik kies nie. 3. Jy kan nie jou huwelik sinvol leef sonder om aan jouself te sterf nie, te sterf aan jou wil, emosies, intellek, jóú verstaan van wat reg en verkeerd is en hoe dinge gedoen behoort te word nie. 4. Maak seker van jou motiewe wanneer jy bid. Die regte motief is dat die lewe van jou huweliksmaat God moet eer en nie dat God sy/haar lewe moet verander sodat jou lewe makliker of lekkerder kan wees nie. 5. Luister na God - vra Hom wat jy moet bid. Te dikwels trek ons net weg en bid en vra nie vir God, die Een wat ons huweliksmaat gemaak het, wat ons vir hom/haar moet bid nie. 6. Laat God se standaard vir die huwelik jou gebedsdoelwit wees - niks minder nie. 7. Omdat julle twee voor God een is, moenie jou huweliksmaat by God aankla nie. 8. Deel eers met die pyn en seerkry in jou eie hart - seerkry en teleurstelling is onvermydelik deel van die huwelik. 2

9. Jy moet kies om lief te hê. Sonder liefde kan jy nie bid nie. Jou gebed moet vanuit 'n hart vol liefde kom, dan sal jy met passie kan bid. 10. Bid met gebrokenheid wanneer jy bid. 11. Volhard daagliks in gebed, moet nooit ophou of opgee nie. Wat bid ek vir my vrou? 1. Seën jou vrou. Die Here sal julle (jou) seën en julle (jou) beskerm; die Here sal tot julle (jou) redding verskyn en julle (jou) genadig wees; die Here sal julle (jou) gebede verhoor en aan julle (jou) vrede gee! (Num.6:24-26) 2. Dank God vir jou vrou. 3. Bid vir geestelike- en geloofsgroei en 'n heilige lewe. Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (Miga 6:8) Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:18) Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul.(kol.2:6-7) 4. Bid vir haar ma-wees en haar verhouding met haar kinders. Hulle (die ouer vrouens) moet die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie. (Tit.2:4-5) 5. Bid dat sy onderdanig sal wees. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. (Ef.5:22-23) 3

6. Bid vir haar verhouding met haar vriendinne en alle ander verhoudings met mense. Op n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood. (Spr.17:17) Maats kan jou breek, maar daar kan ook n vriend wees wat nader is as n broer. (Spr.18:24) Op n vriend wat jou seermaak, kan jy reken...(spr.27:6) Die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry. (Spr.27:9) As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. (Pred.4:10) Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy n vyand van God is. (Jak.4:4) 7. Bid vir haar vir die boeke wat sy lees, die TV programme wat sy kyk en die sosiale byeenkomste wat sy bywoon. 8. Bid dat sy haar prioriteite reg sal kan bepaal en daarvolgens sal leef. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt.6:33) 9. Bid vir haar skoonheid, klere en versorging van haarself. Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig. (1 Pet.3:3-5) 10. Bid vir haar vrese en bekommernisse (en moet haar nie daaroor veroordeel nie). Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie. (Ps.3:6) Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees? (Ps.27:1) Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see. (Ps.46:2) Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou...ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees 4

nie, Ek help jou. (Jes.41:10, 13) Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees. (1 Joh.4:18) 11. Bid vir haar dat sy haar skeppingsdoel en drome sal kan uitleef. Hulle moes my volk wees, hulle moes lewe tot my roem en eer en n sieraad vir My wees...(jer.13:11) Toe het God gesê: Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers...god het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. (Gen.1:26-27) Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas. (Gen.2:15) 12. Bid vir haar emosies (stabiliteit) en "moods". Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en My las is lig. (Matt.11:28-30) Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. (2 Kor.3:17) Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom.15:13) 13. Bid vir haar fisiese beskerming, fisiese krag en gesondheid. Ek hoop (bid) dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan. (3 Joh.2) Die Here sê: Ek sal n muur van vuur rondom die stad wees, my magtige teenwoordigheid sal binne-in hom wees. (Sag.2:5) 14. Bid vir beskerming teen aanvalle van die Bose. Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar. (2 Tess.3:3) 15. Bid vir haar werk en/of geestelike bediening. Wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. (1 Kor.10:31) 16. Bid dat sy bo alles aan God gehoorsaam sal wees. Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. (Pred.12:13) 5

