As die antwoord ja is - wonderlik! Maar as dit nee is, sal jou maandelikse skuldbetalings aan jou inkomste vreet.



Vergelijkbare documenten
OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS HANDLEIDING TOT DIE AFTREDEPROSES

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Universiteit Stellenbosch Aftredefonds (USAF): Handleiding tot die Aftreeproses

Les 14: Entrepreneurskap

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

Foto-redigering vir sun.ac.za

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids tot die Alexander Forbes Core Plan

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Statistieke met een oogopslag

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

JUNIE-EKSAMEN GRAAD 11

2 nd Chances... Wiskunde

NA-AFTREDE OPLOSSINGS

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Egskeidingskontrolelys vir Lede

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

JY SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids om die Alexander Forbes Retirement Fund te verstaan

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel II Rekord eksamen Punte

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

BELANGRIKE KEUSE MET BETREKKING TOT MEDIESE FONDS MET INGANG VAN 1 JANUARIE 2013

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond

Hierdie is die tweede uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel Beplanning.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

JUNIE-EKSAMEN GRAAD 10

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Transcriptie:

1 ANNUïTEITSOPSIES BY AFTREDE Jou aftrede is net om die draai Dis tyd vir finansiële beplanning! Inleiding Jou aftrede kruip al hoe nader. Dis tyd dat jy jouself bewapen met al die voor-aftrede inligting en raad wat jy kan kry sodat jy die regte keuses kan maak met betrekking tot jou spaargeld vir aftrede. Ons het hierdie kort gids saamgestel met die belangrikste kwessies wat jy in hierdie stadium van jou lewe moet oorweeg. Jy weet baie hiervan waarskynlik klaar, maar jy kan nooit te veel weet wanneer dit by planne vir jou aftrede kom nie: lees dus asseblief deur die inligting in die dokument. Die betaling van jou aftreevoordeel Daar s n paar maniere waarop jou aftreevoordele uitbetaal kan word. Gebruik jou hele aftreevoordeel om n annuïteit te koop. Gebruik n deel van jou aftreevoordeel om n annuïteit te koop en neem die res as n kontantuitbetaling (onderhewig aan belasting). Dit is raadsaam om soveel as moontlik van jou voordeel te gebruik om n annuïteit te koop. Die verskillende soorte annuïteite word op die volgende bladsy uiteengesit. Daar s n aantal faktore om in ag te neem by die keuse van n annuïteit. Belangrik! Dit kan tussen vier en ses weke neem voordat jou aftreevoordeel uitbetaal word. Die rede is dat n belastingaanwysing verkry moet word vir enige kontantbedrag en omdat die bedrag vir die annuïteit na die versekeraar van jou keuse oorgeplaas moet word. Die proses sal nog verder vertraag word indien jou belastingsake nie in orde is nie of as die dokumente vir die koop van die annuïteit nie reg ingevul is nie. Belangrike faktore om in gedagte te hou n Paar van die belangrikste faktore: 1. Jou uitgawes Wanneer jy oorweeg wat jou uitgawes na aftrede gaan wees, moet jy dink watter uitgawes sal voortduur, watter nuwe uitgawes jy mag hê (soos mediese uitgawes) en die dinge waarvoor jy nie meer sal hoef te betaal nie. Dink aan die volgende: Sal jou huis/motor/ander skuld afbetaal wees? As die antwoord ja is - wonderlik! Maar as dit nee is, sal jou maandelikse skuldbetalings aan jou inkomste vreet. Kyk na jou lewenstyl en wat vir jou belangrik is en oorweeg die ander uitgawes wat jy mag hê: Reis jy graag vir vakansie? Betaal jy gereelde gelde om aan n gimnasium, tennis- of gholfklub te behoort? Hoe gesond is jy? Wat van die koste van lidmaatskap van n mediese fonds, as jy aan een behoort? Het jy troeteldiere? Sou jy moet reis om jou kinders te besoek? Hou jy van uiteet? Wat sal die onderhoud en eiendomsbelasting op jou huis(e) wees? Hoe oud is jou yskas, stoof, wasmasjien, ensovoorts en wanneer moet dit vervang word?

