Volg My! Dissipelskap: Ontwikkel jou geloofsvertroue Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark



Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesaja sien die Toekoms

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

n Tempel Leier besoek Jesus

Welkom by Die Storie God se storie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God eer Josef die slaaf

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jona en die Groot Vis

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Van Vervolger tot Prediker

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Van Vervolger tot Prediker

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Goeie Konings, Slegte Konings

Petrus en die Krag van Gebed

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Die Kerk se Geboorte

Jona en die Groot Vis

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Baie welkom by vanoggend se erediens

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Die brief aan die Filippense

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Inhoudsopgawe. Voorwoord

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Die Groot Gebod dennis de wet

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Transcriptie:

Skrif:Mk.2:13-17 Volg My! Dissipelskap: Ontwikkel jou geloofsvertroue Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Om Jesus te volg beteken ʼn gewilligheid om Hom volkome te vertrou met alle aspekte van jou lewe. (Van die onbenulligste tot die mees belangrikste besluite). In watter aspekte van jou lewe, was dit onlangs vir jou moeilik om Jesus te vertrou. Wat lyk vir jou deurmekaar en maak nie sin nie? Glo jy dat God steeds in beheer is? Dat Hy ʼn plan het? In hierdie verhaal sien ons ʼn tollenaar (Belastinggaarder). Op ʼn dag stap Jesus by sy tol-kantoortjie verby. Hy het waarskynlik al baie stories van Jesus gehoor. Op hierdie dag ontmoet hy Jesus persoonlik. Jesus vertoef ʼn oomblik by sy tol-kantoortjie en sê vir Levi: volg my! Levi moes daar en dan ʼn keuse maak. Sal hy alles net so los en Jesus volg? Om Jesus te volg, beteken om Hom volkome te vertrou. (Nie net Hom te vertrou vir my verlossing nie, maar ook vir my toekoms, en al my behoeftes!) Moes jy ook al moeilike keuses maak? Wat ook al die besluit is wat jy moet neem. Wat ook al die dilemma is waarin jy jou in die lewe bevind; verhoudings, geld, loopbaankeuses, wat ook al: God het vir jou advies om te volg. God is gereed om jou te begelei. Volg Hom! Die Bybel mag nie spesifieke advies gee soos bv. Na watter skool jy moet gaan nie, of in watter stad jy moet gaan woon nie, of watter soort troeteldier jy moet aanskaf nie, maar dit vertel duidelik ons hoe ons keuses moet maak! Voorbeeld: In 2Kron.20 lees ons dat die Israeliete in doodgevaar verkeer. Die Moabiete, Ammoniete en Meüniete het in massas byeen gekom en ʼn groot veldtog teen koning Josafat begin. (Dis die volke wat destyds met die uittog uit Egipte, geweier het dat Israel deur hulle gebied trek) Nou het die lot in ʼn groot massa na die hoofstad van Israel getrek, om hulle te verdelg. Josafat het hiervan gehoor en die hele gemeente van Juda en Jerusalem voor die tempel toegespreek. Hy het ʼn vasdag uitgeroep en gevra dat die volk moet bid en vir God moet vra wat hulle moet doen. Hy en die hele volk het benoud tot God gebid en raad gevra. Ons lees hoe hy in 2Kron.20:12 bid: Ons God, sal U hulle nie straf nie, want ons het nie 1

