JUDITH SCHREUDER* - VROU VAN JOHANNES STRYDOM

Vergelijkbare documenten
Blaai na die volgende bladsy, asb

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

1 Waar ek vandaan kom

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

'n Man gestuur deur God

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Deur Christus Alleen

Welkom by Die Storie God se storie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Deur Christus Alleen

FAKTORE EN VEELVOUDE

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Pragtige Koningin Ester

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

n MAAND MET RUT 1-28 Augustus 2016 Week 1 Die skrywer van Rut is onbekend, al sê party bronne dat Samuel dit dalk geskryf het.

Elisa, Man van Wonderwerke

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

DIE BRIEF AAN FILEMON

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Die Appel wat onder die Botha-boom geval het

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Jesaja sien die Toekoms

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Pretoria- 14 Augustus 2011

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Wat is die doop? Wat is n ordonnansie? Wat is n sakrament?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Toe God alles gemaak het

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

Toe God alles gemaak het

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

God eer Josef die slaaf

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

Leef uit jou Doop: 3.6 Die verband tussen die besnydenis en die doop

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

n Tempel Leier besoek Jesus

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

1.1. Op watter dag het die verteller die slegte nuus gekry? (1)

Psalm 91:4, Die Bybel vir almal

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam?

Deur Christus Alleen

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Transcriptie:

JUDITH SCHREUDER* - VROU VAN JOHANNES STRYDOM (* Hierdie spelling van die naam word deurgaans gebruik, behalwe waar direk uit ander bronne aangehaal word.) In Hoge se Bydraes tot die genealogie van ou Afrikaanse families (1958) lees ons o.a. op bladsy 124: Schreuder, Heinrich (111, 25 1) van Dorsten in Lippe getr. eerste keer 1. 10.1.1703 met Adriana Scabalje van Middelburg, getr. tweede keer 9.8.1711 met Cornelia Eenmaal van Maastricht, weduwee Michiel Smuts. n Dogter Judith (6.2.1707) Noot: Judith Schreuder getr. met Johannes Strydom was n dogter van Heinrich Schröder van Lubeck, wat in 1703 met sy vrou (naam onbekend) na Mauritius gegaan het en later met sy vrou en sy dogter Judith na die Kaap teruggekeer het. (Leibbrandt: Letters Despatched 1696-1708 p.230 en p.304; Letters Received 1695-1708 p.410. MOOC 7/6: 9) In sy Personalia 1 meld Hoge verder dat Judith Schreuder (wat met Johannes Strydom getroud was) in 1704, d.w.s. op Mauritius, gebore is. Hier gee hy ook die huweliksdatum van Heinrich Schreuder van Dorsten aan die Lippe en Adriana Scabalje van Middelburg korrek aan as 10.6.1703. Anders dus as De Villiers 2, het Hoge se navorsing hom tot die gevolgtrekking gelei dat daar twee Heinrich Schreuders was - een van Dorsten aan die Lippe en die ander een van Lubeck, en dat elkeen van huile n dogter genaamd Judith gehad het. Die een Judith se moeder was Adriana Scabalje terwyl die ander een se moeder se naam onbekend is. Die een Judith se geboortejaar is 1704, die ander se doop-datum is 6.2.1707. Hierdie siening van Hoge word ook deur Pama 3 en andere 4 nagevolg en is blykbaar tot hiertoe algemeen aanvaar as n juiste interpretasie van die beskikbare bronne. In sy onlangs verskene werk plaas Heese egter n vraagteken agter hierdie opvatting van Hoge deur by implikasie te beweer dat die moeder van Judith Schreuder (wat met Johannes Strydom getroud was) nie onbekend is nie, maar dat sy inderdaad bekend en van Nederlandse afkoms was. 5 Weens skrywer hiervan se belangstelling in die afkoms van Judith Schreuder (as tweede-geslag stammoeder van baie Strydoms) het hy met Dr. Heese in verbinding getree om meer helderheid oor sy standpunt te kry. Dr. Heese is van mening dat Heinrich Schreuder van Dorsten aan die Lippe en Heinrich Schreuder van Lubeck een en dieselfde persoon was. Dieselfde geld vir die twee Judith dogters. Met sy toestemming, word vervolgens n poging aangewend om dr. Heese se siening van die saak, soos hy dit in verskeie briewe aan skrywer hiervan gestel het, weer te gee. Volgens die Leibbrandt-briewe wat deur Hoge as bron aangehaal word, het n sekere Heinrich Schreuder teen die einde van Julie 1703 na Mauritius gegaan. Hy was vergesel van sy vrou en n slavin. Op 26 Oktober 1706 skryf die outoriteite op Mauritius o.a. dat

