Januarie indd /04/16 08:46:55 AM

Vergelijkbare documenten
Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Goeie Konings, Slegte Konings

n Tempel Leier besoek Jesus

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Pragtige Koningin Ester

Van Vervolger tot Prediker

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Wieis God Die skeppervan alles

n Boodskap vir die kinders n Boodskap vir die ouers

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Belydenis Teks 1933/53-vertaling 1983/91 vertaling. Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het;

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

God eer Josef die slaaf

Baie welkom by vanoggend se erediens

7. Van Noag tot die toring van Babel

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jona en die Groot Vis

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Simson, God se sterk Man

Die Kerk se Geboorte

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Die Groot Gebod dennis de wet

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Van Vervolger tot Prediker

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

2. Die skepping van die mens

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Petrus en die Krag van Gebed

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

'n Man gestuur deur God

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Les 11 vir 10 Desember 2016

Die Groot Muur van Nehemia

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Abu Ali tel sy donkies

Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Transcriptie:

Voorwoord Ek het al dikwels gewens dat ek my gunsteling Skrifgedeeltes in een sakpas-boekie bymekaar kon hê en dit is presies wat Die Bybel in 366 dae vir vroue is. Vir die eerste keer kon ek die Bybelgedeeltes wat die dui delikste met my persoonlik gepraat het en vir my deur die jare geestelik die meeste beteken het, in een boek saamvoeg. Hierdie 366 uittreksels uit die Nuwe Lewende Vertaling is perfek om saam te neem as jy kuier of reis. Dit sal ook elke dag van die nuwe jaar vir jou n stuk padkos op jou lewensreis saamgee wat jou van inspirasie, moed en wysheid sal voorsien want nêrens anders is daar woorde wat só inspireer soos die woorde uit God se Woord nie.

Januarie

1 Januarie Laat daar lig wees! God se eerste woorde met die skepping was: Laat daar lig wees! Nadat Hy die lig gemaak het, skep Hy die lugruim, die land, son, maan en sterre, die see, bome en plante, die voëls, visse en diere. En God het gesien dat dit goed was. 1 In die begin het God die ganse heelal gemaak, die hemel daarbo en die aarde hieronder. 3 Toe beveel God: Laat daar lig wees! en dit was so. 4 Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar geskei. 9 God het beveel: Laat die water op die aarde op een plek bymekaarkom sodat die droë grond te voorskyn kan kom! Dit het presies so gebeur. 14 God het beveel: Laat daar ligte wees in die he melruim sodat dag en nag onderskei kan word en dit ook kan dien as tekens om seisoene, dae en jare te bepaal. 15 Die ligte in die hemelruim moet ook die aarde verlig. Dit het toe so gebeur. 16 So het God die twee groot ligte gemaak: die grootste om in die dag te skyn en die kleiner een om in die nag te skyn. Hy het ook die sterre gemaak. 20 God het beveel: Laat die waters wemel van lewende wesens en laat voëls in die lug sweef en oor die aarde vlieg. 21 God het die groot seediere geskep, al die verskillende soorte wesens wat in die water lewe, asook al die baie soorte voëls. God was baie tevrede met wat Hy gesien het. 22 God het hulle geseën deur te sê: Wees vrugbaar, vermeerder en vul die oseane en laat die voëls op die aarde vermeerder. 24 God het weer beveel: Laat die aarde allerlei soor te diere oplewer: mak diere, klein diertjies wat kruip en wilde diere almal na eie aard. Dit het presies so gebeur. 25 So het God allerlei soorte wilde diere ge maak, mak diere en diere wat op die grond kruip. God het gesien dit was goed. ~ Genesis 1:1, 3-4, 9, 14-16, 20-22, 24-25

Kroon van die skepping 2 Januarie God se laaste skeppingswerk is die mens wat Hy na sy eie beeld maak. Hy beveel die mens om vrugbaar te wees en oor die res van sy skepping te heers. God het gesien dat sy handewerk goed was in elke opsig. God het gerus na al sy werk. 26 God sê toe: Laat Ons die mens maak volgens ons beeld, n afbeelding van Ons. Laat hulle soos konings heers oor die visse in die see, oor die voëls in die lug, oor die mak diere, oor die wilde diere, oor alles wat op die aarde kruip. 27 God het mense geskep na sy beeld; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep. 28 God het hulle geseën deur te sê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde. 29 Verder sê God: Let op, Ek het aan julle al die plante wat saad dra, gegee en al die bome wat vrugte en saad dra. Dit is vir julle om te eet. 30 Maar die groen gras en plante gee Ek aan al die diere op die aarde, die voëls in die lug en die klein diertjies wat op die aarde kruip. Dit het so gebeur. 31 God het na sy handewerk gekyk en dit was goed in elke opsig. Dit alles het God op die sesde dag gemaak. 1 So is die skepping voltooi. 2 Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en het Hy gerus na al sy werk. 3 Toe seën God die sewende dag. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. 4 Die vertelling oor die skepping van die hemel en die aarde is hiermee voltooi. ~ Genesis 1:26-2:4

