Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

n Tempel Leier besoek Jesus

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Jesaja sien die Toekoms

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Preek Romeine 1:16-17

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: God het ons lief en daarom gaan dit altyd goed met ons.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Van Vervolger tot Prediker

Goeie Konings, Slegte Konings

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Die Groot Gebod dennis de wet

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Dubbele kruis-belydenis

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Dooppreek Mika Bogaards

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Petrus en die Krag van Gebed

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Die Kerk se Geboorte

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Geroep vir Gemeenskap

Lofsang met die oog op die erediens Ps : 1,6,7 (eerste melodie) Lied 255: 1,2

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

'n Man gestuur deur God

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Tema: Kom leer by Christus hoe om mense na Hom te lei sodat Hy hulle kan red.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Les 1 vir 7 Oktober 2017

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Transcriptie:

1 Ons is baie bly en dankbaar saam met Myrna van Eyssen en Ruan Kotze wat vandag geleentheid kry om hulle geloof te bely en Ruan wat ook die doop as teken van God se verbond met hom ontvang. Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! Lofsang met die oog op die erediens Ps 89-1: 1, 6 Lied 407: 1, 2 Ontmoetingsdiens Intreelied: Lied 485: 1, 2 Votum Seën Lofsang Ps 100-2: 1, 2, 3 Geloofsbelydenis Sb 12-2: Verse 1-3 word voorgelees en verse 4 en 5 word saam gesing Verootmoedigingsdiens Wetlesing: Fokus op Eerste gebod: HK vr en antw 94 en 95 Sing Ps 99-2: 1, 2, 4 Gebed Woorddiens Skriflesing: Handelinge 13: 13-52; Teks: Hd 13: 46 49 Sing: Ps 119-1: 20, 22 Woordverkondiging Antwoorddiens Sing Ps 145-2: 1, 2, 3, 9 Belydenis van geloof en doop; Sing Ps 134-1: 4 Liefdegawes Sing Lied 486: 1, 2, 3 Seën Amenlied Sb 13-2.

2 Geliefde brs en srs en liewe kinders Besef jy wat ons vanmore hier in die erediens gaan beleef? Dat ons die wonderlike voorreg het om te sien hoe die koninkryk van God besig is om vol te word. Ons gaan netnou hoor hoe Myrna en Ruan hulle geloof bely en sien hoe Ruan ook as volwassene gedoop word. Wat gebeur hier? God is besig om gelowiges in sy kerk bymekaar te maak en so word die koninkryk vol! Onthou julle daardie belofte van ons Here Jesus dat Hy nie gaan kom voordat die koninkryk vol geword het nie? Voordat elkeen wat uitverkore is, nie deel van die kerk is nie? Vandag sien ons hoe God dit doen! En daar is nog baie mense hier in Potchefstroom wat aan die Here behoort, maar wat nog nie deel van die kerk is nie! Mense soos Myrna en Ruan vir wie God vanmore hier voor ons oë kom deel maak! Mense aan wie God die blydskap van die ewige lewe gee omdat hulle in Jesus Christus glo! En wat meer is: daar is ook vanmore blydskap in die hemel! Die Here Jesus het dit self gesê dat daar groot blydskap in die hemel is wanneer iemand tot geloof kom en deel word van God se koninkryk! Br en sr, is ek en jy ook regtig bly hieroor? Word ons nog aangegryp deur die feit dat God mense tot geloof bring en hulle deel maak van die kerk? En besef ons, geliefdes, dat ons instrumenteel is om hierdie vreugde in mense se lewe te bewerk? Dat ek en jy deur God gebruik wil word om die blydskap van verlossing in Jesus in mense se lewens te bring? Dalk nog ʼn dieper vraag: Is ek en jy nog regtig bly en dankbaar dat ons self deel van God se kerk en koninkryk mag wees? Is ons nog bly dat ons gered is en die ewige lewe het? Of het ons dit as iets vanselfsprekend aanvaar en daarom sien mense nie meer die blydskap van Christus in ons lewe nie? Daarom kom sê die Here vanmore vir ons deur hierdie Skrifgedeelte: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! Ja, eerstens wil God vir my en jou kom herinner: Ek stuur jou! Tweedens herinner die Here ons aan die inhoud van die boodskap: God stuur my en jou om mense op te roep om in Jesus Christus te glo! Derdens verduidelik die Here hoe dit gaan gebeur: God self gee die blydskap van die ewige lewe op grond van sy uitverkiesende genade! In die eerste plek, br. en srs, die Here stuur my en jou! God wil my en jou gebruik om hierdie wonderlike blydskap aan mense te bring. Aan die mense in Potchefstroom