die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek te weerstaan nie. Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op u gerig! In hierdie groot benoudheid, terwyl die hele volk beangs voor God staan, het die Gees van die Here met die Leviet Jagasiël gepraat. God het gesê: Moenie vrees nie, moenie bang wees nie, want hierdie oorlog is nie ʼn saak vir julle nie, maar vir God. Trek hulle môre tegemoet wanneer hulle in die bloeiselpas opkom...julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. 2Kron.20:17 U moet die verhaal gaan lees. Dis die mees indrukwekkende veldslag wat Israel nog beleef het. Die Israeliete het niks gedoen nie. Die Leviete se tempel koor het voor die leer geloop en sing tot eer van God. Die Ammoniete, Moabiete en Meüniete het verward geraak en mekaar almal uitgemoor! Die Israeliete het drie dae lank buit bymekaar gemaak. Dit was te veel om te dra. Op die vierde dag het hulle daar bymekaar gekom om die Here te loof. Hulle het die plek Lofdal genoem. Israel het teen alle logika gewen. Die nuus het soos ʼn veldbrand versprei dat God vir Israel veg. Na alle kante was almal bang vir die Israeliete en het hulle met rus gelaat. Kyk mooi, waarom die oorwinning moontlik was. Een man, Josafat, het almal bymekaar geroep, ʼn vasdag uitgeroep en God se raad gevra. Hy het God se raad vertrou en gelowig uitgevoer, al was dit in die oë van die wêreld lagwekkend om die slagveld in te gaan met dominees wat net loop en sing en God verheerlik! Josafat het in God geglo. Hy het God se raad vertrou! Hy het in geloof vorentoe beweeg en God se oorwinning geproe! Ons is soms so bang vir mislukking. Ons is so bang ons verloor alles. Ons wil nie waag om God te vertrou nie. Ons is so bang ons maak ʼn fout! Onthou, jy kan nooit ʼn fout maak wat jou wegneem van God se liefde nie. Rom.8:35 39 verduidelik: Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie! Jesus het nie vir Levi gedwing om Hom te volg nie! God sal nooit Sy PLAN op jou lewe af forseer nie. Hy sal ons eerder saggies uitnooi om by Sy wil aan te sluit. Dit is in ons hande om die keuse te maak. Hy berei die weg voor, maar ons moet die wilsbesluit neem! (Opb.3:20 verduidelik dit met beeldspraak. Jesus staan by die deur van ons hart en klop. As ek oopmaak sal Hy in My hart kom woon en my lewe met Sy genade en liefde deurdrenk. 2

Om Jesus te vertrou, beteken om Hom te volg: selfs wanneer ons dinge nie verstaan nie, nie daarvan hou nie, en selfs wanneer Hy ons deur ongewilde en slegte omstandighede lei. Vertroue beteken om jou hand aan die ploeg te slaan en nie om te kyk nie (Luk.9:62) Soos wat ons in ons vertroue en geloof in God groei, word ons toenemend ontevrede met enigiets minder as om Sy karakter te ontvang en binne Sy wil te wandel. Om Jesus te volg, kos ʼn prys. Dit het Levi ʼn groot prys gekos om Jesus te volg. Hy is verneder, verag, en waarskynlik geminag, maar om deur Jesus geag te word, was vir hom al wat belangrik was. Kyk wat was Levi bereid om alles prys te gee! Hy gee sy ou loopbaan prys. Sy sekuriteit, sy groot inkomste, sy invloed en mag, sy aansien, sy status! Ons kan Jesus nie volg sonder prysgawe van sekere dinge nie. Jesus wil nommer een wees in jou lewe! Jou loopbaan, jou werk, jou wederhelfte, jou kinders, jou geld, niks mag vir jou meer waardevol wees as om Jesus lief te hê nie. Jesus begeer ʼn verhouding met jou. Jy volg iemand omdat ʼn verhouding met daardie persoon vir jou kosbaar is. Levi was bereid om alles te los om Jesus te wen. Om Jesus te volg, beteken Jesus moet voorkeur kry in jou idees, prioriteite, planne, voornemens en wil. Paulus sê in Fil.3:8 om Christus Jesus te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prys gegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry en een met Hom kan wees. Iemand wat Jesus lief het, beskou geen opoffering, geen prys te groot om Hom met oorgawe te dien en te vol nie (Sien die keuses en opofferinge wat die eerste Christen martelare gemaak het). Jy kan nie net bolangs sê ek het Jesus lief nie. Ware liefde kan nie weggesteek word nie. Jou liefde vir God kom sit in jou voete en jou lyf en jou hande en jou mond en jou beursie. Liefde bring jou in beweging bring Dissipelskap is dinamies, nie staties nie. Dissipelskap is gelowige navolging van Jesus. Wanneer jy ʼn stilstaande voertuig se stuurwiel draai, sal dit nie van rigting verander nie. Daar gebeur niks. Wanneer jy egter ʼn bewegende voertuig se stuurwiel draai, beweeg dit in die rigting waarin jy die wiel gedraai het. God wil ons graag van rigting laat verander om ooreenkomstig Sy wil te leef. God verlang dat ons sal groei in ons toewyding aan Hom, sal groei om al meer in ons karakter die karakter van God te weerspieël, dat ons sal beweeg waar Hy ons wil gebruik! Hy nooi ons: VOLG MY! God kan nie 3