Heinrich Schreuder van Lubeck met sy vrou en kind en slavin, verlof het om na die Kaap terug te keer. In hierdie briewe word die kind se naam nie genoem nie - ook nie dat die kind in 1704 gebore is nie. Ook word Heinrich Schreuder se WOU se naam nerens in dié briewe genoem nie. Ai wat hierdie briewe ons dus vertel is dat die Heinrich Schreuder wat na Mauritius gegaan het en weer na die Kaap teruggekeer het, van Lubeck afkomstig was. Toe n sekere Judith Schreuder op 4.2.1720 in Kaapstad met Johannes Strydom van Cabo in die Huwelik tree, word daar in die trouregister gesê dat sy van t eyland Mauritius kom. Hieruit het Hoge waarskynlik die afleiding gemaak dat die bruid, omdat sy van Mauritius kom, die dogter van Heinrich Schreuder van Lubeck moes wees. In die trouregister word haar ouers se name nie genoem nie. Hier ontdek Hoge ook dat die naam van die kindjie wat op Mauritius gebore is, Judith was. Hoge se derde bron van inligting is die testament van Johannes Strydom en Judith Schreuder. 6 Hierdie testament word op 1.2.1721 opgestel deur Johannes Strydom (27 jaar van Cabo) en Judith Schreuder (17 jaar van Mauritius). As Judith 17 jaar oud was toe die testament opgestel is, moes sy natuurlik in 1704 gebore gewees het. Ook hier word haar ouers se name nie genoem nie. Nou die Heinrich Schreuder van Dorsten aan die Lippe. Tussen 1701 en 1703 was hy n kneg. Hy trou op 10.61703 aan die Kaap met Adriana Pietersz Scabalje. Daar word in die trouregister gesê dat hy van Dorten kom en sy van Middelburg. Dit is, aldus dr. Heese, hierdie Heinrich Schreuder wat in 1703 met sy vrou Adriana Scabalje na Mauritius gegaan het. Dit is hulle dogter Judith wat in 1704 daar gebore was, maar omdat-daar geen predikant was om haar te doop nie, eers op 6.2.1707, ná die familie se terugkeer in die Kaap, gedoop is. Dit is ook hierdie dogter Judith wat op 4.2.1720 met Johannes Strydom getroud is. Kyk hoe mooi pas die datums in: 10.6.1703 Heinrich Schreuder van Dorsten aan die Lippe trou met Adriana Pietersz Scabalje Julie 1703 vertrek hulle na Mauritius 1704 word hulle dogtertjie op Mauritius gebore einde 1706 keer huue terug na die Kaap 6.2.1707 word die kindjie aan die Kaap Judith gedoop. 9.8.1711 Hertrou Heinrich Schreuder van Dorsten met Comelis Eenmaal, wed. van Michiel Smuts 4.2.1720 trou die dogter Judith met Johannes Strydom Vanselfsprekend is die feit dat die datums so mooi inpas nie naasteby voldoende om tot enige positiewe gevoigtrekkings te raak nie. n Ondersoek na wie die getuies by die doop van Johannes en Judith se kinders was, bring egter verdere betekenisvolle inligting na vore. Die getuies by die doop van huile eerste kind, Maryna, op 9.3.1721, was Matthys Strydom en Comelía Eenmaal. Matthys was natuurlik Johannes se ouer broer 7 en Cornelia Eenmaal, soos ons reeds weet, die tweede vrou van Heinrich Schreuder van