3 Januarie n Pasmaat vir Adam Die mens is alleen totdat God vir hom n metgesel maak, iemand wat hom in elke opsig kan aanvul en help. Sy is regtig deel van my, verklaar Adam. Dit is steeds God se wil dat jy vir jou man n pasmaat sal wees wat hom bystaan. 18 Daarna sê die HERE God: Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom n metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help. 19 Toe neem die HERE God grond en vorm al die verskillende soorte diere en voëls daaruit. Daarop neem Hy hulle na die mens toe om te sien wat hy hulle sou noem. En die mens het vir elkeen n naam gegee, 20 vir al die mak diere, voëls en wilde diere. Maar onder hulle was daar nie een wat vir hom n metgesel kon wees nie. 21 Toe het die HERE God die mens baie diep laat slaap. Hy gebruik een van die mens se ribbebene en vul die plek weer op met vleis. 22 Van die ribbebeen maak die HERE God n vrou en bring haar na die mens toe. 23 Uiteindelik is dit die regte metgesel! sê die mens. Sy is regtig deel van my. Sy sal vrou genoem word, want sy is uit die man geneem. 24 Dit verklaar waarom n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word. 25 Alhoewel die mens en sy vrou sonder klere was, was hulle nie skaam vir mekaar nie. ~ Genesis 2:18-25

4 Januarie Sonde kom die wêreld binne Wanneer die slang Eva versoek, en sy nie net voor die versoeking swig nie, maar ook vir Adam daarby betrek, kom sonde die wêreld binne en word die mens van God vervreem. Ons ly vandag steeds onder die negatiewe gevolge van Eva se daad. 1 Die slang was listiger as al die diere wat die HERE God gemaak het. Is dit regtig so? vra hy vir die vrou. Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie? 2 Natuurlik mag ons van die vrugte eet, sê die vrou. 3 Dis net die vrugte van die boom in die middel van die tuin wat ons nie mag eet nie. God het gesê ons mag dit nie eet of selfs daaraan raak nie, anders sal ons sterf. 4 Julle sal nie sterf nie! sis die slang. 5 God weet dat julle sekere dinge te wete sal kom wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God alle kennis hê. 6 Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk n vrug, neem n hap, en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. 7 Toe dring die werklikheid tot hulle deur. Skielik besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. 8 Teen die aand hoor hulle hoe die HERE God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. 9 Die HERE God het die mens geroep: Waar is jy? 10 Hy antwoord: Ek het U hoor aankom en kruip nou weg. Ek was bang omdat ek sonder klere is. 11 Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is? vra die HERE God. Het jy van die vrugte geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie? ~ Genesis 3:1-11

5 Januarie Straf op sonde God laat sonde nooit ongestraf bly nie, en Adam en Eva word al twee swaar gestraf vir hulle ongehoorsaamheid. Tog beloof God dat daar eendag Iemand sal kom wat die slang se werk ongedaan sal maak en die mens weer by God sal uitbring. 12 Ja, erken die mens, maar dit was die vrou wat U my gegee het om by my te wees wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet. 13 Daarop vra die HERE God vir die vrou: Hoe kon jy so n ding doen? Die slang het my bedrieg, antwoord sy. Dis hoekom ek geëet het. 14 Toe sê die HERE God vir die slang: Omdat jy dit gedoen het, gaan Ek jou vervloek onder al die diere op die aarde. Op jou pens sal jy seil en stof sal jy eet so lank as wat jy lewe. 15 Van nou af sal jy en die vrou vyande wees. Haar nageslag sal jou noodlottig tref teen die kop en jy sal hom noodlottig wond aan die hakskeen. 16 Vir die vrou sê Hy: Ek sal jou droefheid vermeer der: met pyn en lyding sal jy kinders in die wêreld bring. Jou begeerte sal na jou man wees, maar hy sal oor jou heers. 17 Vir die mens sê Hy: 19 Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde van jou lewe sal jy weer terugkeer na die grond waaruit jy geneem is. Want jy is van stof gemaak en jy sal weer stof word. 22 Daarna sê die HERE God: Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle beskik oor alle kennis, goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe eet? Dan sal hulle vir altyd lewe! 23 Daarom het die HERE God die mens en sy vrou uit die Tuin van Eden ge stuur. ~ Genesis 3:12-17, 19, 22-23

6 Januarie Geweld kom die wêreld binne Kain vermoor sy broer Abel omdat God Abel se offer aanvaar het, maar nie syne nie. Vir hierdie broedermoord verban God hom van sy grond, maar Hy onderneem om sy lewe te spaar. 1 Eva het later moe der geword van Kain. 2 Daarna het sy nog n seun gehad en hom Abel genoem. 3 Toe oestyd aanbreek, het Kain uit die opbrengs van sy landerye n offer vir die HERE gebring, 4 terwyl Abel die beste uit sy lammers as offer gebring het. Die HERE het Abel en sy offer aanvaar, 5 maar nie dié van Kain nie. 6 Hoekom is jy so kwaad? vra die HERE vir hom. 7 Oppas! Sonde sit reg by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin. 8 Later, toe hulle in die veld was, het Kain met sy broer Abel gepraat. Kain het daar sy broer Abel aangeval en hom doodgeslaan. 9 Daarna vra die HERE vir Kain: Waar is jou broer? Waar is Abel? Ek weet nie! is sy skerp antwoord. Ek is mos nie sy oppasser nie! 10 Maar die HERE sê vir hom: Wat het jy nou aangevang? Die bloed van jou broer roep na My daar waar dit op die grond geval het! 11 Daarom word jy verban van die grond wat jou broer se bloed uit jou hand ontvang het. 12 Van nou af sal jy n vlugteling en n swerwer wees. 13 Kain antwoord die HERE: My straf is te groot om te verduur! 14 Almal wat my teëkom, sal my wil doodmaak! 15 Die HERE antwoord hom: Hulle sal jou nie dood maak nie. Toe sit die HERE God n te ken aan hom as waarskuwing vir enigeen wat hom wil doodmaak. ~ Genesis 4:1-15