stilstaande mense stuur nie. Toe Levi sy eerste geloofstreë gee, kon God Hom op nuwe geloofspaaie stuur. Het jou geloofslewe stagneer? Is dit nie dalk om dat jy vasgesteek het nie? Sit jy nie nog in jou tolhuisie, te bang om jou gemaksone te verlaat nie? Geestelike groei kom wanneer jy aansluit by vriende wat in kleingroepies rondom die Woord kuier en bereid is om mekaar te begelei in karaktergroei, navolging van Jesus se waardes, mekaar aanmoedig om gehoorsaam te word en geloofstreë te gee. Te trap waar ander te bang is om te loop. ʼn Verskil te gaan maak waar ander ongemaklik voel. Levi het Jesus na sy huis genooi. Levi het al sy tollenaar vriende vir ete genooi op sy koste. Hy wou hulle ook geleentheid gee om Jesus van nader te leer ken en Hom te volg. Die Skrifgeleerdes het Levi verag. Hy en sy vriende is as skynheilig en onheilig beskou, maar Levi het nie omgegee wat die mense dink en sê nie. Hy het Jesus as Verlosser gevind en hy wou Jesus aan sy vriende bekendstel. Levi het God se seën ervaar en hy het net een begeerte gehad en dit is om ook weer tot seën van sy vriende te wees! Wat doen jy wat tot seën is van jou medemense? Jesus roep nooit iemand om Hom te volg net omdat volg, volg is nie. God het Abraham geseën om tot seën te wees vir alle nasies. Jesus roep mense om sy voorbeeld te volg en om tot seën te wees van ander mense. In alles wat Jesus gedoen het, het hy sy Dissipels geleer om tot seën vir ander rondom hulle te wees. Toe die honger skare rondom Jesus sit, het Hy sy Dissipels gevra: gee julle vir hulle iets om tee et! Toe hy Sy Dissipels se voete klaar gewas het, vra Hy verstaan julle? As Ek, wat julle Here en Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ʼn voorbeeld gestel en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. (Joh.13:14 15) As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle Dissipels van My is. (v. 35) Wanneer mens vir Jesus in beweging kom, openbaar God Sy PLAN aan jou. Levi het uiteindelik met sy geleerdheid, talente, skryf vermoëns, insig en wysheid ʼn dinamiese werktuig in God se koninkryk geword. Hy skryf later die evangelie van Matteus, en hy word een van Jesus se getrouste dissipels. o Mense wat in die geloof hul, tolhuisies verlaat, is bereidheid om ʼn nuwe rigting in te slaan, as dit God se wil is vir jou lewe! o Mense wat nie in die geloof vorentoe beur nie, wat nie waag om vir God op water te loop, wat in hul tolhuisies bly sit en vasklou aan hul sekuriteit, gemak, die nood 4

raaksien maar onbetrokke bly en net hul eie belange dien, sal nooit die vreugde ervaar om oorwinnings en deurbrake vir God te behaal nie. Voorbeeld: In 1Sam.14 word die verhaal vertel van Jonatan se bravade. Koning Saul, met 600 man by hom was in Gebea. Sy seun Jonatan het saam met sy wapendraer weggeglip om alleen ʼn Filistynse patrollie wat die pas by Mikmas beset het, te gaan aanval. Die pas was nou. Weerskante was rotse. Die Filistyne het bo op die kranse gesit. Jonatan het God vertrou. In vers 6 sê hy vir sy wapendraer: Kom ons gaan oor na die patrollie van hierdie heidene toe. Miskien sal die Here ons help. Hy kan red deur baie of min. (Jonatan het vooraf vir sy wapendraer gesê: As hulle sê staan stil, dan bly ons hier onder staan, maar as hulle sê Kom op na ons toe, dan klim ons op. Dis ʼn teken dat God hulle aan ons oorgee. Jonatan het daardie dag al twintig man net daar doodgemaak. Toe die nuus die Filistyne bereik het hul hele leër paniekbevange geword! Hulle het selfs onder mekaar begin veg! Die filistyne het gevlug en die Israeliete het ʼn groot oorwinning behaal. Alles het begin by Jonatan, wat gewaag het om God se wil vas te stel, God te vertrou en in die geloof te handel. Levi se roeping was lewenslank en blywend. Om Jesus gelowig te volg, is ʼn lewenslange verbintenis. Dit is om jou lewe radikaal aan te pas. Dit is om jou lewenslank totaal aan God oor te gee met alles wat jy is en het! Dissipelskap is nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie. Dit is ʼn verandering van hart, ʼn verandering van karakter, ʼn verandering van roeping en rigting op God se uitnodiging wat blywend is en die res van my lewe in beslag neem! Dissipelwees is ʼn gewilligheid om in Christus te groei. Jesus vra volg my! Die eerste stap om Jesus te volg is om alles wat God aan jou uitwys, wat tussen jou en Hom staan prys te gee. Om dit as minder belangrik te ag, ter wille van jou toewyding aan Jesus. (Onthou wat jy prysgee, is niks in vergelyking met wat jy ontvang nie!) Volg Jesus in geloof! Levi kon nie sien wat die toekoms vir hom inhou nie. Hy moes Jesus blindelings in geloof volg! Hy moes sy werk, sy sekuriteit en sy status los en Jesus blindelings volg! Volgens wêreldstandaarde het hy ontsaglik baie verloor. Sy vriende sou waarskynlik gesê het hy was 5