2 Hou in gedagte dat jou vervoerkoste minder sal wees, omdat jy nie meer elke dag by die werk en terug moet kom nie. Jy sal ook nie meer elke maand tot jou aftreefonds hoef by te dra nie. Al die klein dingetjies word op die ou end n groot bedrag moenie van jou TV- en voertuiglisensies, tydskrifte en DSTV-intekengeld of versekeringspremies vergeet nie. 2. Jou afhanklikes As daar mense is wat van jou afhanklik is, sal jou inkomste nog verder krimp. Wanneer jy jou afhanklikes in ag neem, moet jy oorweeg of jou eggenoot ook pensioengeld gaan hê wat julle na aftrede kan gebruik. Dis ook belangrik om te oorweeg of jou eggenoot nog gaan werk nadat jy al afgetree het en vir hoe lank. Gaan jou kinders nog op skool wees of geld nodig hê vir studies? Is daar enigiemand anders wat finansieel op jou staatmaak? Hoe afhanklik is hulle van jou? 3. Belasting in n neutedop Die volgende tabel wys die belastingkoers van toepassing op die uitbetaling van kontantbedrae by aftrede of sterfte. Belasbare kontantbedrag uit aftreegeld Belastingkoers R0 R300 000 0% R300 001 R600 000 18% R600 001 R900 000 27% Bedrag bo R900 000 36% Enige vorige afteevoordeel (na 1 Oktober 2007) of onttrekkingsvoordeel (na 1 Maart 2009) moet by jou huidige aftreevoordeel getel word om die effektiewe belastingkoers te bepaal. Alle persone wat aftree is nou geregtig op n belastingvrye kontantbedrag van R300 000 oor hulle leeftyd. Dit is van toepassing op alle uitbetalings wat n persoon deur die jare van verskillende aftreefondse mag ontvang. As jy byvoorbeeld reeds n belastingvrye uitbetaling geneem het voordat jy aftree, sal jou belastingvrye bedrag by aftrede soveel kleiner wees. Jy moet mooi dink hoe jy jou belastingvrye bedrag gaan belê om jou inkomste n hupstoot te gee en boonop vir jou toegang tot kontant te gee. Die geld wat jy gebruik om n annuïteit te koop, word belastingvry na die versekeringsmaatskappy oorgedra. Jou maandelikse pensioengeld uit die annuïteit word belas net soos jou salaris belas word terwyl jy nog werk. Alles oor annuïteite n Annuïteit is n pensioen wat jy met jou aftreegeld by n versekeringsmaatskappy koop. Enige inkomste uit n annuïteit sal ingevolge die belastingwette van die tyd belas word. Jou aftreegeld kan soos volg aan jou betaal word: Jy kan tot n derde van jou aftreevoordeel in kontant neem, maar die bedrag is onderhewig aan belasting. Die oorblywende twee-derdes moet gebruik word om n annuïteit te koop, wat vir jou van n maandelikse inkomste kan voorsien. Hierdie twee-derde bedrag sal belastingvry aan die versekeringsmaatskappy oorgedra word. NB! Hoewel pensioenfondse jou toelaat om n deel van jou voordeel in kontant te neem, moet jy goed dink voor jy enige kontant neem, want dit sal jou maandelikse pensioen kleiner maak.