Dorsten. Hier kry mens reeds n vermoede dat daar n familieverwantskap tussen Cornelia Eenmaal en Judith (Strydom) bestaan. Die tweede kind van Johannes en Judith word op 18.4.1723 gedoop en kry die naam van Adriana. Dié naam is veelseggend. Die dogtertjie word vernoem na haar ouma, Adriana Scabalje. (Die egpaar se eerste kind, Maryna, is klaarblylik na haar ouma Strydom vernoem - Maryna Ras.) Ook die getuies by die doop van hierdie kindjie Adriana is betekenisvol. Hulle was Adriaan Smuts en Elizabeth Nortier. Eersgenoemde was n seun van Comelia Eenmaal by haar eerste man Michiel Smuts 8 en Elizabeth Nortier was Johannes Strydom se skoonsuster - vrou van Matthys Strydom. 9 By die doop van Johannes en Judith se derde kind, Hendrik Josephus, was die getuies Cornelis en Catharina Smuts. Hulle was ook kinders van Comelia Eenmaal by haar eerste man Michiel Smuts. 10 Die voorgaande inligting uit die doopregisters wys duidelik, aldus dr. Heese, na Heinrich Schreuder van Dorsten as die vader van die Judith wat met Johannes Strydom getroud was, na Adriana Scabalje as haar moeder en na Comelia Eenmaal as haar stiefmoeder. Nou bly daar nog die kwesse van: Die een Heinrich was van Dorsten aan die Lippe en die ander van Lubeck. Hoge sé daar was twee, en grond dit met reg op die brief uit Mauritius wat sê dat die Heinrich wat op genoemde eiland vertoef het, van Lubeck afkomstig was. Die Kerkregisters verwys egter slegs na n Heinrich Schreuder van Dorsten. Moontlik is Dorsten aan die Lippe met Lubeck verwar. Heinrich Schreuder kon nie skrywe nie - nie eens sy naam teken nie. 11 Hy het waarskynlik sy woorde ook nie baie duidelik uitgespreek nie. Daarby was hy Duits en die amptenare op Mauritius Nederlands. Daar bestaan dus n moontlikheid dat die persoon wat die brief uit Mauritius geskrywe het Lippe (Libbe? ) met Lubeck verwar het. Daar was indertyd heelwat immigrante aan die Kaap wat van Lubeck afkomstig was en die naam van hierdie Duitse stad was seker goed bekend aan al die Nederlandse amptenare - in teenstelling met Lippe. Tot sover dr. Heese. Terwyl skrywer hiervan, met die oog op ander navorsing, die kerkregisters 12 geraadpleeg het, het hy van die geleentheid gebruik gemaak om na te gaan wie die getuies by die doop van die res van Johannes en Judith se kinders was. Soos bekend, het julle 9 kinders gehad. 13 Die getuies by die doop van die eerste drie is reeds genoem. Die vierde kind, Comelia Elizabeth, is gedoop op 30.11.1727. (Vernoem na Cornelia Eenmaal?) Die getuies by hierdie doop was Pieter van Breda en Johanna Best. Eersgenoemde was n skoonseun van Comelia Eenmaal - getroud met haar Smutsdogter Catharina. 14 Johanna Best was die vrou van Hermanus Smuts - nogeens n seun van Comelia Eenmaal by haar eerste man. 15 Die vyfde kind, Catharina, is op 13.11.1729 gedoop en hier was die getuies Michiel Smuts en sy vrou Clara-Anna Harmse (Harting). Hulle was n seun en skoondogter van