dom. Hy het soveel geld prysgegee. Hy sou nooit weer na sy ou werk kon terugkeer nie. Hy het dit vir altyd verloor. Levi het groot geloof getoon om gewillig te wees om alles te los terwille van Jesus. Om Jesus te volg lyk dikwels asof ons, ons sekuriteite prysgee vir die onbekende. In werklikheid is daar geen groter sekuriteit as om Jesus te volg nie! Jesus soek ons as sondaars uit, om ons te verlos en ons persoonlike vriend te word! Om God te volg, beteken om in die geloof Sy roepstem te gehoorsaam. Dit kos ʼn prys! Jy moet God ten volle vertrou met jou toekoms, met jou lewe, met Sy voorsiening en met Sy plan met jou lewe. Elkeen van ons worstel met iets wat ons verhinder om Jesus effektief lief te hê en te dien. Vir Levi was dit sy beroep as tollenaar. Vir die ryk jongman was dit sy geld. Vir Naäman was dit moeilik om nie meer ʼn snob te wees nie, maar nederig te word. Vir Saulus was dit sy tradisie vaste geloof en sy onvermoë om te kan insien dat God die Vader Jesus as Verlosser na die wêreld gestuur het. Wat is die dinge wat dit vir jou moeilik maak om ʼn meelewende dissipel van Jesus te word? Wat bind jou dat jy nie vir God in beweging kan kom nie? Wat maak dat jou naam op die lidmaatskap van die kerkboeke staan maar dat jy nie waarlik kerk vir Jesus is nie en tot seën vir mense kan wees nie? Die Bybel sê sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. God verwag van ons om ʼn keuse te maak, onsself los te maak van wat ons bind en te begin om ons in te oefen om in die geloof te wandel! Levi sou voortaan met elke tree in sy lewe moes vra: Here wat wil u hê moet ek doen? Onthou Jesus sal jou nooit roep en iets van jou vra, sonder om jou toe te rus en die krag te gee vir dit wat Hy van jou verlang nie! Geloof, is om God te vertrou, al maak dinge nie sin nie! Die volgende verhaaltjie word vertel: Die enigste oorlewende van ʼn skeepsramp, het op ʼn klein onbewoonde eilandjie uitgespoel. Hy het elke dag angstig tot God gebid dat God hom moes red, en elke dag het hy die horison gefynkam op soek na hulp, maar niemand het gekom om hom te red nie. Na dae was hy uitgeput honger en half verkluim. Hy het voortgestrompel en vir hom ʼn klein skuilinkie van opdrifsels en dryfhout, gebou as beskutting teen die weer. Daarin het hy sy enkele besittings gestoor. Maar een dag nadat hy teruggekeer het van ʼn soektog vir kos, het hy gevind dat sy huisie in vlamme gestaan het. Rookwolke het die lug in getrek. Die ergste het gebeur. Hy het die bietjie wat hy nog gehad het, ook 6

verloor. Hy was verslae en woedend vir God. Here hoe kan u dit aan my doen? Het hy gehuil. Hy het uitgeput aan die slaap geraak. Laat die middag het hy wakker geskrik van ʼn geluid van ʼn mishoring. Dit was ʼn skip wat naby die strand gevaar het. Die skip het gekom om hom te red. Hoe het julle geweet dat ek op die eiland is? Het die uitgeputte man vir sy lewensredders gevra. Ons het jou rooksein gesien, het hulle geantwoord. Dit is maklik om in hierdie lewe ontmoedig te word wanneer dit lyk asof niks wil uitwerk nie en alles deurmekaar loop! Wanneer jy besluit het om Jesus te volg en God te vertrou, moet jy nie ontmoedig word wanneer dit lyk asof alles verkeerd loop nie. God bly in beheer, selfs te midde van jou seerkry en teleurstelling. God sal jou nooit alleen laat nie. Deut.31:8 sê: Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie. Wanneer jou hut volgende keer afbrand. Onthou, dit kan ʼn rooksein wees wat bestem is om jou lewensrigting radikaal te verander. 7

