Inleiding. Die Bybel is n wonderlike Boek vol groot stories. Dit gaan alles oor Jesus.

Vergelijkbare documenten
Welkom by Die Storie God se storie

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

Die Kerk se Geboorte

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE OU TESTAMENT. Die skepping en sonde Genesis 1-3. Die eerste moord Genesis 4:1-16. Noag en die sondvloed Genesis 6-9:1-17

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Goeie Konings, Slegte Konings

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

'n Man gestuur deur God

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

21. Die koning word gesalf

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Pragtige Koningin Ester

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jona en die Groot Vis

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Les 2 vir 13 Oktober 2018

God eer Josef die slaaf

Januarie indd /04/16 08:46:55 AM

Die Groot Gebod dennis de wet

Simson, God se sterk Man

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

INHOUDSOPGAWE. Kinders van die Bybel. Ons leer by Bybelkarakters 11. Saggeus Paulus Daniël Elia...

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

n Boodskap vir die kinders n Boodskap vir die ouers

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Petrus en die Krag van Gebed

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Jona en die Groot Vis

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

DOOP: Deel 2 INLYDING:

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Baie welkom by vanoggend se erediens

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Paulus en sy vriende vertel ander van God

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Geroep vir Gemeenskap

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Voorskool: Graad 0 en 1 Fokus: Oordrag van die verhale Jaar 1: Leer die mense van die Ou Testament Jaar 2: Leer Jesus ken

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Transcriptie:

Inleiding Die Bybel is n wonderlike Boek vol groot stories. Maar dit is nie net n klomp afsonderlike verhale oor n klomp uiteenlopende mense nie. Dit is een groot storie wat gaan oor God se Seun. Dit gaan alles oor Jesus. Die Bybel begin met die skepping en Adam en Eva. Toe sonde die wêreld binnegekom het, het God beloftes gemaak aan Abraham en toe aan Moses toe Dawid toe Salomo en baie ander, soos Ester en Rut. Hy het belowe dat die Messias eendag sou kom en hulle sou red van sonde en alles uiteindelik weer sou herstel. God het daardie belofte nagekom deur Jesus. Jesus was sonder sonde, en tog is Hy gevang en gekruisig. Ná drie dae het Hy die dood oorwin en weer lewendig geword. Sommige mense het geglo; ander nie. Maar dit is nie die einde van die storie nie. Jesus se vriende het sy boodskap oor die hele wêreld versprei. Dit is ook ons opdrag om Jesus se goeie nuus met almal te deel. Kyk mooi na die stories in hierdie boek. Jy sal sien hoe alles van die begin af na Jesus toe wys. God het die ark gebruik om Noag te red, en dit is soos die dag wanneer ons vir Jesus ontmoet. God het belowe om Abraham se familie te seën, en Hy het dit deur Jesus gedoen. Die offers in die Ou Testament verwys na Jesus, wat later sy lewe vir ons geoffer het. Die Bybel is vol stories wat na Jesus toe verwys. Dit is waaroor hierdie boek gaan. Dit is Jesus se storie. Dit gaan alles oor Jesus. 3

Betekenis van die prentjies vir die app Hierdie prentjies in die stories wys oor watter onderwerp elke storie gaan. Die storie begin God se storie begin met die skepping. Toe sonde die wêreld binnegekom het, het God sy plan in werking gestel om sy mense te red deur sy Seun, Jesus Christus, uit die nageslag van Abraham. God hou sy belofte Die uittog uit Egipte was God se grootste reddingsaksie in die Ou Testament. Eendag sou God sy Seun, Jesus, stuur om sy mense uit die slawerny van sonde en dood te red. Die Beloofde Land Toe God se mense die Beloofde Land binnegaan, het God rigters aangestel om hulle van hulle vyande te red. Honderde jare later was Jesus die grootste Redder ooit. n Koninkryk word gevestig Die mense van Israel het God as hulle leier verwerp. God het vir hulle n koning gegee. Deur hierdie konings se nageslag sou God eendag die een ware Koning vir hulle gee: sy Seun, Jesus. Profete en konings God het profete gestuur om die Israeliete te waarsku dat hulle gestraf gaan word vir hulle sonde. Die profete het ook boodskappe van hoop gebring. Die profeet Jesaja het vertel van n dienaar, Jesus, wat baie sou ly sodat ons vergewe kan word. 4