3 Al die soorte annuïteite Daar is verskeie soorte annuïteite waarin jy jou aftreegeld kan belê. n Kort vergelyking verskyn op die volgende bladsy. n Erkende finansiële raadgewer sal die opsies in meer besonderhede aan jou kan verduidelik en jou kan help besluit watter opsie jou omstandighede na aftrede die beste sal pas. Wat om te oorweeg wanneer jy n annuïteit kies Die annuïteit waarop jy besluit, moet die volgende risiko s vir pensioenarisse doeltreffend aanspreek: Verbruikrisiko hoeveel jy elke maand nodig het. Markrisiko die risiko dat jou spaargeld aan die mark blootgestel word en kapitaal kan verloor. Inflasierisiko om jou inkomste met stygende lewenskoste te laat tred hou. Langlewendheidsrisiko die kans dat jy lank kan leef en jy dus vir lank n inkomste nodig het. Jy moet byvoorbeeld probeer seker maak dat jou pensioen vir die res van jou en jou eggenoot se lewens in lyn met inflasie groei, veral as hy/sy van jou afhanklik is. Jou keuse sal afhang van onder andere die volgende faktore wat van jou spesifieke omstandighede afhang: Jou huwelikstatus. Jou en jou eggenoot se ouderdomme. Jou eggenoot se finansiële posisie werk hy/sy nog en behoort hy/sy aan n aftreefonds. Jou afhanklikes, hulle ouderdomme en omstandighede sal hulle na jou aftrede nog van jou afhanklik wees en vir hoe lank? Wil jy seker maak dat daar geld in jou boedel is wat jou eggenoot/afhanklikes kan erf. Jou en jou eggenoot se gesondheid, en julle lewensverwagting. Jou verwagte finansiële posisie met aftrede het jy ander beleggings en bates bo en behalwe jou aftreegeld in die fonds? Oorweeg hierdie faktore en ander persoonlike faktore waarvan jy weet, om jou te help om n gepaste annuïteit te kies. Praat met n kenner n Finansiële raadgewer kan jou help seker maak dat jy goed genoeg beplan vir n gemaklike aftrede. As jy enige vrae het oor jou opsies of raad nodig het, praat met n goedgekeurde finansiële raadgewer. Hier volg n kort vergelyking van die belangrikste soorte annuïteite wat beskikbaar is. maandelikse pensioenbetalings, wat onderhewig aan dieselfde belastingbepalings is. Hulle lewer almal

4 Soort annuïteit Pensioenverhogings Voordele Nadele Tradisionele gewaarborgde annuïteit Met-winste gewaarborgdeannuïteit Lewende annuïteit (niegewaarborg nie) Alexander Forbes LifeStage annuïteit Die pensionaris kan by aftrede kies om geen jaarlikse verhogings te ontvang nie of kan n vaste verhogingsvlak kies (tipies 5%, 7.5%, 10% of 15%). 1. Jaarlikse verhoging bepaal deur die versekeringsmaatskappy afhangende van beleggingsopbrengste. 2. Enige positiewe verhoging deur die versekeraar verklaar, is gewaarborg. Pensioenarisse besluit watter inkomste hulle elke jaar wil hê (tussen 2.5% en 17.5% van hulle kapitaal) in oorleg met u finansiële adviseur. 1. Pensioenarisse besluit watter inkomste hulle elke jaar wil hê (tussen 2.5% en 17.5% van hulle kapitaal) in oorleg met u finansiële adviseur. 2. Omskakeling van lewende annuïteit na gewaarborgde annuïteit lei gewoonlik tot pensioenverhogings vir kliënte. 1. Hoër aanvanklike pensioen (as geen verhogings gekies is nie). 2. Die pensioen sal lewenslank betaal word, maak nie saak hoe oud pensioenaris word nie. 1. Aanvanklike pensioenbedrag en positiewe jaarlikse verhogings wat deur die versekeraar verklaar word, word gewaarborg. Versekerings- maatskappy dra gedeeltelik die risiko van slegte beleggings- opbrengste 2. Die pensioen word lewenslank betaal, maak nie saak hoe lank die pensioenaris leef nie. 1. Pensioenaris kies waar kapitaal belê word. 2. Pensioenaris kies inkomstevlak. 3. Buigbare keuses vir pensioenaris in oorleg met u finansiële adviseur. 4. Oorblywende kapitaal by heengaan beskikbaar vir vererwing. 1.Ondersoek word elke jaar gedoen om te bepaal wanneer die beste tyd is om van n lewende annuïteit na n gewaarborgde annuïteitstruktuur te verander. 2. Buigbaar jy mag kies om NIE na n gewaarborgde annuïteit te skuif nie. 3. Omskakeling van lewende annuïteit na gewaarborgde annuïteit maak kanse skraal dat jou inkomste gaan opraak. 4. Eggenoot voorsien van toekomstige inkomstestrome. 5. Pensioenstruktuur gebaseer op aktuariële modelle. 1. Pensioen sal nie verhoog nie (behalwe as verhoging gekies is) en sal dus nie met inflasie koers hou nie. 2. Pensioenarisse kies nie die inkomstevlak wat hulle nodig het nie. 3. Die aftreekapitaal gaan verlore indien die pensionaris en eggenoot kort na aftrede sterf. 4. Pensioenaris kan nie kies waar kapitaal belê word nie. 1. Pensioenaris kan nie kies waar kapitaal belê word nie. 2. Jy kan n swak verhoging kry in jare wanneer beleggingsopbrengste sleg is. 3. Die aftreekapitaal gaan verlore indien die pensionaris en eggenoot kort na aftrede sterf. 1. Pensioenaris dra die risiko van slegte beleggingsopbrengste. 2. Geen waarborge. 3. Die pensioen word nie noodwendig lewenslank betaal nie. Pensioenaris se kapitaal kan uitgeput word as: Pensioenaris baie langer leef as verwag Pensioenaris te gou te veel kapitaal as pensioen trek Die beleggingsmark sleg vaar. 1. Indien ten volle na n gewaarborgde annuïteit geskuif het, bly geen inkomste of kapitaal met dood vir kinders oor nie. 2. Kan ingewikkeld wees en moeilik om te verstaan. * Alexander Forbes beveel aan dat n minimum beleggingsbedrag van R1.5 miljoen nodig is om n lewende annuïteit te koop, en R1 miljoen vir n Alexander Forbes LifeStage annuïteit.