3 wat nog nie deel is van sy kerk nie! Hy stuur ons om die verlore skape te gaan soek en te bring! Ons lees in Hd. 13: 4 So is Barnabas en Paulus deur die Heilige Gees uitgestuur! En hulle het op reis gegaan en orals waar hulle gekom het, vir mense van die blye boodskap van verlossing in Jesus vertel! Hierdie uitstuur van Paulus hulle is natuurlik in gehoorsaam aan die opdrag van die Here Jesus wat Hy herhaalde kere vir die dissipels geleer het: Bv in Hd. 1: 8 8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Hierdie opdrag kom alreeds uit die Ou Testament! Paulus haal dit in vers 47 aan uit Jesaja 49 vers 6: 47 want so lui die Here se opdrag aan ons: Ek het U gegee as n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde. Dit verwys eerstens na Jesus wat die lig vir die wêreld sou wees deurdat Hy vir ons die redding kom bewerk het! Maar dit dui ook op almal wat deel is van sy kerk wat dan hierdie lig moet uitdra! En nou, brs en srs, is dit ook my en jou opdrag! Die Here stuur ons om van Jesus te vertel! Ons is die draers van die blye boodskap! Ons moet dit vir mense bring wat nog nie deel in die vreugde van die Here nie! En die Here wil jou gebruik! Navorsing het bewys dat 75 persent van mense wat tot geloof gekom het en deel van die kerk van die Here geword het, daartoe beïnvloed is deur mense wat hulle op een of ander manier geken het. (Wys skyfie) In 42% van die gevalle was dit familielede, dan medewerkers, bure ens. Die ander 25 % het getuig dat hulle deur persoonlike krisisse en beproewinge die kerk kom opsoek het en toe deur liefdevolle mense nadergetrek is. Ek en jy ken sulke mense! Die Here stuur ons na hulle toe! Nie vreemde mense nie! Nie om van huis tot huis te loop en mense te soek nie! Nee, mense wat ons reeds ken en wat wag dat ons hulle lewens met die blydskap van Jesus kom vul! Die Here het Marius so gebruik in die lewe van Myrna en Ruan! Net so wil die Here my en jou ook gebruik! En ons sal aan hierdie opdrag net gehoorsaam wees as ons waarlik weer bly word oor ons verlossing en die vreugde van die Here werklik beleef! Ons sal dit ook doen as ons besef dat ons nie een of ander besondere kennis van die Bybel moet hê nie, net ons moet bloot vir hulle vertel van die verlossing deur Jesus Christus. Daarom sê die Here in die tweede plek vir ons: Ek stuur julle om mense op te roep om in Jesus Christus te glo! Paulus vat in vers 32 en 38 sy boodskap so saam: 32 En nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders vir ons, hulle nageslag,

4 vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan daar dan ook in die tweede psalm geskrywe: Jy is my Seun, vandag het Ek aan jou die lewe gegee. En dan roep hy hulle op om daarin te glo: 38 39 Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie. Daardie eerste Sondag wat Paulus gepreek het staan daar: 43 Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. Hoor julle! Ons hoef nie mense te oortuig nie! Ons het nie slim argumente en al die kennis van die Skrif nodig nie! Ons moet vir mense vertel van die verlossing wat Jesus gebring het deur sy dood en opstanding! Ons kan maar net vertel en mense aanmoedig om daarin te glo! Jy moet ook nie in strydvrae en rusies oor die Skrif met mense betrokke te raak nie! Vertel bloot maar net die goeie nuus! Natuurlik gaan daar weerstand wees! Die Jode het dadelik teen Paulus hulle se boodskap weerstand gebied omdat hulle nie in Jesus as Verlosser geglo het nie! Maar dan is die antwoord eenvoudig: as jy nie glo nie en die boodskap van verlossing in Christus verwerp, gaan God eenvoudig by jou verby na die volgende een! Geliefdes, ons moet net mense oproep en aanmoedig om in die blye boodskap van Jesus se verlossing te glo en op Jesus te vertrou vir hulle redding! Daardie verlossing wat ook blydskap in ons lewe gebring het wat ons nou dryf om met ander dit te deel! En as iemand nie wil glo nie los hom of haar en soek iemand anders om die boodskap mee te deel! Want daar is mense wat dit sal glo! Dit sien ons baie duidelik gebeur! Die ongelowiges wat Paulus hulle se boodskap gehoor het, was baie bly oor die boodskap en God het diegene wat Hy uitverkies het tot geloof gebring! En so het die Woord deur die hele gebied versprei! Ja, in die derde plek leer die Here ons dit is Hy wat geloof gee en Hy gee dit op grond van sy uitverkiesende genade in Christus! Dis nie my en jou vernuf of kennis of oorredingsvermoë wat mense tot geloof bring nie! Nee die Heilige Gees van God wat mens oortuig om in Jesus te glo! Die woord wat in vers 48 gebruik word vir bestem die wat vir die ewige lewe bestem was, beteken dat jy deur ʼn hoër gesag in ʼn posisie aangestel word. En dit is presies wat gebeur. God sê dit ook in Efes. 1: Hy het ons uitverkies en ons

5 aangestel om sy kinders te wees. Hierdie uitverkiesing word duidelik wanneer ek in Jesus Christus glo! En daardie geloof word deur die HG bewerk. En die vrug van die geloof is onuitspreeklike blydskap! Die blydskap om te weet dat ek nie verlore gaan nie, dat dit nie van my goeie dade afhang nie, maar van God se genade in Christus! Die blydskap dat ons in Hom die ewige lewe het en dit nooit sal verloor nie! Brs en srs, wat ʼn wonderlike voorreg om God so aan die werk te sien! Ook vanmore hier voor ons oë, Ja, God red mense en God gee geloof! Maar God stuur my en jou om hulle op te roep in Jesus te glo! Dis al wat ons hoef te doen God doen die res! Mag die Here elkeen van ons weer opnuut aangryp oor wat Hy in ons lewe gedoen het! Mag ons die genade in Christus weer opnuut besef en mag die Heilige Gees ons eie lewens weer met blydskap hieroor vul! Soveel so, dat ek en jy aan die Here se opdrag gehoorsaam sal wees! Dat ons sal verstaan: die Here stuur my! Hy stuur my nie noodwendig na vreemde mense nie, maar eerder na mense wat ek ken. Mense met wie ek reeds in verhouding staan en met wie ek kan praat! Onthou dan: al wat ons moet doen is om die blye evangelie van Christus te vertel! En God sal self mense tot geloof bring! Ons sal dit sien en bly wees! Geliefdes mag hierdie boodskap werklik word in elkeen van ons se lewe, sodat ons al hoe meer Sondae daardie mense hier voor ons sal sien staan en nog saam met die engele nog meer bly kan word oor elkeen wat God in sy koninkryk voeg. Amen