Ballingskap en terugkeer Ten spyte van die profete se waarskuwings is die suidelike koninkryk van Juda vir hulle sonde gestraf en in ballingskap weggevoer. Die profeet Esegiël het vir die mense gesê daar is hoop dat God dooie mense lewendig kan maak deur sy Seun, Jesus. Die redding begin Jesus was die vervulling van die Skrif, die beloofde Messias. Hy het sy outoriteit en krag as Seun van God begin openbaar. Stories en tekens Jesus het bewys dat Hy mag het oor die stukkendheid in die wêreld. Hy het sy volgelinge deur gelykenisse geleer sodat hulle sou weet wie Hy is en Hom vertrou om hulle sondes te vergewe. Jesus red Jesus het die perfekte lewe gelei, wat ons nie kan doen nie, en op n manier doodgegaan waarop ons nooit sal wil doodgaan nie. Op die derde dag het God Hom uit die dood opgewek. Jesus red sondaars wat in Hom glo. Die kerk op n missie Met die Heilige Gees se hulp het Jesus se dissipels die evangelie met die wêreld gedeel. Die kerk is God se manier om Jesus te prys en sy Naam groot te maak. Briewe aan God se mense Jesus se dissipels het briewe vir gelowiges in die kerk geskryf om hulle te leer van God, Jesus en hulle liefde vir ons. Kom, Here Jesus Deur mense soos Paulus en Johannes het God vir ons hoop gegee en wys ons hoe Hy eendag alles nuut gaan maak. Jesus sal terugkom aarde toe, en almal wat in Hom glo, sal vir ewig by Hom wees. 5

Riglyne vir ouers Onthou Die Woord, deur wie ons God leer ken, was reg aan die begin reeds daar. Die Woord was by God en die Woord was God. Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Johannes 1:1-2 Lees Johannes 1:1-18 plaas die groot prentjie van God se storie die storie van verlossing deur Jesus Christus in perspektief. Van die begin af, selfs voor die skepping en Adam en Eva, het God n plan gehad; n perfekte plan van opoffering en genade om sy oneindige, onverganklike liefde vir ons te openbaar. Wanneer jy die stories in hierdie boek lees, sal jy sien en verstaan dat die Bybel nie net n versameling stories is nie, maar een groot geheel. En jy sal ontdek dat elke storie na Jesus Christus toe wys. Dink 1. Noem twee of drie Bybelstories wat by mekaar pas. 2. Wat het hierdie stories in gemeen? 3. Wat kan ons in hierdie stories leer van Jesus en die evangelie? 4. Kan jy enige iets van jou storie in hierdie stories sien? 5. Is daar enige iets in hierdie stories wat jou help om liewer te wees vir Jesus en meer vir Hom te lewe? Doen Die Bybel is een groot storie wat alles oor Jesus gaan. Om hierdie gedagte in julle lewe te versterk, kan julle julle eie Groot Storie-sirkel maak, soos die een op die voorblad van hierdie boek. 1. Trek n sirkel op n groot stuk karton. 2. Verdeel die sirkel in 100 blokkies (een vir elk storie in hierdie boek). Laat een van jou ouers jou help. 3. Nadat jy die eerste storie gelees het, kies een van die blokkies en teken of skryf iets daarvan in die blokkie (byvoorbeeld n slingervel of klippie vir die storie van Dawid en Goliat). Kies nog n blokkie wanneer jy die volgende storie lees. 4. Nadat jy die hele boek gelees het, wys vir iemand jou Groot Storie-sirkel. 6

Bybelstories uit die Ou Testament God het die wêreld gemaak... 12 God het mense gemaak... 15 Sonde kom die wêreld binne... 19 Kain en Abel... 21 Noag en die ark... 25 God se verbond met Abraham... 27 God toets vir Abraham... 31 Weer die belofte... 33 Die gesteelde seën... 36 Josef gaan Egipte toe... 39 Josef se drome word waar... 42 Moses se geboorte en roeping... 45 Die plae, die Paasfees en die Rietsee... 49 Die Tien Gebooie: Wees lief vir God... 51 Die Tien Gebooie: Wees lief vir ander... 55 Josua en Kaleb... 57 Die Beloofde Land en Jerigo... 60 Josua moedig die Israeliete aan... 63 Gideon... 66 Simson... 69 Rut en Boas... 72 Eli en die seuntjie Samuel... 75 Israel wil n koning hê... 78 God verwerp Saul as koning... 81 Dawid word gesalf en veg teen Goliat... 84 Dawid en Jonatan word vriende... 87 Dawid sondig en word vergewe... 90 Salomo vra vir wysheid... 93 Salomo bou die tempel... 97 Job... 99 Elia en die bose Agab... 102 Elisa en Naäman... 105 God roep vir Jesaja... 108 Profete vertel van Jesus se geboorte... 111 7