Begrotingswerkblad Behuising Maandeliks Jaarliks Verbandbetalings R R Selfoon R R Erfbelasting R R Huishulp salarisse R R Elektrisiteit R R Meubels/toestelle R R Huiseienaarversekering R R Huishoudelike gas/olie/paraffien R R Huishoudelike versekering R R Huishoudelike herstelwerk/instandhouding R R Huur R R Telefoon R R Water R R Vervoer Maandeliks Jaarliks Motorversekering R R Brandstof/olie R R Lisensiegelde/boetes/parkering R R Lening/bruikhuur-betalings R R Instandhouding/diens/herstelwerk R R Openbare vervoer R R Registrasie R R Kruideniersware Maandeliks Jaarliks Alkohol/sigarette R R Kruideniersware R R Middagetes R R Gesondheid Maandeliks Jaarliks Apteek R R Gesondheidsversekering R R Mediese fonds R R Medies/tandheelkunde/oogkunde R R Opvoeding Maandeliks Jaarliks Kindersorg R R Skoolgeld R R Tersiêr R R Teksboeke R R Uniforms R R Persoonlik Maandeliks Jaarliks Klere/skoene R R Skoonheidsprodukte R R Kredietkaart R R Onthaal/uiteet R R Sport/ontspanning/stokperdjies R R Vakansies R R Finansiële beplanning Maandeliks Jaarliks Noodspaargeld R R Beleggings: langtermyn R R Beleggings: korttermyn R R Lewens- en ongeskiktheidsversekering R R Aftrede R R Korttermynspaargeld R R 5

Kennisgewing: Die inligting word beskerm deur toepaslike intellektuele eiendomswette en geen afskrifte, verspreiding of wysigings mag vir kommersiële doeleindes gemaak word nie. Hoewel alles moontlik gedoen is om seker te maak dat die inligting hierin die nuutste beskikbaar, regverdig en akkuraat is, kan dit nie gewaarborg word nie. Die gebruik van hierdie inligting deur n derde party, berus geheel en al by die derde party en is slegs ter illustrasie. Die inligting hierin is nie finansiële raad soos vervat in die 2002 Wet op Finansiële Raad en Bemiddelaardienste nie. Alexander Forbes Group (Pty) Ltd verteenwoordig nie enige produkte hierin, of beveel dit aan of stel voor nie uitdruklik of gevolglik nie dat die produkte hierin gepas is vir die besonderse behoeftes van enige derde party nie. Alexander Forbes Group (Pty) Ltd aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, onkoste of uitgawes wat gely mag word, regstreeks of onregstreeks, as gevolg van enige fout of uitlating hierin vervat nie. 6