Afdeling 2: Volg My! Dissipelskap: Ontwikkel jou geloofsvertroue (Skrif:Mk.2:13-17) God roep ons om Hom te volg (soos Levi) sodat ons binne Sy wil kan wandel en kan aansluit by Sy PLAN. God verlang dat ons soos ware dissipels van Hom tot seën sal wees vir almal rondom my. Jy kan nie ʼn stilstaande voertuig stuur nie. Ons het verneem ons moet in die geloof reageer as God ons roep (soos Levi). Ons moet God vertrou. Redes waarom ons dikwels nie tot seën kan wees vir die mense rondom my nie. Vir elke negatiewe ding wat ons dikwels dink en sê, het God ʼn positiewe antwoord: Jy sê God antwoord Bybel vers Jy sê: "dit is onmoontlik" God sê: alle dinge is moontlik (Luk.18:27) Jy sê: "ek is te moeg" God sê: Ek sal jou rus gee (Mt.11:28-30) Jy sê: "niemand het my lief God sê: Ek het jou lief (Joh.3:16&34) Jy sê: "ek kan nie aangaan God sê: My genade is genoeg (II Kor.12:9 & Ps.91:15) Jy sê: "ek kan dinge nie God sê: Ek sal jou voetstappe lei (Spr. 3:5-6) uitgewerk kry Jy sê: "ek kan dit nie doen God sê: jy is tot alles in staat (Fil.4:13) Jy sê: "ek is nie by magte God sê: ek is by magte (II Kor. 9:8) Jy sê: "dit is nie die moeite God sê: dit is dit werd (Rom. 8:28) werd Jy sê: "ek kan myself nie vergewe God sê: ek kan jou vergewe (I Joh.1:9 & Rom. 8:1) Jy sê: "ek kan nie oorleef God sê: ek sal in al jou behoeftes (Fil.4:19) voorsien Jy sê: "ek is bang" God sê: ek het jou nie ʼn (II Tim.1:7) vreesagtige gees gegee nie Jy sê: "Ek is bekommerd en God sê: werp al jou bekommernis (I Pet.5:7) gefrustreerd" op My Jy sê: "ek het nie genoeg God sê: ek het vir elkeen van (Rom.12:3) geloof julle ʼn maat van geloof gegee Jy sê: "ek is nie goed genoeg God sê: Ek het jou wysheid gegee JOB 33:33 8

Moenie dat jou onwilligheid om Hom te volg en in geloof te groei, jou beroof van God se PLAN vir jou lewe nie en die voorreg om tot seën te wees vir ander nie! Besprekingsgedagtes: 1. Wat is sommige van die voordele om nie te weet wat in die lewe vir jou voorlê nie? 2. Glo jy regtig in volle vertroue dat daar geen groter sekuriteit is as om Jesus te volg nie? Wat beteken sekuriteit vir jou in terme van ewigheid versus materialistiese dinge? 3. Wat is die verskil vir jou tussen beweeg en nie beweeg nie? 4. Wat is die verskil om op die Here te wag en nie op die Here te wag nie? 5. Watter rol speel geloof om God gehoorsaam te volg? Dinge wat ons kan doen om beter besluite te neem: 1. Gee jou wil aan God oor voor enigiets anders. 2. Oefen om ʼn konstante afspraak met God na te kom wat insluit: aanbidding, gebed, in stilte wag op die Here, en Bybel lees. Lees die Woord van die Here so dat jy daarop ingestel is om God toe te laat om jou lewe te transformeer. 3. Moet nooit jou verantwoordelikhede as ʼn navolger van Jesus nalaat as ʼn familie lid, of in jou werk, nie. 4. Bly oop vir God se instruksies en sy onderbrekings wat jou gedrag en wyse van dink verander. 5. Soos met die meeste dinge in die lewe, sal ons ingesteldheid (attitude) die verskil maak oor hoe ons lewe en hoe ons reageer, nie net teenoor God nie maar ook teenoor die mense rondom ons. Deel van ons attitude is om die hart van ʼn dienskneg (slaaf) te hê. 6. Bring tyd in gebed deur. Aksie stappe om huis toe te neem en uit te werk: 1. Is jy in gebed sodat jy kan onderskei watter padaanwysers jy waarneem? Psalm 34:19 2. Die Bybel wys ons die weg. Rom. 8:27 3. Die Heilige Gees sal ons lei. Joh. 16:13 4. God sal ons binne Sy wil intrek. 2 Kor. 7:9 10, Ef. 1:1, Kol. 1:1 2, 2 Tim. 1:1 5. God sal ander gebruik om die regte koers vir ons aan te dui. Spr. 25; 27:17 19; Rom. 15:14; Tit. 2:3 5, Kol. 3:16 9