Jesaja preek oor die Messias... 114 Jona gaan Nineve toe... 117 Die profeet Joël... 121 God roep vir Jeremia... 123 Esegiël praat oor hoop... 125 Daniël en sy vriende gehoorsaam God... 128 Sadrag, Mesag en Abednego... 131 Daniël word gered... 135 Ester word koningin... 137 God red sy mense deur Ester... 140 Nehemia hoor nuus uit Jerusalem... 143 Bybelstories uit die Nuwe Testament Van Abraham af tot by Jesus... 149 Maria prys God... 153 Jesus word gebore... 155 Jesus word aan God gewy... 159 Wyse manne besoek vir Jesus... 161 Jesus by die tempel... 165 Jesus word gedoop... 167 Jesus word versoek... 170 Jesus ontmoet vir Nikodemus... 173 Jesus en Johannes die Doper... 176 Jesus ontmoet n Samaritaanse vrou... 179 Jesus word verwerp in Nasaret... 183 Jesus en Saggeus... 185 Die gelykenis van die saaier... 189 n Man sonder genade... 191 Die barmhartige Samaritaan... 195 Drie gelykenisse... 197 Die Fariseër en die tollenaar... 201 Die wrede huurders... 202 Jesus verander water in wyn... 205 Jesus gee brood uit die hemel... 209 8

Jesus loop op water... 211 Vier vriende help... 214 Jesus het mag oor die bose... 217 Jesus maak n vrou gesond en n dogtertjie lewendig... 221 Jesus maak Lasarus lewendig... 223 Jesus word gesalf... 226 Jesus se intog... 229 Jesus reinig die tempel... 232 Die laaste ete... 235 Jesus word gevang... 239 Jesus word gekruisig... 241 Jesus staan op... 245 Die Emmaus-dissipels... 247 Jesus verskyn aan die dissipels... 250 Jesus en die twyfelaar... 253 Jesus vergewe en herstel... 257 Jesus gee die groot opdrag... 260 Jesus vaar op hemel toe... 263 Die Heilige Gees kom... 266 Petrus genees n bedelaar... 269 Die Etiopiese amptenaar glo... 272 Paulus word n Christen... 275 Wees lief vir mekaar... 278 Die vrug van die Gees... 281 Die wapenrusting van God... 285 Gee met blydskap... 287 Geloofshelde... 290 Die plan om Paulus stil te maak... 293 Die skeepswrak... 296 Paulus is bly in die tronk... 299 Onthou God se waarheid... 303 Johannes se visioen van Jesus... 305 Jesus op die troon... 308 Jesus kom terug... 311 9

10

Bybelstories uit die Ou Testament 11

12 God het die würeld gemaak Genesis 1:1-25 > In die begin was daar niks behalwe God nie. God het gepraat en die hemel en die aarde gemaak. Voor God die aarde gemaak het, was dit vormloos en donker. God se Gees het oor die water beweeg. God het gesê: Laat daar lig wees! en dit het gebeur. God het lig gemaak. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig van die donker geskei. God het die lig dag genoem, en die donker het Hy nag genoem. Dit het nag geword, en toe weer dag. Dit was die eerste dag van die skepping. God het weer gepraat: Laat daar n soliede massa in die middel van al die waters kom sodat daar n duidelike skeiding tussen die waters sal wees. Dit het gebeur soos God gesê het. God het hierdie blou struktuur in die lug hemel genoem. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die tweede dag van die skepping. God het verder gesê: Laat al die water onder die hemelruim op een plek bymekaarkom sodat daar ook droë land sal wees. En dit het so gebeur. God het die droë land aarde genoem en die plek waar al die water bymekaargekom het, see. God het gesien dit was goed. God het toe gesê: Laat daar plante en bome met vrugte en sade op die aarde groei. En alles het presies so gebeur. God het gesien dit was goed. Dit het nag geword, en toe weer dag. Dit was die derde dag van die skepping. Toe God praat, het dinge gebeur. Wat sü dit vir > jou van God se krag?

Volgende het God ligte in die hemel gemaak. God het die son gemaak om in die dag te skyn, en die maan en sterre om in die nag te skyn. God het vir ons lig vir die aarde gegee, en om dag en nag te skei en om ons te help om die tyd en seisoene te bepaal. God het gesien dit was goed. Dit het nag geword, en toe weer dag. Dit was die vierde dag van die skepping. Toe het God groot seediere gemaak wat in die waters leef. God het ook voëls gemaak, wat hulle vlerke kon klap en deur die lug sweef. God het gesien dit was goed. God het gesê die diere moet vrugbaar wees en vermeerder, en dit het so gebeur. Dit het toe nag geword en weer dag. En dit was die vyfde dag van die skepping. Toe maak God nog diere: alle soorte klein- en grootvee, kruipende dinge en wilde diere om op die aarde te leef. God het gesien dit was goed. Waar pas Jesus in? Die Bybel sê Jesus is Here oor die hele skepping. Alles is deur Hom en vir Hom gemaak. Die Seun het nog altyd bestaan, en Hy sorg vir alles (Kol. 1:16-17). 14