17. Bid vir vervulling met die Heilige Gees en dat sy die vrug van die Gees sal dra. Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul. (Ef.5:18) Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal.5:22-23) 18. Bid dat sy God se vrede sal ervaar, dat sy die sin van die lewe sal sien en vol blydskap sal wees. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Fil.4:6-7) Want die blydskap in die Here, dit is julle beskutting. (Neh.8:10) 19. Bid vir haar rol as huweliksmaat/vriend. Tog het die Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie. (1 Kor.11:11) Verder het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke. (Gen.2:18) Hulle twee sal een (vlees) wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. (Mark 10:8) 20. Bid vir seksualiteit. Bid teen versoekings, misleiding en derde partye in die huwelik, teen elke vorm van egskeiding, wellus en onreinheid. Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. (Heb.13:4) 21. Bid vir wysheid en onderskeidingsvermoë en vir die werking van die Sewevoudige Gees van God in haar. Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. (Jes.11:2) 22. Bid vir haar vir die wete dat sy waarde het, dat sy sekuriteit sal beleef en teen enige gevoelens van minderwaardigheid. Julle, daarenteen, is n uitverkore volk, n koninklike 6

priesterdom, n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys. (1 Pet.2:9-10) 23. Bid vir haar om haar verlede te kan verwerk en hanteer (seerkry, mislukkings, verwerping). Daarom, as iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (2 Kor.5:17) Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. (Rom.8:1) 24. Bid vir jouself om so te leef dat jou vrou jou leiding sal kan aanvaar. Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. (Kol.3:18-19) Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het. (Ef.5:25) Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is - sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. (1 Pet.3:7) Wat bid ek vir my man? 1. Seën jou man daagliks en dank God vir hom. Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! (Num.6:24-26) Stort U seën oor my (hom) uit, vergroot my (sy) grondgebied, neem my (hom) onder U beskerming en weerhou onheil van my (hom) sodat geen smart my (hom) tref nie. (1 Kron.4:10) 2. Bid vir sy werk en sy verhoudings met die mense by sy werk. Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is 7

julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. (Ef.5:8-11) 3. Bid vir hom vir sy hantering van sy persoonlike finansies. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. (Fil.4:19) Die godsdiens is n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het. (1 Tim.6:6) Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. (Heb.13:5) 4. Bid vir sy seksualiteit en vir reinheid. Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam. Of besef julle nie dat julle liggaam n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik. (1 Kor.6:18-20) Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid. Elkeen van julle moet weet dat hy met sy vrou heilig en eerbaar moet saamlewe; julle moenie deur hartstog en begeerte gedrywe word soos die heidene wat vir God nie ken nie. Ook mag niemand hom in hierdie verband te buite gaan en sy broer bedrieg nie, want die Here straf al sulke dinge. So het ons julle trouens al vroeër gewaarsku; ons het julle nadruklik hierop gewys. God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. (1 Tess.4:3-7) 5. Bid vir beskerming in versoekings. Laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. (Matt.6:13) Die Here is getrou; Hy sal julle versterk en julle van die bose bewaar. (2 Tess.3:3) 6. Bid vir beskerming van sy denke. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander 8

deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. (Rom.12:2) Daar staan geskrywe: Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal hom raad gee? Maar ons, ons het die Gees van Christus, die gesindheid van Christus. (1 Kor.2:16) 7. Bid vir hom vir al sy planne en drome. Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak. Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar n damp wat n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen. (Jak.4:13-15) Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou. (Ps.32:8) 8. Bid vir sy vrese en bekommernisse. Van Hom sê Dawid: Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. (Hand.2:25) Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? As julle nie eens so n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge? (Luk.12:25-26) 9. Bid vir sy prioriteite en sy toekoms. Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag. Die tweede is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Geen ander gebod is groter as dié twee nie. (Mark 12:30-31) Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. (Joh.16:13) 10. Bid vir al sy verhoudings - met jou, met sy kinders, met vriende. Soos n voël wat sy nes net so los, so is n man wat sy gesin in die steek laat. (Spr.27:8) Maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man. Die man moet sy huweliksplig teenoor sy 9

vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. (1 Kor.7:2-3) Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. (Kol.3:19) Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. (Fil.2:3) 11. Bid vir sy rol as vader. En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil. (Ef.6:4) En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie. (Mal.4:6) 12. Bid vir hom om sy verlede te kan verwerk en hanteer (seerkry, mislukkings, verwerping). Daarom, as iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (2 Kor.5:17) Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. (Rom.8:1) 13. Bid vir 'n positiewe lewensingesteldheid. Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees. (Rom.15:13) Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het. (Ef.1:18) 14. Bid vir sy hantering van konflik en stryd. As die Here tevrede is met n mens se lewe, laat Hy selfs so n mens se vyande in vrede met hom lewe. (Spr.16:7) Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het Sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? (Rom.8:31-32) 15. Bid vir sy daaglikse wandel met God. Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs. (Jes.30:21) Hy het naby God geleef en 10

toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem. (Gen.5:24) 16. Bid dat hy sy rol as priester sal verstaan en dit sal leef. En ons Sy koninkryk gemaak, priesters vir God Sy Vader. (Open.1:6) U het hulle n koninkryk en priesters vir ons God gemaak en hulle sal oor die aarde regeer. (Open.5:10) 17. Bid vir sy geloofsgroei en 'n heilige lewe. Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God. (Miga 6:8) Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor.3:18) Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul. (Kol.2:6-7) 18. Bid vir gehoorsaamheid aan God. En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe. (1 Joh.2:17) As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer. (Joh.12:26) 19. Bid vir vervulling met die Heilige Gees en dat hy die vrug van die Gees sal dra. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. (Hand.1:8) As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee - die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra. (Luk.11:13) Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal.5:22-23) 11

20. Bid vir die keuses en besluite wat hy daagliks moet maak. Bid vir die werking van die Sewevoudige Gees van God in sy lewe. Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here. (Jes.11:2) 21. Bid vir gebrokenheid, nederigheid en dat hy vinnig sy sonde sal bely. Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. (Fil.2:3) Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog. (Jak.4:10) Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang. (Spr.28:13) 22. Bid vir sy gesprekke, raad wat hy gee, sy invloed op ander mense. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. (Spr.15:4) Die Here het alles gemaak met n doel, ook die goddelose vir die dag van straf. (Spr.16:4) Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar. (Spr.21:23) Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om n woord van wysheid te praat, aan n ander n woord van kennis deur dieselfde Gees. (1 Kor.12:8) 23. Bid vir sy selfbeeld en dat hy die vaderliefde van God die Vader sal verstaan en ervaar. Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra. (Jer.31:3) Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Rom.5:8) Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, My vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet. (Jes.54:10) 24. Bid dat hy sal vasstaan in versoekings en vir beskerming teen aanvalle van die Bose, misleiding en derde partye in die huwelik en bid teen elke gees van egbreuk, wellus en onreinheid. Geen versoeking wat meer is as wat n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die 12

versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. (1 Kor.10:13) 25. Bid vir hom dat hy sy hart met jou sal deel, jou in sy leefwêreld sal toelaat. Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en Sy lewe daarvoor afgelê het...maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en n vrou moet aan haar man eerbied betoon. (Ef.5:25, 33) 13