Cornelia Eenmaal. 16 Dieselfde twee getuies tree ook by die doop van die sesde kind, Johannes, op. (14.1.1731). Op 2.8.1733 word Johannes en Judith se sewende kind gedoop met die naam Maria Elizabeth. Die getuies by hierdie doop was Nicolaas Smuts en Anna van Neck - seun en skoondogter van Cornelia Eenmaal. 17 Die agste kind, genaamd Judith, is op 31.7.1735 gedoop. Sy is klaarblyklik na haar moeder vernoem. Die getuies by hierdie doop was Hans Ras en Willemina Kuyp. Hans Ras moes n familielid van Johannes Strydom gewees het - sy moeder was Maryna Ras. Willemina Kuyp is nogeens n skoondogter van Cornelia Eenmaal - die vrou van Nicolaas Smuts. 18 Die voorgenoemde verdere getuienis uit die doopregisters beklemtoon nogeens die sterk familie-band wat daar tussen Judith (Strydom) en Cornelia Eenmaal bestaan het en verleen kragtige steun aan dr. Heese se standpunt dat Comelia Eenmaal die stiefmoeder van Judith was, en dat die Smuts-kinders van Cornelia Eenmaal, Judith se stief-broers en susters was. Vir Hoge se standpunt dat daar twee Heinrich Schreuders was - een van Lubeck en een van Dorsten aan die Lippe - kan slegs op die enkele bron, nl. die brief uit Mauritius, gesteun word. Daar vind ons die enigste verwysing na Lubeck. Nóg by Judith se troue met Johannes Strydom, nóg by hierdie egpaar se testament, word die naam van haar ouers genoem en ook nie dat haar vader van Lubeck afkomstig was nie. Daar word slegs ges? dat sy van Mauritius kom. Dit wil voorkom of n foutiewe verwysing na Lubeck in die Mauritius-brief vir Hoge op n dwaalspoor gebring het en dat hy sy inligting nie met die doopregisters gekontroleer het nie. Indien hy die doopregisters met betrekking tot Judith se kinders geraadpleeg het, sou hy waarskynlik ook beïndruk gewees het met die oorweldigende getuienis van n sterk familie-verwantskap tussen Judith (Strydom) en Cornelia Eenmaal - en laasgenoemde se kinders by haar eerste man. Judith Schreuder, vrou van Johannes Strydom, blyk dus sonder twyfel die dogter te gewees het van Heinrich Schreuder van Dorsten aan die Lippe en Adriana Scabalje van Middelburg. C. M. Strydom 1 J. Hoge : Personalia of the Germans at the Cape 1652-1806. Argief-jaarboek - 9de Jaargang - 1946. 2 C. C. de Villiers : Geslacht-Register der oude Kaapsche Famieliën. Deel 111 - p. 251. 3 C. Pama : Geslagsregisters van die ou Kaapse Families: (geheel omgewerkte uitgawe van C. C. de Villiers se Geslacht-Register). 4 Sien b.v. S.A. Argiefstukke - Resolusies van die Politieke Raad -Deel 111-1681-1707 p. 462 voetnoot. 5 J. A. Heese : Die Herkoms van die Afrikaner 1657-1867. p. 98. Hy krediteer Johannes en Judith se kinders met n f Kaapse afkoms van vaderskant en t Duitse en t Nederlandse afkoms van moederskant. Met ander woorde Judith se vader was Duits en haar moeder Nederlands. 6 MOOC 7/6:9 7 Sien Pama op. cit. p. 941 b. 3 en p. 943 b.4 8 Pama op. cit. p. 900 - Smuts b.l 9 Pama op. cit. p. 941 b.3

10 Pama op. cit. p. 904 en b. 9 11 MOOC 8/2:52 12 Fotokopieë by Staatsargief Pretoria 13 Pama op. cit. p. 943-945 c. 1 tot c.9. (Skrywer kon nie die doopmskrywing van die 9de kind, Catharina, opspoor nie.) 14 Pama op. cit. p.904 b.5 15 Pama op. cit. p.901 b.2 16 Pama op. cit. p.904 b.7 17 Pama op. cit. p.904 b.6 en b.3 18 Pama op. cit. p.904 b.6